G-Om Projek / Wee Care Project
Hierdie unieke skooltjie vir voorskoolse kinders gaan oor mense met omgeeharte wat 'n verskil maak. Ons noem hulle #verskilmakers.
This unique preschool is all about our children and people with caring hearts that would like to make a difference.
15/09/2026
KWARTEEU VERJAARSDAGVIERING GROOT SUKSES
Om die G-om Projek se besonderse silwer mylpaal te vier, is daar onlangs ‘n groot partytjie gehou met ‘n rolbaldag. Ons gemeenskap het nie net saam verjaarsdag gevier nie, maar ook 25 jaar se hoop, liefde en toewyding.
Die b***e het gerol – vir sommiges die heel eerste keer, en ander het ‘n ernstiger en meer professionele aanslag gehad. Tog was dit nie oor wen of verloor nie, maar oor saamkuier en om fees te vier.
Die wins was ‘n fantastiese R60100 – ‘n bewys van wat moontlik is wanneer ‘n gemeenskap saamstaan vir ‘n groter doel. Die dag was afgesluit met ‘n groot verjaarsdagkoek wat met almal gedeel is - ‘n soet herinnnering aan ‘n kwarteeu se diens in ons gemeenskap.
“Baie dankie aan elke persoon, gesin, vriendekring, besigheid en borg wat gekies het om ons te ondersteun. Julle betrokkenheid, finansiële bydraes en ondersteuning maak ’n groot verskil,” deel die organisasie se voorsitter, Christel Herbst.
Vir 25 jaar is die G-om Projek ‘n veilige plek waar kinders liefde, sorg en geleenthede ontvang om te groei. Die projek ondersteun 30 kinders en werk daagliks om nie net hulle lewensomstandighede, maar ook die van hulle gesinne en gemeenskap positief te beinvloed. Elke bydrae help om hierdie goeie werk moontlik te maak.
Hierdie fondse sal, onder andere, gebruik word om kospakkies oor die lang Desembervakansie aan kinders en gesinne te gee – ’n geskenk van hoop wat verder strek as die speelgrond.
Wenners:
Blompotte, Moyo Engineering, Lawn Rangers, Pink Panthers.
Beste gees: Giftige Groblers.
Meeste moeite met spandrag: Jack Attackers.
Biltong hamper: Moeggerol.
Bok pryse: Bowling Stones en Lawn Rangers.
Vakansie: Tanja Jansen.
Borge:
Food Lovers Market, Greystone Pick ‘n Pay
Groot skenkings:
Topdog - R10 000, Vryburgers - R20 000
Pryse:
Yvonne van Rooyen, DistriFoods, Biltong Artistry, Aromaflex Clinic.
Pellie Grobler (wyn). Pink Panthers (blikkies kos).
Bokke - Nico Vlok en Stan Burger.
Dankie aan Christa Venter (groot koek), Liesl Vorster (kolwyntjies), Rustenburg Rolbalklub vir hul fasiliteit en Erika Stols wat die vakansie geborg het.
En sonder ons spelers en G-om Projek Vrywillers sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie!
Vir meer inligting oor die werk wat G-om Projek in die gemeenskap doen, kontak Marieta: 063 705 0304
Vir nog foto's, kliek gerus op hierdie skakel:
https://drive.google.com/drive/folders/1MVHVDXJQWGYc6eKA9VCD1AoNjTaEtFzL?usp=sharing
14/09/2026
Click here: https://tinyurl.com/bonus-18sep2026 for the latest Rustenburg Herald Bonus! Get yours now for all the latest news, events, achievements and sport for free!
02/09/2026
Met so baie geleenthede in Rustenburg se dagboek, sê ons baie dankie vir elkeen wat Saterdag by G-om Projek se 25ste verjaarsdag gaan wees!
Julle teenwoordigheid maak ń verskil in elkeen van ons maats se lewens.
17/08/2026
G-Om Projek / Wee Care Project vier 25 jaar!
Op 5 September vier ons ’n besonderse mylpaal – 25 jaar van omgee, hoop en ’n verskil maak in ons gemeenskap.
Ons nooi ons gemeenskap om saam met ons deel te wees van hierdie spesiale geleentheid!
● Skryf ’n span in
● Word ’n borg
● Skenk ’n prys
Daar is ook groot pryse op die spel!
Jy kan selfs ’n 7-dae vakansie in Mosselbaai wen – vir slegs R100 per kaartjie!
Kaartjies verkoop vinnig, so spring gou!
Kontakpersone:
Marieta Herbst: 063 705 0304
Christel Herbst: 082 785 2439
Linda Grobler: 083 292 5654
Kom vier saam met ons 25 jaar van omgee en verskil maak!
06/05/2026
Dankie aan tannie Leanna Jacobs wat vandag ons maats gehelp het om unieke Moedersdag-geskenke te maak.
Ons was baie bly jy was hier!
Dankie vir jou tyd, jou liefde en jou help-hande. Jy maak ons harte bly en jy maak ’n groot verskil! Ons maats kan met groot trots hulle mamma's bederf met ń unieke geskenk.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the organization
Telephone
Website
Address
NG Suid Gemeente/H/v Kerk/en Uniestraat
Rustenburg
0299
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 11:00 |
| Tuesday | 08:00 - 11:00 |
| Wednesday | 08:00 - 11:00 |
| Thursday | 08:00 - 11:00 |
| Friday | 08:00 - 11:00 |