Degnos
Spreading the gospel and using words only when needed. Develop Bushman congregations, do community d
Develop Bushman congregations, do community development , basic education and training ministers.
DEGNOS NUUSBRIEF
28 Augustus 2026
Liewe DEGNOS-vriende
*Familie, bloedfamilie en familie in God*
Hoe maak ons meer mense familie?
In ons vorige nuusbrief het ons vertel van die groep van Luhebu-Noord Gemeente wat oor die grense heen na Suid-Afrika gereis het. Ds. Jafet Moyo en sy span het teruggekom met die goeie nuus dat die konferensie baie goed verloop het.
Vir ses dae lank het Namibiese en Suid-Afrikaanse gelowiges saamgesels oor kerkwees en wat dit beteken om die liggaam van Christus te wees.
Die oorspronklike plan was dat die Namibiese gemeente die gemeente in Suid-Afrika sou help om ’n eie, unieke kerkkultuur te vestig. Maar soos dit dikwels gebeur wanneer God mense bymekaarbring, het daar veel meer gebeur as net die oordra van kennis.
Dit was ’n heerlike tyd waarin families weer bymekaar kon kom – sommige vir die eerste keer in baie jare.
*Jeug en evangelisasie*
Twee fasette van kerkwees het besonder baie aandag gekry: jeugbediening en evangelisasie. Hierdie twee onderwerpe is vir drie van die ses dae bespreek.
Die Platfontein-gemeente wou graag in besonderhede verstaan:
Hoe lei ons jongmense na Christus toe?
En die tweede groot gesprek was rondom evangelisasie in die praktyk:
Hoe bereik ons mense – en veral jongmense – met die Evangelie?
Met die terugkeer huis toe het die planne reeds begin vorm aanneem oor hoe DEGNOS saam met Platfontein kan werk. Hoe help ons hulle om jeugkampe en jeugevangelisasie te ontwikkel? Wat kan ons saam aanpak wat volhoubaar sal wees en werklik vrug sal dra?
Hierdie groep Boesman-gelowiges het ’n hart om die Evangelie te dra – om mense na Jesus toe te bring.
*Help ons nie dalk soms om net “kerk te speel” nie?*
Die kerk is daar om die ongeredde nader te roep – nie om hulle weg te jaag nie, maar om hulle nader te trek na Christus toe.
Ons moet uitgaan. Ons moet mense vertel van die nuwe lewe in Christus, van die Brood wat vir ewig hou en van die Water wat die dors werklik les.
*’n Gemeenskap verander slegs wanneer mense Jesus ontmoet.*
’n Vol program
Die besoek aan Platfontein was baie meer as net ’n konferensie. Die program was vol: daar is radio-onderhoude gevoer, ’n begrafnis is bygewoon, nagmaal is bedien, ’n erediens is gehou en daar was natuurlik ook baie tyd om saam te kuier.
Dit is juis in hierdie gewone oomblikke van saamwees waar familie weer familie word.
’n Blye familieherontmoeting op die terugreis
*Die reis terug na Grootfontein het nog ’n groot verrassing opgelewer.*
Tannie Amanda Engelbrecht het die toergroep in Windhoek ontmoet.
Tannie Amanda was een van die vorige groep dosente wat diep ingeploeg het in die opleiding van die huidige span leraars. Sy is vir baie van hulle ’n ware geestelike moeder.
Om haar kinders weer ná so ’n lang tyd te ontmoet, was ’n besondere oomblik.
Dit is deel van die groter DEGNOS-verhaal: mense wat oor jare heen in ander mense se lewens saai, en later weer die vrug van daardie werk sien.
*Op pad na ekonomiese onafhanklikheid*
Op die tuisfront het dinge natuurlik ook nie stilgestaan nie.
Die bouwerk by Omatako vorder goed. Die winkel is feitlik klaar gebou en die tweeslaapkamerwoonstel vorder mooi.
