Bee-ing Creative
Craft Workshops/Handwerk Werkswinkels/Binneversieringsklasse
Gaan like hul facebook blad en sien sodoende ook die mooiste dekor in hul winkel...
24/04/2026
'n Pragtige tafel wat gedoen is in skakerings van p***e, pienke, koraal, olyf groen en diep bloue...
Hier is 'n paar idees van kleur kombinasies, asook ornamente wat bymekaar gebruik kan word.
Ornamente en produkte beskikbaar by Nici-lene Accessories, gifts and Decor (Centurion).
Mag julle almal 'n mooi naweek hê en geniet die koue....
Liefde
Madie
30/06/2025
VOL BESPREEK
🌸 Haas Verf Klas 🌸
Datum: 19 Julie 2025 - Saterdag
Tyd: 9h00 tot 13h00
Koste: R550 per persoon | 68 cm Houthaas | Alles word voorsien
Kom verf jou haas – bont, met strepe, kolle of blomme – presies soos jou hart wil.
'n Heerlike kreatiewe klas wag op jou!
Of jy nou 'n ervare kunstenaar is of lanklaas 'n kwas vashou – hier is almal welkom. Geen talent nodig nie, net 'n oop hart en lus om te skep.
Wat is ingesluit?
🐰 68 cm houthaas
🎨 Verf, 125g airdry klei ens.
🌼 'n Voorbereide spasie om te ontspan, kuier en kreatief wees
Die plekke is beperk tot 6, en bespreking is noodsaaklik.
Kom leef jou kreatiwiteit uit en neem iets besonders huis toe – deur jóú hande gemaak!
Laat jou siel blom in kleur. 💛
Bespreek nou – jy verdien hierdie kreatiewe uitlaatklep
28/06/2025
VOL BESPREEK
Tekkie-Verf Klas
Datum: 17 Julie 2025 - Donderdag
Tyd: 9h30 tot 13h00
Plek: Nici-lene Accessories
Bylsbridge Promenade
Highveld
Centurion
Skep. Verf. Dra met trots.
Kom leef jou kreatiwiteit uit deur jou eie unieke paar tekkies te verf! Hierdie klas is ontwerp vir elkeen – of jy nou gereeld ‘n kwas vashou of nie eens ‘n reguit lyn kan trek nie.
Ek sal jou stap vir stap begelei – van die eerste skets tot die finale seëlwerk. Jy sal leer van verskillende verftegnieke, hoe om belyning te doen en hoe om jou ontwerp duursaam te maak.
Moenie bekommerd wees as jy nie self ‘n ontwerp in gedagte het nie – jy is welkom om vooraf met my te gesels, en saam kies ons ‘n eenvoudige tema. Ek sal dan ‘n ontwerp voorstel wat jy met gemak sal kan uitvoer.
Wat is ingesluit?
Al die materiaal wat tydens die klas gebruik word, is ingesluit.
R430 – Ek voorsien ‘n paar Tomy-tekkies vir jou om op te werk.
(Daar is ook beperkte sizes in ander soorte tekkies beskikbaar)
Laat jou skoene jou storie vertel. Kom geniet ‘n kreatiewe en ontspanne sessie waar jy iets uniek en persoonlik skep – met liefde, kleur en karakter.
28/06/2025
🌸 Haas Verf Klas 🌸
Datum: 17 Julie 2025 -Saterdag
Tyd: 9h00 tot 13h00
Plek: Nici-lené Accessories, Gifts and Decor
Bylsbridge Promenade, Centurion
Koste: R550 per persoon | 68 cm Houthaas | Alles word voorsien
Kom verf jou haas – bont, met dik, vet strepe, kolletjies of huisies – presies soos jou hart wil.
'n Heerlike kreatiewe klas wag op jou!
Of jy nou 'n ervare kunstenaar is of lanklaas 'n kwas vashou – hier is almal welkom. Geen talent nodig nie, net 'n oop hart en lus om te skep.
Wat is ingesluit?
🐰 68 cm houthaas
🎨 Verf, 125g airdry klei ens.
🌼 'n Voorbereide spasie om te ontspan, kuier en kreatief wees
Die plekke is beperk tot 6, en bespreking is noodsaaklik.
Kom leef jou kreatiwiteit uit en neem iets besonders huis toe – deur jóú hande gemaak!
Laat jou siel blom in kleur. 💛
Bespreek nou – jy verdien hierdie kreatiewe uitlaatklep
Liefde
Madie
22/06/2025
BINNEVERSIERING KLASSE EN VERSKILLENDE CRAFT WERKWINKELS
Whatsapp Madie by 079 850 8001 met enige navrae
Ek glo elkeen van julle weet alreeds wie ek is, maar ingeval iemand nog nie weet nie, gaan ek my gou voorstel aan julle almal... my naam is Madeleine (Madie) en ek is die moederhen van Nici (Nici-Lene Accessories, Gifts and Decor).
Een van my lekkerste tydverdrywe op 16 was om my kamer se meubels te skuif en mooi te maak... nou dat ek daaraan d**k, my ma hoef nooit met my te baklei het om my kamer aan die kant te maak nie. Sy was 'n voorslag vrou op haar dae en ek glo dit is waar my voorliefde vir binneversiering vasgelê was.
Ekself was nog nooit 'n "craft workshop" mens nie. Ek het my algemene kennis opgedoen deur my ornamente te omskep in nuwe stukke wanneer ek my huis mooi gemaak het. Ek het besef dat "keycoat" 'n wonderlike middel is en vir meer as net teëlwerk handig is. So het die verwer wat polifilla met verf meng om dit sterker te maak, my ook 'n nuwe idee gegee. My koperlamp het n nuwe sement "look" gekry en na 10 jaar nog nie lelik geraak nie.
Ek het vroeër jare in Upington baie muur verftegnieke gedoen. Deesdae het ek die mure verruil vir meubels.
Ek sien baie uit na hierdie nuwe uitdaging. My hartswens is dat ek 'n werkswinkel sal kan aanbied waar almal tuis en gemaklik sal voel. Ek gaan net 6 persone per klas inneem, sodat ek genoeg tyd sal kan hê om mense wat nie so kunstig en kreatief is nie, by te staan.
Indien jy van nog vriendinne weet wat sal belangstel, stuur asb hul naam en selnommers sodat ek hul by die groep kan voeg.
Ons gaan heerlik speel, maar ek glo ook nuwe vriendinne leer ken en saam groei.
Geniet julle dag,
Madie.
29/10/2024
Hierdie vrolike haas bestelling is oppad Verdenburg toe! 😊
Liefde,
Madie
02/10/2024
Dankie vir jou ondersteuning Marianne, ek hoop jy geniet hulle baie...
Liefde
Madie
Dis heerlike lente
Kosmossie
Digter & Kinderboek Skrywer
Waar woorde in my kop blom en deur my vingers uitloop.
24/08/2024
'n Vrolike naweek vir julle almal...
Liefde
Madie
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Website
Address
105 Bloukransroad Byls Bridge Promenade Highveld
Randburg