Potpourri Functions

Functions & events Ek het in Februarie 2011 oor naweke by Sylnet en Chenean, die vorige eienaars van Flowers4u begin werk. Ons het ook intussen baie goeie vriende geword.

Van 2011 tot nou het ek so baie by die kunstige, talentvolle Chenean geleer, waarvoor ek haar ewig dankbaar sal wees. Sy het die besigheid intussen verkoop, maar ons het nog steeds troues gedoen. Sy en haar man het begin werk by Tramonto – bestuur die gastehuis, wat beteken het dat sy te besig is om regtig nou haar aandag aan die troues te gee. Ek gaan nou voort met die kosbaarhede wat sy my gele

Operating as usual

14/08/2021

Die Potpourri span het hierdie foto gekry van Billy en Bibi wat by Seeplaas getrou het vroeër in die jaar. Dit is die lekkerste lekker om 'n persoonlike verhouding te bou met die paartjies. Ons is links op die foto en het die troue bygewoon. Trou jy een van die dae? Kontak ons gerus vir dekor en blomme en vir outydse persoonlike diens. Trudie 082 4192 924

Die Potpourri span het hierdie foto gekry van Billy en Bibi wat by Seeplaas getrou het vroeër in die jaar. Dit is die lekkerste lekker om 'n persoonlike verhouding te bou met die paartjies. Ons is links op die foto en het die troue bygewoon. Trou jy een van die dae? Kontak ons gerus vir dekor en blomme en vir outydse persoonlike diens. Trudie 082 4192 924

09/08/2021

Gelukkige Vrouedag van die Potpourri span!

Gelukkige Vrouedag van die Potpourri span!

Photos from Potpourri Functions's post 05/06/2021

Elke jaar in die winter hou Millers 'n Potjiekos kompetisie. Hierdie jaar was daar 3 spanne, litigasie, aktes en boedels. Daar word beplan agter toe deure. Daar is 'n tema, hierdie jaar het aktes en litigasie albei Mexikaans gekies. Boedels was Winter in Hawai. Daar word die heerlikste potjiekos opgetower. En was dit 'n kleurvolle affere! Daar is baie moeite gedoen met die dekor! En natuurlik is daar 'n wenner. Hierdie jaar was dit Boedels! Baie geluk.

Photos from Potpourri Functions's post 30/05/2021

En so het ons die voorreg om 'n troue te doen waar twee kulture (Venda en Xhosa) met mekaar trou. So haal ons die shwe shwe materiaal uit en leer ons van 'n uitsonderlike troukoek. Sarel neem 'n foto van my saam met twee dames in pragtige tradisionele drag. Hier is 'n paar fotos van die troue wat eintlik in die lockdown moes plaasgevind het.

Photos from Potpourri Functions's post 29/05/2021

Wat 'n besige naweek! Vir die afgelope 2 weke soek ons goed vir 'n 5 jarige se verjaardagparytjie. Die venue was die trein museum met baie spasie vir ' n klomp energieke kids. Sarel het 'n pad gemaak en 'n podium. Dit was so lekker om die partytie aanmekaar te weef. En moenie vergeet van die springkasteel nie!

Photos from Potpourri Functions's post 11/05/2021

Hierdie naweek was ons so gelukkig om die troue te doen van Oos Kapenaars. Michael en Dione. Dit was vir ons 'n voorreg. Dit was hulle begeerte om by De Vette Mossel te trou. En ons het gebid dat die weer hulle nie sal boikot nie! Die troue was 12h00. Saterdagoggend 6 uur het dit nog katte en honde gereën. So het 12 uur gekom en die weer her saamgespeel! Ons is toe ook troue toe genooi, dit was so lekker. Jy eet behoorlik tot jy omval! Nikki dit was so lekker.

Photos from Potpourri Functions's post 02/05/2021

Dit is so lekker as jou kliënte terugkom vir 'n 2de funksie. Dit was 'n "High Tea" in Kings Wood. 2 generasies, 'n 30ste en 50ste verjaardagviering. En daar kry ons die pragtigste sonskyn herfsdag! Die mooiste koppies is uitgehaal. Hier is 'n paar fotos van die spesoale feesviering!
Volgende Saterdag is dit ' n troue by De Vette Mossel van die pragtigste couple. Watch this space!!

26/04/2021

Ons Vader is getrou!

Ons Vader is getrou!

Photos from Potpourri Functions's post 25/04/2021

Dit was lekker om weer 'n troue te doen by Colnera! Dit was 'n mooi dag en ek het lekker saam met Chrystal haar dag beplan. Hier is 'n paar fotos van Morne en Chrytal se spesiale dag!

