Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus

Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus

Share

Meer as ’n politieke party. Met ’n nuwe visie vir ’n suksesvolle SA, verbind tot beter dienslewering en verantwoordbaarheid. | More than a political party.

With a bold new vision for a successful SA, committed to service delivery and accountability.

21/06/2026

✅ Getroue betalers mag nie oorbelas word nie!

vir billike munisipale tariewe. Registreer op 20 en 21 Junie om vir die VF Plus te kan stem!

21/06/2026

✅ Loyal payers may not be overburdened!

for fair municipal tariffs. Register on June 20 and 21 to vote for the VF Plus!

19/06/2026

❗️It’s time to register!❗️

✅ Register on 20 and 21 June 2026
✅ Visit your nearest voting station between 08:00 and 17:00
✅ Remember your ID book or ID card

19/06/2026

❗️Dis tyd om te registreer!❗️

✅ Registreer op 20 en 21 Junie 2026
✅ Besoek jou naaste stempunt tussen 08:00 en 17:00
✅ Onthou jou ID-boekie of ID-kaart

Photos from Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus's post 19/06/2026

🗳️ Registrasienaweek is hier!

✅ Registreer op 20 en 21 Junie 2026
✅ Besoek jou naaste stempunt tussen 08:00 en 17:00
✅ Onthou jou ID-boekie of ID-kaart

Is jy nie seker waar jou naaste stempunt is nie? Besoek https://maps.elections.org.za/vsfinder/

🗳️ Registration weekend is here!

✅ Register on 20 and 21 June 2026
✅ Visit your nearest voting station between 08:00 and 17:00
✅ Remember your ID book or ID card

Not sure where your nearest voting station is? Visit https://maps.elections.org.za/vsfinder/

VF Plus verwelkom Masilonyana-hofuitspraak oor finansiële hoof | Vryheidsfront Plus 19/06/2026

VF Plus verwelkom Masilonyana-hofuitspraak oor finansiële hoof

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Vrystaatse hooggeregshof dat die aanstelling van die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei) se hoof finansiële beampte, Amos Makoae, onwettig was.

Die ANC-geleide raad het Makoae in Oktober 2023 in sy pos aangestel.

Die VF Plus het teen die aanstelling gestem.

Makoae het tydens sy onderhoud vir die pos, melding gemaak van dissiplinêre stappe wat teen hom geneem is gedurende sy termyn as HFB by die Mafube-plaaslike munisipaliteit.

Hierdie inligting en sy dissiplinêre geskiedenis is egter nie aan die raad bekend gemaak toe sy aanstelling vir goedkeuring voorgelê is nie.

Makoae is skuldig bevind aan talle gevalle van finansiële wangedrag.

Die ANC-geleide raad het ook ’n opdrag van die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Saki Mokoena, om die aanstelling as nietig te verklaar, verontagsaam.

Die VF Plus het aanhoudend druk in die Masilonyana-raad en in die Vrystaatse wetgewer geplaas om die aanstelling onwettig te laat verklaar.

Die gesloer met die uiteindelike hofbevel kon voorkom gewees het indien die ANC-raad sy besluit teruggetrek het en nie voorgekom het asof hy Makoae probeer beskerm het nie.

Die ANC kan nie vertrou word met aanstellings nie. Die party se kaderontplooiingsbeleid het Masilonyana duur te staan gekom en inwoners, wat reeds gebuk gaan onder swak dienslewering in hierdie mislukte munisipaliteit, is nou weer die slagoffers van ANC-wanbestuur.

Die tyd het aangebreek vir inwoners om nie net beter dienste te eis nie, maar ook om op 4 November vir die VF Plus om stabiliteit in die munisipaliteit te verseker.

