CAB

CAB

Share

Die CAB is ñ terapeutiese (genesende) groep en die naam is tekend van die aard van CAB se werksaamheded.

29/07/2026

Ons maak met leedwese bekend die heengaan van maat Johanna Neels van CAB Gariep. Sy was ywerig besig met die proses van aktivering van die plaaslike tak in Groblershoop. Ons bid dat God haar geliefdes, tak en breër gemeenskap sal versterk en baie naby wees.

Photos from CAB's post 26/04/2026

Streek 9 het Streeksopleiding gehad op 25 April 2026. Takke uit die streek het byeengekom by VGK Rainbow in Upington op n koel maar heerlike Saterdagoggend. Takke wat teenwoordig was is Kakamas, Upington, Gariep, Rietfontein en Rainbow as gasheer. Maat Eswill het die opleiding fasiliteer en daar was sommer wyd en diep gesels en debateer oor die CAB Konstitusie, CAB Wapen sowel as hoe ons kan genesing bring in n gebroke wêreld. Daar is ook gesels oor hoe ons CAB byeenkomste lyk, funksioneer en hoe ons nuwelinge/verslaafdes hanteer of verwelkom. Dit was voorwaar insiggewend en leersaam. Maats van Streek 9 het wonderlik saamgewerk en deelgeneem aan die gesprekke tydens opleiding.
Die naweek is afgesluit met die waarneem van die erediens by VGK Rainbow deur die CAB takke in die streek. Dit was n baie geseënde diens waar ons dan maats van 70 jaar en ouer vereer het met sertifikate, 6 maats het dan ook openlik die CAB gedragskode onderskryf en hul speldjies ontvang. Maat Eswill, wat as liturg opgetree het, het getuig van die verwoesting wat verslawing in sy lewe veroorsaak het maar ook getuig van hoe God sy lewe gered het sowel as die hoop verkondighet dat solank daar asem in ons liggaame is, is daar hoop vir redding. Moenie moed opgee nie.
Ds Herman Harper het die Woord verkondig uit die welbekende Psalm 23. Hy het die Psalm wat ons van kleins af ken weer opnuut ander betekenis gegee. Dit was insiggewend, geseënd en vars.
Ons dank God vir Sy groot genade hand oor die naweek en werksaamhede van CAB.

Photos from VGK Gelvandale PE's post 19/04/2026
17/04/2026

Geliefdes, ons het met leedwese kennis geneem van een van ons UDSG maats, Chesley Kriel, wat afgesterf het. Ons vra vir voorbidding vir sy familie en vriende.

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Worcester?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


40 Noblestreet
Worcester

Opening Hours

09:00 - 00:00