Doreen Rautenbach JSL
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Doreen Rautenbach JSL, Nonprofit Organization, Pretoria.
Maandag motivating hou jou oë gerig op Hom. en Hy sal jou paaie gelyk maak.Mooi Maandag vir julle🌹🤗
Vandag herdenk ons Hemelvaart!
Jesus leef! Hy het opgestaan en ons vooruitgegaan na die Vader se huis, om 'n plek vir elkeen van ons voor te berei. Laat ons soos die dissipels met blydskap die krag van die Sy evangelie bly verkondig, totdat Hy terugkom om ons te kom haal.
JAKOBUS 1:12 NLV
[12] Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet.
FILIPPENSE 4:6-7 NLV
[6] Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. [7] En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens d**k, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.
Anders as wat ons geleer is, is Jesus vanoggend gekruisig. Die rede - al die Jode het na Jerusalem gegaan vir die Paasfees, die priesters moes die Paaslammers slag en nie almal kon Vrydag geslag word nie. Hulle het dus al vroeër begin slag om almal in te pas. Jesus kon nie Vrydag gekruisig word nie, want dit is een van die heiligste dae op die Joodse kalender. Om die profesie in vervulling te bring moes Jesus Donderdagoggend gekruisig word. Donderdag tot .Vrydag dag 1, Vrydag tot Saterdag dag 2. Sondagoggend die derde dag en die 1ste dag van die week. Jesus oorwin die graf en staan op uit die dood op die 3de dag. Hy maak jou en my vry van die Wet van sonde en dood en Hy oorwin die magte van duisternis. Al wat ons moet doen is om dit te aanvaar en jy het die ewige lewe. Jy hoef nie aan 'n kerk te behoort nie, jy hoef te niks. Nie spesiale kos te eet of aan te trek of jou hande te was elke 5 minute of 'n baard te groei of 'n blou rok te dra nie. Ook nie nie in 'n hoog heilige stem te praat nie, nee. Net, dankie Jesus ek aanvaar U offer vergewe my sonde, skryf asseblief my naam in die Boek van die Lewe. Dan jubel die engele in die Hemel en jou ewige siel leef vir altyd al gaan jou vleeslike liggaam dood. Mag jy en jou gesin 'n geseënde Paasfees hê. As jy Hom nie ken nie, Hy het vir jou gesterf en Hy wag dat jy Hom moet aanneem as jou verlosser. Hy wag al 65 jaar vir jou, Sy genade tyd is besig om uit te hardloop. Sy ewige boodskap- kom na my toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal jou rus gee. Of wag tot dit te laat is en dan sal daar 'n wit troon wees en dan sal jy die volgende woorde hoor. Gaan weg van My af, Ek ken jou nie en dan sal Sy engele jou vat en jou in die ewige vuur werp. Dis jou keuse. In Deut. 30 staan. EK hou vandag die lewe en die dood voor jou. Kies dan die Lewe dat jy en jou familie kan lewe. Wat kies jy?
MATTEUS 23:37 NLV
[37] “O Jerusalem, stad wat die profete doodmaak en God se boodskappers stenig! Hoeveel maal wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar jy wou My dit nie toelaat nie!
JESAJA 9:5 NLV
[5] Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
JESAJA 41:10 NLV
[10] Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.
DEUTERONOMIUM 6:5 NLV
[5] Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the organization
Website
Address
Pretoria