- Willem Potgieter, VF Plus- raadslid: Masilonyana-plaaslike munisipaliteit

VF Plus verwelkom Masilonyana-hofuitspraak oor finansiële hoof | Vryheidsfront Plus Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Vrystaatse hooggeregshof dat die aanstelling van die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Theunissen,

VF Plus verwerp weer Ekurhuleni se voorgestelde begroting | Vryheidsfront Plus 18/06/2026

(Scroll down for English)

VF Plus verwerp weer Ekurhuleni se voorgestelde begroting

Die VF Plus het vandag weer teen die Ekurhuleni-metro se voorgestelde 2026/27-begroting gestem, nadat dit feitlik onveranderd aan die raad voorgelê is met ernstige finansiële en regulatoriese vrae wat onbeantwoord bly.

Nadat die begroting in 11 Junie se raadsvergadering afgekeur is, het die uitvoerende burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, en die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Jongizizwe Dlabathi, sewe dae geleentheid gehad om die begroting aan te pas en weer voor te lê.

Die VF Plus het gewaarsku dat die begroting op onrealistiese aannames steun, insluitend ’n invorderingskoers van 90%, ’n geprojekteerde oorskot van R1,523 miljard en voorgestelde oorbruggingsfinansiering van R500 miljoen.

Sedertdien het verdere inligting rakende Ekurhuleni se elektrisiteitstariewe na vore gekom wat die geloofwaardigheid van die begroting vererger.

Die VF Plus vind dit uiters problematies dat die raad gevra word om ’n begroting goed te keur wat op elektrisiteitsinkomste steun, terwyl daar steeds onsekerheid bestaan oor die onderliggende tariefstruktuur.

Dit nadat die elektrisiteitsreguleerder, Nersa, op instruksies van die hof bekend gemaak het dat hy eers op 23 Junie 2026 sy finale besluit oor Ekurhuleni se tariefstruktuur bekend sal maak.

Voorts dui Nersa se berekeninge aan dat die metro R942 miljoen meer kan invorder indien hy sy bestaande kragverliese van 15,54% na 12% kan verminder.

Hierdie bedrag kan tot meer as R2,5 miljard styg indien Ekurhuleni sy kragverliese tot 6% beperk.

Die VF Plus wil weet waarom inwoners tariefverhogings van 11% vir water, 8,35% vir sanitasie, tot 9,01% vir elektrisiteit, 3,4% vir vullisverwydering en 2% vir eiendomsbelasting opgelê word terwyl miljarde rande steeds verlore gaan deur kragverliese en swak finansiële beheer.

Aangesien die begroting weer nie aanvaar is nie, moet 'n gewysigde begroting binne sewe dae voorgelê word.

Inwoners kan op 4 November 2026 vir die VF Plus stem vir ‘n begroting wat op realistiese aannames, verantwoordelike bestuur en beter dienslewering gegrond is.

- Denise Janse van Rensburg, VF Plus-raadslid: Ekurhuleni-metroraad

______________

Freedom Front Plus rejects Ekurhuleni's proposed budget yet again

The Freedom Front Plus (VF Plus) voted against the Ekurhuleni Metro’s proposed 2026/27 budget yet again today, as it was tabled to the Council virtually unchanged, with serious financial and regulatory questions still unanswered.

After the budget was rejected during the council meeting on 11 June, the Executive Mayor, Nkosindiphile Xhakaza, and the Mayoral Committee Member for Finance, Jongizizwe Dlabathi, were given seven days to revise the budget and table it again.

The Freedom Front Plus warned that the budget is based on unrealistic assumptions, including a collection rate of 90%, a projected surplus of R1,523 billion and proposed bridging finance of R500 million.

In the interim, more information regarding Ekurhuleni’s electricity tariffs came to light which further undermines the credibility of the budget.

It is extremely problematic for the Freedom Front Plus that the Council is expected to adopt a budget that relies heavily on electricity revenue, while the underlying tariff structure remains uncertain.

This follows an announcement, on instruction of the court, by the electricity regulator, NERSA, that it will only make its final decision on Ekurhuleni’s tariff structure known on 23 June 2026.

Furthermore, NERSA’s calculations indicate that the Metro could collect an additional R942 million if it reduces its existing electricity losses from 15,54% to 12%.

This amount could increase to more than R2,5 billion if Ekurhuleni limits its electricity losses to 6%.

