Brits Rugby Club
Brits Rugby Club is a Rugby Union club affiliated with the Blue Bulls rugby union. the club offers rugby players the opportunity to be part of a family.
We offer young and old players the chance to live out their dreams. It's fun for the whole family.
28/08/2026
Die tyd het aangebreek. Die praatjies is klaar. Die voorbereiding is gedoen.
Die hele seisoen lank het almal gepraat van die Secra Rangers. Ons het gereeld uit die beker van sukses gedrink, maar belangriker as dit — ons weet hoe dit voel om diep in daai donker plek in te gaan, vas te byt en ’n wedstryd deur te trek wanneer alles in jou skree dat jy moet ophou.
Die Rangers was nooit net ’n span nie. Dis ’n broederskap. Ons het saam die koue aande ingesit, saam gesweet, saam seergekry en vir mekaar en vir hierdie klub gewerk. Nou kry ons die geleentheid waarvoor ons die hele seisoen geveg het — ’n semi-finaal.
Maar kerels, pasop vir daai slaggat wat jou van voor af tref sodra jy windgat raak. Niks is gewen nie. Niks word verniet gegee nie. Bly nederig. Hou kop. Doen jou werk. Doen wat van jou verwag word.
60 MINUTE.
Dis al wat gevra word.
60 minute waar jy weer bereid moet wees om daai donker plek toe te gaan.
60 minute van pyn, dissipline, karakter en alles wat jy het.
60 minute om daarna weer die lig van sukses te kan voel.
60 minute — en jy is in ’n finaal.
Gaan uit en speel vir jou familie wat langs jou staan.
Speel vir jou dorp.
Speel vir jou broer langs jou.
Speel vir die wapen wat jy met trots op jou bors dra.
Gaan speel vir die naam RANGERS.
En belangriker as alles — gaan speel tot eer van ons Hemelse Vader, want sonder Hom sou nie een van ons die talent, krag of geleentheid gehad het om op daai veld te staan nie.
Kerels, sterkte vir môre. Geniet elke sekonde daarvan, want hierdie is die tipe wedstryde waarvoor ’n mens rugby speel.
Gee jou alles. Hou niks terug nie. Wanneer daai eindfluitjie blaas, moet daar niks meer in die tenk wees nie.
60 MINUTE. EEN BROEDERSKAP. EEN DOEL.
RANGERS — LET’S ROLL! 🔴🔵⚪🏉
28/08/2026
Die tyd het aangebreek. 🔥
Die praatjies is klaar. Die voorbereiding is gedoen. Die koue aande, die harde oefeninge, die seer lywe en die opofferings lê agter julle. Nou is dit net jy, jou spanmaats en alles wat julle ingesit het — op daai veld.
Wanneer jy daai veld betree, speel asof dit jou laaste wedstryd is… want as jy nie more opdaag nie, kan dit wel jou laaste een vir die seisoen wees.
Bly positief. Bly nederig. Hou jou kop wanneer dinge moeilik raak. En onthou wat Coach Jimmy gesê het: julle het baie aande, en veral baie koue aande, ingesit om tot hier te kom. Moenie nou terugstaan nie.
80 minute.
Dis al wat gevra word.
80 minute van jou hart.
80 minute van jou liggaam.
80 minute van jou alles.
Speel vir jou spanmaat langs jou. Speel vir jou familie wat jou ondersteun. Speel vir jou dorp. Speel vir die wapen op jou bors. En bo alles, speel tot eer van Ons Hemelse Vader, wat vir jou die talent, krag en geleentheid gegee het om op daai veld te kan staan.
Daar is nie meer volgende week om oor bekommerd te wees nie. Wen more, en julle is in die finaal.
Een wedstryd.
Een doel.
Een klub.
Een dorp.
ALLES OF NIKS.
🔴⚪🔵 TECH NORTH MAULERS — LET’S ROLL! 🏉🔥
80 MINUTE. GEE ALLES. VAT DAARDIE SEMI-FINAAL!
Baie dankie Jimmy Stonehouse. Ek d**k dit beteken so baie Vir die manne.
