Neil Sandilands

Neil Sandilands

Share

www.neilsandilands.com

Turn off the lights, pour yourself a l’il sumptin, light a fire, sit back and listen: https://vibe.to/SangomaSandilands
That’ll give you a good idea for now

Photos from Neil Sandilands's post 29/07/2026

Hasie ‘n ghuuddd moen raaizieng.

09/07/2026

Hierdie tipe dinge gebeur. Ek sweer. So maak ek vanoggend vir my mieliepap. Ek maak yskas en kaslaaie oop om te soek vir ietsie om die pap mee op te kikker. Aanvanklik het ek ged**k ‘n skilpadjie of worsie of hun ietsie souterig. Ek spot die poeringpakkie. En toe: ek d**k nie iemand het dit al ooit probeer nie. Pudding mieliepap blend, 2026. Hoe proe dit? D**k jy ek sal deur hierdie moeite stoei as dit sleg was? Vreemde tye, vreemde land. Lekker man.

07/06/2026

Goeiemore Suid-Afrika.

23/05/2026

13/05/2026

Ek’t vanoggend die continental brekkie by die Hampton in Tampa, Florida, so geloer en dit was ‘n rowwe ervaring. Daai sogenaamde vleispatties wat lyk asof dit uit ‘n tandepastabuisie gesqueeze word... Elke stukkie eetgerei plastics en dan die kicker - papierbordjies en koppies.

Ek onthou dat ek Pan-Am kon vlieg en dat hulle kookkos bedien het met regte egte messevurke en gravy vir die vleisie. Dit was na die middeleeue, maar voor ons Worldchamps was. Daar was ‘n velvet gordyn in die middel van die aerie en die rokers kon agter sit en twakkiemaak. Goeie tye.

Anyhoo. Ek staankyk die continental brekkie só en wonder twyfelagtig oor hierdie woeste droom toe my oog ‘n oranje stukkie son sien. Daar kom my Oupa se 140 Y Datsun, die Magaliesberge en sy Okapi in my gedagtes op. Ons sit onder die peperboom op die dik buffelgras, hy’s op die wit staaltuinstoeltjie en hy skil die lemoen dat dit so een lang gekinkelde riempie word. Hy’t nooit plakkies gedra nie, maar sandale. Hy bied my ‘n skyfie Rustenburgsitrus en die wêreld proe reg.

Ek kan nie onthou dat ons veel gepraat het nie. Net so af en toe die oë wat ontmoet en dan’s dit daar, die lekkerte, sonder dat die mond dit hoef te sê.

Anyway, toe eet ek ‘n lemoen wat ek met my hande skil want niemand mag meer ‘n knipmes in die broeksak dra nie. Hulle sluit jou sommer toe.

Dis die beste wat ek onder dié omstandighede kon doen. Ek beveel dit aan. Eet vandag ‘n lemoen as jy kan, skil hom met jou hande.

10/05/2026

Deon Maas vra ’n kiekie. Ek stuur dié een. Maar dis toe nie wat gebruik word nie. Julle moet maar self kyk as julle inteken by Netwerk24. Deon het ’n resensie, of artikel dan, geskryf oor my album Vyftig Apokriewe.

Hier volg my indrukke.

Dit gebeur al minder. Weinig musikante stel volledige albums bekend. Daar’s vele redes daarvoor, maar ek wil nie nou daarop fokus nie. Kundiges wat die moeite doen om daaroor kommentaar te lewer - te ressenseer - is nog minder. Dat Deon, of enige van ons joernaliste nog die moeite doen om ’n album herhaaldelik deur te luister en die derms het, om ongevraagd, ’n hele deurdagte artikel daaroor te skryf en dit aan Rapport voor te lê vir plasing, gaan nie deur hierdie skrywer maklik vergeet word nie. My waardering is groot.

