Overstrand Libraries

Overstrand Libraries

Share

Friends of Overstrand Public Library Services

Photos from Learn to Read's post 02/09/2026

Hermanus Library had a lovely spring day with these cuties 😍 Thank you for visiting us and spreading the joy of reading 🌺🐝

02/09/2026

Dear fellow Book Lover πŸ“š

Join us at the Hermanus Library for an evening of gripping insight, truth, and conversation.

We are thrilled to host acclaimed author Chris Marnewick in conversation with Susan Booyens as they discuss his powerful new book analysing one of South Africa's most high-profile legal stories.

πŸ—“οΈ When: Thursday, 10 September 2026
πŸ•• Time: 18:00
πŸ“ Where: Hermanus Library, 1 Magnolia Street, Hermanus
🎟️ Tickets: R50 per person.

⚠️ RSVP IS ESSENTIAL ⚠️

Spaces are limited! Please book your spot no later than Tuesday, 8 September:
πŸ“ž Call: 028 313 8077 or
πŸ“§ Email: [email protected]

Brought to you in proud partnership with Naledi, Bargain Books, and Kalfiefees. We can't wait to see you here!

21/08/2026

Jy word genooi na ’n oggend van bederf en samesyn!

Kom vier die vrou-wees saam met ons tydens ’n heerlike Saterdagoggend. Bring jou Ma, Dogter, Suster, Vriendin, of kom geniet bloot ’n heerlike oggend op jou eie in goeie geselskap.πŸ₯°πŸ₯‚

Geniet ’n pragtige oggend gevul met musiek, kuns, wyn, brunch en boeke, en ontmoet die skrywer DaniΓ«lla van Heerden vir die bekendstelling van haar boek, Die Hart van ’n Ma.πŸ“š

πŸ—“ Datum: Saterdag, 5 September
⏲ Tyd: 10:00
πŸ“ Plek: Hermanus Ouditorium
πŸ’° Prys: R120 per persoon

πŸ’Œ RSVP: Teen Woensdag, 2 September 2026 by 028 313 8077 of per e-pos na [email protected]

Ons sien uit daarna om hierdie spesiale oggend saam met jou te deel! πŸ’›πŸ’šπŸ’™πŸ’œ

21/08/2026

Thank you for visiting Hermanus Library πŸ“šβœ¨οΈ

Photos from Learn to Read's post 18/08/2026
Photos from Overstrand Libraries's post 18/08/2026

🎭✨ Die GORDYN HET GESAK ✨🎭*

En soos die gordyne stadig sak oor nΓ³g ’n onvergeetlike Kalfiefees Boekekuiers, wil ons by Hermanus Biblioteek net een, HARTLIKE DANKIE! sΓͺ. β€οΈπŸ“š

’n Fees soos hierdie gebeur nie net voor die verhoog nie β€” dit word moontlik gemaak deur ’n hele span wonderlike mense wat agter die skerms inspring, hande uit die moue steek en op die nippertjie wonderwerke verrig. 🎬✨

🍽️ Dieter van Hermanus Function Hire – dankie vir jou hulp met die breekware en tafeldoeke. Jy het seker gemaak alles lyk netjies en feestelik!

🍷 Carolyn van Creation Wines – dankie vir julle fantastiese wyne wat soveel glase Γ©n glimlagte gevul het!

β˜• Michael van The Beanery – dankie vir jou ongelooflike koffie wat ons aan die gang gehou het wanneer die feesenergie begin sak het β€” en natuurlik vir al die feesgangers wat met ’n glimlag en ’n koppie koffie weggestap het. πŸ’™πŸ’β˜•

🍽️ Martina van The Auberge & Frances – ’n reuse dankie dat julle tot die redding gespring het met ons laaste-minuut-bordepaniek! πŸ˜‚πŸ™Œ Julle het op presies die regte oomblik opgedaag!

πŸ‘©β€πŸ³ Niki Greek – dankie dat jy ons gehelp het met al die heerlike kos en spyseniering. Ons monde water nog!

πŸ₯ Daans Bakery – dankie vir, soos altyd, die allerbeste croissants! Geen fees is heeltemal dieselfde sonder hulle nie. ❀️

Aan elkeen wat gehelp het, ondersteun het, saamgedink het, ingespring het en ’n klein stukkie van hulself gegee het om hierdie Kalfiefees Boekekuiers ’n sukses te maak…

DANKIE. DANKIE. DANKIE! ❀️

Ons is opreg, en ongelooflik dankbaar vir julle. πŸ₯Ή

Nou trek ons die gordyne toe, blaas die laaste kerse uit, sit die koppies neer… en haal asem. πŸ˜…

Tot volgende keer πŸŽ­πŸ“šβœ¨

17/08/2026
12/08/2026

πŸ“šβœ¨ JY WORD UITGENOOI NA ’N BAIE SPESIALE BOEKBEKENDSTELLING! βœ¨πŸ“š

Kom kuier saam met ons by Hermanus Biblioteek vir die bekendstelling van Van Berlyn tot Hartbeespoort deur Elly Holm, met Dieter Holm in gesprek met Gert Laassen.
Kom geniet ’n aand vol stories, interessante gesprekke en ’n fassinerende reis deur die bladsye van hierdie nuwe boek. πŸ“–πŸ’™

πŸ“… Donderdag, 27 Augustus
πŸ•• 18:00
πŸ“ Hermanus Biblioteek
🎟️ R50 per persoon

Hierdie geleentheid vorm deel van Kalfiefees en beloof om ’n heerlike aand te wees vir boekliefhebbers en nuuskierige geeste! πŸ‹πŸ“š

RSVP:

πŸ“ž 028 313 8077
πŸ“§ [email protected]

Bring ’n vriend, kies ’n sitplek en kom vier saam met ons die bekendstelling! πŸ’™

Want your organization to be the top-listed Government Service in Hermanus?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


1 Magnolia Avenue
Hermanus
7220

Opening Hours

Monday 09:30 - 17:00
Tuesday 09:30 - 17:00
Wednesday 09:30 - 17:00
Thursday 09:30 - 17:00
Friday 08:45 - 15:15