Laerskool Risiville

Laerskool Risiville

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Laerskool Risiville, Elementary School, Van Eeden Laan Risiville, Vereeniging.

Photos from Laerskool Risiville's post 06/10/2026

TOP 10 Akademie
Kwartaal 3

Baie geluk aan ons Grondslagfase leerders. Ons is TROTS op julle.๐ŸŒถ๏ธ

Photos from Laerskool Risiville's post 05/10/2026

๐Ÿ’ง Baie dankie I-Water - Palms Mall & Perfect center en Droppie die Waterdruppel!*๐Ÿ’ง

Baie dankie aan i-Water en Droppie die Waterdruppel wat vir ons by *Laerskool Risiville* kom kuier het! ๐Ÿ’ฆ๐Ÿ’™

Dankie, Ben, dat jy ons RR- en R-maats op so โ€™n prettige en interessante manier geleer het hoe belangrik skoon water is, waarom ons water moet spaar en wat ons elke dag kan doen om water te bewaar. ๐ŸŒฑ๐Ÿ’ง

Ons maats het dit baie geniet en sommer heelwat geleer! ๐Ÿฅฐ

Elke druppel tel! ๐Ÿ’ง

Photos from Laerskool Risiville's post 05/10/2026

๐Ÿ“ฃโœจ RISIVILLE JUNIOR CHEERLEADERS โœจ๐Ÿ“ฃ

Ons Junior Cheerleaders het op Vrydag 3 Oktober aan Talent Africa in Roodepoort deelgeneem. ๐ŸŒŸ

Ons is ongelooflik trots op ons dogters wat met hul harde werk, talent en spanwerk GOUD ๐Ÿฅ‡๐Ÿ† ontvang het! โค๏ธ

Baie geluk, meisies! Julle het ons trots gemaak! ๐Ÿ‘๐Ÿป๐Ÿ“ฃ๐Ÿ’™

01/10/2026

โค๏ธ๐Ÿค BAIE STERKTE, JUNIOR CHEERLEADERS! ๐Ÿคโค๏ธ

Ons is ongelooflik trots op elke meisie wat so hard gewerk het om tot hier te kom! โค๏ธ Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoรซ het julle tot op hierdie punt gebring.
Ons waardeer elkeen van julle en glo met ons hele hart dat julle sommer BAIE goed op die verhoog gaan doen! โœจ

Geniet elke oomblik, gee julle beste en onthou om die verhoog te geniet! Julle het reeds ons harte gewen! ๐Ÿฅนโค๏ธ
Mag julle skitter en al julle harde werk beloon word! ๐ŸŒŸ

Baie sterkte by Talent Africa! ๐Ÿ†โค๏ธ๐Ÿค

28/09/2026

๐ŸŽˆ๐ŸŽ‚ GELUK, SEPTEMBER-RISSIES! ๐ŸŽ‚๐ŸŽˆ

Aan elke Rissie wat in September verjaar het โ€“ ons hoop julle verjaarsdae was propvol lag, liefde, lekker verrassings en hope mooi herinneringe! โค๏ธ๐Ÿ’™

Mag die nuwe lewensjaar vir elkeen gevul wees met groot drome, nuwe avonture en baie redes om te glimlag. โœจ

Hou aan groei, hou aan droom en hou aan om โ€™n trotse Rissie te wees! ๐ŸŒถ๏ธ

๐ŸŽ‰ Baie geluk met julle verjaarsdae! ๐ŸŽ‰

Photos from Laerskool Risiville's post 06/09/2026

๐Ÿ‘๐Ÿ’™ MINI HOKKIE SEISOEN 2026 ๐Ÿ’™๐Ÿ‘

Die Mini Hokkie-seisoen van 2026 het tot โ€™n einde gekom! ๐ŸŒŸ

*Laerskool Risiville* is super trots op elke enkele speler wat hierdie seisoen op die veld uitgegaan het. ๐Ÿ‘๐Ÿ‘๐Ÿป

Aan al ons klein hokkie-sterre โญ๏ธ: Dankie vir julle harde werk, entoesiasme en deursettingsvermoรซ. Dit was ongelooflik om te sien hoe julle deur die seisoen gegroei en ontwikkel het โ€“ nie net as hokkiespelers nie, maar ook in selfvertroue, spanwerk en sportmanskap. ๐Ÿ’™

Elke oefening, elke wedstryd, elke doel en selfs elke uitdaging het julle sterker gemaak. ๐ŸŒŸ

*Julle is ons trots, Mini Hokkie-sterre! ๐Ÿ‘๐Ÿ’™โญ๏ธ*

Baie dankie aan ons afrigters en ouers vir julle ondersteuning, aanmoediging en betrokkenheid deur die seisoen. Julle maak โ€™n groot verskil! ๐ŸŒท

Tot volgende seisoen! ๐Ÿ‘๐Ÿ’™
Hou aan skitter, klein sterre! โญ๏ธ



#2026

Photos from Laerskool Risiville's post 06/09/2026

๐Ÿ“ฃ๐Ÿ’™ LAERSKOOL RISIVILLE SE JUNIOR & SENIOR CHEERLEADERS DOEN DIT WEER! ๐Ÿ’™๐Ÿ“ฃ

Op โ€™n yskoue Vrydagaand, 4 September, het ons ongelooflike cheerleaders die verhoog by Laerskool Republiek se Kunsfees laat bewe! โ„๏ธโœจ

En wat โ€™n aand was dit! ๐Ÿ”ฅ

๐Ÿ† Junior Cheerleaders โ€“ A+++
๐Ÿ† Senior Cheerleaders โ€“ A

Ons is SUPER TROTS op elkeen van julle! โค๏ธ

Dankie vir julle harde werk, toewyding, energie en passie. Julle het gewys dat koue weer julle nie kan keer nie โ€“ julle skitter steeds! โญ๏ธ

Baie geluk aan ons Risiville Cheerleaders!
Julle het dit WEER gedoen! ๐Ÿฅณ๐Ÿ“ฃ๐Ÿ’™

Photos from Laerskool Risiville's post 04/09/2026

๐Ÿ‰Rugbyraai 2026๐Ÿ‰ Deel 1

๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ Springbokke vs All Blacks๐Ÿ‡ณ๐Ÿ‡ฟ
(2de toets - Kaapstad)

Baie geluk aan ons twee gelukkige wenners van ons eerste rugbyraai tydens die โ€œGreatest Rivalry Tourโ€.

Dra die trui die naweek met trots en ondersteun die BOKKE!!

Kyk uit vir ons volgende rugbyraai vir die laaste toets in Baltimore, Amerika op 12 September!

Photos from Laerskool Risiville's post 04/09/2026

๐ŸUITSONDERLIKE PRESTASIES๐Ÿ

Baie geluk aan al ons krieketmanne wat tydens die seisoen sover โ€˜n uitsonderlike prestasie behaal het!

Kyk gerus in diepte na elke seun se prestasie! Dit is iets uit die boonste rakke!

Hou aan kolf en boul manne!

Want your school to be the top-listed School/college in Vereeniging?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


Van Eeden Laan Risiville
Vereeniging
1929

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Risiville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Vereeniging.