Romanza

Romanza

Share

Liefde leef hier πŸ’• HiΓ©r kan julle klets, lag of stry oor die karakters wat vir ons vriende, familie of vyande is.

Die liefde en leed van die heldin tussen die Romanza-blaaie leef nog lank na enige van ons die boek toegemaak het. DiΓ© Facebook-blad is 'n saam-geselsblad, kom gesels saam. Sluit aan by ons nuusbrief en bly op hoogte van al die nuutste Romanza-nuus: https://bit.ly/3voOGCu

08/06/2026

NΓ‘ ’n onaangename insident by die werk, bedank AnΓ©. Op ’n toeoogafspraak ontmoet sy vir Reinhard. Hy hoor sy is werkloos, en bied vir haar ’n navorsingspos aan. Sy empatie oorrompel haar, en ondanks hulle verskille, aanvaar sy die pos. Die man is tog sag op die oog.

Hy glo egter sy beperkings staan in die pad van ’n ernstige verhouding. Nie eens ’n tandemfietsrit, ’n besoek aan sy geboorteplaas, of ’n romantiese aand kan hom oortuig nie. Sal ’n lewensgevaarlike insident sy skanse platvee?

🩷 deur is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/eXKS1Jw

🩷 Die e-boek is beskikbaar by:
LAPA: https://loom.ly/t-QFzks
Amazon: https://loom.ly/iLdowaY

07/06/2026

Waarskuwing: Hierdie verjaarsdag-uitverkoping gaan jou leeslys verdubbel! 😍

Romanza vier 21 jaar van liefde met tot πŸ“πŸŽ% 𝐚𝐟𝐬π₯𝐚𝐠 op ons e-boeke! Geniet ure se ontsnapping, romanse en hartklop-oomblikke.

πŸ‘‰ Jou volgende gelukkige einde is net 'n klik weg: https://loom.ly/OiCHOwA

Die promosie is geldig tot 7 Junie 2026. B’s & V’s geld.

06/06/2026

21 jaar. Honderde liefdesverhale. Ontelbare vlinders. Romanza vier 21 jaar van stories wat harte vinniger laat klop πŸ’–

Om dankie te sΓͺ dat jy deel is van diΓ© reis, kan jy nou 𝟐𝟎% 𝐚𝐟𝐬π₯𝐚𝐠 kry op gedrukte Romanzas! πŸŽ‰

πŸ›’ Vier die liefde saam met ons en ontdek jou volgende gunsteling: https://loom.ly/ObflzWU

Die promosie is geldig tot 7 Junie 2026. B’s & V’s geld.

05/06/2026

Lani se ouers wil van haar ’n konsertpianis maak, maar sy rebelleer en gebruik haar talent om popmusiek te skryf. Om brood op die tafel te sit, werk sy as kelnerin en trek rond om haar ouers te ontduik.

Elliot leef rustig en georden totdat hy Lani, ’n ryloper met ’n kitaar, oplaai. Sy is die teenoorgestelde van sy ideale vrou, maar maak iets in hom wakker. Hy glo nie aan liefde met die eerste oogopslag nie, maar sy hart vat kortpad.
Gaan hy sy hart se wens kan weerstaan?

πŸ’™ deur is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/P12j7Kk

πŸ’™ Die e-boek is beskikbaar by:
LAPA: https://loom.ly/pRWG2yk
Amazon: https://loom.ly/Jw2ObJ4

Romanza 05/06/2026

Ons vier 21 jaar van liefde, passie en onvergeetlike stories, en jy's genooi na die partytjie! πŸŽ‚ πŸŽ‰

Kry tot 50% afslag op Romanza e-boeke en tot 20% afslag op gedrukte Romanzas. Dis tyd om jou boekrak met nog 'n bietjie liefde te vul! 🩷

πŸ›’ Koop jou bederf nou en vier diΓ© mylpaal saam met ons: https://loom.ly/RterNZM

Die promosie is geldig tot 7 Junie 2026. B’s & V’s geld.

Romanza

04/06/2026

Nadat Karmen ’n vliegongeluk in Spanje oorleef waarin haar ouers sterf, blameer haar ouma haar. NΓ‘ matriek vlug Karmen na Europa en leef soos ’n sigeuner sonder wortels.

Dertien jaar later dwing haar ouma haar terug na Barcelona, sodat Karmen met ’n ryk losbol kan gaan trou. Dwalend in Barcelona se strate, ontmoet sy vir Marco, ’n straatmusikant wat haar liefde vir musiek en die lewe laat herleef. Maar sy sal haar verlede en skuldgevoelens moet konfronteer as sy weer geluk wil vind.

❀️ deur is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/DyH8JC8

❀️ Die e-boek is beskikbaar by:
LAPA: https://loom.ly/A4UXkJ8
Amazon: https://loom.ly/AWIdawc

04/06/2026

Ons voer iets in die mou … kan jy raai wat dit is? πŸ€” πŸŽ‚

Hou gerus mΓ΄re ons sosialemediabladsye dop vir die aankondiging! πŸ‘€

04/06/2026

Romanza vier vandag 21 jaar van liefde! πŸŽ‚

Wat ’n besonderse mylpaal! In 2005 het Cecilia Britz hierdie geliefde druknaam gestig met ’n droom om gehalte liefdesverhale te publiseer wat ontvlugting en plesier bied. Vandag leef daardie droom voort in elke boek wat gelees word πŸ’–

Baie dankie aan ons lesers vir julle getroue ondersteuning, entoesiasme en liefde vir Romanza. En ’n spesiale dankie aan ons talentvolle skrywers wat ons telkens met onvergeetlike stories verras. Hier’s op nog baie jare se leesgenot! πŸ₯‚

02/06/2026

Romanza verjaar in Junie, en diΓ© spesiale mylpaal word gevier met ’n groot bederf! 🩷

Twee gelukkige lesers staan elkeen ’n kans om 21 Romanzas te wen! πŸŽ‰

πŸ‘‰ Neem hier deel om te wen: https://loom.ly/CcZXXeU

Want your business to be the top-listed Media Company in Midrand?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Address


162 Tonetti Street, Midpoint Business Park, Halfway House
Midrand
1685

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00