Die Landbougesprek

Die Landbougesprek

Share

Bly hier op hoogte van snitte wat op RSG Landbou uitgesaai word. *Nie die amptelike RSG-blad nie.

In order to adhere to the Protection of Personal Information (POPI) Act, 2013 (Act 4 of 2013) we hereby notify all users of our pages that by participating in posts through likes, comments, etc, you are consenting to your information (profile) being visible on our page. Should you elect to continue participating in this manner, we accept that you are consenting to being a part of this page and to your personal account information being noticeable to any other person on this page. You may at any stage withdraw from participating and you may unlike a page at any time. For more info about our privacy policy and the POPI regulations click here: https://www.agriorbit.com/privacy-policy/

24/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Dit is reeds ‘n bekende feit dat kanolaverbouing in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het. Die ander goeie nuus is dat droëland kanolakultivars ook nou beskikbaar is. Ons het tydens Nampo Kaap met Piet Lombard van die Wes-Kaapse Departement van Landbou hieroor gesels.

Ntaba Nyoni se Ankole en Vriende-veiling vind op 3 Oktober plaas en Bernard Swanepoel vertel ons meer.

Johan van den Berg is oudergewoonte terug met die jongste weervooruitsigte en Chris Derksen gesels oor vleispryse.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

NAMPO Kaap / Cape Western Cape Government Ntaba Nyoni Ankole

23/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Die BKB Groep se jongste finansiële resultate is op 9 September bekendgemaak. Volgens Jannie van Niekerk is die kontantvloei wat hulle kon genereer beslis die hoogtepunt. Kom luister gerus hoe dié groep hul sterkste finansiële prestasie nóg bereik het.

‘n Boer van Hartbeesfontein in Noordwes, Bertus Joubert, is die wenner van die 2026 TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie. Hy het na tien jaar in Australië besluit om eerder in Suid-Afrika te kom boer. Ons gesels met hom oor sy boerdery.

Ons hoor ook wat die Mazél en Magaliesberg Bonsmara-groep vir hul veiling van 2 Oktober in Rustenburg beplan. Gerhard Strydom vertel ons meer.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

TLU SA Mazel Bonsmaras BKB

22/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Veeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging aan die toeneem is. Het jy geweet daar is twee tipes inkbessies wat in Suid-Afrika voorkom en net een is giftig? Die beste voorkoming is om dié probleemplant uit te roei, en prof Charlie Reinhardt gee raad.

Wyntoerisme lewer ‘n noemenswaardige bydrae tot die voortbestaan van ons wynplase. Ons gesels met South Africa W**e om uit te vind wat hulle doen om wyntoerisme op plase te bevorder.

Heinrich Victor is ook terug met die nuutste wolmarkverslag.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

South Africa W**e

21/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Het jy geweet dat 17 kommersiële varkplase in Suid-Afrika hierdie jaar bek-en-klouseer in hul kuddes gehad het? Dr Marlene Louw van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie praat met ons oor die stand van dié bedryf, biosekuriteit en innoverende maniere om varkvleis meer aantreklik vir die verbruiker te maak.

AFMA, die Vereniging van Veevoervervaardigers, het onlangs hul bekende forum aangebied en dr Tobias Doyer van Graan SA het daar met ons gesels. Hy was deel van ‘n paneelbespreking wat gefokus het op globale seine wat ‘n impak op die plaaslike mark se wisselvalligheid en prestasie het.

Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

SAPPO Animal Feed Manufacturers Association - AFMA Grain SA/Graan SA

17/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Bykans 400 mense het die Brahman-beestelersgenootskap se nasionale veiling duskant Potchefstroom bygewoon. Sytze Smit gee terugvoer.

Ons gesels ook met Carla de K**k van Serfbred Brahmane. Een van hulle Brahman-bulle het die hoogste prys van R220 000 behaal en sy vertel wat dié bul so uniek maak.

Produsente in die Wes-Kaap het die afgelope week se reën verwelkom, maar hoe lyk die res se vooruitsigte? Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met ons weernuus en Chris Derksen terug met nuus oor vleispryse.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

Brahman SA Serfbred Brahmane

16/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Het jy al gehoor van ‘n pampoen wat 653kg weeg? Wykus Lamprecht het dié reuse pampoen op sy erf in Meyerton gekweek. Hy is die wenner van vanjaar se Goliat van G*t-pampoenkompetisie en ons hoor wat dit behels om so ‘n produk te lewer.

