Weltevrede Deli
Plaasvars...Kraakvars!
12/06/2026
Van veld tot vleis – ons is reg vir jagseisoen!
By Weltevrede Deli, spesialiseer ons in wildsvleis verwerking – van biltong en droëwors tot boerewors, steaks en meer. Netjies, professioneel en met trots gemaak, presies soos jy dit wil hê.
Maak hierdie jagseisoen een om te onthou – met vleis wat reg verwerk is, en smaak wat jy kan vertrou.
📍 Winkel 4, Graaf Reinet Straat Preller Centre
📞Bel: 072 425 5441 of 066 208 2837
11/06/2026
Die beste Vadersdaggeskenk vir Pa!
Gee vir hom ’n geskenk wat ’n lewenslange tradisie sal word: ’n eksklusiewe, premium Biltongkas van topgehalte.
REUSE VADERSDAG-PROMOSIE: Die eerste 10 kopers kry hierdie biltongkas vir slegs R9,950 – jy spaar ’n massiewe R2,000!
• Gebou om te hou – Perfekte biltong, elke keer.
• Persoonlik & Uniek – Ons kan die kas custom maak per kliënt met 'n naam ook daarop!
• Custom-made – Neem asseblief kennis dat hierdie pasgemaakte kaste is en ’n wagtydperk van 14–21 dae geld.
• Slegs 10 eenhede teen hierdie spesiale prys beskikbaar!
📍 Weltevrede Deli | Preller Square, Bloemfontein 📞 Foon: 072 425 5441 ✉️ E-pos: [email protected]
Moenie uitmis nie – maak sy dag onvergeetlik!
10/06/2026
Chilli Bites
’n Klein happie met groot persoonlikheid! Ons Chilli Bites is perfek vir daardie bietjie skop – sag, vleisvol en met net genoeg hitte om jou te laat terugkom vir nog.
Ideaal as peuselhappie saam met ’n koue een, vir padkos, of as deel van jou braaitafel. Dis die smaak van eg Suid-Afrikaanse warmte, met ’n vonkie ekstra!
📍 Winkel 4, Graaf Reinet Straat Preller Centre
📞Bel: 072 425 5441
22/05/2026
Daar is niks wat soos 'n bord vars Carpaccio van topgehalte proe nie. Dun gesny, ryk aan geur, en die perfekte ligte maaltyd of voorgereg vir diegene wat kwaliteit waardeer.
Kom loer in by die deli en kry joune vir 'n stylvolle bederf by die huis.
📍 Winkel 4, Graaf Reinet Straat Preller Centre
📞Bel: 072 425 5441
BRISKET BURGER – slegs R65.00
Sappige “pulled brisket”, vars koolslaai, en afgerond met ons unieke Deli Mosterdsous – dis 'n smaakervaring wat jy nie wil mis nie!
Kom proe die verskil.
📍 Winkel 4, Graaf Reinet Straat Preller Centre
📞Bel: 072 425 5441 of 066 208 2837
18/05/2026
Maak Gereed vir die Koue
Haal die koue uit die lug met ons heerlike boontjiesop. Koop dit vandag, maak dit warm en sit dadelik 'n outydse gunsteling voor.
• 400g – R75
• 800g – R150
📍 Winkel 4, Graaf Reinet Straat Preller Centre
📞Bel: 072 425 5441
Niks klop ’n vars Specialty Deli Filler vir daardie middagete-lus nie!
Ons het agter die skerms gaan loer hoe hierdie meesterstukke aanmekaar gesit word. Of jy nou lus is vir die ryk geure van ons Biltong Steak met Deense feta, of die klassieke Chicken, Bacon & Avocado, daar is iets vir almal.
Kies jou gunsteling "base":
• Tradisionele Baguette
• Outentieke Roosterbrood
• Vars Wrap
Kom loer in by die deli en kry joune terwyl dit nog warm is!
📍 Winkel 4, Graaf Reinet Straat Preller Centre
📞Bel: 072 425 5441
13/05/2026
Krummels Koekies nou beskikbaar by die deli!
Ons is mal daaroor om vir jou die beste geure en gunstelinge te bring. Daarom is die heerlike, egte Krummels Koekies nou by ons beskikbaar!
Beskikbaar in die volgende geure:
Dubai Chocolate
Speckled Egg
Smartie
Bar One
Oreo
Biscoff Cheesecake
Double White Choc
Double Choc
Peppermint Crisp
Kinderlisious
📍 Winkel 4, Graaf Reinet Straat Preller Centre
📞Bel: 072 425 5441
11/05/2026
Ons Huisgemaakte Alfredo
Ervaar die perfekte kombinasie van 'n ryk sous en pasta. Ons klassieke Alfredo is met sorg en vars bestanddele voorberei om jou smaakkliere te prikkel en 'n tikkie luuksheid na jou middag- of aandete te bring.
Slegs R 110.00. Kom loer gerus in en bederf jouself.
📍 Winkel 4, Graaf Reinet Straat Preller Centre
📞Bel: 072 425 5441
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the restaurant
Telephone
Website
Address
Shop 4, 34/38 Graaf Reinet Street, Preller Square (Preller Centre)
Bloemfontein
Opening Hours
| Monday | 08:30 - 19:00 |
| Tuesday | 08:30 - 19:00 |
| Wednesday | 08:30 - 19:00 |
| Thursday | 08:30 - 19:00 |
| Friday | 08:30 - 19:00 |
| Saturday | 08:00 - 15:00 |
15/05/2026