The Neuro-Coach Method

The Neuro-Coach Method

Share

The Neuro-Coach Method is a unique coaching modality that includes Frameworks, Ecometric Assessments, and a Neuroscience evidence-based technique (MLNP).

18/06/2026

Baie van die emosionele patrone waarmee jy vandag sukkel, is nie bewustelik gekies nie.

Navorsing dui daarop dat die manier waarop ons op stres, konflik, verhoudings, en onsekerheid reageer, sterk beïnvloed word deur dit wat ons tydens ons grootwordjare waargeneem en ervaar het.

Met ander woorde, ons erf dikwels emosionele gewoontes lank voordat ons die bewustheid het om dit te bevraagteken.

Dit beteken nie jy is gedoem om die verlede te herhaal nie. Dit beteken bewustheid is die eerste stap na verandering.

Wanneer jy begin verstaan hoekom jy reageer soos jy reageer, skep jy die geleentheid om anders te reageer.

Dít is hoekom emosionele bewustheid so kragtig is.

Jy kan nie verander waarvan jy nie bewus is nie, maar sodra jy bewus raak, kan jy ’n ander pad kies.

👇 Comment “KAPASITEIT” en ek stuur vir jou ‘n gratis assessering wat jou sal help verstaan hoeveel emosionele energie jy tans het.

17/06/2026

Baie keer is dit nie die “klein iets” wat jou laat oorreageer nie, dit is daardie een ding bo-op alles wat reeds in jou streshouer was.

Wanneer jou senuweestelsel onder druk is, verander dit hoe jy d**k, reageer, slaap en jouself beleef.

👉 Kyk die video oor Die Streshouer op ons gratis platform en begin verstaan hoekom jy soms voel soos jy voel.

💬 Comment GRATIS en ek stuur vir jou die skakel.

15/06/2026

‘n Klein opmerking is nie altyd die probleem nie. Soms is dit net die laaste druppel in ’n senuweestelsel wat reeds oorlaai is.

Wanneer jou liggaam al vir lank onder druk funksioneer, kan iets eenvoudig by die werk of ’n boodskap op jou foon skielik baie groter voel as wat dit “behoort” te voel.

Nie omdat jy swak is nie, maar omdat jou kapasiteit reeds vol is.

Daarom help dit nie altyd om vir jouself te sê: “Ek moet net kalmeer” of “dis nie so erg nie.”

Ware verandering begin wanneer jy verstaan wat in jou liggaam en senuweestelsel gebeur, en leer hoe om dit prakties te reguleer.

👉 Wil jy meer leer oor Neuro-Coaching en hoe om jouself en ander beter te verstaan?

🔗 Sluit aan by ons gratis platform: skool.com/tncm of comment GRATIS en ek stuur vir jou die skakel.

13/06/2026

‼️ Hier is wat baie mense mis: Soms lê die probleem nie in jou gedagtes nie, dit lê in jou senuweestelsel.

Wanneer jy deur iets hoogs stresvol of traumaties gaan, ‘n toksiese werksomgewing, operasie, fisiese besering, verlies, of langdurige druk, kan jou liggaam steeds daardie ervaring as gevaar registreer, lank nadat dit verby is.

Dan begin jou brein probeer sin maak van die seine wat jou liggaam stuur; vlak asemhaling, gespanne spiere, ’n stywe kakebeen, ’n swaar gevoel, rusteloosheid.

En voor jy weet, soek jou gedagtes redes in jou werk, verhoudings, finansies, of toekoms.

Dis hoekom jou kop so besig voel.
Dis hoekom jou liggaam moeg voel.
Dis hoekom jy nie altyd jou pad uit kan “d**k” nie.

Wanneer die senuweestelsel kalm word, raak die brein kalm.

✨ As jy iemand is wat ander help; ’n berader, predikant, afrigter, onderwyser, of iemand wat ’n werklike verskil in mense se lewens wil maak, dan moet jy verstaan hoe die senuweestelsel werk.

👉 Comment GRATIS hieronder, en ek stuur vir jou ’n uitnodiging na The Neuro-Coach Method se gratis platform waar jy kan leer hoe die senuweestelsel gedrag, emosies, en herstel beïnvloed.

12/06/2026

Jou slaap, jou emosionele toestand, onopgeloste spanning, bekommernisse, vorige ervarings en selfs die eerste inligting wat jy in die oggend inneem, dra alles by tot jou interne streslading.

Die vraag is dus nie altyd:
“Hoekom reageer ek so sterk?” nie.

Dikwels is die beter vraag:
“Hoe lank was my senuweestelsel al onder druk voordat hierdie oomblik gebeur het?”

👉 Comment GRATIS en ek stuur vir jou die skakel na ons gratis platform waar jy my video oor Die Streshouer kan gaan kyk.

