Hibernia Primêr Skool

Hibernia Primêr Skool

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hibernia Primêr Skool, Elementary School, Mission Road, Rosemore, George.

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 20/11/2023

Namens ons nuwe 2024 leiers by Hibernia Primêr Skool wens ons alle leerders 'n suksesvolle eksamen toe. Ons bid en vertrou dat almal net hul beste sal lewer. Happy studying - Exams have officially started!
Hier is ons 4 hoofleiers; George Slater, Grace Moolman, Hyron Rothman en Waynitia July. ⏳📓

11/11/2023

Luister gerus na Heartbeat FM Sondagaand 6-8nm. Program Nuwe Horisonne. Ons bring hulde aan Mr W. Pedro🥰

08/11/2023

Gekwalifiseerde Intersen Fase Opvoeders;
Let asseblief op na die volgende betrekking te Hibernia Primêr Skool. Aansoeke kan ingehandig word by die skool of ge-epos
word na [email protected] 📧📧📧

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 03/11/2023

The Heart and Stroke Foundation South Africa visited Hibernia Primêr Skool today to show and tell us about the importance of a healthy heart. ❤️ Die leerders het ook nuwe inligting gekry wat hul selfs by die huis kan toepas soos: meer oefen, water drink en baie vrugte eet. Ons waardeer die kuiertjie want toe kon ons opvoeders ook sommer leer hoe om die bloeddruk normaal te hou. 😀😊
Ons is lief vir Hibernia Primêr Skool 🥰

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 03/11/2023

Ons het nuus oor 2024! 🤩🤩Hibernia Primêr Skool nooi u uit om die volgende inligting na te gaan.
Dear parents; please peruse the following information with regards to our admissions for 2024:-)

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 02/11/2023

These photos were captured beautifully by Mrs C. Van Rooyen - focusing on the essence of the facinating relationship Mr Pedro had with our learners. 🥰🥰🥰Love resides in these learners; and such is the legacy of a principal who devoted more than four decades to Hibernia Primêr Skool. 🇿🇦🎉🖍✏️🙌👏👏

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 01/11/2023

Vandag was "all about Mr Pedro" Ons as leerders wou ook darem koebaai sê vir ons geliefkoosde hoof! We are grateful that we got to spend all these precious moments with you sir! October 2023 will forever be in our hearts:-) 💙💛 Ons harte is koningsblou en goudgeel, soos u altyd sou sê. Die praatjies het ons vandag vir die laaste keer gehoor. Dis amper onwaar. Goed gaan mnr Pedro; Hibernia Primêr Skool het altyd 'n plekkie vir u! 🥳🤩🥳🤩
Kom kuier gerus gou gou weer!

Dankie dat Mnr ook aan Riquelme Jacobs sy prys oorhandig het (wie die naaste rugby "score prediction" gehad het).

Dankie aan juffrou Hoogbaard - tesame met Mnr Lamini - vir die reëling van die koek en koeldrank vir ons leerders.
Dankie aan die ouers wie die koek geskenk het. 🍰
Dankie aan Elton October (CAW Distributors) wie vir ons elkeen 'n koeldrankie geskenk het.🥤
Dankie aan ons assistente vir al die harde werk wat jul agter die skerms doen. Ons sien dit en waardeer dit. 🥰
Dankie aan Mnr Wally Du Preez vir die pragtige video "footage" en foto's wat u van ons hoof se afskeid geneem het. U het regtig ons harte gesteel; gister en vandag!

May Hibernia Primêr Skool grow in leaps and bounds.
Viva Hibernia Viva!!! (in mnr Pedro se eie woorde).

