George Rugby Club

George Rugby Club

Share

George Rugby Club is one of the oldest rugby clubs in the country, located in the beautiful Garden Route city of George. Established in 1883.

01/09/2026

🔥 URC PRE-SEASON FIXTURE 🔥

The wait is almost over! 🏉

The Dotsure SWD Eagles take on the Hollywoodbets Sharks in a massive pre-season clash at Outeniqua Park, George.

🗓 Friday, 4 September 2026
⏰ Kick-off: 19:00
📍 Outeniqua Park, George

💥 DOTSURE SWD EAGLES 🆚 HOLLYWOODBETS SHARKS

🎟️ Entrance: R80
🅿️ Parking: R20 at Heatherlands High School

Bring the family, wear your colours and get behind the Eagles! 🦅💚

Tickets Available Online and at the Gate:

https://weticket.co.za/event/details/1000218-dotsure-swd-eagles-vs-hollywoodbets-sharks

01/09/2026

Ons wil net sê… BAIE DANKIE🙌🏻

Dankie aan Bud Brothers wat ons George-manne se waterbottels én waterhouer geborg het. Nou kan ons manne darem water drink soos kampioene.

Mense soos julle lê DIEP in ons rugbyharte.💙 Dankie dat julle vir George Rugby Klub gekies het en bereid is om deel te wees van ons reis. Sulke borge maak ’n reuse verskil aan ’n klub en ons waardeer elke druppel ondersteuning… letterlik 💦

’n Spesiale dankie aan Chanté en Quiron Weyers, asook Pieter Laubscher, wat hulle tyd afgestaan het om die oorhandiging aan ons manne te doen. Ons waardeer julle moeite en ondersteuning opreg.🙏🏻

Ons sien uit na ’n lang, lekker en suksesvolle pad saam met Bud Brothers.

Want een ding is seker…
Met Bud Brothers se waterbottels, George se manne en daai Blou Bloed… gaan ons nie sommer uitdroog nie 😂💙🏉

BAIE DANKIE, BUD BROTHERS! Julle is ysters 🔥💙

31/08/2026

Photos from George Rugby Club's post 31/08/2026

🎉 BAIE GELUK AAN ONS GELUKKIGE WENNERS🎉

Ons het ons lootjietrekking gehad, en hier is die gelukkige wenners...🥳👏

🥇 1ste Plek – Henco Lourens
🏡 2 nagte se verblyf by Villa Costalinni Knysna

🥈 2de Plek – Hermanus Steyn
📖 100 Jaar Rugby Versamelaarsboek

🥉 3de Plek – Harry Coetzee
🌱 OMITAFEL – Uit die grond na die tafel-produkte

Baie geluk aan elkeen van julle! 🎊
Mag julle jul pryse terdeë geniet

’n Groot dankie aan almal wat deelgeneem en ons lootjies ondersteun het. Julle ondersteuning beteken baie 🏉

George Rugby Klub – saam is ons sterker

Photos from George Rugby Club's post 31/08/2026

'N NAWEEK VIR DIE BOEKE

Die naweek was gevul met gees, opgewondenheid, harde rugby en ongelooflike ondersteuning...

’n Groot dankie aan ons afrigters, bestuur, spelers en elke ondersteuner wat deel was van die naweek. Julle passie en ondersteuning maak die verskil.

Goeie rugby, lekker gees en ’n klub wat saamstaan.

Hierdie was beslis ’n naweek om te onthou 🏉

31/08/2026

🏉BAIE GELUK, GEORGE RUGBY KLUB🏉

Ons wil net uit die diepte van ons harte baie geluk sê aan al ons manne, bestuur en afrigters van George Rugby Klub👏

Na baie naelbyt-oomblikke, vloek, skel, bid, bekommer, sweet, lang ure en ongelooflike harde werk begin ons nou die vrugte van ons arbeid pluk.

George Rugby Klub speel volgende jaar in die 2027 Premierliga🏆
Dit is ’n ongelooflike prestasie en iets waarop elke speler, afrigter, bestuurslid, ondersteuner en almal wat ’n handjie gehelp het, baie trots kan wees.

Ons weet die pad vorentoe gaan nie maklik wees nie. Dit gaan harde werk, opoffering, geloof en spanwerk verg. Maar met dit wat ons het, en as ons almal saamstaan en saamwerk, glo ons vas ons kan deurdruk en groot dinge bereik.

👏 Knap gedaan, manne
Julle het gewys wat gebeur wanneer ’n span nie opgee nie.

En dan ’n GROOT handeklap 👏👏👏 vir ons 1ste en 2de span wat deur is na die Challenger Cup se halfeindronde 🔥🏉

Ons is ongelooflik trots op wat julle reeds bereik het — maar ons glo daar lê nog baie groot dinge voor.

Hou aan glo. Hou aan baklei. Hou aan speel met hart. ❤️🏉

GEORGE RUGBY KLUB — ONS IS TROTS OP JULLE.

Photos from George Rugby Club's post 28/08/2026

🏉🔥 SATERDAG BRAND DIE RUGBYVELD🔥🏉

Saterdag meet George Rugby Klub en Oudtshoorn Rugby Klub kragte op ons tuisveld🏉

Dit is ’n groot voorreg om Oudtshoorn hier by ons te verwelkom. Twee klubs met jare se geskiedenis, tradisie, groot name en ’n liefde vir die spel kom Saterdag teen mekaar te staan.

Maar wanneer daardie fluitjie blaas, los ons die geskiedenis langs die veld… dan praat die rugby.💪🔥

George is gereed.
Die game plan is in plek. Die strategie is bespreek. Die manne weet waarvoor hulle speel.

Maar rugby word nie net met ’n plan gewen nie dit word met hart gewen. 🏉

Ons wil daardie George gees, daardie passie en daardie veglus Saterdag op die veld sien. Elke tackle, elke hardloop, elke meter en elke bal moet wys.
ONS SPEEL VIR ONS KLUB...ONS SPEEL VIR ONS MENSE...ONS SPEEL VIR DIE LIEFDE VIR RUGBY.🔥

En aan ons ondersteuners, julle is deel van die span📣
Kom maak die pawiljoen warm, skree tot jou stem weg is en gee die manne daardie ekstra 10% wanneer die bene begin swaar word.

Bring jou familie, jou vriende, jou stem en jou rugbyhart.

Saterdag is daar nie plek vir halfpad nie.
Saterdag speel ons met alles wat ons het.

GEORGE RUGBY KLUB — EEN KLUB. EEN HART. EEN STRYD.

🏉 KAARTJIES BY DIE HEK BESKIKBAAR 🏉

George Rugby Klub se wedstryde is Saterdag 29 Augustus 2026 by Outeniqua Park B-Veld

🎟️ Toegangstariewe:

• Volwassenes: R30
• Hoërskoolkinders: R20
• Kinders: R10
• Pensionarisse: R20
• Motors: R20

27/08/2026

Geseënde Verjaarsdag, Rashied

27/08/2026

GEORGE RUGBY KLUB NOOI AL ONS SUPPORTERS NA DIE WEDSTRYDE OM TE KOM KUIER BY ONS KLUBHUIS

Kom na die wedstryde by ons klubhuis, vure sal brand en daar sal iets kouds vir die keel wees.

📺 Die game tussen Suid-Afrika en die All Blacks sal LIVE uitgesaai word.

Kom ondersteun ons local span in gees en kom kuier saam ons.

📍 WAAR: Outeniqua Park
🔥 Bring jou familie/vriende en jou gees

Rugby verenig - Vriendskap versterk

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in George?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


Langenhoven Avenue, Outeniqua Park
George
6530