Hoe gaan dit met die rooivleisbedryf in die Noord-Kaap en wat kan boere doen om hulself in ’n beter posisie te plaas om die beste pryse moontlik vir hulle diere te kry? Ons het tydens die Agri Noord-Kaap kongres met Yolandé Botha hieroor gesels.

Aartappelproduksie in die Limpopo-provinsie is ook in die kollig, met FP Coetzee van Aartappels SA wat meer vertel.

Ons sluit ook by Aartappels SA aan vir die Augustus aartappelmarkverslag.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

Goliat van G*t Pampoenfees Agri Northern Cape Potato Nation

15/09/2026

In vandag se aflewering van RSG landbou:

Landbou in die Noord-Kaap het ‘n goeie seisoen met bogemiddelde reënval agter die rug en produsente pluk reeds die vrugte daarvan. Die vraag is egter of produsente veerkragtig genoeg is om die voorspelde El Nino-verskynsel te hanteer. Willem Symington van Agri Noord-Kaap beantwoord hierdie vraag.

Die Overberg Agri Herkouerdag het in Augustus by die Roodebloem Proefplaas naby Caledon plaasgevind. Winsgewende en volhoubare herkouerproduksie was die tema en een van die sprekers, dr Andy Hentzen van die Universiteit van Pretoria, het op skaapproduksie gefokus. Ons gesels met hom hieroor.

Verder gee Heinrich Victor terugvoer oor die jongste wolveiling.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

Agri Northern Cape Overberg Agri University of Pretoria

14/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

‘n Rosyntjie- en pekanneutprodusent van die Groblershoop-omgewing, is as Agri Noord-Kaap se jongboer van die jaar aangewys. Hy sien ‘n blink toekoms vir landbou in Suid-Afrika. Kom luister gerus verder na ons gesprek met Rean Clasen oor sy boerdery.

Ons hoor wat die Nu-Alcade Bonsmara-groep vir hulle veiling van 24 September by die Warmbad Veemark beplan.

En dr Pieter Swanepoel van die Universiteit Stellenbosch het by vanjaar se Overberg Agri Herkouerdag, oor geïntegreerde vee- en weidingstelsels gepraat. Ons het hom oor sy aanbieding uitgevra.

Dan is dit oudergewoonte ook tyd vir ons weeklikse landbounuusbulletin.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

Agri Northern Cape Nu-Alcade Bonsmaras Stellenbosch University Overberg Agri

10/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Suid-Afrika is besig om sy vere reg te skud vir die Wagyu-wêreldkonferensie op 13 en 14 Oktober in die Kaap. Vleis gaan beslis in die kollig wees by die konferensie en daar sal onder meer gekyk word na die Wagyu-karkas en verbruikers se voorkeure. Deja Nienaber gesels verder met ons hieroor.

B2 Bonsmaras en El Tauro Bonsmara-stoet bied op 18 September hul gesamentlike veiling op Kimberley aan. Ons hoor hoe die aanbod lyk.

Dan is Johan van den Berg oudergewoonte terug met ons weernuus en Chris Derksen met nuus oor vleispryse.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

Wagyu South Africa Bonsmara SA

09/09/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Boerdery is nie ‘n gewone besigheid nie; dis ‘n gespesialiseerde bedryf en soos ‘n boerdery groei en verander, behoort jou versekering ook daarby aan te pas. Old Mutual Insure is vanjaar by Nampo Kaap en Lieza Barnard nooi jou uit om by hulle stalletjie aan te klop om met hulle hieroor te gesels.

Wanneer ons oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse wynbedryf praat, draai die gesprek dikwels om klimaatsverandering, tegnologie, nuwe markte en veranderende verbruikersgedrag. Nie een van hierdie veranderinge vind egter sonder mense plaas nie. SA W**e vertel wat hulle doen om mense en hul vaardighede te ontwikkel.

Ons gesels ook met Bennie van Zyl van TLU SA oor hulle onlangse kongres.

Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

Old Mutual Insure NAMPO Kaap / Cape South Africa W**e TLU SA

Want your business to be the top-listed Media Company in Centurion?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Address


Centurion
0157