L and T Books and Boxes

L and T Books and Boxes

Share

L and T Books and Boxes offers books, custom made giftboxes, puzzles and accessories

Books and Boxes 27/03/2015

Buy Bob Harper's "Skinny Rules" for only R100. Only one book available. All you have to do is comment with the normal selling price, as advertised on our website www.landtbooksandboxes.co.za. First correct answer will receive the opportunity to buy this book at this price.

Books and Boxes Supplies Boxs and Gift Boxes

10/02/2015

Onthou die Februarie aanbod van 10 % afslag op die boeke van my Lapa asook Fantasi katalogusse. Laat weet indien jy belangstel om 'n katalogus te kry.

06/02/2015

FEBRUARIE spesiale aanbod: Bestel enige boek vanaf my Lapa Katalogus en kry 10 % afslag daarop. Die katagorieë is 0+, 3+, 5+, 7+, 9+, 11+, 13+, 15+, Feiteboeke, Interaktiewe boeke, Storiebundels en Gedigte + Rympies. Stuur jou versoek vir 'n spesifieke katalogus asook e-pos adres en ek stuur dit vir jou aan.

Photos 07/01/2015

Hierdie jaar begin ons met 'n splinternuwe produk, STORIEKAARTE, en hierdie week skop ons sommer af met die eerste twee pakke: "Monsters" en "Vreemde uitvindings"! Elke pak storiekaarte bevat 5 nuwe stories op A4 kaarte, met pragtige volkleur illustrasies. Dit is geskik vir voorlees, óf self lees. Die stories is kort en maklik, maar propvol snaaksighede en lekkertes uniek aan Anna Emm! Geskik vir kinders 3-9 jaar. NB: Die Storiekaarte is beskikbaar in Afrikaans EN Engels - ons eerste nuwe Engelse produkte in vier jaar! Hierdie week kan jy altwee pakke storiekaarte aankoop @ slegs R120 (gewone prys R65 per pak).

Laat weet my indien daar belangstelling is.

Photos 12/11/2014

Ek het die volgende legkaarte vir kinders nog in voorraad. Nuwe reeks word nou bekendgestel, so hierdie reeks word nou gestaak. Laaste legkaarte wat ek vir hierdie prys het.
Laat weet my of daar belangstelling is. Slegs een van elke legkaart in voorraad.

Photos 06/11/2014

Ek het 'n navraag gekry oor die Storieman reeks. So ek sit dit sommer hier ook op vir ingeval daar iemand is wat dalk belangstel. Ek bied dit vir R135 per uitgawe of daar is 'n boks waar jy al 6 uitgawes kry vir slegs R540.00. Kontak my indien daar belangstelling is.

31/10/2014

Anna Emm produkte op spesiale aanbod vir die maand van November! Koop enige Anna Emm produk uit die katalogus en kry 15 % afslag. Op enige produk wat 'n weeklikse spesiale aanbod is kry jy 12.5 % afslag. Jy is wel verantwoordelik vir die posgeld. Posgeld word gedeel tussen al die bestellings vir die week. Maksimum posgeld is R55, so hoe meer mense bestel hoe minder betaal jy. Ek sal elke Vrydag 'n bestelling plaas vir die week se produkte.

Anna Emm produkte is Afrikaanse boeke, CDs en DVDs spesiaal gemik op kinders. Indien jy nog nie 'n katalogus gesien het nie, los jou e-pos adres en ek stuur vir jou aan. Anders kan jy dophou vir elke week se aanbod wat ek hier adverteer.

Kontak my vir enige navrae of bestellings. E-pos adres is [email protected], inbox my of los 'n comment.

Photos 29/10/2014

Is hier enige iemand wat belangstel in die volgende plakkerboeke? Dit kos R35 per boekie.

Photos from L and T Books and Boxes's post 24/10/2014

Ek plaas gedurende volgende week 'n bestelling vir die nuwe reeks legkaarte. Laat weet my indien daar enige belangstelling is, sodat ek sommer terselfdetyd kan bestel.

Photos 17/10/2014

Kom ondersteun L and T Books and Boxes hierdie Saterdag by "Skoolsaal vol geskenke" by Laerskool Frans Conradie vanaf 9:00 - 16:00. Hoop om julle daar te sien.

16/10/2014

As julle in die Despatch area is, kom ondersteun my by Saterdag se "Skoolsaal vol Geskenke" by Frans Conradie Laerskool vanaf 9:00 - 16:00.

09/10/2014

Welkom aan die nuwe gesigte op die blad. Hoop julle sal hou van wat julle sien.

Want your business to be the top-listed Shop in Despatch?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


152 Main Street
Despatch
6220