Laerskool George-Suid

Laerskool George-Suid

Laerskool George-Suid, skool van uitnemendheid.
'n Trots Afrikaanse skool met 'n ryke geskiedenis.

28/03/2024

🏃‍♀️𝗔𝗧𝗟𝗘𝗧𝗜𝗘𝗞🏃‍♂️
Baie geluk aan ons volbloedloerie-atlete wat by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek deelgeneem het.

🥇Eerste: Esri Kotzee, gewigstoot o/10 (nuwe SA rekord met 10,2m.)
🥉Derde: Fourie Kotzee, gewigstoot o/13
🏅Vierde: Annebel van der Merwe, gewigstoot o/10
🏅 : Hayley Joseph, gewigstoot o/13

LGS is ongelooflik trots op elke Loerie-atleet se uitnemende prestasie! Julle toewyding en harde werk vir die sport is opmerklik.
‘n Spesiale dankie vir elke onderwyser, afrigter, ouer en organiseerder wat hierdie moontlik maak.

Photos from Laerskool George-Suid's post 28/03/2024

Buitesport:
Hescke Barocci en Emma Breedt is die enigste brawe Loeries wat aan die Dance World Cup in Pretoria deelgeneem het. Hulle het beide fantastiese uitslae beehaal en ons is trots. Welgedaan julle twee.

Photos from Laerskool George-Suid's post 25/03/2024

Die Marlow-Rugbyfees stel nooit teleur nie!
🏉🏉🏉🏉🏉🏉🏉🏉🏉🏉🏉🏉🏉
Die 0/13 Rugby-manne het 'n fantastiese toer gehad! Rugby uit die boonste rakke en herinneringe wat 'n leeftyd sal hou.
Wat 'n voorreg!

24/03/2024
Photos from Laerskool George-Suid's post 23/03/2024

Ons is baie dankbaar dat die weer mooi saamgespeel het en dat die Eden Super Series op 'n hoogtepunt kon afsluit.

Die wenspanne is soos volg:
A-liga:
Laerskool Eversdal o13A: 1ste
Rustenburg Laerskool o13A: 2de
LGS o13A: 3de
B-Liga:
Gene Louw o12A: 1ste
Eversdal o13B: 2de
LGS o12A: 3de

Baie geluk aan al die spanne wat hul harte hier in die Tuinroete kom uitspeel het.
Dit was 'n heerlike toernooi en ons sien uit om almal weer volgende jaar te sien!

Laerskool George-Suid 23/03/2024

https://lgs.co.za/

Laerskool George-Suid Primêre skool van uitnemendheid.

21/03/2024

SPELKOMPETISIE

Ons jaarlikse spelkompetisie vind binnekort plaas. Leerders sal die inligting vroeg in volgende kwartaal ontvang. Skud solank jul Loerie-vere reg vir die uitdaging!

21/03/2024

“Real education should consist of drawing the goodness and the best out of our own students.” - Cesar Chavez

As you reflect on the term that has past… how effectively do you think you’ve caught your students at their best?

21/03/2024

OPEDAG VIR GR. RR KLEINLOERIES 2025 💚💛💙

Photos from Laerskool George-Suid's post 21/03/2024

Die Eden Super Series 2024 is in volle swang. Die energievlakke loop hoog en die adrenalien pomp. Kom ondersteun hulle gerus of skakel in op Super Sport Schools om die wedstryde te volg.

Photos from Laerskool George-Suid's post 21/03/2024

Die 2024 Eden Super Series word tans op LGS se bane aangebied en sou nooit sonder die betrokke borge moontlik gewees het nie.
Baie dankie vir julle ondersteuning. Ons sien vreeslik uit na die toernooi.

Photos from Laerskool George-Suid's post 20/03/2024

Trots Afikaans!
Graad 7's gee uiting aan hulle kreatiewe denke met die uitbeelding van die klug (drama) "Die kat kom weer...🐱"

Photos from Laerskool George-Suid's post 20/03/2024

Terwyl ons ouer Loeries besig was met die Interne sport op die velde het die Klein-Loeries hul eie VRUGTEFEES gehou. Wat 'n fees van kleur en geur!

Photos from Laerskool George-Suid's post 20/03/2024

Wat hierdie Loeries nog nie weet nie, is dat hulle besig is om kosbare skoolherinneringe te versamel waarna hulle eendag sal terugverlang. Die 2024 interne sportdag was 'n groot fees.
Wat 'n wonderlike dag van kleur, speel en lag!
Dankie aan elke Loerie en Loerie-ouer wat die dag saam kom geniet het en 'n spesiale dankie aan die borge wat die kleurvolle klashempies geborg het!

20/03/2024

Waarde Woensdag: Regverdig.
Loeries, hoe gaan julle vandag groei?
Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê.

