Spring- Ellisras
Laser cut dekor en ekstras!
13 en 'n half ure (darem nie op een dag nie) later en 550 medaljes is klaar. Dit het regtig mooi uitgekom.
29/01/2026
Vandag hierdie ring ontdek wat ek jare terug gemaak het. Ek dress nooit bietjie op nie want ek werk tussen die hout en rook. En as niemand mens eintlik sien nie dan vir wie doen ek dit dan? Maar van vandag af wil ek elke dag 'n snaakse ring dra vir die eenvoudige rede dat dit my laat glimlag.
20/01/2026
Die gnome bord het so mooi uitgekom. Die bord is 22 cm as ek reg onthou en op 3 mm hout gesny.
Te koop vir R80.
20/01/2026
Sleutelhouers om die jaar op die regte manier aan te pak!
17/01/2026
Kruis gemaak deur The Wooden Hyena (wat binnekort 'n blad sal hê), ek het als gemodge podge om te seël want die kruis word opgesit by 'n graf en moet mooi kan bly.
Die voetstuk kom saam in die grond dat die kruis regop bly terwyl sement ingegooi word om die kruis stewig te laat staan.
15/01/2026
Sneak preview van 'n projek waarmee manlief besig is. Dis lekker as my hulp darem ingeroep word so af en toe!
12/01/2026
Een bestelling van laasweek al afgehaal. Mag elke ete en saam kuier vir julle spesiale herinneringe gee!
11/01/2026
Besig om bietjie te oefen om iets nuut te doen. Ek is bae opgewonde om te sien hoe die eindproduk gaan lyk.
05/12/2025
Spring! stel bekend Mnr X Potlood!
Mnr X Potlood help kinders om hulle maal tafels te leer, van 1 x tafels tot by 12 x tafels.
Mnr X stelle bestaan uit:
* 13 potlode (3 mm mdf hout) almal met Mnr X se gesiggie op.
* Die eerste Mnr X is om die kind se naam en van op te grafeer teen geen ekstra kostes.
* Die ander twaalf dele is die maal tafels met 'n groot nommer by die potlood se punt om maklik en vinnig die regte maal tafel te kry.
* Potlode is 17,5 cm lank en 7 cm breed (by die oë), 5 cm (by die maaltafels). Op mekaar gestapel is Mnr X 'n stewige 4 cm vet. Net die regte grootte vir klein handjies en ook maklik om op te spoor.
* Potlode kan deur die kind self ingekleur word en so kan die kind bv weet dat 2 x tafels is die groen potlood en 3 x tafels is pienk.
* Mnr X kan ook uitmekaar gehaal word sou dit verkies word, veral vir die jonger kinders wat net die eerste paar tafels leer. Die res kan dan gebêre word en bygevoeg word soos nodig.
Mnr X Potlood (glad nie ingekleur) word slegs op bestelling gemaak en wanneer betaling ontvang is.
Kry jou kind se Mnr X Potlood nou teen R380.
Bestellings kan geplaas word by 082 784 8782.
LET WEL: GEEN OPROEPE NIE ASB, SLEGS BOODSKAPPE.
14/05/2025
Ek is baie stil hierdie jaar want ek fokus bietjie op my eie projekte. Van die ander bestellings wat ek al die jaar gehad het, het ek vergeet om af te neem. Hier is darem 'n foto van 'n cake topper want aan die kant van die koek opgekom het, 'n toets boksie vir 'n mes en dan boekmerkkaartjies vir 'n kerk se basaar.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
Lephalale
0555