25/08/2026
🏉🔥 SEMI-FINAAL TYD IN BRITS! 🔥🏉
Brits, dis nou die een waarvoor ons die hele seisoen gewerk het! 💪🔴⚫
Hierdie Saterdag, 29 Augustus 2026, kom die SANLAM PRESIDENT SHIELD SEMI-FINALE na HS Brits en ons het die hele gemeenskap langs die veld nodig! 🙌
⚔️ Brits Secra Rangers
🆚 Bronkhorstspruit Rugby Club
⚔️ Brits 1st XV
🆚 Attridgeville Rugby Club
Die manne het deur ’n lang, harde seisoen geveg om hier uit te kom. Nou is dit tyd vir Brits om agter hulle te staan! Bring die familie, bring die vriende, bring die gees – ons wil daai kantlyn ROOI, SWART en VOL BRITS TROTS sien! 🔥
📍 HS Brits
📅 Saterdag 29 Augustus 2026
🚗 R30 per voertuig
👤 R10 per persoon
⏰ Afskoptye – TBC
Kom vroeg, maak geraas en wys vir die besoekers hoe dit voel om in ONS DORP ’n semi-finaal te kom speel! 🏉💥
Twee spanne. Twee semi-finale. Een klub. Een dorp. Een doel. ❤️🖤
BRITS, ONS SIEN JULLE LANGS DIE VELD!
21/08/2026
HUGE SHOUT OUT! 💥
Brits Rugby Klub sê ’n MASSA dankie aan MJ Sporting Solutions vir hul ongelooflike ondersteuning — van strapping tot professionele hulp wat ons spelers elke week gereed maak vir die veld! 🏉💪Julle toewyding en kundigheid gee ons span die ekstra krag om met selfvertroue te speel.
Ons waardeer elke bietjie moeite wat ingesit word om ons spelers veilig, sterk en wedstryd‑gereed te hou.💚 BRITS TROTS • MJ POWER 💙
20/08/2026
🏉🔥 BRITS RUGBYKLUB MAAK ONS DORP TROTS! 🔥🏉
Wat 'n ongelooflike prestasie! Beide ons senior spanne het hul plek in die Sanlam Presidentbeker se halfeindstryd verseker nadat hulle Bronkhorstspruit met vasberadenheid en karakter geklop het! 💪
✅ Eerste span wen 38-5
✅ Tweede span wen 15-10
Hierdie manne dra nie net die klub se kleure met trots nie, hulle dra die trots van die hele Brits-gemeenskap op hul skouers. Nou is dit ons b***t om agter hulle te staan!
📢 Brits, kom ons staan saam! Bring jou familie, vriende, kinders, buurman en kollegas. Kom vul die pawiljoene, laat die gejuig dreun en wys waarvoor ons gemeenskap bekend is!
📅 29 Augustus 2026 📍 Hoërskool Brits
Kom ons wys dat geen span groter is as 'n gemeenskap wat saamstaan nie. Die pad na die eindstryd is oop, maar ons ondersteuning kan die verskil maak!
💙❤️ Brits staan saam. Brits glo saam. Brits veg saam. ❤️💙
🏆🏉🔥
15/07/2026
🏉 TWEEDE RONDTE. NUWE GELEENTHEID. SELFDE BRITS-GEES! 🏉
Hier is ons weer, Brits! Die tweede rondte van die seisoen breek aan en ons het die dorp meer as ooit nodig.
Hierdie spanne speel nie net vir punte op die punteleer nie – hulle speel vir die trots van ons dorp, ons mense en elke ondersteuner wat week na week langs die veld staan. Elke skrum, elke duikslag en elke drie word gedoen met een doel: om Brits trots te maak.
Saterdag verwelkom ons Westelikes Rugbyklub by Hoërskool Brits, en ons wil die pawiljoene vol sien. Bring jou familie, vriende en bure. Trek jou blou, rooi en wit aan en kom wys dat Brits Rugby die hart van ons gemeenskap is.
💙 Elke stem van die kantlyn gee daardie ekstra inspuiting. ❤️ Elke ondersteuner maak 'n verskil. 🤍 Saam is ons sterker.
📅 18 Julie 📍 Hoërskool Brits 🏉 2des: 15:00 🏉 1stes: 16:15
Kom staan agter jou dorp. Kom staan agter jou klub. Kom wys waarvoor BRITS gemaak is!
19/06/2026
🏉🍔 'n Groot Dankie aan Wimpy Brits Mall! 🍔🏉
Brits Rugby wil graag ons opregte dank uitspreek aan Wimpy Brits Mall vir hul voortdurende ondersteuning van ons klub deur weekliks die Man van die Wedstryd-geskenkbewyse te borg.
Julle bydrae help ons om die spelers te beloon wat elke week alles opoffer, hard werk en hul beste op die veld gee. Hierdie erkenning motiveer nie net ons spelers nie, maar versterk ook die waardes waarop Brits Rugby gebou is – toewyding, spanwerk en trots.
Dankie dat julle in plaaslike rugby belê en deel vorm van ons rugbyfamilie. Ons waardeer julle ondersteuning opreg en sien uit na nog vele suksesvolle seisoene saam.
💪🏉 Van almal by Brits Rugby – baie dankie Wimpy Brits Mall!
🍔🏆🏉
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
R511 Brits Sports Grounds
Brits