VGK Darling URCSA

VGK Darling URCSA

Share

Christian Church- A place where we worship and Praise the Lord.

Daarvandaan organiseer ons hoopvol om werkers uit te stuur om diensbaar soos miere te wees, as God se Kerk in die samelewing.

12/06/2026

VGK CMB MANNE-AAND

Broers, julle word hartlik uitgenooi om hierdie Vrydag om 19:00 saam met ons te kom kuier by Broer Deon se huis.

Kom geniet 'n betekenisvolle en vrugbare aand waar ons as manne van God saamkom om: Geestelik te groei, Mekaar te bemoedig, Gemeenskap te bou, Nader aan die Here te beweeg.

Dit is 'n geleentheid vir elke man om deel te wees van iets groter – 'n beweging van manne wat die Here wil dien en 'n verskil wil maak in hul gesinne, kerk en gemeenskap.

📍Plek: Broer Deon se huis

🕖 Tyd: 19:00

Datum: 12 Junie 2026-Vrydag

Kom ons staan saam as manne van geloof!

💪🏽 "Soos yster yster slyp, so slyp die een mens die ander." – Spreuke 27:17

Ons sien uit daarna om julle daar te verwelkom!

06/06/2026
Photos from VGK Darling URCSA's post 23/05/2026

Pinkster Biduur 10. Almal welkom

Photos from VGK Darling URCSA's post 22/05/2026

Vanaand vanaf 18:30/18:45 se kant. Pinksteraand 9.🙌🎤

Photos from VGK Darling URCSA's post 18/05/2026

Die Heilige Gees gee aan almal gawes en geskenke. Laat ons met 'n goeie hart gee. God het 'n blymoedige gewer lief🙏👏

Vanaf 18:45 vanaand!

Photos from VGK Darling URCSA's post 17/05/2026
Photos from VGK Darling URCSA's post 17/05/2026

Kaptein John Loubser is vanoggend geïnstalleer. Hulle nooi kinders, jongmense, lidmate en selfs al is jy nie in die VGK nie😇Die Here se seën opdie werksaamhede van die Brigade.🙏

Photos from VGK Darling URCSA's post 15/05/2026

Die wêreld is kurkdroog, mense liefdeloos,hooploos, selfs moedeloos as gevolg van omstandighede soos pyn,werkloosheid en teleurstellings. Hulle wag vir die Vuur van die Evangelie. Hulle verlng die Goeie Nuus

Ons word geroep om die wêreld aan die brand te maak vir Jesus! As jy toelaat dat die Gees soos Vuur op jou neerdaal, word jy 'n Vuur-Kragtige Getuie, wat die Woord soos 'n veldbrand versprei.

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Darling?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


Somersetstraat
Darling
7345

Opening Hours

Monday 09:00 - 12:00
Wednesday 09:00 - 12:00
Friday 09:00 - 12:00
Saturday 09:00 - 12:00
Sunday 08:00 - 14:00