Look for Light

Look for Light

Share

Performance Mindset & Mental Wellness Coach. MLNP Coaches Mentor & Trainer. Book a FREE FIRST SESSION and experience what it's like to work with me.

I also do virtual sessions.

15/06/2026

Ek gaan iets sê waarvan jy dalk nie gaan hou nie ...
Die wêreld kort nie nóg ’n koekiedrukker - ‘coach’ nie.
Dit kort ‘coaches’ wat transformasie kan skep en dit duidelik kan verwoord.

Baie ‘coaching’ advertensies klink dieselfde (Of soos AI... ;-):
❌ ‘Empowerment’
❌ Groei
❌ Potensiaal
❌ Transformasie

Mooie woorde, maar wat beteken dit regtig?

Kan jy in een sin verduidelik:
Wie help jy?
Waarmee sukkel hulle?
Wat verander?

As jy nie kan nie... is dit nie jou ‘coaching’ wat jou terughou nie.
Dis jou boodskap. 🔥

14/06/2026

Jy weet presies hoe om iemand te help om hulle lewe te verander... en steeds sukkel jy om kliënte te kry.
Goeie ‘coaching’ en 'n duidelike offer is nie dieselfde ding nie. ⚡
Leer om transformasie verbruikersvriendelik te verpak.

12/06/2026

Jy noem dit ‘coaching’.

Jou kliënt d**k: "Ek weet nie eintlik wat sy doen nie."

😳 Dis die harde werklikheid.

Mense koop nie ‘coaching’ nie. Hulle koop transformasie.

Hulle koop:
👉 die einde van oorweldiging
👉 die einde van vasgevang voel
👉 die einde van twyfel
👉 die begin van duidelikheid

As jy nie die transformation kan beskryf nie, kan jou ideale kliënt homself nie daarin sien nie.

As hulle hulself nie daarin sien nie... ‘scroll’ hulle verby.

11/06/2026

Jy noem dit: “Life Coaching”

Maar jou ideale kliënt hoor:
🤷‍♀️ “Okay… waarvoor het ek dit nodig?”

Transformasie wat nie duidelik verpak is nie, prikkel geen belangstelling nie.

Mense koop nie coaching nie.
Mense koop:
✨ duidelikheid
✨ oplossings
✨ genesing
✨ momentum
✨ identiteit
✨ resultate

Die slimste ‘coach’ is nie altyd die mees suksesvolle ‘coach’ nie.

’n Suksesvolle ‘coach’ kan transformasie duidelik verpak & verkoop. 🔥

09/06/2026

STOP. 🚫

Jy het nie nóg ‘n sertifikaat nodig nie.
Jy het nie nóg ’n notaboek vol idees nodig nie.

Jy weet AL KLAAR hoe om te coach.

Hier is waar meeste ‘coaches’ vasbrand👇

❌ Hulle kan transformasie skep…
maar hulle kan nie dit as ‘n produk VERPAK nie.

Hulle weet nie:
• hoe om die transformasie te verduidelik nie
• hoe om die uitkomste te posisioneer nie
• hoe om die diens te verkoop nie

Hulle weet nie om dit eenvoudig te verpak sodat kliënte dit verstaan nie.

As mense nie jou transformasie verstaan nie… koop hulle nie.

Die probleem is nie jou ‘coaching’ nie.
Die probleem is jou boodskap. ⚡

27/05/2026

✨ Jy is nie in die ‘coaching’-wêreld om in te pas nie.

Jy is hier om ’n stem te wees
vir mense wat presies vir JOU nodig het.

Jou ervaring.
Jou storie.
Jou manier van d**k.

🌱 Die wêreld het nie nog ’n “perfekte” coach nodig nie.

🔥 Mense het die egte jy nodig.

Wanneer jy ophou wegkruip,
begin jou invloed groei.

Wanneer jy jouself kies,
begin ander jou ook kies.

👉 Jou identiteit is nie ’n risiko nie —
dit is jou grootste bate.

25/05/2026

Hoe naby is jy aan OORWELDIG?

22/05/2026

“Ek stap na elke sessie weg met nuwe hoop, vars energie en ’n hart wat voller voel.” Dina
Dit is presies hoekom a.LIGHT.year.LEAP ontwerp is. 🌿

Dit help jou nie net om in besigheid te groei nie… maar ook in jou coaching identiteit.
Wanneer jy iemand langs jou het wat jou:
💡 visie verstaan
💡 help met duidelikheid
💡 ondersteun deur die emosionele uitdagings
💡 jou herinner aan jou roeping…
begin alles verander.

Jy hoef nie alleen deur die oorweldiging, twyfel en onsekerheid te stap nie.

a.LIGHT.year.LEAP bied lig en rigting op jou pad terwyl jou besigheid groei.

10/05/2026

Ek sien dit daagliks: Vroue wat alles "reg" doen—die planne is daar, die harde werk is daar—maar hulle loop teen ’n onsigbare muur vas.

Die rede? Hulle bou ’n nuwe toekoms op ’n ou weergawe van hulleself.

Jy kan nie jou hoogste impak bereik as jou identiteit nog vasgevang is in gister se twyfel nie. Wanneer jy die volgorde regkry—Identiteit vóór Strategie—verander alles. Jou identiteit is nie staties nie; dit is jou grootste superkrag.

Binne die LIGHT-raamwerk stap ons hierdie pad:
1. Leer die patrone.
2. Identifiseer jou ware self.
3. Groei jou kapasiteit.
4. Herstel jou fokus.
5. Think nuut oor wat moontlik is.

Vyf stappe. Een transformasie. Is jy gereed om te skuif?

10/05/2026

Moeders dra liefde in stil oomblikke, sagte woorde en sterk harte. 💛
Vandag vier ons elke ma wat lig, hoop en liefde bring.

Gelukkige Moedersdag 🌷

Want your public figure to be the top-listed Public Figure in Newcastle?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


Grace Park, Memel Road, Hutten Hights
Newcastle
2940