31/10/2023
Photos from Hibernia Primêr Skool's post 28/10/2023

By Hibernia Primêr Skool kan ons nooit te veel pret hê nie:-) Bokke dag het nie 'n kat se kans gestaan om stil-stil verby te gaan sonder dat ons dit vier😅🤩🥳🏈. Learners enjoyed themselves to the maximum but most importantly, the "gees"! The music was perfectly chosen by our school DJ's who made sure that everyone was on their feet and dancing to the beat of the Green and Gold! 💚💛"Hier kom die bokke" was ook in die mix:-)

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 28/10/2023

Met al die opwinding van wat rondom ons aangaan het Hibernia Primêr Skool se span 'n uitmuntende Diploma aand saamgestel. As personeel waardeer ons die samewerking van ons beheerraad lede, ouers, assistente en die breër gemeenskap van ons skool. A special thank you goes out to the team who ensured that this evening was a success and have made it a "night to remember" for our school principal:-)
Die leerders wie diplomas ontvang het; ons is super trots op julle! Veels geluk! Dankie vir jul lieflike kuns uitstalings gedurende die aand.
Mnr Pedro - baie dankie vir die pret, die geselsies en die grappies agterna. 🥰🙏
Soos ons ook op hierdie aand gesê het, May Hibernia Primêr Skool go from strength to strength! Die skool van onse trots!!!

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 25/10/2023

Kennisgewing - Vacancy / Betrekking
Neem asseblief kennis van die volgende pos wat beskikbaar is by Hibernia Primêr Skool 😊
Please take note of the following post available at our school. 😊

23/10/2023

🥳Dis altyd baie lekker as Hope Church George vir ons kom besoek. Ons leerders sing al te lekker saam gedurende jul 'Praise and Worship' sessie. Baie dankie vir jul toewyding aan die Hibernia Primêr Skool gemeenskap en vir vandag se boodskap; "Guard your heart." Ons waardeer dit!
Saam met die span is Faith James, Kelsey Pietersen, Shaydon Freeks en ons eie Frikkie.🤩
Ook vandag het Hope Church lede vir ons geleer om elke dag hierdie te herhaal: "Ek is 'n kind van God. God het my lief. God sien my. Ek is aanvaar, gekies en vergewe. God het 'n wonderlike plan vir my lewe." 🙏🏿
Weereens baie dankie! We look forward to the next visit:-)

19/10/2023

Diploma plegtigheid tyd!🙌👩‍🎓🧑‍🎓🏆
26 Oktober 2023. 17h30 vir 18h00 - stiptelik
Conville Community Hall

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 16/10/2023

Vandag wens ons Mnr Pedro (ons skoolhoof) 'n baie gelukkige verjaarsdag! Mag die Here u ryklik seën en nog baie baie jare spaar! It is said: "Ouderdom is nie hoe oud jy is nie, maar hoeveel jaar se PRET jy gehad het..."
Ons weet dat die 43 jaar en 10 maande propvol pret was en dat u besonders spesiale herinneringe vir elkeen van ons koester. We wish you a blessed day sir, and we are grateful that we got to spend it with you here at Hibernia Primêr Skool. 🥳🤩🥳🤩🎂🎂🎂

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 10/10/2023

Term 4 is here!🥳🥳
Kwartaal 4 is hier!🙌👌
Ons wens alle leerders, opvoeders, ouers en die gemeenskap van Hibernia Primêr Skool 'n vrugtevolle kwartaal toe. Mag dit die beste van 2023 wees!

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 05/10/2023

At Hibernia Primêr Skool we believe in celebrating and honouring. HAPPY TEACHER'S DAY to all our colleagues. 🥳🥳Ons hoop en vertrou dat al ons wonderlike opvoeders hierdie dag geniet en dalk kan vergeet van lesplanne vir 'n oomblik:-) 📒📔🖇")

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 27/09/2023

Hibernia Primêr Skool wens ons leerders alle sterkte toe en baie geluk vir hierdie komende naweek. Hierdie drie passievolle rugby seuns sluit aan by die SWD span vir 'n opwindende toernooi in Riversdal. 🏉🏉🏉
Jordan Lourens
Jay-Jay Essau
Waylon Arendse
Baie geluk manne! Dit bewys dat harde werk en dissipline vir u baie vrugte in die sak bring. Hou so aan! 🙌👏

24/09/2023

Hibernia Primêr Skool doen 'n beroep op ouers en leerders om asseblief waaksaam te wees oor die weer waarskuwings van hierdie komende week. 24 September 2023.
We urge parents to take caution and keep your learner safe and out of harms way.

