Geloofs Ruiters

Geloofs Ruiters

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Geloofs Ruiters, Nonprofit Organization, 102 Langerman Rd, Randfontein.

30/08/2026

DANKIE, DANKIE, DANKIE! ❀️πŸ”₯

Wat ’n aand! OSBRAAI 2026 het ons harte warm gemaak β€” en dit was alles te danke aan JOU!

Aan elke persoon wat kaartjies gekoop het, saam met familie en vriende gekuier het, om die vuur gesit het, saam gesing het, die rugby geniet het en eenvoudig deel was van die aand β€” baie dankie. 🫢

Ons is ongelooflik dankbaar vir die ondersteuning en vir elkeen wat gehelp het om van Osbraai 2026 ’n spesiale aand te maak.

πŸ‚ Vir die vleis.
πŸ”₯ Vir die vuur.
🎢 Vir die musiek.
πŸ‰ Vir die rugby.
❀️ Maar bowenal β€” vir die mense.

’n Groot dankie aan almal wat agter die skerms gewerk het, ons kunstenaars en vermaak, ons vennote, ondersteuners en almal wat hul tyd en moeite gegee het.

Sonder julle sou Osbraai nie Osbraai wees nie.
Tot volgende keer! πŸ‘‹πŸ”₯

Geloofsruiters β€’ Gemeenskap β€’ Geloof β€’ Vriendskap

29/08/2026

Die OSBRAAI is terug hierdie jaar – groter as ooit tevore!

Kom geniet vandag 'n onvergeetlike aand vol vuur, vleis, lekker kuier, regstreekse vermaak en GROOTSKERM BOKRUGBY! πŸ‰πŸ‡ΏπŸ‡¦

Besonderhede:
πŸ“ Laerskool Rapportryer – Rappies Park
πŸ“… 29 Augustus 2026
⏰ Hekke open: 16:00
πŸ‰ Springbok Rugby Build-up: 16:30

🎟 Kaartjie Pryse
β€’ Volwassenes (18+) – R250 p.p.
β€’ Tieners (13–18) – R150 p.p.
β€’ Kinders (7–12) – R80 p.p.
β€’ Kleuters (0–6) – Gratis toegang

🎫 Kaartjies Beskikbaar By:
πŸ“ Adlem Auto Shell, Randfontein
πŸ“ Laerskool Rapportryer Ontvangs

πŸ– Wat Is Ingesluit?
βœ… Vleis, bykosse en eetgerei word voorsien
βœ… Regstreekse vermaak
βœ… Grootskerm Springbok Rugby

🍻 Wat Om Saam Te Bring
β€’ Jou eie koelerboks
β€’ Kampstoele
β€’ Jou familie en vriende!

Bring jou mense saam en kom geniet 'n aand van lekker kos, groot gees en goeie geselskap.

___________________________________

The OSBRAAI is back this year β€” bigger than ever before!
Join us today, for an unforgettable evening of great food, live entertainment, community spirit, and BIG SCREEN SPRINGBOK RUGBY! πŸ‰πŸ‡ΏπŸ‡¦

Event Details:
πŸ“ Laerskool Rapportryer – Rappies Park
πŸ“… 29 August 2026
⏰ Gates Open: 16:00
πŸ‰ Springbok Rugby Build-Up: 16:30

🎟 Ticket Prices
β€’ Adults (18+) – R250 p.p.
β€’ Teenagers (13–18) – R150 p.p.
β€’ Children (7–12) – R80 p.p.
β€’ Toddlers (0–6) – Free Entry

🎫 Tickets Available At:
πŸ“ Adlem Auto Shell, Randfontein
πŸ“ Laerskool Rapportryer Reception

πŸ– What's Included?
βœ… Meat, side dishes, and cutlery provided
βœ… Live entertainment
βœ… Big-screen Springbok Rugby

🍻 What to Bring
β€’ Your own cooler box
β€’ Camping chairs
β€’ Your family and friends!

Come and enjoy an evening of delicious food, great company, and unforgettable memories.

28/08/2026

EERS ONS PLAASLIKE HELDE. DAN DIE BOKKE. πŸ‡ΏπŸ‡¦

By OSBRAAI, ons ondersteun rugby op alle vlakke!

Kom kyk hoe ons eie Randfontein Rugby Club hul Game Day Finals op die grootskerm aanpak β€” en bly daarna vir die Springbokke! πŸ’šπŸ’›

Een aand. Twee rugby-oomblikke. Een groot kuier. πŸ”₯

πŸ“… Saterdag, 29 Augustus 2026
πŸ“ Laerskool Rapportryer – Rappies Park
⏰ Hekke open 16:00

Local is lekker. Bokke is beter. OSBRAAI is waar jy wil wees! πŸ”₯πŸ‰

26/08/2026

3️⃣...2️⃣...1️⃣...

Die wagtyd is amper verby...

Die vuur.
Die kos.
Die musiek.
Die Bokke.
Die mense.

Alles kom saam op 29 Augustus 2026. πŸ”₯

Ons sien ongelooflik uit om hierdie dag saam met julle te deel.

🎟️ As jy nog nie jou kaartjie het nie... nou is die tyd!

Video-opnames met vergunning van Stardust Communications

22/08/2026

Dis maklik...

βœ”οΈ Jou kampstoel
βœ”οΈ Jou koelerboks
βœ”οΈ Jou Groen & Goud
βœ”οΈ Jou familie en vriende
βœ”οΈ Jou eetlus
βœ”οΈ Jou kaartjies
βœ”οΈ En natuurlik... jou GEES! πŸ”₯

Ons sorg vir die vleis, bykosse en die lekker kuier.

Sien jou op 29 Augustus!

18/08/2026

🎀 STAALDRAAD is oppad na OSBRAAI!

Maak gereed vir 'n aand vol lekker Afrikaanse musiek, saamsing en kuier om die vuur.

Ons sien uit daarna om saam met Staaldraad die verhoog aan die brand te sing! πŸ”₯

πŸ“… 29 Augustus
πŸ“ Laerskool Rapportryer

🎡 Musiek: "Sarah de Jager" deur Staaldraad – gebruik met toestemming.
πŸ“Έ Logo gebruik met toestemming.

Video-opnames met vergunning van Stardust Communications

15/08/2026

Een dag.
Een kaartjie.
'n Hele klomp onvergeetlike herinneringe.

πŸ”₯ 'n Groot vuur
πŸ₯© 'n Os op die spit
🎈 Kindervermaak
🎸 Regstreekse musiek
πŸ‰ Springbok-rugby op die grootskerm
🍽️ Heerlike vleis en bykosse
❀️ Goeie geselskap

Dis meer as net 'n braai...
Dis OSBRAAI 2026.

Video-opnames met vergunning van Stardust Communications

13/08/2026

🎨 Want elke glimlag tel! 🎈

By OSBRAAI 2026 is daar ook iets besonders vir ons jongste gaste.

🎨 Gesigverf
🎈 Ballonkuns
🀹 Vermaak vir die hele gesin

Bring die kinders saam en laat hulle deel word van die pret!

πŸ“… 29 Augustus 2026
πŸ“ Laerskool Rapportryer – Rappies Park

🎟️ Kaartjies nou beskikbaar.

Met dank aan Colie-POP Entertainment vir die gebruik van hul logo en promosiemateriaal. πŸ’œ

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Randfontein?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Website

Address


102 Langerman Rd
Randfontein
1759