Die vervoer van boumateriaal bly egter ’n uitdaging. Met dieselpryse wat aanhou styg, plaas vervoerkoste toenemende druk op die begroting. Ons werk hard om steeds binne die beskikbare begroting te bly.
Intussen word daar in Grootfontein feitlik soos in ’n fabriek gewerk. Staalrakke word gebou en sekuriteitshekke word vervaardig – alles vir die twee winkelprojekte by Mangetti Duin en Omatako.
By Mangetti Duin is die aanvanklike voorraad vir die gemeente se winkel reeds aangekoop en die winkel het begin handel dryf.
*Die doel agter die projekte*
Hierdie projekte gaan egter oor veel meer as net winkels en geboue.
Die doel van die akkommodasie- en winkelprojekte is om Luhebu-Noord Gemeente te help om werklik ’n onafhanklike gemeente te word.
Die gemeente is reeds in feitlik alle fasette van kerkwees selfstandig. Die groot uitdaging wat oorbly, is finansiële selfstandigheid.
DEGNOS werk daarom saam met die gemeente om verskeie handelsinisiatiewe van die grond af te kry, sodat die gemeente uiteindelik ook ekonomies onafhanklik kan funksioneer.
Dit is juis met hierdie inisiatiewe dat ons tans op soek is na ’n vrywillige Koninkrykswerker wat ons kan help om die gemeentes en hierdie projekte op ’n dag-tot-dag-basis te begelei.
*Ander nuus in kort*
*Tsintsabis*
Uit Tsintsabis berig Stefanus, een van ons studente, dat die bediening by Khom Kaus, noord van Tsintsabis, behoorlik vlam gevat het.
Daar was ook ’n evangelisasiebesoek aan die Huikub-skool en nedersetting, ongeveer 20 km suid van Tsintsabis.
Ons dank die Here vir elke oop deur en elke geleentheid om mense met die Evangelie te bedien.
*CEF-kamp by Otavi*
CEF het ’n kamp by Otavi gehou. DEGNOS se bus is ingespan om die kinders na die kamp te vervoer.
Trudie van CEF vertel dat dit ’n baie geseënde geleentheid was.
Ons is dankbaar dat ons op hierdie manier ook ander bedieninge kan ondersteun wat die Evangelie aan kinders verkondig.
*Ds. Lucas gaan huis toe*
Na drie maande van harde werk het Ds. Lucas teruggekeer Suid-Afrika toe.
Andries en Tracey het hom kus toe geneem, vanwaar hy Maandag teruggevlieg het na Suid-Afrika.
Ons sê baie dankie aan Ds. Lucas vir die drie maande waarin hy ons gehelp het. Veral die studente het sy aanbiedingsstyl baie geniet en baie by hom geleer.
’n Besonderse woord van dank gaan ook aan Dora Marie, wat Lucas vir so ’n lang tyd aan ons geleen het.
Ons waardeer dit opreg.
*Kantoor en finansies*
Ook in die kantoor is daar heelwat aan die gang.
Daar word hard gewerk om oor te skakel na ’n nuwe rekeningkundige stelsel en terselfdertyd word voorbereidings getref vir die jaarlikse finansiële oudit.
Vir DEGNOS is totale finansiële deursigtigheid en aanspreeklikheid nie bloot administratiewe vereistes nie. Dit is kernbelangrik vir die manier waarop ons die bediening wil bestuur.
Ons wil getrou wees met dit wat die Here aan ons toevertrou.
*Dinge wat kom*
’n Besoek aan die Caprivi
Andries vertrek binnekort na die Caprivi vir ’n vinnige besoek en om ’n kosaflewering te doen.
*Vennote uit Amerika*
Ons vennote van Tennessee Valley Community Church in die VSA kom met ’n span van sewe mense om op die Oesland te kom help werk.
Alex sal hulle vergesel.
Ons sien uit na die saamwerk en na wat die Here deur hierdie besoek gaan doen.