The Freedom Front Plus wants to know why tariff hikes of 11% for water, 8,35% for sanitation, up to 9,01% for electricity, 3,4% for refuse removal and 2% for property rates are imposed on residents, while billions are lost through electricity losses and poor financial controls.

Since the budget was not adopted yet again, a revised budget must be tabled within seven days.

Residents should vote for the Freedom Front Plus on 4 November 2026 for a budget based on realistic projections, responsible governance and better service delivery.

- Denise Janse van Rensburg, Freedom Front Plus councillor: Ekurhuleni Metro Council

VF Plus verwerp weer Ekurhuleni se voorgestelde begroting | Vryheidsfront Plus Die VF Plus het vandag weer teen die Ekurhuleni-metro se voorgestelde 2026/27-begroting gestem, nadat dit feitlik onveranderd aan die raad voorgelê is met

VF Plus-voorlegging: Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Uitsetting en die Onwettige Besetting van Grond se beskerming van eiendomsreg onvoldoende | Vryheidsfront Plus 18/06/2026

(Scroll down for English)

VF Plus-voorlegging: Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Uitsetting en die Onwettige Besetting van Grond se beskerming van eiendomsreg onvoldoende

Eiendomsreg sal nie voldoende beskerming geniet indien die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Uitsetting en die Onwettige Besetting van Grond (PIE) wet word nie.

Dít blyk uit die VF Plus se skriftelike inset, wat gister ingedien is. Die party steun die doelwit om menswaardigheid en regsekerheid te bevorder, maar buiten onvoldoende beskerming van eiendomsreg, is dit ook ontoereikend ten opsigte van verskeie praktiese aangeleenthede.

Die bestaande PIE-wet het oor die afgelope twee dekades ontwikkel tot 'n stelsel waar die finansiële - en regslas van onwettige grondbesettings toenemend private grondeienaars se probleem word, terwyl staatsorgane dikwels versuim om hul grondwetlike verpligtinge na te kom.

Die voorgestelde wetswysigings herstel nie hierdie wanbalans voldoende nie.

Die VF Plus se uitgangspunt is dat die reg op behuising en eiendomsreg beide grondwetlik beskermde regte is. Die een mag egter nie só toegepas word dat dit die ander in die praktyk vernietig nie. Artikel 25 van die Grondwet beskerm eiendomsreg en bly 'n hoeksteen van ekonomiese groei, voedselsekerheid, beleggersvertroue en individuele vryheid.

Die VF Plus is veral daaroor bekommerd dat die wetsontwerp ruimte laat dat die staat se plig om alternatiewe behuising te voorsien, op private grondeienaars afgeskuif word. Daarenteen het die Grondwethof reeds bevestig dat hierdie verantwoordelikheid op die staat rus en nie op grondeienaars nie.

Die VF Plus het daarom voorgestel dat die wet voorsiening maak vir 'n duidelike 14 dae-tydperk waarbinne onwettige en ongevestigde grondbesettings met die bystand van die polisie beëindig kan word.

Tans weier die polisie dikwels om op te tree omdat sulke sake as siviele geskille beskou word. Die gevolg is dikwels dat grondeienaars nie regshulp kan kry voordat besettings gevestig raak nie.

Die party het verder voorgestel dat aangrensende eienaars, gemeenskapsorganisasies en ander belanghebbende partye die reg moet hê om uitsettingsaansoeke te bring en dat alle betrokke staatsorgane verplig word om aan hofverrigtinge deel te neem.

Openbare ampsdraers wat onwettige grondbesettings fasiliteer of doelbewus versuim om op te tree, behoort ook strafregtelik aanspreeklik gehou te word.

Die VF Plus bly verbind tot menswaardige behuisingsoplossings, maar sal voortgaan om wetgewing te beveg wat die oppergesag van die reg verswak, staatsmislukkings op private burgers afskuif en eiendomsreg ondermyn.

- Theo Joubert, VF Plus-LPW: Noord-Kaap

_______________

Freedom Front Plus submission: Draft Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Amendment Bill provides insufficient protection for property rights

Property rights will not be sufficiently protected if the Draft Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land (PIE) Amendment Bill is passed.