News alert and issue from the department state as follows: "Originally a level 6 storm alert was issued (Friday); it now stands at level 9, with the possibility of moving to level 10 by tomorrow. As the eye of the storm moves, across the province from late afternoon today into tomorrow - and into Tuesday, we must anticipate that certain schools and communities will be impacted upon severley."

Ons vertrou dat almal veilig sal wees. 🙏🙏

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 24/09/2023

Happy Heritage Day from all of us at Hibernia Primêr Skool - to our family and friends. We trust that this rest day will be well spent. Lekker rus aan alle opvoeders van heinde en verre.
"Teachers do not teach for the income - Teachers teach for the outcome" - Unknown.
Please stay warm and protected out there🙏❄️🌦☔️!

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 24/09/2023

Grade 7 news: FUN FUN FUN!!! One of the most exciting and anticipated days in the Grade 7 year; is their Entrepreneur's Day! 😍🥳
Die hele skool was van soetgoed voorsien, daar was "milkshakes", hulle kon speletjies speel waar jy pryse kon wen, nael verf vir die meisies (en sommige mans -lol), musiek vir oud en jonk en nog vele meer! Elkeen het ons ondersteun asook 'n sakkie of blikkie byderhand gehou vir al die bederfies! Baie dankie aan alle leerders, opvoeders, assistente en OUERS vir die ondersteuning van hierdie dag. Juf Heydenrych - dankie vir die leiding met u EBW lesse by Hibernia Primêr Skool wat gelei het tot die suksesvolle dag! We enjoyed ourselves thoroughly:-) 🥰💙💛

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 24/09/2023

Graad 7 nuus: Juf C. Conradie het 'n versoek gerig aan Me. Bernadette Scholtz - oud leerling van Hibernia Primêr - om met die Bybel Genootskap in verbinding te tree en Hibernia Primêr Skool se graad 7 leerders met Bybels te kom seën. Dominee Smuts Janse Van Rensburg (van Oudsthoorn) het nie gehuiwer om met ons leerders die belangrikheid van Bybel lees te deel nie. 😊
Me. Bernadette Scholtz het met dankbaarheid en trots na haar alma mater teruggekeer en kon sommer lekker gesels met ons skoolhoof en die 2023 leiers van ons skool. Baie dankie aan hierdie drie individuele vir jul omgee en liefde wat u aan ons skool betoon. 🙏💙💛

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 17/09/2023

Rugby mannetjies, opvoeders, afrigters en deelnemers - baie dankie vir jul spangees op die veld. Die spele was mini "World Cup" gehalte! Buksie Sportdag by Hibernia Primêr Skool was tops! 👏👏🏐🏉
Hier is nog 'n paar mooi kiekies en aksiefoto's van ons leerders:-)

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 17/09/2023

🌞Favourable weather conditions proved to be a great contributor to our successful Mini Sport day event held at Rosemoor Sports grounds on 16 September 2023. Baie dankie aan Hibernia Primêr Skool organiseerders, opvoeders, personeel en assistente; Octotel, Safari asook Sanitech wat tot ons sukses bygedra het. Ons fotograaf span, Mnr en Mev Jerome & Gloria Davids - hierdie herinneringe sal ons nog vir baie lank aan die praat hou:-) Last but not least; THANK YOU to all schools who participated in this event by giving our young leaders the exposure of sport that is so needed. 🏉🏐 Well done to all teams!

11/09/2023

Hibernia Primêr Skool made history when our girls played their first RUGBY match this past weekend. Wie sê rugby is net vir mans? Conville Primêr se uitnodiging was beslis verwelkom en ons kon nie nee sê nie vir 'n uitdaging nie. We loved the exposure and the challenge for Hibernia Primêr Skool. Well done girls! You have done it👏🙌 Julle het bewys dat ons als kan aanpak!