*Die volgende opleidingsblok*
Die boeke vir die volgende rondte opleiding is klaar geredigeer en word tans gedruk en gebind.
Die laaste blok opleiding vir hierdie jaar begin oor ’n week.
Hierdie keer gaan ons die studente help om hulle rol beter te verstaan en hulle toe te rus as *traumaberaders*.
Terselfdertyd doen ons ’n module oor beplanning, waar ons vanuit Nehemia se verhaal gaan kyk na die bou van die nuwe Jerusalem en wat dit beteken om saam met God te beplan en te bou.
Ons bid dat hierdie opleiding nie net kennis sal oordra nie, maar dat dit sigbaar sal word in die manier waarop die studente mense in hulle gemeenskappe bedien.
🙏*Gebedsversoeke*
Hou asseblief aan om vir ons te bid.
Wanneer jy vir DEGNOS bid, is jy self deel van die Here se werk in sy tuin.
🌱 *Platfontein Oesland*
Bid asseblief vir die Boesman-mense van Platfontein.
Bid vir die saad wat gesaai is – dat dit sal opkom en vrug dra, 30-, 60- en 100-voudig.
📖 *Ons studente*
Bid vir die studente wat die teorie wat hulle in die klas leer, nou in die praktyk moet gaan toepas.
Ons onthou:
Die enigste Bybels wat baie mense ooit sal lees, is die lewensboek van ’n gelowige.
Bid dat die lewens van ons studente ’n getroue getuienis van Christus sal wees.
*🗑️Bediening by die vullishope*
Bid asseblief vir Isak, Attie en Poppie wat Sondag die mense by die vullishope gaan bedien.
Hulle gaan nie om vir mense te preek nie.
Hulle gaan om by die mense te wees, met hulle te kuier en met hulle te gesels – om eers die mense werklik te leer ken en verhoudings te bou.
Bid dat die Here self die gesprekke sal lei en dat daar geleenthede sal kom om oor Jesus te praat.
*🧒 Omatako-jeugbediening*
Bid asseblief vir die jeugbedieningspan by Omatako.
Hulle berei voor vir ’n evangelisasie-uitreik na die staatskool en koshuis op Omatako wanneer die skole hierdie week heropen.
Bid vir oop deure, wysheid en veral vir jongmense en onderwysers wat deur Christus aangeraak sal word.
*🌍 Tsumkwe*
Bid asseblief vir die Tsumkwe-span.
Bid dat die Here self vir hulle die bedieningsplanne sal gee wat nodig is vir hulle area – en dat hulle sensitief sal wees vir sy leiding.
*Dankie dat julle saam met ons stap*
Dankie vir elke gebed, elke bydrae, elke besoek en elke woord van bemoediging.
Julle is deel van die werk.
Saam plant ons, saam gee onswater, en ons vertrou die Here vir die groei.
DEGNOS-groete
Die DEGNOS-span
29/08/2026
Tannie Amanda Engelbrecht ontmoet haar geliefde geestelikke kinders in Windhoek - lees meer in die nuusbrief wat volg
Ds. Amon besig o pryse uit te werk - Predikante moet ook winkelier rol vertolk - lees meer in die nuusbrief wat volg
18/08/2026
So 'n bietjie getuienis hier vanuit die Standplaas Leeraar opleidingklas.
Dit is 'n besondere voorreg om met die studente te werk. Die grootste struikelblok is die feit dat ons as leermeesters nie hulle tale kan praat nie. Gelukkig is sommige van hulle deur die Gees van Jesus voorberei om juis daarmee te help. Die begaafstes kan Afrikaans en Engels ewe gemaklik lees skryf en praat en dan in hul eie moedertaal vertel van die groot dinge wat God gedoen het. Min van ons op hierdie groep het dieselfde vaardigheid in twee tale wat nie een ons moedertaal is nie. Altans verseker nie ek nie. Ek is so dankbaar dat hulle my kan help waar my Namlish dit nie maak nie.
