Hoërskool Cillié

Hoërskool Cillié

Comments

Goeie more.Ek wil graag weet waar ek skool klere kan koop vir 'n seun.Graad 8 volgende jaar.Baie dankie
Hello. Ek het Cillie skool klere om te verkoop. Sweetpak / Rok size 15 / trui en kouse. Nog in goeie Kondisie.
R200 vi als 0678344851
GOOD DAY IM Mrs Jacobs would like to know is registration open for grade 8 please
Hi
Hoe doen jy aansoek vir nuwe leerlinge vir 2022?
Groete aan almal op die blad. Dit was in 1961 of 1962 dat die oud springbok skrumskakel en oud leering Popeye Strydom n Springbok trui aan die skool geskenk. Meneer J. J. Engelbrecht was toe die skool hoof. Die trui was toe in uitgestal in die gang, teen die muur van die saal as jy by die hoof deure inkom. Kan iemand dalk se of die trui nog daar is, dankie?
When is the admision for grade 8 for 2022 opening
Hi kan iemand my dalk help asb.ek is opsoek na Hester van Tonder wat in die 80s in Cillie was .hulle was woonagtig in Sydenham naby die Soutpan as ek reg kan onthou .
Naand kan jul asb vir my se wanr di grd 9 kids skool gaan en di tye asb
K
Hi.. Ek nodig dringend hulp asb,ons verhuis en ek op soek nA skool vir my kind graad 9 hoe gaan ek te werk, want as mens bel se hule net daar is geen plek. Ek nodig hulp asb.
Hi Ken enige iemand my se wanneer kry di nuwe Gr8 n antwrd is hle anvaar asb
Hi daar aan al die onderwysers en skoolhoof. Ek wil net graag weet wanneer die graad 8's by die skool moet wees vir die orientasie program en om hulle boeke te ontvang asv, want die orspronglike datum was die 26ste Januarie gewees.

Hoërskool Cillié is 'n publieke hoërskool geleë in Sydenham, Port Elizabeth. As die oudste Afrikaanse hoërskool in Port Elizabeth fokus ons baie sterk op akademie, sport, kultuur en gemeenskap.

Baie welkom by Hoërskool Cillié, die eerste Afrikaansmediumskool wat opvoeding verskaf aan leerders vanuit die breë Port Elizabeth gemeenskap. Akademie is ons erns en daarvan getuig ons hoë slaagpersentasie van matrieks. Die afgelope tien jaar handhaaf ons 'n 98% slaaggemiddelde. Buitemuurse aktiwiteite speel ook 'n belangrike rol by ons skool. Verskeie soorte sport en kulturele aktiwiteite word a

Operating as usual

Photos from Hoërskool Cillié's post 12/09/2021

Vyf Graad 8's het verlede week aan die ATKV se Afrikaanse olimpiade deelgeneem. Dit was vir hulle 'n baie goeie ervaring om dit aanlyn uit te voer.
Dankie aan elke ouer/voog wat hierdie geleenthede vir hul kinders bied.

#VolhardenOorwin #Afrikaans #ATKV #Olimpiade #Opportunities

Photos from Hoërskool Cillié's post 07/09/2021

Cillie se twee debatspanne het vir die eerste keer in Engels gedebatteer. Die twee groepe het mekaar behoorlik opdraende gegee. Op Woensdag, 8 September, vind die interskole kompetisie plaas wat in samehang met MIET AFRICA en die DBO gereël word. Ons hou styf duim vas vir ons span.
#TrotsCillie #VolhardenOorwin #CillieDebat #MIETAfrica #Geleenthede #Opportunities

04/09/2021

Baie geluk aan Cillié se verteenwoordigers op die juniorstadsraad: Andenique Doubell wat verkies is tot die amp hoof van finansies en Yanga Mpulu as ons junior-verteenwoordig.
Ons is baie trots op julle!
#JCC2021 #JCC2022 #TrotsCillie #VolhardenOorwin

Baie geluk aan Cillié se verteenwoordigers op die juniorstadsraad: Andenique Doubell wat verkies is tot die amp hoof van finansies en Yanga Mpulu as ons junior-verteenwoordig.
Ons is baie trots op julle!
#JCC2021 #JCC2022 #TrotsCillie #VolhardenOorwin

Photos from Hoërskool Cillié's post 25/08/2021

Cillié sê baie dankie aan die Mount Road Womens Network wat saam met die dames van die SAPS vir ons dogters toiletware ingesamel het. Hulle was vandag by die skool om dit persoonlik af te lewer.

#VolhardenOorwin #VroueMaand #WomensMonth #MountRoadWomensNetwork #DankieDames #CleanlinessIsNextToGodliness #ProudlySA #SAPS #SAPD

22/08/2021

Cillié spog met wonderlike akademiese uitslae in die Tweede Kwartaal. Baie geluk aan elke leerder uit elke graad wat die Top 10 gehaal het. Julle harde werk pluk vrugte!

#VolhardenOorwin #TrotsCillie #CillieTop10 #Prestasie #ReapBenefits #Sukses #Success

Cillié spog met wonderlike akademiese uitslae in die Tweede Kwartaal. Baie geluk aan elke leerder uit elke graad wat die Top 10 gehaal het. Julle harde werk pluk vrugte!