This is clearly evident in the written submission made by the Freedom Front Plus (VF Plus) yesterday. The party endorses the objective of promoting human dignity and legal certainty, but besides failing to sufficiently protect property rights, the Bill also has several flaws relating to practical matters.

Over the past two decades, the existing PIE Act has evolved into a system that increasingly saddles private property owners with the financial and legal burden of unlawful land occupations, while government organs fail to fulfil their constitutional obligations.

The proposed legislative amendments inadequately address this imbalance.

The Freedom Front Plus maintains that both the right to housing and property rights are constitutionally enshrined rights. The one may, however, not be enforced in such a way that it, in effect, violates the other. Section 25 of the Constitution protects property rights and remains a cornerstone of economic growth, food security, investor confidence and individual freedom.

A particular cause for concern, in the Freedom Front Plus's view, is that the Amendment Bill leaves leeway for government's duty to provide alternative housing to be shifted onto private landowners. In contrast, the Constitutional Court has already confirmed that this responsibility lies with the government and not landowners.

The Freedom Front Plus, therefore, proposed that the Act should clearly provide for a 14-day period within which unlawful and unestablished land occupations can be terminated with the assistance of the police.

Currently, the police frequently refuse to act, because such matters are regarded as civil disputes. Consequently, landowners often cannot obtain legal relief before occupations become established.

In addition, the party proposed that adjacent owners, community organisations and other interested parties should have the right to make eviction applications, and that all relevant government organs be obliged to participate in court proceedings.

Furthermore, public office-bearers who facilitate unlawful land occupations or deliberately fail to act should also be held criminally liable.

The Freedom Front Plus remains committed to dignified housing solutions, but will keep opposing legislation that erodes the rule of law, shifts government failures onto ordinary citizens and undermines property rights.

- Theo Joubert, Freedom Front Plus MPL: Northern Cape

VF Plus-voorlegging: Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Uitsetting en die Onwettige Besetting van Grond se beskerming van eiendomsreg onvoldoende | Vryheidsfront Plus Eiendomsreg sal nie voldoende beskerming geniet indien die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Uitsetting en die Onwettige Besetting

Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit se begroting laat inwoners in die steek | Vryheidsfront Plus 18/06/2026

(Scroll down for English)

Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit se begroting laat inwoners in die steek

Die VF Plus kan nie die voorgestelde 2026/27-begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) van die Dr. Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit steun nie weens fundamentele tekortkominge wat die proses se legitimiteit ondermyn, finansiële volhoubaarheid in gevaar stel en inwoners direk benadeel.

Die munisipaliteit se eie midjaar-verslae en ouditbevindings wys reeds ’n patroon van finansiële wanbestuur, onreëlmatige uitgawes en swak rekordhouding.

Hierdie onderliggende probleme word nie in die nuwe begroting of GOP aangespreek nie. Die dokumente ignoreer die werklike krisisse en bied geen geloofwaardige plan vir verbetering nie.

Die proses ly verder onder ernstige tekortkominge. Inwoners is nie betekenisvol betrek nie en verskeie dorpe en gemeenskappe het geen geleentheid gekry om insette te lewer nie. Dit beteken die GOP weerspieël nie die gemeenskap se werklike prioriteite nie. Daarby is vereiste kennisgewingstydperke en dokumentbeskikbaarheid nie nagekom nie, wat vrae laat oor die hele proses se regmatigheid.

Op diensleweringsvlak toon belangrike projekte uit vorige GOP’s min of geen vordering nie.

Watermetervervanging, rioolstelsels, padherstel en afvalbestuur bly in ’n kritieke toestand. Inwoners in dorpe soos Willowmore, Steytlerville en Jansenville sukkel steeds met gereelde wateronderbrekings en infrastruktuur wat vinnig agteruitgaan.

Finansieel word fondse nie doelmatig aangewend nie en daar is geen duidelike plan om die munisipaliteit se posisie te stabiliseer nie. Belangrike ondersteunende verslae en vorderingsverslae is ook nie tydig aan die publiek beskikbaar gestel nie, wat deursigtigheid verder ondermyn.