Dan is daar diegene wat maar worstel om Afrikaans of Engels te lees en skryf. Dit gaan amper soos dit met ons gegaan het met die Grieks en Hebreeus. Net nog moeiliker, want die vrae is nou ook in 'n vreemde taal en hulle moet skryf in daardie vreemde taal. By die evaluasie van die skriftelike werk verbaas dit my dat die insig vrae byna deurgaans beter beantwoord word as die kennis vrae.
En dan is daar enkele studente waarvoor die Afrikaans maar vreemd is. Een van hulle sit dikwels op die punt van haar stoel, vooroor geleun daardie groot oë van haar nog groter oop soos sy konsentreer om so veel as moontlik te verstaan. As sy die geleentheid kry om klasopening waar te neem, is die tekskeuse toepaslik, die uitleg 'n goeie opsomming in so drie sinne en die toepassing: Nou kom ons gaan doen dit met die hulp van ons Here.
Met die mondelinge evaluasie is ek stom verbaas oor hoe haar insig groei. En saam dankbaar as sy vertel hoe sy tuis getuig van ons Here se genade.
'n Ander een huil by Andries en sê: As die Here my tog maar net kan help om die Bybel te lees.
Ons is baie dankbaar om twee opleiers in die formaat van ds Amon Petrus en Smith te hê wat die mense ook in hul moedertaal kan help.
Na drie maande gaan ek volgende week terug na Suid-Afrika. Ek sien uit daarna om weer my geliefdes te sien, maar ek neem met 'n swaar hart afskeid van die mense hier. Ek het hard probeer om hulle die Bybel inhoud beter te leer ken en verstaan en in hul eie omstandighede toepaslik te gaan leef daarmee. Maar die Here stuur my terug met die woorde van 'n nederige student: Nou kom ons gaan doen dit met die hulp van ons Here.
Miskien net sal ek 'n bietjie meer liefdevol teenoor my vrou wees, 'n bietjie nader aan my kinders leef en in die algemeen meer gehoorsaam aan ons Here wees.
Nie omdat ek trots is oor wat die brilliante studente bereik nie, maar omdat die wat met toewyding sukkel vir my 'n inspirerende voorbeeld is.
Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.
Ontvang van Lucas van Vuuren. Dosent by DEGNOS in Grootfontein.
A testimony from the Local Pastor Training Class:
It is a special privilege to work with these students. The greatest obstacle is the fact that we, as teachers, cannot speak their languages. Thankfully, some of them have been prepared by the Spirit of Jesus precisely to help with this. The most gifted among them can read, write and speak Afrikaans and English with equal ease, and then tell in their own mother tongue about the great things God has done. Few of us in this group have the same ability in two languages that are not even our mother tongue. Certainly not me! I am so grateful that they can help me when my “Namlish” simply doesn’t make it.
Then there are those who struggle to read and write Afrikaans or English. It is almost like what we experienced with Greek and Hebrew — only even more difficult, because the questions are now also in a foreign language, and they have to write their answers in that foreign language. When evaluating the written work, I am amazed that the questions testing understanding and insight are almost always answered better than the questions testing knowledge.
And then there are a few students for whom Afrikaans is very unfamiliar. One of them often sits on the edge of her chair, leaning forward, her already-large eyes growing even larger as she concentrates on understanding as much as possible. When she gets the opportunity to lead the opening of a class, her choice of Scripture is appropriate, the explanation is a good summary in about three sentences, and then comes the application:
“Now let us go and do this with the help of our Lord.”
During the oral evaluation, I am amazed at how her understanding continues to grow. And I am deeply grateful when she tells us how, at home, she shares testimony about our Lord’s grace.
Another one cried in front of Andries and said:
“If only the Lord would help me to read the Bible.”
