Every Nation Kruislig

Every Nation Kruislig

Share

Kruislig se hartklop is om God te eer deur mense te dissipel in Sy woord, krag en teenwoordigheid.

05/10/2026

SONDAGDIENS - 4 Oktober 2026

In hierdie Sondagdiens het Deborah de B**r ons deur Efesiërs 4 geneem met die fokus op die genade van redding. Sy het verduidelik wat hierdie genade vir ons as gelowiges beteken en hoe dit ons roeping beïnvloed om die evangelie te deel met mense wat nog nie die goeie nuus gehoor het nie.

Ons het ook saam nagmaal gebruik. Maak seker jy het jou nagmaal gereed; sodat jy dit saam met jou gesin kan gebruik. Kyk gerus na die preek en mag die Here jou deur hierdie boodskap kom “stir” en jou herinner aan die genade van redding wat ons in Christus ontvang het.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/ThkvNn5dIZY

05/10/2026

MANNE MAANDAG - 5 Oktober

Ons nooi graag elke man na Manne Maandag wat vaanaand plaasvind om 18:00 by die kerk.

Moet dit nie mis nie, nooi iemand saam.

⏰ 18:00
📍 Every Nation Kruislig

Bring jou Bybel!

28/09/2026

SONDAGDIENS - 27 September 2026

In hierdie Sondagdiens het Tristen Bourne ons spesifiek bedien oor God se genade en hoe dit deel is van Sy karakter. Hy neem ons deur verskeie Skrifgedeeltes wat ons help om God se genade beter te verstaan, met Dawid as een van die voorbeelde wat hy gebruik.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/v_vpFwo621s

23/09/2026

🚧 MÔRE BEGIN ONS! 🚧

Net 1 slaapie oor! 😱

Die konstruksieterrein is gereed… 🏗️
Die gereedskap is gereed… 🔨
Die bouers is gereed… 👷

Môre begin ons BOU SAAM JESUS! 🧱❤️

Wie is opgewonde?! 🙌🎉

22/09/2026

🦺 2 DAE OM TE GAAN! 🦺

Helms op! 👷
Gereedskap gereed! 🔨
Bouers in posisie! 🧱

Nog net 2 slaapies voordat ons saam begin bou!

Jesus is ons fondament! ❤️🏗️

21/09/2026

SONDAGDIENS - 20 September 2026

In hierdie Sondagdiens het André de Jager ons deur die waardevolle boodskap “Bewaar jou hart tydens seer tussen gelowiges” geneem. Hy spreek drie belangrike punte aan waaroor elkeen van ons eerlik moet nadink wanneer ons seerkry binne die liggaam van Christus.

Die boodskap daag ons uit om nie net te luister nie, maar dit wat gedeel is prakties uit te leef in ons verhoudings met mekaar as broers en susters in Christus.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/F5RAn4dyMAA

21/09/2026

🏗️ 3 DAE OM TE GAAN! 🏗️

Die bouplan is gereed. 📐
Die gereedskap is gereed. 🔨
Die bouers is amper gereed! 👷

Ons is net 3 dae weg van die groot bou-avontuur!

NAVIGATORKAMP 2026! 🧱❤️

19/09/2026

👷 4 DAE OM TE GAAN! 👷

Bouers, maak gereed! 🦺

Ons gaan bou, speel, lag, leer en ontdek hoe ons ons lewens op die sterk fondament van Jesus kan bou. 🧱❤️

Nog 4 dae! 🚧🔨

18/09/2026

🔨 5 DAE OM TE GAAN! 🔨

Die hammers is gereed…
Die bouers is gereed…
Die konstruksieterrein is amper gereed! 🚧

Maar die belangrikste vraag is:

Is JY gereed? 👷🧱

Nog net 5 dae tot die Navigatorkamp van 2026! 🎉

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


(Dienste-09: 00
Rustenburg
0300

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 09:00 - 00:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Every Nation Kruislig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Rustenburg.