PC Garage

PC Garage

Share

Agricultural products and services

05/03/2026

Dieselwerktuigkundige

Photos from AFGRI Equipment's post 16/09/2025
Photos from PC Garage's post 14/05/2025

Afgri 2000l boordspuit met Smart Apply doen sy ding soos net hy kan😉

Photos from PC Garage's post 02/03/2025

Dit het alles begin in 1985!

PC Garage vier sy 40ste bestaansjaar. Ons wil graag vir al ons kliënte sê baie dankie vir julle getroue ondersteuning deur die jare.

Baie dankie ook aan al ons personeel,vir julle harde werk,deursettingsvermoë en bydrae to PC Garage se sukses.

18/02/2025

Dit is weer daardie tyd van die jaar! Toets so bietjie die Gregoire GL8,6 hier in n blok Chenin🍇🍇

17/10/2024

Hier gaan ons alweer met die John Deere 5076EN en Afgri 94-265-2000 Evenflow spuit toegerus met die Smart Apply intelligent spray system.

Op die blok kon ons n magtige 51% gifmengsel besparing kry. Ons kon 13 rye meer gespuit kry met een 2000l gif tenk teenoor konvensioneel op n 1000l/ha kalibrasie

Kontak ons gerus vir n demonstrasie van die Smart Apply stelsel

22/08/2024

Ons het onlangs n baie suksesvolle Smart Apply demo gehad op Citrusdal waar ons n bietjie die presisie spuit tegnologie vir die boere in die area gewys het.

Ons begin deur konvesioneel te spuit waarna ons die Smart Apply stelsel aansit met sy nozzle pulsing.

Smart Apply se ‘lidar’ stelsel lees jou boom se digtheid waarna hy self bepaal hoeveel gifstof moet neurgesit per boom asook die hoeveelheid nozzles wat benodig word om daardie boom effektief te bedek.

Met Smart Apply kan jy tot n gemiddelde van 50% chemie en water bespaar,tot en met 90% minder chemiese afloop en tot 87% minder ‘airborne drift’

Om meer te leer oor die stelsel van die toekoms kontak ons gerus!

Ruben Kleu : 078 767 1174

30/05/2024

Die Siloking Trailedline Classic Duo 22 voermenger oppad na sy nuwe huis toe!

Dankie vir die ondersteuning!

20/05/2024

Dieselwerktuigkundige - PC Garage Ashton (Klik asb. op die foto om dit groot oop te maak. Epos adres is heel onder).

17/05/2024

Die nuwe John Deere 5080EN met die Niubo Perfect Reverse 160 Mulcher maak ligte werk van die takke

Met die kragtige 80Hp 3 silinder engine laat dit toe dat die Niubo takke van 12-15cm effektief kan kap!

Die Niubo kan op n voor of agter 3 punt stelsel gemonteer word om jou boorde se stokke te kap

Kontak ons vandag nog vir n demonstrasie van die masjiene!

Want your business to be the top-listed Autos & Automotive Service in Ashton?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


Hoofweg 20
Ashton
6715

Opening Hours

Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00