Willemien Cake Studio

Willemien Cake Studio

Share

We love to bake and create decadent cakes and treats . We also have a variety of platters and some salty dishes that your taste buds will love!

10/06/2026

Ons hoor van soveel mense wat kla oor moeilike werksomstandighede... Van werkgewers wat een ding sê en iets anders doen... Kollegas wat hulself christene noem maar steeds die wêreld se manier volg...

So dit het my laat wonder... En wanneer ek begin wonder, gaan ek na God toe vir antwoorde... En dan skryf ek maar...

Eerstens laat dit my d**k aan Johannes 16:33 waar Jesus vir Sy dissipels gesê het: "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin."

Hoe eer jy Jesus in jou werksplek? Ten spyte van...? Te midde van...?

Moenie kla nie!Dankbaarheid verander die atmosfeer... Wanneer jy ophou murmureer... Maak jy plek vir Genade... Jou houding is jou bediening nog voordat jy ’n woord spreek...
Filippense 2:14 ~ Doen alles sonder murmurering en teëspraak.

Let op jou woorde! Die woorde wat jy spreek, wys wat in jou hart leef... Kies woorde wat genees... En nie woorde wat seermaak nie... Laat jou woorde klink soos iemand wat tyd saam met Jesus deurbring...
Efesiërs 4:29 ~ Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

Bemoedig ander! Wees die stem wat opbou... Nie die een wat afbreek nie... Jou bemoediging kan die rede wees waarom iemand vandag nie moed opgee nie... Jy mag dalk die enigste Jesus wees wat iemand vandag sien...

Leef met integriteit! Doen die regte ding... Selfs wanneer niemand kyk nie... Want God sien altyd... Integriteit by die werk is jou stille aanbidding tot God...
Kolossense 3:23 ~ En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.

Bid vir die mense saam met wie jy werk! Bid vir jou kollegas... Selfs vir die moeilike mense... Voorbidding verander ’n werksplek meer as wat argumente ooit kan... Jy kan nie bitter bly teenoor mense vir wie jy bid nie...

Stop skinderpraatjies of stap weg! Stilte is soms die sterkste getuienis... Jy hoef nie deel te wees van elke gesprek nie... Dra eerder vrede die vertrek binne... Jy verteenwoordig Christus die beste wanneer jy nie die chaos rondom jou weerspieël nie...

Doen alles as aanbidding! Selfs die gewone take maak saak wanneer dit vir Hom gedoen word... Uitnemendheid met die regte hart word evangelisasie sonder woorde...
1 Korintiërs 10:31 ~ Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

Eer Jesus in jou werksplek! Jy hoef nie 'n preek te lewer om Hom te verteenwoordig nie... Leef dit net uit... Skyn Sy lig...🙌🏻🌷
♡alta♡
♡blom♡rus♡🙌🏻🌷

07/06/2026
Want your business to be the top-listed Bakery in Groblersdal?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


5 Grobler Avenue
Groblersdal
0470

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:30
Tuesday 08:00 - 17:30
Wednesday 08:00 - 17:30
Thursday 08:00 - 17:30
Friday 08:00 - 17:30
Saturday 08:00 - 13:00