18/04/2021

Ek het vanoggend 'n dankbare hart! Vir alles wat ek ontvang. Vir 'n hele jaar het my besigheid stilgestaan ..... soms het ek gewonder of dit ooit weer aan die gang sou kom! Jy weet mos .... die stemmetjie van twyfel. En toe ewe skielik gebeur dinge weer. En hoe lekker is dit nie om weer met my bruide te werk. Volgende troue is by Colnera hierdie Saterdag! Dankie Liewe Heer vir U goedheid en Genade

Ek het vanoggend 'n dankbare hart! Vir alles wat ek ontvang. Vir 'n hele jaar het my besigheid stilgestaan ..... soms het ek gewonder of dit ooit weer aan die gang sou kom! Jy weet mos .... die stemmetjie van twyfel. En toe ewe skielik gebeur dinge weer. En hoe lekker is dit nie om weer met my bruide te werk. Volgende troue is by Colnera hierdie Saterdag! Dankie Liewe Heer vir U goedheid en Genade

Photos from Potpourri Functions's post 05/04/2021

En so het die Potpourri Span op 3 April 'n troue grdoen by Down to Earth. Wat 'n stunning dag was dit! Danie en Nadia het my gesien so 6 weke voor die troue. Die versoek was geen blomme, net loof en gyp. En natuurlik liggies."Ons hou van die natuur". Niks fieterjasies nie!!! Hier is 'n paar fotos van die dekor. By die ingang was die kruis om ons te herinner aan Jesus en die wonderwerk van die opstanding!

Photos from Potpourri Functions's post 22/03/2021

Gedurende die week kry ek 'n vraag van Bruce van die Gremlin: "doen jy nog troues? En so kruis my pad met Bibi en Billy van Pretoria. Twee pragtige jong mense wat hierdie Sondag 21 Maart 2021 by Seeplaas getrou het. Hulle is ook geraak deur Wedding by CW en het duisende rande verloor.
Ek kontak haar en bied my hulp aan. So leer die Potpourri Span 'n klomp fantastiese nuwe mense ken! Vrydagaand oefen ons om te stap (vir die seremonie) en Sondagoggend is ons op ons pos om te dek. Ons word toe sommer genooi vir die troue.
Dit was vir ons 'n voorreg en hierdie een is definitief uit die hand van die Here. Sy opdrag was dat ons Sy Hande moet wees en Sy Liefde moet uitdra. Bibi is 'n spesiale jong vrou! Sal later fotos van die bruidspaar opsit!

Photos from Potpourri Functions's post 20/03/2021

Nadat ons almal slegte tye beleef het vir byna 'n jaar kan ek net sê dat die Here getrou is! Die Potpourri span het vasgehou aan die Here se beloftes! En ons is daardeur.
Ons is ook deur ons vorige bruide ingestem op Wedding & Functions tydskrif as "Top Service Provider". Dankie aan al my bruide wat gestem het! Julle is die beste. Ek waardeer julle.
Nou sien ons uit na die res van die jaar. Kontak my gerus vir outydse persoonlike diens! Ek sien uit daarna om van julle te hoor. Ons is beskikbaar om jou spesiale dag waar te maak. Skakel Trudie 082 4192 924 of [email protected]

Photos from Potpourri Functions's post 10/03/2021

Sjoe, ek het al amper vergeet hoe dit is om 'n troue te doen! En boonop kon my partner nie help nie. So het my vriendin Stefanie en haar dogter gehelp. Dit was ongelooflik warm Saterdag en ek was jammer vir Kiara. Maar dit was hulle spesiale dag. Baie geluk julle 2. Dit was vir ons'n voorreg!

17/01/2021

Potpourri Functions

17/01/2021

Potpourri Functions's cover photo

17/01/2021

Potpourri Functions's cover photo

17/01/2021

Ons leef in moeilike en onseker tye. Daar is paartjies wat angstig wag op 15 Februarie 2021 om te hoor wat die pad vorentoe is. Die jongmense met sterre in hulle oë wat reeds beplan het om te trou, my hart gaan uit na julle! Ek het reeds 2 paartjies wat vir eers gekanselleer het. Ek bid vir julle. Weet net ons dien 'n Here wat groter is as die virus! Voorwaar vreemde tye!

10/01/2021

Verseker moeilike tye waarin ons leef, maar ons Here is groter as al hierdie dinge! Trou jy een van die dae? Stress jy oor alles wat nog gedoen moet word? Die Potpourri span staan gereed om jou te help. Kontak ons gerus ..... ons sien uit daarna om van jou te hoor! Trudie 082 4192 924
Onthou om vamiddag 15h00 saam mer SA te bid vir ons land!

07/01/2021

Photos from Potpourri Functions's post

30/12/2020

Potpourri Functions

30/12/2020

Potpourri Functions

30/12/2020

Potpourri Functions

30/12/2020

Potpourri Functions's cover photo

27/12/2020

Vir ons was dit omtrent 'n vreemde jaar. Maar Jesus is in beheer! Ons het op die 19de Desember 'n klein intieme troue by Down to Earth gedoen. Net familie! Vir die Potpourri span was dit 'n voorreg. Ek het vir Jana voorlegging gedoen en sy het ingestap en gesê "dit is presies wat ek wil hê". Dit was een lang tafel .... geen aparte bruidstafel nie.

