Joyce Jacobs
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Joyce Jacobs, Centurion.
With an exstensive track record of success, I lead Individuals, Professionals, Teams, and Organizations to achieve Optimal Health and Greatness through Counseling, Coaching, Master and Mentorship Programs.
05/10/2026
Click op die link om na die onderhoud te kyk:
Kan Jesus Red en Vry Maak? | Pastoor Tinus van Rensburg | Plus 50 Kuiertyd met Joyce Jac ✝️❤️ Kan Jesus vandag nog red, genees en mense werklik vry maak?I...
05/10/2026
Kom Kuier saam by Plus 50 Kuiertyd op Radio Kansel vanoggend Maandag 5 Oktober 2026. Ek Joyce Jacobs gesels met Ps Tinus van Rensburg van Faith City in Irene Centurion. Kom hoor wat Jesus vir jou wil doen…
Wat ’n besonderse aand en wat ’n voorreg om daar te kon wees!
My opregte dank en waardering aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die ongelooflike werk wat hulle doen. Nie net om Afrikaans te bewaar nie, maar om ons taal, wetenskap, letterkunde en kunste voortdurend te ontwikkel en uitnemendheid in Suid-Afrika te bevorder.
Ons het soveel om op trots te wees! Dit is wonderlik om te sien dat daar steeds mense en instellings is wat met soveel passie en toewyding werk om wêreldklasstandaarde in ons eie land te handhaaf en 'n waardevolle erfenis vir die volgende geslagte na te laat.
Wat die aand vir my nog meer besonders gemaak het, was die voorreg om dit saam met geliefdes en familie te beleef en lewenslange toewyding en baie harde werk - meer as alles - ‘n hart vir mense, te vier. Sulke kosbare oomblikke herinner 'n mens weer aan wat werklik saak maak.
Dankie aan elkeen wat met soveel toewyding 'n verskil maak. Mag die Akademie se werk van krag tot krag gaan!
Baie geluk Kosbare Dr Karel Prinsloo en elke ander wenner op die spesiale aand.
God is goed! My hart loop oor van dankbaarheid.
30/09/2026
Baie mense kom sien my om sukses te behaal of beroemd te word, te wen of geld te maak….Hierdie is wat hulle baie keer eers moet verstaan.
SUKSES, ROEM, OORWINNING EN GELD IS NIE DIE BESTEMMING NIE
Ek dink ons maak baie keer die fout om te glo dat sukses, geld of erkenning die eindbestemming is. Ons werk harder, probeer meer bereik en jaag die volgende doelwit na, want iewers het ons begin glo dat ons anders gaan voel wanneer ons uiteindelik daar kom.
Maar waarna soek ons eintlik?
Wanneer iemand sê: “Ek wil baie geld hê,” gaan dit selde net oor die geld. Dit gaan oor wat jy glo die geld vir jou gaan gee. Vryheid. Sekuriteit. Keuses. Die vermoë om vir jou mense te sorg, om te kan gee, om asem te kan haal sonder om heeltyd bekommerd te wees oor môre.
Dieselfde met sukses en bekendheid. Dalk wil jy nie noodwendig hê dat almal jou naam moet ken nie. Jy wil weet dat dit wat jy doen saak maak. Jy wil gesien en gehoor word. Jy wil iets beteken. Jy wil weet dat jou lewe ’n verskil gemaak het.
En dit het my laat dink: As dit die ervaring is waarna ons eintlik soek, hoekom wag ons totdat ons eendag suksesvol genoeg, ryk genoeg of belangrik genoeg is voordat ons onsself toestemming gee om so te leef?
Ons sê so maklik: Wanneer my besigheid eendag suksesvol is, sal ek meer selfvertroue hê. Wanneer ek genoeg geld het, sal ek anders begin leef. Wanneer ek daardie posisie kry, sal ek myself as suksesvol beskou. Wanneer mense my erken, sal ek weet ek het iets bereik.
Maar miskien het ons dit verkeerd om.
Miskien moet jy nie eers sukses bereik om daardie mens te word nie. Miskien moet jy daardie mens word om die sukses te kan bou.
