Hester's Inspiration
Stay positive and believe Net omdat satan negatiewe gedagtes in jou plant beteken nie dat jy dit moet water gee en troetel nie.
Heer, soms voel ons so oorweldig deur ons probleme. Soms kan ons net nie die lig sien skyn nie.
Ons voel vasgevang in ‘n web van twyfel en minagting, maar U sien dit anders, U sien die rede agter ons twyfel. Heer, U ken die rede waarom ons nie verder kan d**k nie.
Ek bid vir die wat struikel en val, Ek bid vir die wat nie meer die mooi in hulself kan erken.
Ek bid vir die wie se seer so rou in hul binneste sit. Heer, ek bid ook vir die wat daardie pyn veroorsaak.
Ek bid dat U aan hulle sal verskyn sodat hulle dit sal herken vir wat dit is Heer, ek bid vir vertroosting waar die moordenaars ander se lewens verwoes Heer, vanoggend bid ek vir ‘n land wat op sy kniee staan! Heer, hoor ons smeek gebede in hierdie oggend, hoor ons rou krete wat uit verskeurde harte kom.
Hoor die angsgebede van die mense wie se hele wese uit mekaar geruk is Heer, so baie mense kan nie bid in hierdie oggend, want hulle is stom geslaan, hierdie gebed is namens hulle ook. Heer, so baie mense sien nie meer die nut daarin om te bid, hulle verstand en siel het te hard geword! Heer, ek bid ook vir hulle! U is ‘n God van liefde Heer, U is ‘n lewende God wat luister.
Spreek tot elkeen wat hier lees en bring vertroosting in ‘n dorre landstreek, bring ‘n reenboog waar dit te veel reen, bring ‘n glimlag waar pyn die gesig vertrek, bring ‘n vonkel in die oe wat dof geword het, bring sagte woorde na ore wat nie meer wil hoor.
U is die God wat ons geskep het en ons loof en prys U Heilge Naam.
Today I felt so all alone
In pain I faced the day-
Behind a smile, in tears of despair
I began to pray...
Lord You made the eagle,
You taught it how to fly...
Why is it he's so free
To soar Your endless sky-
Without a care in the world
While I struggle through this pain?
He said, My child you have the power
To fly above the rain!
You hold the key of choice in hand,
Now you must decide...
Stay in despair and doubt My word,
Or in My peace abide!
Today I saw an eagle
On wings of faith he flies-
As I put my life in God's hand,
On wings of faith I will go !
♡◦°˚Goeiemõre ◦°˚♡
Geniet jou dag.
Wonder waarom die son so mooi op die blomme skyn . . .
Dan kry ek die antwoord in my hart.
Dis 'n geskenk van Bo vir vreugde en smart.
Blomme maak gelukkig, dit vertroos;
In Sonskyndae, ook al is jy broos.
Die Heer se pluk vir jou 2 rose.
Ek't jou as my kind verkose.
Jou omgee word in 'n roos bewaar,
Sal nimmer verdwyn in voorspoed of swaar.
Die ander roos dra jou naam;
In My Handpalm geskryf, sal nimmer vergaan . . .
'Dankie dat jy My Naam altyd Prys.
Eendag sal Ek jou die Rose in My Hemeltuin wys.
Soms staan ons op en voel verwerp, nutteloos, voel niemand gee om, soms voel dit ons bereik niks. Ek wil vandag vir jou se, jy is kosbaar, uniek, spesiaal, jy is Vader se oogappel. Hy sit elke dag en bewonder sy unieke handewerk - JY! Maak nie saak wat mense d**k of se nie, Jy is Sy waardevolste besitting. Almal maak foute, maar ons kom sterker daaruit, want God is in beheer! HY'T 'n PLAN VIR ONS LEWENS! Sit terug en voel Sy teenwoordigheid, gee jou stryd vandag aan Hom. Hy sal die stryd stry!Amen
Mooiste boodskap wat ek in n lang tyd gelees het, daarom deel ek dit met almal wat dit nodig het.............My kind die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie... Wie jou gemaak het bepaal wie jy is.. En dis EK – jou hemelse Vader Die prys waarvoor iets gekoop word bepaal die waarde van 'n item... En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop was met My lewe.. Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë. Ek ken jou potensiaal, Ek weet waartoe jy instaat is. Ek ken die wenner binne in jou. Ek ken jou mooi hart. Ek ken jou sagte persoonlikheid. Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk.. Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie, maar Ek sê vandag vir jou: Ek glo in jou!! Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terug sit op jou gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan . Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms. Bly altyd Glo...want dis Hemel op Aarde saam met God!
Ek stuur vir jou…..
‘n Wolkie….om te onthou dat God se liefde reik tot in die Hemel, en Sy trou reik tot in die wolke!
‘n Spyker…..om te onthou dat God Sy enigste seun gestuur het om in ons plek te sterf!
‘n Hartjie…..om te onthou dat God vir ons al die begeertes van ons harte sal gee!
‘n Saadjie…..om te onthou dat ons geloof moet he, al is dit so klein soos ‘n mosterd saadjie!
‘n Stukkie hout…..om te onthou dat God vir ons ‘n geopende deur gegee het wat niemand kan sluit nie!
Ek gaan slaap in die aand met God in my kop,
In die oggend staan ek saam met Hom op
In die dag stap Hy saam sonder om te kla
Waar ek nie kan loop, sal Hy my dra.
Al my vrese en behoeftes ken Hy so goed
As ek val, en nie wil opstaan, gee Hy my moed
As ek bly is en lag, jubel Hy saam met my
As ek hartseer en bevange is, troos Hy my
Deur al die seisoene - in winter tot somer
In die dag en die nag - al is ek 'n dromer
Gee hy die pas aan wat ek moet loop
Al voel ek soms ook heeltemal gestroop
Hy is die alfa, die omega, die spil waarom alles draai
In die donker, sal Hy my na die lig toe laat draai
Hy beskerm ons en vou ons toe in Sy hande
Hy vra nie jou taal, God bly groot in alle lande
Ons vra en ons smeek vir hulp en vir raad
Vir vrede en gesondheid en ook die regte maat
Maar gesels ons met God in voorspoed en geluk
Of is Hy net die noodlyn wat ons so gerieflik pluk?
Leef voluit elke dag wat God aan jou gee
Bly op jou knieë waar Hy jou krag kan gee
Leef so jou drome vir almal om te sien
Wie jy is, en watter God jy dien ..............
🌑 Môre 🌑 Wens Jou 'n Lieflike dag (")(") 🐜🐖 Met Jesus aan Jou Sy!! Genade is liefde wat sagte verbande op plekke sit waar ons vel deurgeskaaf is. Genade is nie 'n idee nie, dis God wat sonder agendas ons altyd liefhet. Mag jy Sy genade in oorvloed ervaar. Vandag se bekommernise is more se verlede. God sal voorsien teen alle tye, maak nie saak wat die behoefte is nie. Gee al jou bekommernisse en probleme vir Jesus en hou vas aan SY beloftes. God is waarmaker van Sy woord! Troue Vader, dankie dat ons uit U hand kan leef.Gee dat ons nooit ons seën as vanselfsprekend sal aanvaar nie, maar altyd dankbaar en afhanklik sal bly. Amen. Mag jy n geseende dag he.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the public figure
Website
Address
Albertinia
6695