25/10/2020

Lees hierdie, dit sal jou weer moed gee vir die mensdom en jou laat glo dat ons 'n Wonderlike Vader dien!
Net wanneer jy moedeloos raak stuur die Here 'n geleentheid oor jou pad wat jou weer in mense laat glo. Ongeveer 2 maande gelede vra iemand hulp met dekor vir 'n troue. Daar is 'n paartjie wat vreeslik graag wil trou maar wat dit glad nie kan bekostig nie. Dit is net na lockdown, ek het geen besigheid en inkomste uit die besigheid nie. Moet weer van vooraf begin. Maar die Heilige Gees, dit is daardie stemmetjie sê " jy moet help!" praat met my!
So breek die dag aan en almal wat help daag op! Die venue Riversyde Manor in Grootbrak. Op die Rivier ... en ons skuif tafels reg en doen die dekor. Ek ontmoet vir Zen van Mosselbaai, wat almal bymekaar gebring het. Daar is musiek, daar is 'n fotograaf, daar is 'n pastoor, en al die ander goed wat nodig is vir 'n troue. Hare, grimering, naels ....
Daar is die heerlikste eetgoed. Die gaste daag op en die bruidspaar Abigail en Corne ..... Die fotos hierna wys die eindresultaat van die Here se beplanning vir die twee. Well done Zen, jy is die beste!!! Seënwense vir jou en jou familie.

12/10/2020

So ..... die Potpourri span het tafels gedek vir 80ste verjaardag by Down to Earth. Was lekker om weer met blomme te werk! En natuurlik die personeel is soos my familie! Die beste is die heerlike kos reuke en natuurlik Noddy se heerlike varsgebakte brood rolletjies mmmmm. Pink en rosegold was die versoek.

16/09/2020

Ons kan nie wag om van jou te hoor nie! Trudie 082 4192 924

11/07/2020

Potpourri Functions's cover photo

04/07/2020

Na 'n lang stilte .... waar daar letterlik niks gebeur het nie het ons vandag 'n kinderpartytjie gedoen. Die tema Charlie and the chocolate factory. Dit was vir ons 'n voorreg! Dankie Sarel vir al jou harde werk. Dit het stunning gelyk.

23/06/2020

Vandag is ek net weereens so dankbaar vir alles! Dat die Here so goed is vir my. Daar is weer beweging en navrae vir troues en partytjies. En dit is 'n absolute fees om weer kreatief te kan wees!
So beplan jy daardie spesiale verjaardag? Of dalk 'n troue later hierdie jaar of in 2021. Die Potpourri span staan reg om jou te help om met die beplanning. Kontak my gerus Trudie 082 4192 924.

16/06/2020

Potpourri Functions's cover photo

16/06/2020

Potpourri Functions

15/06/2020

Ek mis my besigheid, om met blomme te werk en die opgewondenheid van die bruide wat hulle troues beplan. Ek kyk deur die fotos van vorige troues en funksies en ek besef weereens dat die besigheid 'n God gegewe seëning is. Dit is voorwaar my passie en iets wat vir my heerlik is om te doen!

28/05/2020

En ewe skielik is die winter met ons. 'n Heĺe trou seisoen het soos mis voor die son verdwyn! Verliefdes en verloofdes moes narstiglik troues uitstel en ons almal het saam in die onseker tye in beweeg! Al wat seker is is dat ons 'n Here dien wat net die beste vir ons almal wil hê en beplan. So moenie moed verloor nie. Onthou God kan oneindig meer doen as wat ons kan bid of hoop. Ek sien uit om weer te kan beplan saam met blinkoog bruide ..... die lekkerste lekker! Die Potpourri span mis julle!

Telephone

Address


25 Ninth Avenue Denneoord
George
Other Bridal Shops in George (show all)
Bridal Inn Bridal Inn
38 Wellington Street
George, 6529

Everything you need for your wedding under one roof! We stock all wedding attire, as well as mens suits, evening and matric farewell dresses

Rags 2 Rags 2
Market St
George, 6530

Huur, Maak en Koop van Enige uitrustings Verstellings van Skool klere Gewone klere Trou Uitrustings Matriek uitrustings

Nova Infinity dresses Nova Infinity dresses
Kingswood
George, 6530

High quality infinity dresses made to order

Unveiled Bridal Garden Route Unveiled Bridal Garden Route
18 CJ Langenhovenstreet
George, 6530

Elizabeth’s gowns are the ultimate in femininity, romance and sensuality. She has built an enviable reputation for creating exquisite bridal dresses.

Rent-a-Dress Rent-a-Dress
George

Show stopping evening and wedding dresses to rent���Affordable prices�Contact us anytime, we would like to assist you to look FABULOUS