We are very grateful to have two trainers, in the persons of Rev. Amon Petrus and Smith, who can also help the students in their mother tongues.
After three months, I will be returning to South Africa next week. I look forward to seeing my loved ones again, but I leave the people here with a heavy heart.
I have tried hard to help them know and understand the content of the Bible better, and to live it out appropriately in their own circumstances. But the Lord is sending me back with the words of a humble student:
“Now let us go and do this with the help of our Lord.”
Perhaps I will simply be a little more loving towards my wife, live a little closer to my children, and in general be a little more obedient to our Lord.
Not because I am proud of what the brilliant students have achieved, but because those who struggle with dedication and perseverance have been an inspiring example to me.
“Blessed are the poor in spirit, for theirs is the kingdom of God.”
Received from one of our Lecturers - Rev. Lucas van Vuuren
Photo: Rev. Lucas van Vuuren as part of the Degnos Training. Here he is blessing late Rev. Josef Gevers, with late Rev Hendrik van Zyl and late Rev. Koos Envelbrecht.
17/08/2026
*Die !Kung reik uit na Suid-Afrika*
*Gemeenteleiers van Luhebu-Noord vertrek op ’n besondere sending na Platfontein*
GROOTFONTEIN – Net voor vieruur vanoggend het ’n groep van 14 gemeenteleiers van die Luhebu-Noord-gemeente in die noordooste van Namibië die pad na Kimberley in Suid-Afrika aangedurf. Die groep staan onder leiding van ds. Jafet Moyo en is op pad na Platfontein, waar hulle die plaaslike !Kung-gemeenskap en gemeente gaan ontmoet.
Die besoek is die gevolg van gesprekke tussen DEGNOS, die Sendingkantoor van die Vrystaatse Sinode en die Noord-Kaapse Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika. Die uitreik is ook finansieel moontlik gemaak deur die mildelike donasies van die NG Kerk Vrystaat in besonder.
“Ons wil ons mense op Platfontein gaan help om self kerk te wees,” sê die groep se leiers.
*’n Volk wat deur oorlog verdeel is*
Die geskiedenis van die !Kung-gemeenskappe in Namibië en Suid-Afrika is diep verweef. In 1974 het !Kung-mense wat as soldate in die Portugese weermag in Angola gedien het, na destydse Suidwes-Afrika gevlug nadat Portugal hom aan Angola onttrek het.
Baie van hierdie !Kung-mense is vervolgens in die Suid-Afrikaanse Weermag opgeneem en het tot en met die onttrekking van die Suid-Afrikaanse Weermag uit Namibië in 1989 as soldate gedien.
Met die onttrekking het die soldate en hul families ’n keuse gehad: om in Namibië agter te bly of om saam met die Suid-Afrikaanse Weermag na Suid-Afrika te verhuis. Hierdie besluit het ’n volk wat reeds deur oorlog getraumatiseer was, verder verdeel. Sommige families het in Namibië agtergebly, terwyl ander hulle by Platfontein, buite Kimberley, gevestig het.
*Kerk oor grense heen*
Die huidige besoek is daarom veel meer as net ’n konferensie. Dit bied aan twee !Kung-gemeenskappe, wat dekades gelede deur oorlog en politieke omstandighede van mekaar geskei is, die geleentheid om weer kontak te maak en saam na die toekoms te kyk.
Die groep uit Luhebu-Noord sal saam met kerkleiers van die !Kung Alfa-gemeente op Platfontein ’n konferensie hou. Die gesprekke sal onder meer fokus op die vraag hoe !Kung-gemeentes ’n sterk en eiesoortige kerkidentiteit kan ontwikkel binne die breër verband van die NG Kerk.
Vir DEGNOS is dit ’n besondere voorbeeld van hoe die kerk oor grense heen kan saamwerk.
“Dit is ’n volk wat voorwaar deur oorlog uitmekaar geskeur is, maar daar is groot troos in die wete dat waar die strome van die Evangelie vloei, daar ook genesing en herstel kan kom.”
