DSND
Die Strand-Naastediens NPC was established in 1969 as a Non-Profit Organisation in Strand, Western Cape. Retirement and assisted living facility
The Company focuses on providing quality, affordable accommodation and care options to the elderly and people who would like to retire in a community
28/08/2026
🇿🇦 DIE BOKKOORS HET TOEGEVAT! 🏉💚
Altena se personeel is Vrydag in volle Bok-gees! Ons het ons Bok-T-hemde aangetrek, die gees is aan en ons is gereed om die Bokke luidkeels te ondersteun!
Go Bokke! 🇿🇦🏉💚💛
13/08/2026
🎶 Musiek, herinneringe en baie glimlagte! 🎶
Jak de Priester het vandag die inwoners van Serenitas met sy pragtige sang kom vermaak.
Die inwoners het die optrede terdeë geniet!
Baie dankie, Jak de Priester, vir ’n heerlike optrede en vir die vreugde wat jy vandag met ons inwoners gedeel het!
30/07/2026
🎄✨ Christmas in July by DSND! ✨🎄
Die afgelope naweek het Fedics vir ons inwoners by Serenitas, Altena en Ametis ’n heerlike “Christmas in July”-bederf gereël!
Ons inwoners het die spesiale geleentheid ongelooflik baie geniet – van die feestelike atmosfeer tot die heerlike bederfies en natuurlik die opwindende gelukkige trekkings (lucky draws)!
’n Groot dankie aan Fedics vir hierdie wonderlike inisiatief en vir die moeite wat julle gedoen het om die naweek ekstra spesiaal vir ons inwoners te maak.
Ook baie dankie aan al die personeel wat gehelp het om hierdie geleentheid moontlik te maak.
Dit was beslis ’n Kersfees om te onthou! 🎄🎅✨
23/07/2026
Join Our Caring Team
We're looking for a compassionate Enrolled Nursing Assistant.
Apply today!
Interested candidates may submit their CV to [email protected] no later than Thursday, 30 July 2026
20/07/2026
Saam maak ons 'n verskil.
Ter viering van Mandeladag op 18 Julie het Fedics, in samewerking met DSND inwoners, Vrydag kospakkies vir die Solidariteit Helpende Hand Kleuterskool gepak.
Ons inwoners het dit terdeë geniet om deel te wees van hierdie betekenisvolle projek.
Fedics het al die kospakkies geborg en dit ook persoonlik by die kleuterskool gaan aflewer.
'n Hartlike dankie aan Fedics vir hierdie wonderlike inisiatief en aan elke DSND-inwoner wat met soveel liefde en omgee gehelp het om die kospakkies saam te stel.
Julle goedhartigheid en bereidwilligheid om terug te gee aan die gemeenskap maak 'n werklike verskil.
17/07/2026
Kreatiwiteit bring vreugde...
Gister was dit weer 'n heerlike Arts & Crafts-dag by Serenitas, waar ons inwoners hul kreatiwiteit kon uitleef en saam 'n gesellige tyd geniet het.
Baie dankie aan Fedics en julle span vir hierdie wonderlike inisiatief. Julle maak 'n waardevolle verskil in ons inwoners se lewens!
07/07/2026
DSND wil graag ons opregte dank uitspreek aan Die Strandbuurtwag en HelderbergFM vir die Silver Hare is Goud Werd-veldtog.
Ons inwoners het op 20 Junie hul geskenkpakkies ontvang, en dit het soveel vreugde en dankbaarheid gebring.
Baie dankie aan elke persoon wat by hierdie besondere inisiatief betrokke was. Julle omgee, vrygewigheid en ondersteuning maak 'n werklike verskil in die lewens van ons inwoners.
25/06/2026
🎶 Altena se sanggroep deel hul talent met die gemeenskap 🎶
Altena se sanggroep het hierdie week by die VLV-geleentheid by die Moedergemeente in die Strand opgetree. Dit was vir die sanggroep 'n voorreg om deel te kon wees van hierdie besonderse geleentheid.
'n Hartlike dankie aan al ons inwoners wat deelgeneem het, asook aan ons eenheidsbestuurder vir haar betrokkenheid en ondersteuning.
Julle passie en entoesiasme het die optrede besonders gemaak.
Ons waardeer elke geleentheid om ons talente te deel en saam mooi herinneringe te skep.
19/06/2026
🎩 Hoededag by DSND! 🎩
Vandag het Fedics 'n heerlike Hoededag by DSND se drie aftreeoorde – Altena, Ametis en Serenitas – aangebied.
Ons inwoners het behoorlik uitgehaal met hul kreatiewe en pragtige hoede, en daar was selfs 'n prys op die spel vir die beste hoed! Saam met 'n heerlike bord kos en baie lag en gesels, het dit vir 'n besonderse dag gesorg.
Baie dankie aan al ons inwoners wat met soveel entoesiasme deelgeneem het. 'n Spesiale woord van dank ook aan Fedics en al die personeel wat gehelp het om die dag so suksesvol en onvergeetlik te maak.
Dit is hierdie spesiale oomblikke wat ons gemeenskap so besonders maak.
18/06/2026
Join our care team – Registered Nurse (Altena Retirement Home)
We are looking for a compassionate and dedicated professional to join our healthcare team.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the practice
Telephone
Website
Address
Altena Road
Strand
7410
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 16:30 |
| Tuesday | 08:00 - 16:30 |
| Wednesday | 08:00 - 16:30 |
| Thursday | 08:00 - 16:30 |
| Friday | 08:00 - 16:00 |