HantamStap
Vir diegene wat hou van uitdagings, die natuur, stap en adrenalien. Kom beleef die Hantam op `n 7 dae staptog in die natuur. Arm was ek gister, en nou is ek ryk.
https://www.youtube.com/watch?v=GoTOuEFTfVc
Handvol gruis uit die Hantam
Deur C. Louis Leipoldt
'n Handvol gruis uit die Hantam -
My liewe, lekker Hantam-wyk!
'n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare! Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeër jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
'n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk -
Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeër tyd
Toe die Hantam-wêreld al die wêreld
Vir my was in die vroeër tyd.
'n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk -
Waboom-blare, ghnarrabos-blare -
Arm eergister en nou skatryk! Neem u tyd , geniet uself . Waardeer , bewonder , teug die natuur in saam met al sy gratis bonusse . Bestyg die Hantamberge en aanskou die Skeppingswonder van bo . Berge en dale, bome , bosse , vlaktes . Ons kampeer elke nag op `n ander plek {soos die staptog vorder} onder die sterrehemel en adem die vars lug van die Hantam in. Hoor die naggeluide, aanskou die Hantamberge, Kokerboomwoude, klowe, kranse, rivierlope, leegtes, heuwels. Stap self die stofpaaie/gruispaaie . Hoor hoe knars die gruis en kraak die stokkies onder die stewels , ruik die Skaapbos , Bitterbos en Ballerjaar . Beleef die skilpad op soek na soete waters ; die geroep van die uil na sy maat , die getjank van die jakkals en die Goeihoppie wat die reën roep en die rustigheid en innerlike vrede wanneer die groot , goue maan verrys oor die Hantamberge .
23/03/2016
Photos courtesy of Jacqueline Visser Photography
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the hotel
Telephone
Website
Address
Calvinia
8190
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when HantamStap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.