Ons Winkel - Helpende Hand

Ons Winkel - Helpende Hand

Share

Welkom by die Ons Winkel Nasionale blad. Met 'n 127 Ons Winkels regoor die land is daar byna ’n winkel in elke dorp. Beskerm jouself.

Volg gerus jou gunsteling Ons Winkel se blad om op hoogte te bly van nuus, spesiale aanbiedinge en inspirerende stories uit jou omgewing ONS WINKEL SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by ONS WINKELS se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir

10/06/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Jolandi van Ons Winkel Malelane. Sy is al drie jaar die trotse winkeleienaar en werk elke dag saam met haar span om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak.

Vir Jolandi beteken “werksyn” toewyding, trots en ’n positiewe gesindheid – om elke dag jou beste te gee en daardie ekstra myl te loop. Met ’n passie vir mense glo Jolandi dat vriendelikheid, omgee en hoop die boustene van ’n beter gemeenskap is.

Kom ondersteun Ons Winkel Malelane en word deel van ’n storie van hoop, omgee en gemeenskapsbou. Dankie Jolandi en jou span vir die verskil wat julle maak!

📍 Impalastraat 11, Malelane, Mpumalanga, 1320

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

03/06/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Karen van Ons Winkel Amanzimtoti. Sy is sedert 2020 die trotse winkeleienaar en werk saam met haar span om elke besoeker welkom te laat voel.

Vir Karen beteken “werksyn” om met respek, betroubaarheid en ’n positiewe houding te werk. Spanwerk en goeie diens is vir haar die sleutel tot ’n suksesvolle winkel en ’n sterker gemeenskap.

Karen se boodskap aan ondersteuners is eenvoudig: Dankie vir elke donasie, aankoop en besoek. Julle ondersteuning help Ons Winkel Amanzimtoti om aan te hou groei en ’n verskil in die gemeenskap te maak. Dankie Karen vir jou en jou span.

📍 Cathmar Court, Hoofweg 25, Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, 4126

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

27/05/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Beandri van Ons Winkel Polokwane. Sy is al vyf jaar die trotse winkeleienaar en werk saam met haar span om daagliks ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Vir Beandri beteken “werksyn” om goeie diens te lewer en te weet dat hul werk waarde het vir ander mense. Sy ervaar ook daagliks hoe God se hand oor die winkel is en hoe elke skenking en aankoop help om hoop in die gemeenskap te bring.

Kom ondersteun Ons Winkel Polokwane en word deel van ’n storie van hoop, diens en omgee. Dankie Beandri en jou span vir die verskil wat julle maak!

📍 Groblerstraat 25, Polokwane, Limpopo, 0699

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Solidariteit Helpende Hand Limpopo Streek

26/05/2026

Wat beteken werksyn vir Ons Winkels?

26/05/2026

Marné Els, bemarkingshoof van die Solidariteit Helpende Hand Ons Winkel, gesels op Pretoria FM oor Solidariteit Helpende Hand se unieke waardeaanbod.

26/05/2026

Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.
Jou item is nie net 'n item nie, dit is 'n toekoms.

Vind aan jou naaste ons winkel hier: https://helpendehand.co.za/ons-winkel/

26/05/2026

[𝗧𝗘 𝗞𝗢𝗢𝗣] Goeie nuus vir die Delmas-gemeenskap!
Ons Winkel Delmas is tans te koop.

Ons is opsoek na ’n entrepreneur uit die Delmas-gemeenskap wat goed ingeskakel is en aktief ’n rol in die gemeenskap speel.
As jy – of iemand wat jy ken – belangstel om ’n gevestigde winkel met ’n lojale kliëntebasis en ’n betekenisvolle gemeenskapsimpak oor te neem, is hierdie die perfekte geleentheid!

Kontak Melouise by 067 090 9996 vir verdere besonderhede.

Ons Winkel Delmas
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

22/05/2026
20/05/2026

[𝗧𝗘 𝗞𝗢𝗢𝗣] Goeie nuus vir die Malmesbury-gemeenskap!

Ons Winkel Malmesbury is tans te koop.

Ons is opsoek na ’n entrepreneur uit die Malmesbury-gemeenskap wat goed ingeskakel is en aktief ’n rol in die gemeenskap speel.

As jy – of iemand wat jy ken – belangstel om ’n gevestigde winkel met ’n lojale kliëntebasis en ’n betekenisvolle gemeenskapsimpak oor te neem, is hierdie die perfekte geleentheid!

Kontak Ronel by 083 469 3066 vir verdere besonderhede.

Ons Winkel Malmesbury
Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek

20/05/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Beverley van Ons Winkel Meyerton. Sedert 2023 lei sy met trots haar winkel en werk sy saam met haar span, vrywilligers, kliënte en ondersteuners om ’n ware verskil in die gemeenskap te maak.

Vir Beverley beteken “werksyn” om met passie en betekenis te werk – om te weet jou werk het waarde, dat jy ’n verskil maak en dat jy iets met jou hele hart doen.

Haar winkel word die beste beskryf as bekostigbaar, vriendelik en interessant – ’n plek waar jy altyd iets besonders kan raakloop.

Kom ondersteun Ons Winkel Meyerton en word deel van ’n groter storie van omgee, hoop en gemeenskapsbou.

Dankie Beverley en jou span vir die verskil wat julle maak!

📍 29A Loch Straat, Meyerton, Gauteng, 1960

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Centurion?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


Southdowns Ridge Office Park
Centurion
0157