NG Moedergemeente Rustenburg

NG Moedergemeente Rustenburg

Share

Leraar: Ds Riekie Wilken
Oggenddiens: 9:00 (Afrikaans) Ons visie om `n Joël 2:28-29 gemeente te wees. GPS Koordinate: S 25˚40’19.9” E27˚14’42.9”

"Wanneer dit alles gebeur het,
sal Ek my Gees laat kom op al die mense,
julle seuns en julle dogters sal as profete optree,
julle oumense sal drome droom,
julle jong mans sal visioene sien. In daardie tyd sal Ek my Gees laat kom
selfs op dié wat nie in aansien is nie.

23/09/2026

🌿 ’n Nuwe week, ’n nuwe geleentheid om saam met Jesus te stap.

Mag hierdie week ons herinner om Hom raak te sien, Hom beter te leer ken en elke dag nader aan Hom te leef. 🙏

Geniet die video en mag dit jou hart bemoedig. ❤️

NG Rustenburg Moedergemeente

22/09/2026

🌿 ’n Week van rus en vernuwing! 🌿

Aan almal wat hierdie week vakansie hou: geniet die tyd saam met familie en vriende, rus lekker en maak mooi herinneringe. ❤️

Mag julle veilig reis en met nuwe energie terugkom. Ons sien julle Sondag! 🙏💚

21/09/2026
18/09/2026

🌿 Ken Hom. Ontwaak in Jesus.

Hierdie Sondag begin ons ’n nuwe tree op ons 10-week reis saam met Jesus. Kom ontdek wat dit beteken om Hom werklik te ken — bly in Hom, leef uit Hom en dra Sy vrug. 💚

🙏 Kom ervaar, leef en behoort saam met ons.
Sondag 20 September | 09:00

Photos from NG Moedergemeente Rustenburg's post 17/09/2026

🎉 JIVE – Jesus is vir elkeen! 🎉

Kyk net na die pret, lag en saamkuier in ons video! 😄❤️ Dit is presies waaroor JIVE gaan – om saam te wees, nuwe vriende te maak en Jesus se liefde te beleef.

Kom Sondag, 20 September 2026, raak deel van die JIVE-familie!

👧 Jive Junior: 2–9 jaar
🧒 Jive Senior: 10–12 jaar
🙌 Jive 180: Jongmense

⏰ 09:00 | Saal

Kom kuier saam, groei saam en leef Jesus saam! 💙
🌈 Almal is welkom!

NG RTB Moedergemeente ⛪❤️

16/09/2026

🌿 Ons stap saam met Jesus – SIEN HOM 🌿

Kom beleef saam met ons die reis waarin ons leer om Jesus raak te sien – in ons daaglikse lewe, in ander mense en in die klein oomblikke.

Mag hierdie week se boodskap ons weer herinner om ons oë op Hom te hou. ❤️

Kyk gerus na die video en stap saam met ons op hierdie 10-week reis met Jesus.

15/09/2026

🌿 Ons weekprogram is hier! 🌿

Van Woensdag se Dames Bybelstudie tot Sondag se erediens, Kinderkerk & Kategese – daar is hierdie week ’n plek vir jou. ❤️

En Sondag kuier ons saam by ons Gemeente ete! 🍽️
’n Geleentheid om mekaar te ontmoet, saam te kuier en die vreugde van gemeentewees te beleef.

15–20 September 2026
Ons sien uit om jou te verwelkom! 🌿

Photos from NG Moedergemeente Rustenburg's post 14/09/2026

'n Erediens buite die gewone mure… ❤️

Gister het ons as gemeente saamgekom in die saal, terwyl daar hard gewerk word om ons kerkgebou binne ’n nuwe voorkoms te gee. 🎨

Maar een ding het ons weer besef: die kerk is nie net ’n gebou nie – die kerk is mense wat saam Jesus volg. 🙏

Dit was ’n besonderse oggend van aanbidding, saamwees, lag en vreugde – oud én jonk saam! 🥰

Dankie aan elkeen wat deel was van gister se erediens. Ons stap steeds saam op hierdie 10-weke reis saam met Jesus. 👣✝️

Waar ons ook al bymekaarkom, is Hy daar! ❤️

11/09/2026

Ons 10-week reis saam met Jesus begin hierdie Sondag! 👀❤️

Week 1: SIEN HOM
Kom stap saam met ons op hierdie besondere reis waar ons Jesus al hoe beter leer raaksien, Hom volg en uit Hom leef.

🙏 Sondag 13 September | 09:00
📖 Openbaring 1:9–20
🎙️ Ds Riekie Wilken

Kom sien Hom saam met ons! 💚

10/09/2026

🎉 JIVE is terug hierdie Sondag! 🎉

Ons sien uit na ’n lekker oggend saam met ons JIVE Juniors, JIVE Seniors en JIVE 180! 💛

Kom groei, leer, lag en ontdek meer van Jesus saam met ons. Almal is welkom! 🙌

📅 Sondag 13 September 2026
⏰ 09:00
📍 Saal

Bring ’n vriend saam – daar is plek vir jou by JIVE! 💙

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Address


Fatima Bhayat 165
Rustenburg
0299

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00