Engo Free State

Engo Free State

Share

Engo Free State is the biggest non-profit organisation in the Free State and gives assistance and creates hope in the lives of people.

It is a Christian-based organisation that focuses on the care of children, the elderly, families, persons with disabilities and patients in need. Approximately 34 child and youth care centres, 23 care centres for the elderly, 14 child protection and family care offices, four offices for persons with disabilities, and six support offices for hospital care have been established in the Free State. En

21/06/2026

Gelukkige Vadersdag aan al die mans wat by Engo betrokke is!

Vandag eer ons elke pa, oupa, voog, mentor en man wat met liefde, wysheid en toewyding ’n verskil maak in die lewens van ander. Dankie vir julle voorbeeld van omgee en diensbaarheid.

Mag hierdie dag vir julle gevul wees met kosbare oomblikke saam met geliefdes.

Gelukkige Vadersdag!

Kontak Engo vandag by 060 548 5543 of [email protected]

18/06/2026

Sluit by ons aan vir ’n ongelooflike geleentheid om ’n onvergeetlike MSC-bootreis na die Portugese Eilande hierdie Desember te wen deur ’n spesiale projek te ondersteun.

Elke bydrae help ons om ’n groot verskil te maak terwyl dit jou die kans bied om ’n droomvakansie vol pret, vermaak en heerlike kos saam met Engo te geniet. 🚢🏝️☀️

Koop jou kaartjies hier: https://engo.co.za/product/cruise-for-a-cause/

17/06/2026

🌍✈️ Pak jou tasse en maak gereed vir ’n wêreldreis soos geen ander nie!

Die Skemervreugde Diensentrum vir Bejaardes in Paul Roux nooi jou uit na hul jaarlikse Rolbaldag met die tema “Around the World in Funky Dress”.

Trek jou kleurvolste wêreld-geïnspireerde uitrusting aan en geniet ’n dag vol pret en avontuur!

Datum: 19 September 2026
Tyd: 08:00 (Inskrywing)
Koste: R900 per span
Middagete ingesluit

Navrae:
Albie: 072 136 5601
Suzelle: 083 642 6230

16/06/2026

🇿🇦 Gelukkige Jeugdag! 🇿🇦

Vandag vier ons die energie en hoop van ons jeug wat die boustene van ons land se toekoms is. By Engo glo ons daarin om elke kind te koester, te beskerm en te bemagtig sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.

Besoek ons webwerf by www.engo.co.za om te sien hoe jy vandag saam met ons 'n blywende verskil in die lewens van ons kinders kan maak! 💙

15/06/2026

🧡 World Elder Abuse Awareness Day | 15 June 2026 🧡

Today we stand together to raise awareness about elder abuse and to reaffirm our commitment to protecting the dignity, rights and well-being of older persons.

Every older person deserves to feel safe, valued and respected. By speaking out against abuse, neglect and exploitation, we can help create communities where our elderly are treated with the care and compassion they deserve.

Today also marks the conclusion of the Go Turquoise for the Elderly campaign, which ran from 15 May to 15 June 2026. We would like to thank every individual, organisation, Aged Care Centre and supporter who participated and helped shine a light on the needs and rights of older persons across the Free State.

Together, we can continue to make a difference in the lives of our elderly.

🧡💙 Because every older person matters.

11/06/2026

𝗧𝗿𝗼𝗺𝗽𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 𝗦𝗲𝗻𝘁𝗿𝘂𝗺 𝘃𝗶𝗿 𝗕𝗲𝗷𝗮𝗮𝗿𝗱𝗲𝘀: 𝗝𝗼𝘂 𝗿𝘂𝘀𝘁𝗶𝗴𝗲 𝗮𝗳𝘁𝗿𝗲𝗱𝗲 𝘄𝗮𝗴 🌅
’n Rustige leefstyl en egte plattelandse warmte maak aftrede op sy mooiste. By 𝗧𝗿𝗼𝗺𝗽𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 𝗦𝗲𝗻𝘁𝗿𝘂𝗺 𝘃𝗶𝗿 𝗕𝗲𝗷𝗮𝗮𝗿𝗱𝗲𝘀 bied ons versorging in enkel- of deelkamers, asook in gerieflike woonstelle – alles binne ’n stimulerende, hartlike omgewing waar die personeel opreg omgee.
Met heerlike etes, allerlei lekker aktiwiteite, 'n haarkapper en biblioteek én ’n geregistreerde verpleegkundige tot jou beskikking, is 𝗧𝗿𝗼𝗺𝗽𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴 𝗦𝗲𝗻𝘁𝗿𝘂𝗺 𝘃𝗶𝗿 𝗕𝗲𝗷𝗮𝗮𝗿𝗱𝗲𝘀 die ideale huis vir elke fase van jou aftrede.