*’n Kerk wat na buite kyk*
Die inisiatief is volgens DEGNOS ook ’n belangrike herinnering dat die kerk nie net na binne behoort te fokus nie.
Dit is maklik vir gemeentes om hoofsaaklik met hul eie uitdagings, behoeftes en oorlewing besig te wees. Die besoek aan Platfontein wys egter op iets anders: dat gemeentes wat self nog op pad is na groter selfstandigheid, ook iets vir ander kan beteken.
Die groep sien hierdie reis as ’n praktiese uitlewing van Jesus se opdrag in Matteus 28: “Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies.”
Vir DEGNOS is die besoek daarom ’n besondere geleentheid om te sien hoe die liggaam van Christus oor geografiese en historiese grense heen na mekaar uitreik.
Die groep het vroeg vanoggend vertrek met Alex wat die bussie bestuur en wat verantwoordelik is om die span veilig tot in Kimberley en weer terug na Namibië te neem.
DEGNOS doen ’n beroep op vriende en ondersteuners om saam met die span te bid – vir ds. Jafet Moyo en die 14 gemeenteleiers, vir Alex as drywer, en vir die gesprekke wat op Platfontein sal plaasvind.
Ons sluit hiernaas die program vir die 10 dae in as daar van ons gebeds ondersteuners is wat deurentyd saam wil bid.
*Bid dat die Here hierdie “vuur-aansteek”-geleentheid ryklik sal seën en dat die uiteinde daarvan groot geestelike vrug sal dra.*
10/08/2026
Ons eerst babatjie wat tydens die opleiding gebore is - Veels geluk Mamma Miriam en Oupa Shotty.
10/08/2026
Dominga se getuienis - "My pyn is my roepping".
Bid vir Dominga, een van die studente wat worstel met kanker.
Goeie dag, liewe vriende van DEGNOS
Ons nuusberiggewing was die afgelope paar weke bietjie uit die normale ritme uit😄 Die hele kantoor het deurgeloop onder ’n verkouevirus. Ons is egter dankbaar dat almal weer beter is en dat die Here ons deur hierdie tyd gedra het.
🌿 *Getuienis*
Verlede week is daar verskeie gesprekke oor geestelike groei met die studente van Groep 1 gevoer. Dit is opvallend om te hoor watter groot impak die *Leraars-opleiding* op die lewens van ons studente maak, maar ook hoe dit situasies in hulle gemeenskappe verander.
Ons het gehoor van studente wat vertel hoe baie die opleiding oor gebed hulle gehelp het en hoe dit hulle gebedslewe verdiep het. ’n Paar kandidate het vertel hoe hulle nou lang tye in gebed spandeer en hoe hulle telkens so oorweldig word deur die Here se Gees dat hulle in trane voor Hom sit – nie trane van hartseer nie, maar trane van oorweldiging om in die teenwoordigheid van die Here te wees.
Een student, mev. Dominga Chiwoko, wat in ’n geveg met kanker is, se getuienis gryp my aan – Sy getuig en sê: *”My pyn is my roeping”*. Bid asseblief vir Dominga.
Ander vertel van die impak wat die *Rentmeesterskap* program op hulle en hulle omgewing gehad het. Ander weer vertel hoe die module oor *Geestelike Groei* hulle baie gehelp het.
Die mooiste is om te hoor hoe mense se gesinslewe verander, hoe gemeenskappe verander en hoe die studente se eie lewens verander.
Prys asseblief saam met ons die Here vir die wonderlike impak wat Hy in hierdie studente se lewens maak. *Moenie ophou om vir ons studente en lektore te bid nie.*
📰 Nuus in kort
▪️ Een van ons studente, Mirriam Shotty, het tydens die kursus in kraam gegaan – en ’n pragtige klein babaseuntjie is gebore. Miriam het geweet sy is baie naby aan haar kraamtyd, maar sy wou onder geen omstandighede uitmis op haar opleiding nie.