19/03/2024

Die LGS-musiekdepartement het gister 'n gratis kitaarklas vir belangstellendes aangebied. Oor die 30 leerders het opgedaag en die middag terdeë geniet!

Photos from Tavcor JAC George's post 19/03/2024
19/03/2024

Onnie van die week: Juffrou Malisca Odendaal

Photos from Laerskool George-Suid's post 18/03/2024

LGS se damesoggend was genoeg om almal GROEN van jaloesie te maak! Dit was 'n baie inspirerende oggend en Heinz Winckler het vele hartsnare aangeraak.

Baie dankie aan elke vrou, gasvrou en stalletjie wat die oggend opgekikker het.

Dames, deel gerus jul skakels van die "360-booth" in die opmerkings hieronder!

Photos from Laerskool George-Suid's post 18/03/2024

Die Graad 5-leerders was vreeslik opgewonde oor hulle opvoedkundige uitstappie van Vrydag, 15 Maart na Hartenbos Waterpark. Hulle het heerlik geswem en ook meer oor waterveiligheid geleer. Baie dankie aan NSRI Mosselbaai wat ons Graad 5's kom touwys maak het. Julle is tops!

Photos from Laerskool George-Suid's post 18/03/2024

Die 2024 LGS-gholfdag het Vrydag in snikhete-toestande by Kingswood in George plaasgevind en was 'n groot sukses!
Baie dankie aan die Ouerondersteunerskomitee en al die borge wat hierdie dag moontlik gemaak het.

Borge:
⁠Hoofborg = Renault Southern Cape Tavcor Group
ISM Computer Store
Lovain Guest Farm
⁠Golfers Club
WMF Finansiële Dienste
⁠Swartberg Manor Country Estate
Wilderness Hotel
Good Knight Bedding
AutoTops
Dirk Kotze
⁠Oom Ponkie en Paul Snyman vir die springbokke
Eureke Mills en Foodco
De Jagers
Waves
Shell 24/7

18/03/2024

Maandag Motivering:
😆

Laerskool George-Suid 15/03/2024

Loer gerus na ons kandidate vir die 2024 Beheerliggaamverkiessing:

Laerskool George-Suid Primêre skool van uitnemendheid.

Photos from Laerskool George-Suid's post 15/03/2024

Die Graad 4-leerders was op 'n "Berry lekker" opvoedkundige uitstappie na die Aarbeiplaas. Daar is treintjie gery, aarbeie gepluk en op die groot aarbei geklim. Ons het baie nuwe feite oor aarbeie geleer. Het julle geweet dat daar ongeveer 200 pitte buite op 'n aarbei is? Wat 'n heerlike dag op die Aarbeiplaas!

Photos from Laerskool George-Suid's post 15/03/2024

Hiermee ons kandidate vir Maandag, 18 Maart se Beheerliggaamverkiesing.
LGS-ouers sal Maandagoggend die skakel na die aanlynverkiesing ontvang.
https://lgs.co.za/
Loer ook na hul video-bekendstellings op ons webwerf:

14/03/2024

Swem:
Miané Cronje het op 9 Maart aan die Suid Afrikaanse Oopwater- swemkampioenskappe by Marina Martinique in Jeffreysbaai deelgeneem.
Sy het die 3 km afstand geswem en 12de in haar ouderdomsgroep geëindig. Wat 'n wonderlike prestasie! Ons is saam trots.

Photos from Laerskool George-Suid's post 14/03/2024

Dankbare Donderdae:

Saterdag se Vroueoggend beloof om vreeslik opwindend te wees. Ons is veral dankbaar vir al die besighede wat tydens die geleentheid stalletjies beman. Hulle het ook elkeen pryse geborg wat gewen kan word. Dit gee ons oggend ekstra kleur!

Moet dit nie misloop nie!!

Photos from Die Akker Nasorgsentrum's post 13/03/2024
Photos from LGS Klein-Loeries's post 13/03/2024
Photos from Laerskool George-Suid's post 13/03/2024

Van ons personeel het Vrydag 'n KPR/CPR-sessie by Sr. Janey Kotzé van BestCare Training Services bygewoon.

Die volgende is in die sessie hersien en ingeoefen:
- wanneer word KPR toegepas
- ⁠hoe om KPR op 'n kind en volwassene te doen
- wanneer om ⁠die noodnommers te kontak
- ⁠hoe om 'n persoon te help wat verstik
- ⁠gebruik van die OED (Outomatiese Eksterne Defribillator)

Ons is dankbaar vir die geleentheid!
U kan gerus wees dat u kinders in veilige hande is🤗

13/03/2024

Tweekamp:
16 van ons Loeries is tot die Eden-span vir tweekamp verkies en sal ons skool op 30 en 31 Maart in Bloemfontein tydens die SA kampioenskappe verteenwoordig.