Hierdie tekortkominge lei tot ernstige gevolge vir inwoners: Kritieke gesondheidsrisiko’s soos onopgeloste asbesdakke in Lotusville word geïgnoreer, ekonomiese ontwikkeling word afgeskeep en basiese infrastruktuur bly agteruitgaan.

Die begroting en GOP dien nie die gemeenskap se belange nie en is nie finansieel volhoubaar nie.

Op 4 November het inwoners die geleentheid om vir die VF Plus te stem wat volhoubare finansies, regmatige prosesse en dienslewering eerste stel.

- Riaan van Heerden, VF Plus-raadslid: Dr. Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit

______________

Dr Beyers Naudé Municipality's budget fails residents

The Freedom Front Plus (VF Plus) cannot support the proposed 2026/27 budget and Integrated Development Plan (IDP) of the Dr Beyers Naudé Local Municipality due to fundamental shortcomings that undermine the legitimacy of the process, jeopardise financial sustainability and are detrimental to residents.

The Municipality’s own mid-year reports and audit findings already reveal a pattern of financial mismanagement, irregular expenditure and poor record-keeping.

These deep-rooted problems are not addressed by the new budget or the IDP. So, the most pressing crises are ignored and the documents offer no credible plan for improvement.

The process is, furthermore, deeply flawed. There was no meaningful engagement with residents, while some towns and communities were not given any opportunity to make submissions. Consequently, the IDP does not reflect the people’s actual priorities. In addition, the requirements for notice periods and disclosing documentation were not complied with, raising serious questions about the lawfulness of the entire process.

At service-delivery level, important projects from previous IDPs show little or no progress.

Water meter replacements, sewerage systems, road repairs and waste management remain in a critical state. Residents in towns such as Willowmore, Steytlerville and Jansenville are still affected by frequent water outages and rapidly deteriorating infrastructure.

When it comes to financial management, funds are not used effectively and there is no clear plan for stabilising the Municipality's position. Important supporting documentation and progress reports were also not disclosed to the public in time, further undermining transparency.

These municipal failures have serious implications for residents, including critical health risks (as hazardous asbestos roofs in Lotusville remain unaddressed), poor economic development and decaying basic infrastructure.

The budget and IDP do not serve the community’s interests and are not financially sustainable.

On 4 November, residents have the opportunity to vote for the Freedom Front Plus, which prioritises sustainable finances, lawful processes and service delivery.

- Riaan van Heerden, Freedom Front Plus councillor: Dr Beyers Naudé Local Municipality

Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit se begroting laat inwoners in die steek | Vryheidsfront Plus Die VF Plus kan nie die voorgestelde 2026/27-begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) van die Dr. Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit steun

18/06/2026

(Scroll down for English)

Onteiening sonder vergoeding is rookskerm vir NMBM se administratiewe mislukking

Die ANC-geleide koalisieregering in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) se radikale besluit om voort te gaan met fase twee van die Kleinskool-behuisingsprojek open die agterdeur vir die onteiening van private grond sonder vergoeding.

Die VF Plus staan hierdie stap onwrikbaar teen en beskou dit as niks minder nie as ’n poging om die metro se jarelange administratiewe mislukkings te verbloem.

Dit lyk ook na politieke bokspronge om so kort voor die plaaslike regeringsverkiesing ’n projek deur te druk wat die uitreiking van titelaktes as ’n politieke instrument kan laat dien.

Die krisis in die Kleinskool-nedersetting, waar duisende huishoudings nou op privaat grond sit, is die direkte gevolg van die metro se eie nalatigheid.

Amptelike dokumente bewys die metro was reeds tydens die dorpstigtingsproses bewus van die grondbesitprobleem. Ten spyte hiervan het die ANC-bestuur toegelaat dat die projek voortgaan sonder om die grondstatus op te los.

Die projek sloer al sedert omstreeks 2010 weens swak beplanning. Tot vandag toe is ’n volledige grondoudit nog nooit aan die raad voorgelê nie.