11/09/2023

Vir maande sien ons uit hierna - Dis ons Mini Sportdag!!🏈🏐⛹️‍♀️🏆 Ons grondslag fase leerders gaan aan Rugby en Netbal wedstryde deelneem waar hulle 5 ander skole gaan uitdaag in hul verskeie afdelings. Die pragtige kleintjies is heelwat gereed vir hierdie uitdaging:) There will be bazaar items for sale as well as a tuck shop on the day. Daar sal items wees soos bv. worsrolletjies, kolwyntjies, liplekker soetgoed, en natuurlik koffie. 🧁🍭☕
We cordially invite you to come and support your favourite school Hibernia Primêr Skool and our learners as we embark on this much anticipated event. :-)

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 06/09/2023

Hier is ons 3 leerders wie hierdie komende Vrydag sal vertrek na Stellenbosch vir die Provinsiale WOW (Woorde Open Werelde) kompetisie. 🥰Hulle het deurgedruk na die 3rde ronde van spel en het elkeen 'n paar medaljes in die proses los geslaan. Caitlyn Appels, Grace Moolman en Waynitia July sal Hibernia Primêr Skool Saterdag 9 September 2023 verteenwoordig in die strawe kompetisie en ons het die volste vertroue dat hulle hul heel beste sal lewer.
Die WOW groepie (met die ander wenners in die Distrik kompetisie) sal ook na hul onderhoud op Eden FM se skole program kan luister. Ons nooi ouers en leerders uit om in te skakel op Woendsag 13 September 2023 om 7uur nm :-) 📟📡🎙

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 23/08/2023

Dankie aan NSRI (National Sea Rescue Institute) wat elke jaar ons leerders kom bewus maak van die gevare wat in water bronne kan plaasvind. Mr Ainsley Kennedy has been working tireslessly around the school to make sure each learner receives the information provided by the NSRI. We salute you! Hibernia Primêr Skool waardeer u insette en toewyding! 🤿🏊‍♀️⚓️🛟⛱
Mnr Kennedy beweeg van klas tot klas en hier het ons hom gevang by die Graad 5A. :-)

21/08/2023

Baie geluk aan die volgende seuns wie in die onderskeie O/12 SWD rugbyspanne opgeneem is.
Jordan Lourens - O/12A
Waylon Arendse - O/12A
Jay-Jay Esau - O/12C
Ons is sommer super trots op julle! 🏉🏉🏉

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 21/08/2023

Spel spel het ons sukses behaal! Die TOP 6 leerders van elke graad was gekies by die kringkompetisie wie sal deurgaan na die volgende rondte vir die WOW (Woorde Open Wêrelde) reeks! Hier is die resultate van Hibernia Primêr Skool :-)

WOW spelfees uitslae 🐝
Graad 1
Zoey Freeks - 3rde
Graad 2
Ethan Oktober - 6de
Graad 3
Jasmyn Galant - 1rste
Graad 5
Alaine Vries - 4de
Hope Lammert - 3rde
Tyler Klaasen - 2de
Graad 6
Waynitia July - 4de
Lucinay Weyers - 3rde
Grace Moolman - 2de
Caitlyn Appels - 1rste
Graad 7
Reitumetse Pietersen - 1rste

Top 6 gaan deur na volgende rondte te Pacaltsdorp Hoër op 26 Augustus. (Sat).