10/06/2026

Ons is baie vinnig om gedrag te etiketteer.

“Oorsensitief”
“Kwaai”
“Onverskillig”
“Swak onder druk”

Maar wat as baie van hierdie dinge glad nie ‘karakterfoute’ is nie? Wat as dit eintlik ‘n senuweestelsel is wat onder meer druk funksioneer as wat dit kan hanteer?

Wanneer jou streshouer vol raak, verander jou liggaam en brein se prioriteite. Jy begin fokus op oorlewing eerder as groei. Jy raak meer reaktief, minder kreatief, minder geduldig en soms selfs minder soos jouself.

Dit beteken nie ons gedrag is nie ons verantwoordelikheid nie. Maar dit beteken wel dat ons die oorsaak van die gedrag reg moet verstaan.

Want jy kan nie ‘n senuweestelsel-probleem oplos deur bloot ‘harder te probeer’ nie, of om jouself meer te kritiseer nie.

Die vraag is dus nie altyd: “Wat is fout met my?”

Maar eerder: “Wat gaan aan in my senuweestelsel?”

Die vraag verander alles.

👉 Wil jy verstaan hoe jou senuweestelsel jou gedrag, emosies, en prestasie beïnvloed?

🔗 Kliek op die skakel in my bio of comment GRATIS vir toegang tot ons gratis Neuro-Coaching platform.

The Neuro-Coach Method -Gratis 10/06/2026

Dis hoekom baie mense probeer om hulle denke te verander, terwyl die werklike probleem in hul senuweestelsel onder druk is.

Wanneer ons die toestand van ons senuweestelsel verstaan, dan begin ons gedrag sin maak.

The Neuro-Coach Method -Gratis Gratis inligting oor Neuro-Coaching en wat dit behels - sodat jy 'n ingeligte besluit kan neem.

09/06/2026

Het jy al ooit ‘n boek gelees, ‘n kursus voltooi of ‘n motiverende video gekyk en ged**k: “Nou verstaan ek dit.”

Maar ‘n paar weke later doen jy steeds dieselfde dinge?

Dis omdat insig nie noodwendig tot gedragsverandering lei nie. Die meeste mense probeer verandering skep deur meer te leer, meer te d**k en harder te probeer.

Maar baie van die patrone wat jou gedrag bestuur, leef nie in jou brein nie. Dit leef in jou senuweestelsel.

Jou liggaam onthou spanning, vrees, teleurstelling, en ou ervarings lank nadat jou bewuste verstand daarvan vergeet het.

Daarom weet jy soms presies wat om te doen, maar iets hou jou steeds terug.

Ware verandering gebeur wanneer jy nie net met jou gedagtes werk nie, maar ook met die emosies en liggaamlike reaksies wat onder die oppervlak lê.

👉 Wil jy meer leer oor Neuro-Coaching en hoe gedragsverandering werklik werk?
🔗 Kliek op die skakel in my bio of comment GRATIS en ek stuur vir jou toegang tot ons gratis opleidingsplatform.

Photos from The Neuro-Coach Method's post 08/06/2026

Jou senuweestelsel stoor nie net emosionele herinneringe nie, dit stoor alles.

Neurowetenskap het nou sewe verskillende tipes liggaamsgeheue geïdentifiseer, elkeen wat stilweg vorm gee aan wie jy is en hoe jy in die wêreld opdaag.

👉 Comment GRATIS en ek stuur vir jou die skakel na ons gratis platform waar jy die video oor Tweet Denksisteme kan kyk en meer hieroor kan leer.

04/06/2026

Meeste mense d**k hulle reageer op wat vandag gebeur, maar dikwels reageer hulle op iets wat jare gelede gebeur het.

’n Teleurstelling
’n Verwerping
’n Mislukking

Met die verloop van tyd word daardie ervarings die lens waardeur jy mense, verhoudings, besigheid, geld en selfs jouself sien.

Dis hoekom insig alleen nie altyd genoeg is nie. Jy kan verstaan hoekom jy op ’n sekere manier voel of reageer, maar steeds voel jy vasgevang in daardie selfde patrone.

Die probleem lê nie net in die storie nie, dit lê in hoe jou senuweestelsel daardie storie gestoor het.

Wanneer ons die onderliggende emosionele ‘triggers’ verwerk, verander die lens, die manier waarop ons die wêreld ervaar.

Dit is presies waarom Neuro-Coaching verder gaan as bloot positiewe denke, motivering of wilskrag.

👉 Wil jy meer leer oor hoe die senuweestelsel gedrag, emosies en besluitneming beïnvloed?

💬 Kommentaar GRATIS hieronder en ek stuur vir jou ’n uitnodiging na ons gratis platform met video’s wat jou wys hoe dit werk.

Want your school to be the top-listed School/college in Alberton?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Address


Alberton
1449