Glory Photography

Glory Photography

Share

PAARTJIES | FAMILIE | EIENDOM | BESIGHEID | PRODUKTE | NATUUR

Photos from Glory Photography's post 25/06/2026

Soveel liefde tussen hierdie gesin en hulle glimlagte is aansteeklik…

Brandon-Leigh Williams en Jeanette Williams ek kan nie help om te smile terwyl ek weer deur julle foto’s kyk nie!🥹

Photos from Glory Photography's post 15/06/2026

Beautiful mamma’s en hulle baba’s met Moedersdag Mini’s…🥰

Julle is dit!👑

Photos from Glory Photography's post 09/06/2026

Gee my eerder egte foto’s, van egte liefde tussen twee regte mense met ‘n regte sonsak op ‘n regte strand, want hierdie AI ding werk nie vir my nie.

Vanmiddag d**k ek so bietjie hardop… Ek het al soveel keer gehoor mense sê hulle hou nie van mense wat “fake” is nie (en ek het ook al so gesê), maar nou ja, wat sê “fake” foto’s dan van ‘n mens?

AI is wonderlik om mense en dinge in die agtergrond uit te haal wat ‘n foto “spoil” en om die ware kleure in ‘n foto uit te bring of ‘n kunstige effek aan fotografie te gee. Ek is dankbaar daarvoor, but this is my bottomline:
Gee my eerder egte foto’s, van egte liefde tussen twee regte mense met ‘n regte sonsak op ‘n regte strand.

Ek het so lekker saam met tannie Yvette en oom Eugene geloop en gesels op die strand dat ek amper vergeet het ek was daar om foto’s te neem.😂 So sit dan die volgende by die redes waarom ek die regte, egte verkies bo AI: Gesprekke en ervarings wat regtig plaasvind, diep raak en nie opgemaak is nie. Nie “fake” is nie, nie ge-“fake” kan word nie.

Anyways, genoeg van my “rant” oor AI.

Die tekens van ‘n storm het gesorg vir ‘n sonsak fotosessie by die see met kleure wat mens laat d**k aan spookasem… I LOVE what I get to do!🙏🏻

Photos from Glory Photography's post 05/06/2026

Nog ‘n Horze South Africa brand shoot vir die boeke saam met Cameron…🤩

04/06/2026

Nes Ma’s, het Pa’s so belangrike rol wat hulle speel in ons lewe.

Ons weet mos nou al hoe mans fotosessies LOVE💁🏻‍♀️, maar saam met enige ander nalatenskap en impak wat hulle in ons lewe maak, is foto’s saam een van die kosbaarste dinge wat gaan oorbly.

Eintlik kan mens nie ‘n prys op ‘n man se rol en impak in sy geliefdes se lewe sit nie, maar vir ‘n fotosessie van hom en sy kinders kan jy betaal wat jy kan bekostig…

Dit is net 15 min wat hy moet deurdruk vir ‘n leeftyd se waarde. Saterdag 13 Junie. Daar is net 4 tydgleuwe beskikbaar. Geen vooraf bepaalde prys, jy betaal wat jy kan. First come, first serve!

Whatsapp my as jy ‘n mini fotosessie wil boek vir hom en hy instem daarvoor.

Let’s make fathers count this Father’s Day!🫶🏻

Photos from Glory Photography's post 03/06/2026

Hoe mooi is lewe nie? Veral as dit groei binne ‘n vrou…

Die Rademeyer gesin se rykdom vermeerder en dit is in die vorm van ‘n baba dogtertjie.🩷

01/06/2026

Sit hierdie huis ook by op die lys van familie huise in Despatch.🏡

Kontak Shame Williams van Talana Foot Real Estate Despatch vir meer inligting oor hierdie eiendom.

Want your business to be the top-listed Photography Service in Despatch?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Website

Address


Despatch