Die ANC-koalisie beweer die eienaars is “onopspoorbaar”, maar versuim om ’n duidelike tydlyn of bewys van ’n deeglike aktekantoor-ondersoek te lewer. Om nou na onteiening te gryp om hierdie foute reg te stel, is administratiewe argeloosheid.

Die VF Plus beskou hierdie plan as ’n oortreding van wetgewing en die skending van eiendomsreg. Die koalisie probeer wetlike kortpaaie neem wat privaat eiendomsreg regoor die metro bedreig.

Die ouditeur-generaal (OG) kap die metro reeds jare lank oor powere rekordhouding en onreëlmatige uitgawes. ’n Oorhaastige en onregmatige onteieningsproses gaan die metro blootstel aan miljoene rande se skadevergoedingseise en uitgerekte litigasie. Die belastingbetalers gaan die prys daarvoor betaal.

Die VF Plus eis dat die amptenare wat toegelaat het dat hierdie projek sonder die nodige regsprosesse voortgaan, aanspreeklik gehou word. Die enigste volhoubare oplossing is ’n volledige grondoudit, deursigtige onderhandelinge met grondeienaars en ’n regmatige proses wat sowel die inwoners as die eienaars se regte beskerm.

Die ANC-geleide koalisie het bewys dat dit administratiewe wanorde en politieke gewin bo regsekerheid en belastingbetalers se belange stel.

Op 4 November het die inwoners van die NMBM die geleentheid om vir die VF Plus te stem vir ʼn verantwoordbare regering, deursigtigheid en die beskerming van privaat eiendom.

- Bill Harington, VF Plus-raadslid: Nelson Mandelabaai-metroraad

_______________

Expropriation without compensation used as a smokescreen for NMBM’s administrative failure

The radical decision by the ANC-led coalition government in the Nelson Mandela Bay Metro (NMBM) to proceed with Phase two of the Kleinskool Housing Project opens the door to the expropriation of private land without compensation.

The Freedom Front Plus (VF Plus) is unwaveringly opposed to this step, viewing it as nothing but a desperate attempt to cover up the Metro’s years of administrative failures.

It also appears to be political posturing, as pushing through a project shortly before the local government elections and issuing title deeds could be handy political instruments.

The crisis affecting the Kleinskool settlement, where thousands of households are currently occupying private land, is a direct consequence of the Metro’s own negligence.

Official documents prove that the Metro has been aware of the land ownership problem ever since the township establishment process began. Despite this, the ANC administration allowed the project to continue without resolving the land status.

The project has been dragging on since around 2010 due to poor planning. To this day, a comprehensive land audit has not been tabled to the Council.

The ANC coalition claims the owners are “untraceable”, but fails to provide a clear timeline or proof of a thorough deeds office investigation. Resorting to expropriation to rectify these mistakes is administrative dereliction.

In the Freedom Front Plus's view, this plan violates legislation and infringes on property rights. The coalition is attempting to take legal shortcuts that could jeopardise private property rights across the Metro.

The Auditor-General (AG) has been criticising the Metro for poor record-keeping and irregular expenditure for years now. A hasty and unlawful expropriation process could expose the Metro to compensation claims amounting to millions and protracted litigation. And ultimately, taxpayers will pay the price.

The Freedom Front Plus demands that the officials who allowed this project to proceed without the necessary legal processes should be held accountable. The only sustainable solution is a comprehensive land audit, transparent negotiations with landowners, and a lawful process that protects the rights of both residents and owners.

The ANC-led coalition has proven that it prizes administrative disorder and political gain above legal certainty and the people’s interests.

On 4 November, NMBM residents have the opportunity to vote for the Freedom Front Plus, which stands for accountable government, transparency and the protection of private property.

- Bill Harington, Freedom Front Plus councillor: Nelson Mandela Bay Metro Council

https://www.vfplus.org.za/af/mediaverklarings/onteiening-sonder-vergoeding-is-rookskerm-vir-nmbm-se-administratiewe-mislukking/

Want your organization to be the top-listed Government Service in Cape Town?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Address


Good Hope Building, Parliament Street
Cape Town
8000