Sol-Tech

Sol-Tech

Share

Solidariteit het in 2006 die fakkel tot opleiding aangesteek en sy eie tegniese opleidingskollege op die been gebring.

Sol-Tech bied ʼn uitgebreide reeks kursusse in skaars vaardighede aan

Photos from Sol-Tech's post 18/06/2026

📸 'n Nuwe hoofstuk begin.

Die nuwe inname Plaasjapies het vandag amptelik hul plek in die Sol-Tech-familie ingeneem.

Hier is 'n paar hoogtepunte van die inhuldigingseremonie by die Voortrekkermonument.

16/06/2026

Gelukkige Jeugdag

Sol-Tech het dit ten doel om studente nie net akademies voor te berei nie, maar ook om hulle toe te rus met praktiese vaardighede, tegniese kennis en professionele werksetiek sodat hulle met selfvertroue en integriteit die werksplek kan betree.

12/06/2026

Die beste deel van studentelewe? Sonder twyfel die mense saam met wie jy dit beleef. Die eerstejaarskamp het beslis hiervoor gesorg. Van boeresport en lekker kuier tot goeie kos en nuwe vriendskappe, die perfekte begin van 'n onvergeetlike Sol-Tech-reis.

11/06/2026

Ajani Talent verstaan jou reis – jy het die vaardigheid en hulle help jou om die geleentheid te kry.

Voltooi die vorm en ontvang ’n boodskap met die volgende stappe om jou profiel te registreer. Klik hier: http://bit.ly/AjaniTalent

‘n Loopbaan as meulmaker: Wat jy moet weet van die gesogte ambag - Sol-Tech 11/06/2026

Meulmakers speel ’n kritieke rol in die sukses van Suid-Afrika se vervaardigings-, konstruksie- en energiesektore en is daarom van die mees gesogte ambagte in die land.

Indien jy meulmaker as 'n loopbaan oorweeg, lees hier:

‘n Loopbaan as meulmaker: Wat jy moet weet van die gesogte ambag - Sol-Tech Wanneer ’n fabriek se produksielyn stilstand beleef, ’n kragopwekkingsaanleg instandhouding benodig of nuwe industriële toerusting geïnstalleer moet word,

09/06/2026

Welkom, derde inname van 2026!

Ons is trots om julle as deel van die Sol-Tech-familie te verwelkom.

Vandag begin 'n nuwe hoofstuk, nuwe geleenthede en nuwe moontlikhede.

Steve Hofmeyr laat harte sing tydens onvergeetlike Ma-aand - Sol-Tech 08/06/2026

Sol-Tech se jaarlikse Ma-aand het weer bewys dat hierdie spesiale geleentheid veel meer is as net ’n aand uit. Dit is ’n viering van familie, vriendskap en die besondere band tussen studente en hul ma’s.

Lees die volledige artikel hier:

Steve Hofmeyr laat harte sing tydens onvergeetlike Ma-aand - Sol-Tech Daar is min dinge so kosbaar soos kwaliteittyd tussen ’n ouer en kind. Sol-Tech se jaarlikse Ma-aand het weer bewys dat hierdie spesiale geleentheid veel

Sol-Tech maak geskiedenis: Haarkappery se eerste studente promoveer - Sol-Tech 06/06/2026

Sol-Tech het op 4 Junie 2026 ’n besondere mylpaal gevier toe die eerste groep haarkappery-studente hul opleiding suksesvol voltooi en gepromoveer het. Hierdie groep pioniers het nie net ’n kwalifikasie verwerf nie, hulle het geskiedenis gemaak as die eerste studente wat die haarkappery-kwalifikasie aan Sol-Tech voltooi het.

Lees die volledige artikel hier

Sol-Tech maak geskiedenis: Haarkappery se eerste studente promoveer - Sol-Tech Sol-Tech het op 4 Junie 2026 ’n besondere mylpaal gevier toe die eerste groep haarkappery-studente hul opleiding suksesvol voltooi en gepromoveer het.

04/06/2026

Ontmoet ons toppresteerders wat deur hul harde werk, dissipline en deursettingsvermoë uitgestaan het.

Baie geluk met die puik prestasie!

Want your university to be the top-listed University in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


16 Duinlewerikstraat, Monumentpark X15
Pretoria
0019

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00