👩‍⚕️𝘛𝘳𝘰𝘮𝘱𝘴𝘣𝘶𝘳𝘨 𝘚𝘦𝘯𝘵𝘳𝘶𝘮 𝘷𝘪𝘳 𝘉𝘦𝘫𝘢𝘢𝘳𝘥𝘦𝘴 𝘣𝘪𝘦𝘥 24-𝘶𝘶𝘳𝘷𝘦𝘳𝘴𝘰𝘳𝘨𝘪𝘯𝘨 𝘦𝘯 𝘬𝘰𝘳𝘵- 𝘰𝘧 𝘮𝘦𝘥𝘪𝘶𝘮𝘵𝘦𝘳𝘮𝘺𝘯𝘷𝘦𝘳𝘣𝘭𝘺𝘧 𝘴𝘰𝘥𝘢𝘵 𝘫𝘺 𝘫𝘰𝘶 𝘢𝘧𝘵𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘨𝘦𝘮𝘰𝘦𝘥𝘴𝘳𝘶𝘴 𝘬𝘢𝘯 𝘢𝘢𝘯𝘱𝘢𝘬. 𝑂𝘯𝑠 𝑖𝘴 𝘰𝑜𝘬 𝘵𝘰𝘦𝘨𝘦𝘳𝘶𝘴 𝘰𝘮 𝘱𝘦𝘳𝘴𝘰𝘯𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘋𝘦𝘮𝘦𝘯𝘴𝘪𝘦 𝘰𝘧 𝘈𝘭𝘻𝘩𝘦𝘪𝘮𝘦𝘳’𝘴 𝘵𝘦 𝘷𝘦𝘳𝘴𝘰𝘳𝘨, 𝘰𝘧 𝘰𝘮 𝘵𝘺𝘥𝘦𝘭𝘪𝘬𝘦 𝘷𝘦𝘳𝘴𝘰𝘳𝘨𝘪𝘯𝘨 𝘯𝘢́ 𝘩𝘰𝘴𝘱𝘪𝘵𝘢𝘭𝘪𝘴𝘢𝘴𝘪𝘦 𝘢𝘢𝘯 𝘵𝘦 𝘣𝘪𝘦𝘥.
Kontak ons vir meer inligting en 'n kwotasie.

📞 051 713 0255
📱 Marice – 060 589 2001
📱 Aneska – 078 893 8883
📧 [email protected]
🌐 engotrompsburgsvb.co.za

09/06/2026

Engo wens vir Ds Christo Wiedeman van NG Gemeente Kroonheuwel-Noord baie geluk wat tydens die Vrystaatse Sinode tot Moderator verkies is van NG Kerk Vrystaat.

Seënwense vir die groot taak🙏🏻

08/06/2026

Engo kuier heelik by die Vrystaatse Sinode by Nampo Park in Bothaville die week.

Engo is baie opgewonde om verslag te lewer oor ons werksaamhede regoor die Vrystaat.

Ons sien uit om ook saam met die NG Kerk in die Vrystaat lig te skep in die duisternis. Hier vir God, mekaar en die wêreld.

Photos from Engo Free State's post 06/06/2026

Kom kuier vandag by die Franse Mark! 🤍

Ons het pragtige kombersies te koop – perfek vir die koue winterdae. ❄️

Die mark is vandag oop tot 15:00, so kom maak 'n draai en ondersteun ons.

Sien jou daar!

04/06/2026

🩵 Gaan Turkoois vir ons Goue Generasie! 🩵

Ons Bejaardesorgsentrums regoor die Vrystaat spog vandag met hul mooiste turkoois ter viering van die "Go turquoise for the elderly"-veldtog!

Ons seniors is die ankers van ons gemeenskap, gevul met lewenswysheid, wonderlike stories en onvoorwaardelike liefde. By Engo is dit vir ons 'n voorreg om elke dag na hulle te kan omsien en hulle te koester.

Hoe kan jy help?

Dra vandag turkoois om bewustheid te skep.
Deel 'n bietjie liefde met 'n bejaarde in jou lewe.
Ondersteun Engo se bejaardesorgsentrums met jou tyd of 'n donasie.

Laat ons saam wys dat ons omgee! 👇 Vir meer oor Engo en ons verskillende aktiwiteite besoek www.engo.co.za

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Bloemfontein?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


22 Van Heerden Road
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00