▪️Kerkraadsvergaderings is op Tsumkwe, Mangetti Duin en Tsintsabis gehou vir drie van die gemeentes.
▪️ ’n Uitreikgroep van die NG Kerk Outeniqualand is ontvang, en Alex kom vandag saam met hulle terug uit die bos.
▪️ Opleidingsgroep 1 het saam met ds. Lucas hulle vyfde blok van opleiding vir die jaar voltooi.
▪️ Op Omatako vorder die bou van die nuwe Kerkwinkel baie goed. Die sonkragstelsel is ook klaar geïnstalleer en werk goed.
▪️ In Grootfontein stoei Attie en Willem om rakke, vensterbeskermingshokke en diefwering klaar te bou vir die Omatako- en Mangetti Duin-winkelprojekte.
▪️ Smith Muyatwa het op Chetto die Blok 4-opleiding vir die Wes-Caprivi-studente (Groep 4) voltooi.
▪️ Die klein vragmotor, waarvan die aankoop deur Verre Naasten moontlik gemaak is, maak ’n groot impak op ons logistieke koste. Dit is die afgelope week goed aangewend om boumateriaal aan te ry.
▪️ Riana en Christiaan het die afgelope twee weke 12 van die DEGNOS ECD-skooltjies besoek. Hulle het kos afgelewer en terselfdertyd mentoringsgesprekke met die onderwysers gehad.
▪️ Ons het ’n nuwe boekhouprogram vir DEGNOS aangeskaf. Die aanleer van die nuwe program plaas tans baie druk op Tracey en Steph. Ons bid dat die Here hulle hierin ook sal bystaan.
▪️ Die afgelope naweek is daar ’n ringsitting in Otavi gehou, met al die gemeenteverteenwoordigers wat van heinde en verre ingekom het om deel te neem.
▪️ Ons begin nou stoei om die jaareindbesoekprogram aan ondersteuners in Suid-Afrika te finaliseer.
📅 Die week wat kom
▪️ Groep 2 is hier vir hulle vyfde blok van opleiding.
▪️ Dinsdagaand kom die Beheerraad van DEGNOS bymekaar.
▪️ Star Khubes, een van ons eerste Scholar Assist-leerlinge, is kortlys vir keuring om ’n polisielid te word. Bid asseblief vir Star tydens hierdie keuringsproses op Omuthiya. Ons polisie het jong mense soos Star nodig – al gaan ons haar vreeslik mis as onderwyser by die ECD-skooltjie op Oerwoud!
▪️ 14 gemeentelede en predikante van die Luhebu-Noord-gemeente maak gereed vir hulle besoek aan Platfontein buite Kimberley. As die Here wil, sal ons volgende week meer hieroor berig.
▪️ Tracey en Steph spook met die nuwe boekhouprogram.
▪️ Low moet hierdie week die logistieke legkaart probeer bou vir die einde van hierdie week en volgende week, met die klein bussie en Christiaan wat nie beskikbaar is nie weens die Kimberley-besoek.
DEGNOS-groete
🙏 DEGNOS-span
Good day, dear friends of DEGNOS
Our news updates have been a little “out of tune” over the past few weeks! 😄 The whole office has been battling a cold virus. We are, however, grateful that everyone is feeling better and that the Lord has carried us through this time.
🌿 Testimony
Last week, several conversations about spiritual growth were held with the students of Group 1. It is remarkable to hear about the impact that the Lay Pastor Training is having on the lives of our students, but also how it is changing situations within their communities.
We heard from students who shared how much the training on prayer has helped them and how it has deepened their prayer lives. A few candidates shared how they now spend long periods in prayer and how they are repeatedly overwhelmed by the Spirit of the Lord to the point where they sit before Him in tears – not tears of sadness, but tears of being overwhelmed by the privilege of being in the presence of the Lord.