Baie dankie aan alle opvoeders wie ook betrokke geraak het. Ons waardeer u! 🌺🙏🏽

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 14/08/2023

The Spelling Bee 🐝competition is upon us;-) WOW (Woorde Open Wêrelde) will be hosting their first of many competitions on the 17th of August 2023 at Pacaltsdorp Primary School and these learners will be representing Hibernia Primêr Skool on Thursday. We wish them all the success for this event and know that they will do their best to make our family proud.
{Attempting to get all the learners to look at the camera at the same time proved to be most difficult:-)}
Hulle is dalk vandag skaam maar ons is gerus dat hulle vol self-vertroue by die kompetisie sal instap!
Hierdie kompetisie is vir ons 'n voorreg en veral die blootstelling daarvan is vir ons leerders uiters belangrik. Hou so aan Hibernia Primêr Skool - dis die skool van onse trots! 💙💛

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 14/08/2023

Vandag het Hibernia Primêr Skool hul top prestreerders in die Intersen Fase vir Kwartaal 2 aangewys en almal met sertifikate beloon in die verskeie vakke. 🎗
Hier is ons Top leerders vanaf Graad 4 tot Graad 7 met hul sertifikate as die Algehele Beste Prestreerders in hul graad.

Van links na regs:
Sergio Williams - Graad 7
Waynitia July - Graad 6
Mayah Forbes - Graad 5
Josh Witbooi - Graad 4

Baie geluk met julle prestasie! Hou so aan maats, julle maak ons baie trots:-) 😊

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 10/08/2023

Hier's ons weer! Ons het Maandag gaan rugby speel teen Glenwood en ons mannetjies was natuurlik vuur en vlam! Hier is die resultate:

o/9 wen 5 - 0
o/11 wen 14 - 0
0/13 wen 47 - 17

Ons was ook uitgenooi deur Glenwood om weer by hul sport toernooi hierdie week ons vaardigheid te betoon. "Happy days ahead" 🤩

10/08/2023

Alle Hibernia Primêr Skool familie, hier is iets "exciting" vir aand ete:-) Ons skool maak staat op u ondersteuning vir ons funksies, en glo dat u selfs 'n leerder kan borg met 'n kaartjie! 🥳🍗🥗🫓Ons sien so uit na 'n lip-lekker kwartaal drie funksie! 💙

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 04/08/2023

Baie geluk aan die volgende seuns wie ons skool Hibernia Primêr Skool komende naweek sal verteenwoordig in onderskeie SWD rugby proewe. "4th and 5th August is when it's all happening!"

Ashley-Hogan Bezuidenhout (George 7's span)

Jordan Lourens
George Slater
Jay-Jay Esau
Waylon Arendse
(George O/12 Streeksspan)

Ons wens hierdie seuns alle sterkte en voorspoed toe vir hul wedstryde! 🏉🥳🙌

02/08/2023

🏉🏉Ons rugby spanne het gister 'n paar wedstryde gespeel en het omtrent die pale aan die brand geslaan. Hibernia Primêr Skool se toegewyde rugby afrigters maak seker dat die mannetjies hul 3'e op die regte plek en die regte tyd druk:-) Hier is ons uitslae teen St. Paul's Primary:

O/9 wen 45 - 0
O/11 wen 10 - 0
O/13 wen 52 - 0

Geluk aan al die spanne met jul suksesvolle wedstryde. Hou Hibernia Primêr Skool se naam hoog! 🥳🙌

28/07/2023

Hibernia Primêr Skool se basaar verskuif na 16 September tesame met ons Buksie Sportdag. More details to follow:-)

26/07/2023

Ons eerste funksie vir kwartaal 3 is op dreef en ons is vreeslik opgewonde! Ouers let asseblief op na die briefie inhoud wat u leerder huis toe geneem het. Hibernia Primêr Skool span maak staat op u donasies en getroue ondersteuning. Ons weet dat ons altyd op u kan vertrou met ons skool funksies en daarvoor sê ons byvoorbaat dank. We hope to see you on the 5th of August and would love to meet with you during this time. 🥳🥳🥳🥨☕🍭🍨🧁

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 24/07/2023

Tafel tennis nuus: Ons wil graag vir Qwin Phillips geluk wens omdat hy die o/15 span gemaak het wat in Kaapstad aan die Suid Afrikaanse Ope gaan deel neem:-) Qwin het al meer as eenkeer Hibernia Primêr Skool verteenwoordig in Tafel Tennis en is sowaar 'n uitblinker in die sport. Hou so aan, ons is baie trots op jou! Hier is Qwin saam met sy "coach" wie ook baie ure aan die sport en in die leerders belê. Baie dankie "coach"! Ons waardeer u insette en toewyding:-) Qwin lyk al te fraai in sy EDEN baadjie! 🥳🥳