Agter: Marcus Dippenaar, Ivan Roux, Llewelyn Viljoen, Christian Smit, Gerhard Hattingh, Daniël van Wyngaard, Lian Hattingh.
Voor: Bernard Lampbrecht, Liza Oosthuizen, Mieke Buitendag, Iané Joubert, Alexa Stahmer, Annabel vd Merwe, Leah de Wet, Victor van der Sandt.
(Afwesig: Anya Wiid)

Baie sterkte aan julle elkeen!

13/03/2024

Waarde Woensdag: Respek

Loeries, hoe gaan julle vandag groei?
Respek vir jouself en respek vir jou naaste.

12/03/2024

Kleure-swemgala
Tydens die Kleure-gala is die volgende swemmers aangewys as:

o/7 en o/8 Mees belowende swemmers:
Leah de Wet en Lian Hattingh

Junior Victrix Ludorum: Word gedeel deur Anje Coleman en Mariané Labuschagne
Junior Victor Ludorum: Daniël van Wyngaard

Senior Victrix Ludorum: Johané Burger
Senior Victor Ludorum: Llewelyn Viljoen

Spanpunte:
3de - Groen Span met 342 punte
2de – Geel Span met 426 punte
1ste – Rooi Span met 492 punte

12/03/2024

Personeelbekendstelling: Tannie Julie 🍫

Photos from Laerskool George-Suid's post 11/03/2024

Skaak
Die Eden-Skaakproewe 1 het Saterdag, 9 Maart, by Bridgton Sekondêr in Oudtshoorn plaasgevind. Die top 15 kinders van elke ouderdomsgroep gaan in Mei aan die Wes-Kaap proewe deelneem. Baie geluk aan ons 14 spelers wat in die Eden-span opgeneem is.

Ons is trots op julle!

11/03/2024

Maandag Motivering:
😆

Want your school to be the top-listed School/college in George?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Eden Super Series 2024
LOSLITLOERIES.
Bring die gees!
Die geheim is uit:  MAMMAS, jou kind kan teen Graad 3 al hul eie toebroodjies vir pouse maak.#volbloedloeries #waardevol...
So breek die mid-jaar eksamens aan!Sterkte Loeries.  Onthou:  Droom groot, werk hard en gee om.#volbloedoeries #waardevo...

Telephone

Address


C/o Laing & Meade Straat
George
6529

Opening Hours

Monday 07:15 - 15:30
Tuesday 07:15 - 15:30
Wednesday 07:15 - 15:30
Thursday 07:15 - 15:30
Friday 07:15 - 14:30
Other Elementary Schools in George (show all)
Hibernia Primêr Skool Hibernia Primêr Skool
Mission Road, Rosemore
George, 6529

Dellville Park Primêr / Primary Dellville Park Primêr / Primary
42 Lynx Street
George, 6529

Virtute et fide - Through courage and faith. Dellville Park Primary School provides quality educati

Heidedal Primêre Skool Heidedal Primêre Skool
Badnall Street, Borcherds
George, 6529

Heidedal Primêre Skool is geleë in Borchards, George. Ons skool bestaan uit +- 1460 leerders en word gedryf deur passievolle opvoeders. Skool se leuse: "Kennis is Mag"

Thembalethu Primary School Thembalethu Primary School
197 NELSON MANDELA Boulevard
George, 6529

Voorbereidingskool George Preparatory School Voorbereidingskool George Preparatory School
Corner Of Cradock And Courtenay Street/P. O. Box 638
George, 6530

GEORGE PREPARATORY SCHOOL is the only preparatory school in the area. Our focus is therefore, exclus

Laerskool Blanco Laerskool Blanco
Napierstraat
George, 6529

'n Doelgerigte laerskool aan die voet van die Outeniquaberge

Curro George Curro George
C/o Merriman And Victoria
George, 6529

Curro George is an independent primary school in George that provides high-quality education to learn

George Little Farm Remedial School George Little Farm Remedial School
7 Witfontein Street Heather Park
George, 6530

George Little Farm Special Needs School seeks to create a homely, loving, and nurturing learning env

Country House School Country House School
7 Witfontein, Heather Park
George, 6530

PRIVATE SCHOOL 6 months - Grade 9

Eden Pre-Primary & After Care Eden Pre-Primary & After Care
26 Market Street
George, 6530

We are a private Pre-Primary, Daycare and Aftercare Centre based in George for age groups 1 - GradeR

Outeniqua Primary Outeniqua Primary
Cathedral Street
George, 6530

We strive to develop Outeniqua Primary to the school of excellence in the Southern Cape where every

Vine Christian School Vine Christian School
143 Mitchell Street
George, 6529

Vine Christian School is a Silver Status School and has enjoyed this status consecutively since the