Dit beteken nie jy moet voorgee dat jy geld het wat jy nie het nie, of maak asof jy reeds bereik het wat jy nog besig is om te bou nie. Glad nie. Ons het steeds doelwitte nodig. Ons moet steeds werk, risiko’s neem, leer, groei en geleenthede aangryp.
Maar jou identiteit kan nie voortdurend wag vir jou volgende prestasie nie.
As jy glo geld gaan jou vryheid gee, begin vandag kyk waar jy reeds beter keuses kan maak.
As jy glo sukses gaan jou selfvertroue gee, begin vandag optree soos iemand wat haar eie waarde ken.
As jy glo erkenning gaan bewys dat jy iets beteken, hou op om ander mense verantwoordelik te maak om jou waarde vir jou te bevestig.
En as jy glo dat jy eendag, wanneer jy “daar” is, groter gaan dink, hoekom nie nou al nie?
Ek wil steeds suksesvol wees. Ek wil steeds groei, bou, meer bereik en meer geleenthede skep. Daar is niks verkeerd daarmee nie.
Maar ek wil nie eendag by ’n bestemming aankom en ontdek dat ek my hele lewe gewag het om te begin leef nie.
Vra jouself vandag ’n eenvoudige vraag:
Wat glo ek gaan sukses, geld of erkenning vir my gee?
Is dit vryheid? Vrede? Betekenis? Invloed? Sekuriteit? Die vermoë om te gee? Om gesien te word? Om te weet dat my lewe saak maak?
Want dalk is baie van dit waarna jy soek nie net iets wat eendag op jou wag nie.
Jy kan vandag reeds begin om vanuit daardie plek te leef.
Moenie wag om suksesvol te wees voordat jy die mens word wat jy glo sukses van jou gaan maak nie.
Word haar nou.
En bou van daar af.
Vrede…. Hoe kry ek dit?
Verander jou lewe… Neem ‘n plek in van outoriteit en mag. Wees verantwoordbaar en besluit wat jy nodig het. Doen dit vir jouself!
DIE GELEENTHEIDS KOSTE IS BITTER BITTER HOOG!
15/09/2026
https://www.youtube.com/live/Fu6b1zPR0cE?si=DA0gP-3u-qxZJH88
Vier Jou Lewe en Leef Voluit! | Chris Batt | Plus 50 Kuiertyd met Joyce Jacobs 🎉✨ Die lewe ná 50 is nie ’n tyd om terug te staan nie – dit is ’n t...
15/09/2026
Why do you keep choosing people who make you question your worth?
You might tell yourself:
“I know I deserve better.”
“I’m not going to tolerate this again.”
“This time I’ll walk away.”
And yet… somehow, you find yourself in another relationship, friendship, or situation where you feel unimportant, anxious, rejected, or like you have to earn someone’s love.
This doesn’t necessarily mean you have “bad taste” in people.
Sometimes, the deeper issue is what your nervous system, beliefs, and past experiences have taught you to recognise as familiar.
You may have learned to:
→ overgive to feel worthy
→ ignore your own needs to keep the peace
→ confuse inconsistency with excitement
→ accept the bare minimum because it feels better than being alone
→ constantly analyse what someone else is feeling instead of asking what you need
→ believe that if you can just become “good enough,” someone will finally choose you.
And this is where counselling can help.
Not simply by telling you to “love yourself more.”
But by helping you understand where these patterns come from, how they are maintained, and how to begin building a different relationship with yourself.
Because healing isn't just about finding better people.
It's also about becoming someone who can recognise what is healthy, communicate your needs, set boundaries, and walk away from what repeatedly diminishes you.
You don't have to keep repeating a pattern simply because it feels familiar. 🤍
At Power in Health counselling provides a confidential space to explore self-worth, identity, relationships, emotional patterns, boundaries and personal growth.
If you’ve been thinking “I know something needs to change, but I don't know how to change it” — that may be a good place to start.
🏆🏆Bookings & enquiries: 079 876 5880
Power in Health
Helping you reconnect with yourself, understand your patterns, and build a life that feels like you again.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Website
Address
Centurion
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 17:00 |
| Tuesday | 08:00 - 17:00 |
| Wednesday | 08:00 - 17:00 |
| Thursday | 08:00 - 17:00 |
| Friday | 08:00 - 17:00 |
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Joyce Jacobs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.