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 20/07/2023

Mev Heydenrych en haar span het weereens Hibernia Primêr Skool trots gemaak toe hulle die museum se ECKED Visual Arts Exhibition bygewoon het. 10 van ons leerders het deelgeneem en hulle kunswerke was gedurende die vakansie by die museum uitgestal. Eli Abrahams en Reitumetse Pietersen het pryse ontvang vir hulle kunswerke. Die tema was "This is me with..." waar Eli homself met sy kat geteken het en Reitumetse haarself met haar gedagtes geteken het.
Well done to our learners for their creativity and developing talent. Keep it up and we hope to see big things from you in the near future! 🥳💙💛

Photos from Hibernia Primêr Skool's post 18/07/2023

Semester 2 bring nuwe uitdagings en nuwe verwikkelinge! Ons leerders is sommer rasend opgewonde om terug te wees:-) We welcome Term 3 with great anticipation for change. Ms Muller joined us as the new Grade 1C educator and we are certain that she will be very happy here. Our English learners have already had the pleasure to introduce themselves to their new teacher and this is only the beginning for great relationships to be formed. Hartlike welkom ook aan al ons assistente, en elkeen wat deel is van die Hibernia Primêr Skool familie. Hierdie seisoen is gemaak vir groei! Ons is Hibernia - die skool van onse trots! 🥳

Want your school to be the top-listed School/college in George?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

Telephone

Website

Address

Mission Road, Rosemore
George
6529

Opening Hours

Monday 07:50 - 14:15
Tuesday 07:50 - 14:15
Wednesday 07:50 - 14:15
Thursday 07:50 - 14:15
Friday 07:50 - 13:15

Other Elementary Schools in George (show all)
Dellville Park Primêr / Primary Dellville Park Primêr / Primary
42 Lynx Street
George, 6529

Virtute et fide - Through courage and faith. Dellville Park Primary School provides quality educati

Laerskool George-Suid Laerskool George-Suid
C/o Laing & Meade Straat
George, 6529

Laerskool George-Suid, skool van uitnemendheid. 'n Trots Afrikaanse skool met 'n ryke geskiedenis.

Thembalethu Primary School Thembalethu Primary School
197 NELSON MANDELA Boulevard
George, 6529

Voorbereidingskool George Preparatory School Voorbereidingskool George Preparatory School
Corner Of Cradock And Courtenay Street/P. O. Box 638
George, 6530

GEORGE PREPARATORY SCHOOL is the only preparatory school in the area. Our focus is therefore, exclus

Laerskool Blanco Laerskool Blanco
Napierstraat
George, 6529

'n Doelgerigte laerskool aan die voet van die Outeniquaberge

Curro George Curro George
C/o Merriman And Victoria
George, 6529

Curro George is an independent primary school in George that provides high-quality education to learn

George Little Farm Remedial School George Little Farm Remedial School
7 Witfontein Street Heather Park
George, 6530

George Little Farm Special Needs School seeks to create a homely, loving, and nurturing learning env

Country House School Country House School
7 Witfontein, Heather Park
George, 6530

PRIVATE SCHOOL 1 year - Grade 8 Holiday Programme Indoor Heated Pool Indoor Trampoline Park & Venue

Eden Pre-Primary & After Care Eden Pre-Primary & After Care
26 Market Street
George, 6530

We are a private Pre-Primary, Daycare and Aftercare Centre based in George for age groups 1 to Grade

Outeniqua Primary Outeniqua Primary
Cathedral Street
George, 6530

We strive to develop Outeniqua Primary to the school of excellence in the Southern Cape where every

Vine Christian School Vine Christian School
143 Mitchell Street
George, 6529

Vine Christian School is a Silver Status School and has enjoyed this status consecutively since the