VGK Pacaltsdorp
Hierdie blad het ten doel om ons gemeente en gemeenskap op hoogte te hou van ons werksaamhede. Ons doel is ook om mekaar te bou en positief te beïnvloed. (Live)
Persoonlike geskille, afbrekende kritiek en onwelvoeglike taalgebruik sal nie geduld word nie.
27/08/2026
✨💛 50 JAAR VAN GELOOF, GENADE EN GEMEENSKAP 💛✨
VGK Pacaltsdorp het gisteraand (en sal nog heel week/jaar) met dankbaarheid 50 jaar van God se trou gevier! 🙏🏽⛪️
Van 1976 tot 2026 — vyf dekades van geloof, genade, liefde en ’n gemeente wat saamgestaan het. ❤️
VGK Pacaltsdorp
'n Geestelike tuiste vir almal.
Vandag se erediens was ingelei deur Shirelle Abrahams met die lied: "HOLY HOLY HOLY!!!"
Shirelle is 'n gospelsangeres en kan gekontak word vir optredes.
Haar kontakbesonderhede verskyn op die videogreep.
23/08/2026
Die blomme vir ons erediens vandag, was geskenk deur die wyk, Delville Park 2. Baie dankie juffrou Berenice en al die ander dames betrokke. Die rangskikkings het pragtig gelyk.
Dan was daar ook 'n ander, spesiale dame, Devona Goliath, wat nie noodwendig 'n ingeskrewe lid van ons gemeente is nie.
Devona het gister haar mammie vanuit ons kerk ter ruste gelê en het na die begrafnis besluit om een van hul pragtige ruikers vir ons kerk te skenk om haar dankbaarheid en tevredenheid te betoon vir die diens wat sy ontvang het. Devona se ruiker staan in die middel van die kerk, rég voor die kansel.
Dan wil Devona ook 'n spesiale dankie sê vir Muriel Potts wat uit haar pad gegaan het om iemand wie sy so pas toevallig ontmoet het, aan die hand te vat en haar te help om vir haar mammie die mooiste begrafnis onder omstandighede te gee.
Die volgende is Devona se eie woorde... en ek haal aan: "Die ontmoeting met u hulle was uit die hand van die Here se ek vir my gesin ek het beter gevoel regtig na donderdag middag ,ja Mnr beslis sal ons weer ontmoet goed gaan .🙏🏻
VGK Erediens - 23 Augustus 2026
22/08/2026
Neem kennis✝️🩷
22/08/2026
18/08/2026
Ondersteun asb ons koor in hul poging...
🎶✨ OH, HOW MARVELOUS!✨🎶
Die Kerkkoor van VGK Pacaltsdorp het ons gemeente geseën met ’n pragtige aanbieding van “Oh, How Marvelous”. 🙏🏽❤️
Wat ’n wonderlike herinnering aan die onbeskryflike liefde, genade en goedheid van ons Here!✝️
Mag hierdie lied u hart aanraak en u vandag herinner aan hoe wonderbaarlik groot God se liefde vir ons is. 🌿🙌🏽
VGK Pacaltsdorp
’n Geestelike tuiste vir almal ❤️
17/08/2026
🕰️ 𝗗𝗢𝗪𝗡 𝗠𝗘𝗠𝗢𝗥𝗬 𝗟𝗔𝗡𝗘 ✨
Die volgende foto is aan ons gestuur deur suster Bridgette Olyn.
Wie kan die heer in die middel van die foto onthou?
Netso... dis Poopoe🤗
In die tyd van ds Johan Louw, was Poopoe baie gewild in ons gemeente. Toe Poopoe die een spesifieke oggend aan ds Louw voorgestel word, was sy woorde aan ds Louw: "Die bybel sê, djy moet eire koud wees... óf djy moet eire warm wees... MAAR AS DJY LOUW IS..."
Poopoe was aanvanklik bedoel om die eerste deel van ons eredienste vir ons kinders meer aantreklik en meer ontvanklik te maak maar baie vinnig het hy meer geliefd geraak onder veral die volwassenes in die kerk.
Poopoe het later soort van 'n "public figure" geraak deurdat hy deur ander kerke en liefdadigheidsorganisasies uitgenooi was om by veral kerspartytjies, lekkernye en speelgoedjies aan "behoeftiges"uit te deel.
Poopoe was seker die lelikste "vader krismis" wat kinders ooit gesien het maar almal was baie lief vir hom.🤭
Toe het Poopoe net van die toneel af verdwyn en ons wonder vandag waar is hy.😭
D**k julle dis moontlik dat Poopoe dalk afvallig geword het?🤗
15/08/2026
Erediens - 16 Augustus 2026
10h00
VGK Pacaltsdorp ❤️
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Website
Address
Amaryllis, Sea View, Pacaltsdorp
George
6529
Opening Hours
| 09:00 - 11:00 |