Hoekom? Want dit bied formele boekstawing. Deon, as mens en skrywer, het onderbou (of gewig dan), wat konteks vervat, vakkundigheid promoveer en op ’n manier legitimisering bied. Waaraan kan ons in hierdie tye, vir ’n oomblik vashou? Teen sononder het die kollektiewe psige se groot honger die volgende kanonvuurkadawers verorber. Die nimmerversadigde monster: Ons. Tik. Tok.

Maar hoekom is dit vir jou belangrik Neil? Nee, ek d**k jy lees my verkeerd, dit is nie, maar vir ’n oomblik is dit welkom, gaaf, en dit bring verdieping, begrip selfs. Dit verlos jou vir ’n oomblik van daai gevoel van sinneloosheid. Ek d**k as mens jou aan enige dissipline toewei, behoort jy die oorweging van tydgenote, ander vakmanne en soms, indien jy gelukkig is, meesters, te intergreer. Of hulle dan nou daarvan hou of nie, en dienooreenkomstig. Roskam het sy upsides. Ons het verval in dié sin dat blote deelname deesdae kwalifisseer as pluimpie. Elk het sy eie DJ en gehoor geword. En alles is awesome. Ek sal met als ophou as ek daai gif in my eie bloedpatologie bespeur. Ek sal aanhou skep en weer probeer en hopelik beter word sonder fundering van die padpatrolliekaptein, maar die vet weet, dit help.

Opsommend: ons het mekaar nodig. Gelukkige Moedersdag.

Deon, dankie. Uit die grond uit. Al piets jy my kuite. Enige iemand wat al my kuite gesien het weet dis blêrrie nxa. Terloops - kyk uit vir Kobus Kotzé se gedig oor jou (ek doen die stem). Hy’s reg, vir dié wat die voorreg het om jou beter te leer ken… Weet maar net jy’s geliefd.

Gaan lees gerus daar by die verkeerde kiekie op die Netwerk24. Dankie vir die plasing, Rapport!

As jy nog nie die album geluister het nie….

VYFTIG APOKRIEWE: https://ffm.to/neil-sandilands-vyftig-apokriewe

Fotokrediet: Ecommphotography.com
Vonk Musiek Netwerk24 Deon Maas

08/05/2026

8 Mei is ’n baie spesiale dag.

Vandag vier ons Afrikaans se 101ste bestaansjaar as amptelike taal. ’n Taal vol stories, musiek en mense wat harte raak. ❤️

En op hierdie besonderse dag het twee baie goeie vriende, wat al ’n lang pad saam stap, Neil Sandilands en Jan Blohm, hulle splinternuwe volledige albums vrygestel. 🎶

“VYFTIG APOKRIEWE” en “Tot Daar Waar Die Lig Is” is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Vier die taal. Vier die musiek. 🙌🏻

08/05/2026

Neil Sandilands se volledige album, “VYFTIG APOKRIEWE”, is nou amptelik beskikbaar op alle digitale platforms.

’n Versameling stories, gedagtes en melodieë wat diep sny en lank by jou bly.

Neil Sandilands laat die forensiese broodkrummel agter met ‘Vyftig Apokriewe’ - Afrikaanse Musieknuus 08/05/2026

Dis nou ‘n lekker stukkie lees. Vir die van julle wat nog kan lees. Onthou julle daai jare? Toe ons nog gelees het en jou eie grysstof en verbeelding ‘n voorvereiste was? 🤣🤣 Dankie Afrikaanse Musieknuus

Neil Sandilands laat die forensiese broodkrummel agter met ‘Vyftig Apokriewe’ - Afrikaanse Musieknuus Neil Sandilands se nuwe album Vyftig Apokriewe is ’n rou, introspektiewe versameling liedjies wat ouderdom, identiteit, kreatiwiteit en die moderne Suid-Afrikaanse tydsgees eerlik en sonder kompromie ondersoek.

08/05/2026

Die tyd het gekom! Lekker luister!

Want your public figure to be the top-listed Public Figure in Randfontein?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Address

Randfontein