Others shared about the impact that the Stewardship programme has had on their lives and their surroundings. Others told us how much the module on Spiritual Growth has helped them.
The most beautiful part is hearing how people’s family lives are changing, how communities are changing, and how the lives of the students themselves are changing.
One of our students, Mrs. Dominga Chiwoko, testified how her battle with cancer has made her realise that her pain was her calling. Please pray for Dominga.
Please praise the Lord with us for the wonderful impact He is making in the lives of these students. Please do not stop praying for our students and lecturers.
📰 News in brief
▪️ Church Council meetings were held in Tsumkwe, Mangetti Duin and Tsintsabis for three of our congregations.
▪️ An outreach group from the NG Kerk Outeniqualand was welcomed, and Alex is returning with them today from the bush.
▪️ Training Group 1 completed their fifth training block for the year together with Rev. Lucas.
▪️ At Omatako, the construction of the new Church Shop is progressing very well. The solar power system has also been installed and is working well.
▪️ In Grootfontein, Attie and Willem are working hard to finish the shelves, window-protection cages and burglar bars for the Omatako and Mangetti Duin shop projects.
▪️ Smith Muyatwa completed Block 4 of the training for the Wes-Caprivi students (Group 4) at Chetto.
▪️ The small truck, made possible through funding from Verre Naasten, is making a big difference in reducing our logistics costs. It was put to good use during the past week transporting building materials.
▪️ Riana and Christiaan visited 12 of the DEGNOS ECD schools over the past two weeks. They delivered food and, at the same time, had mentoring conversations with the teachers.
▪️ We have purchased a new accounting programme for DEGNOS. Learning the new programme is currently putting quite a bit of pressure on Tracey and Steph. We pray that the Lord will also help and strengthen them through this process.
▪️ A Ring meeting was held in Otavi over the past weekend, with representatives from the various congregations travelling from near and far to participate.
▪️ We are starting to wrestle with finalising the year-end visit programme to supporters in South Africa.
📅 The week ahead
▪️ Group 2 is here for their fifth training block.
▪️ On Tuesday evening, the DEGNOS Management Board will meet.
▪️ Star Khubes, one of our first Scholar Assist learners, has been shortlisted for selection to become a police officer. Please pray for Star as she goes through this selection process in Omuthiya. Our police force needs young people like Star – although we are going to miss her terribly as a teacher at the ECD school in Oerwoud!
▪️ 14 church members and ministers from the Luhebu North congregation are preparing for their visit to Platfontein outside Kimberley. Lord willing, we will share more about this visit in next week’s newsletter.
▪️ Tracey and Steph are working hard with the new accounting programme.
▪️ Low has to work out the logistics puzzle for the end of this week and next week, with the small bus and Christiaan being unavailable because of the Kimberley visit.
DEGNOS greetings
Hier onder volg n boodskap van Diaken Josef Kambinda op Luhebu:
Demon andries hou aan met luhebu se gebed onse ouderling wat vir ons lanker gelos by die kerk hy is terug vandag se sondag hy het vir ons baie mense gebring by die kerk meer as sestig mense ouderling silas dankie vir die luhebu se gebed diakon josef kambinda van luhebu se gemeente
04/08/2026
DEGNOS gee vandag nuwe betekenis aan die begrip "mixed load"! Christiaan en Riana (ECD skole) lewer 9 skooltjies se maandelikse kosvoorraad af; watertenk, sement en rolle draad (teen vergoeding) vir student van Luhebu en die Omatako-bouprojek: staalkas (toesluit van "inverter" en batterye van nuwe sonkragstelsel), "bomhokke" voor kerkvensters (keer dat kinders nie ruite stukkend gooi nie), "angle iron", kruiwa ens
27/07/2026
Omatako Bou Projek skop af
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the place of worship
Telephone
Website
Address
Grootfontein
9000
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Degnos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.