#VolhardenOorwin #TrotsCillie #CillieTop10 #Prestasie #ReapBenefits #Sukses #Success

Photos from Hoërskool Cillié's post 19/08/2021

Maandag het die Graad 9's begin met STEM. Stem in Action is 'n program van Nelson Mandela-universiteit wat leerders meer oor Fisiese Wetenskap leer.

#StemInAction #NMU #PhysicsIsFun #FisikaPret #TrotsCillie #VolhardenOorwin

Photos from Hoërskool Cillié's post 16/08/2021

Cillié het die naweek deelgeneem aan die The Herald Isuzu vasvrae-kompetisie. Hierdie vier dogters het deurgedring na die tweede rondte.

Baie geluk, ons is trots op julle!
Baie dankie aan Juf. Bott wat die dogters vergesel het.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #HeraldNMB #IsuzuSA #HeraldIsuzu #AfrikaansKanOokEngelsDink

Photos from Hoërskool Cillié's post 02/08/2021

Hoërskool Cillié se onderwysers het verlede week hulle eie unieke civviedag gehad. Ons hoop die leerders het die sports geniet.

POPI Act Compliance | Protection of Personal Information 30/06/2021

POPI Act Compliance | Protection of Personal Information

Volgens die POPI Wet wat môre, 1 Julie 2021, in werking tree, is ons verplig om 2 vrae aan elke persoon op die blad te vra:

1. Wil jy deel van die blad wees?

2. Onderneem jy om nie die persoonlike inligting van die lede sigbaar, elders te gebruik nie?

Indien jy JA kan antwoord, bly asb. op die blad en deel van die Cillié-familie. Jy hoef nie 'n antwoord te stuur nie, jou stilswye veronderstel dat jy by die reëls sal hou.

Indien jy NEE antwoord, verlaat asb. die blad.

Ons glo dat elkeen verstaan en ons in hierdie verband sal help. Indien jy nie bewus is van hierdie wet nie, vergewis jouself asb. daarvan:
https://www.popiact-compliance.co.za/

POPI Act Compliance | Protection of Personal Information Ensure Popi Act compliance with our set of tools, guidance and quickstart process. All guidance is based on international (GDPR) best practice

Photos from Hoërskool Cillié's post 04/06/2021

Colour Run 2021

Twee weke gelede het Hoërskool Cillié hul jaarlikse Colour Run gehou. Hierdie jaar se volstruispoot-trofeë is gewen deur Clyde Botha (1ste in die seunsafdeling) en Danel Coetzee (1ste in die dogtersafdeling).

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #CillieColourRun

Photos from Hoërskool Cillié's post 20/05/2021

Mnre Heyman en Oelofse van National Archery in the schools programme SA (NASP) het gister en vandag by Hoërskool Cillié boogskiet aan die leerders en onderwysers bekendgestel.

20/05/2021

Die volgende twee beheerliggaamposte is by Hoërskool Cillié, in Port Elizabeth, beskikbaar:
- Toerisme en/of RTT Graad 10 tot 12
- Geskiedenis en/of Verbruikerstudies Graad 10 tot 12

Sluitingsdatum: 14 Junie 2021

Die volgende twee beheerliggaamposte is by Hoërskool Cillié, in Port Elizabeth, beskikbaar:
- Toerisme en/of RTT Graad 10 tot 12
- Geskiedenis en/of Verbruikerstudies Graad 10 tot 12

Sluitingsdatum: 14 Junie 2021

Photos from Hoërskool Cillié's post 19/05/2021

Leerders van Hoërskool Cillié het gister deelgeneem aan die Afrikaanse Olimpiade. Vanjaar was die eerste keer wat hierdie olimpiade aanlyn beskikbaar was.

#VolhardenOorwin #AfrikaanseOlimpiade #AfrikaansOnsTaal

15/05/2021

Baie geluk aan ons eie Liyema Helesi, wat verkies is tot die leier van die alt-stemgroep in die Oos-Kaap Jeugkoor.
Ons is baie trots op jou.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #ECYC #koor #koordinge #choirlife

Meet the new leaders of the Eastern Cape Youth Choir 2021. We congratulate the following amazing students:

Back row: Gordon Barnes, leader of the tenors (Westering HS) and Colin Murchie, leader of the basses (Home schooled).
Second row: Liyema Helesi, leader of the altos (Cillié HS) and Lilitha Maha, leader of the sopranos (Collegiate Girls’ HS).
Front row: Liyema Langa, Head boy ( Grey HS) and Palesa Kanana, Head girl (Linkside HS).

Photos from Hoërskool Cillié's post 14/05/2021

Hoërskool Cillié bloei 63 pinte

Cillié het weer die teiken gehaal deur 63 pinte bloed te skenk. Baie dankie aan al die leerders, onderwysers, ouers en oud-skoliere vir hierdie uitstekende poging.

Baie geluk aan ons voorsitter van die beheerliggaam, mev. Coetzee, met haar 40ste pint.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #SANBS #Bloedskenk #Blooddonors #iwantyourblood

08/05/2021

Ons bloei weer hierdie komende Donderdag, 13 Mei. Om te kan skenk, moet jy ouer as 16 jaar wees en ten minste 50kg weeg.

#SANBS #iwantyourblood #Bloedskenk #Blooddonors

Ons bloei weer hierdie komende Donderdag, 13 Mei. Om te kan skenk, moet jy ouer as 16 jaar wees en ten minste 50kg weeg.

#SANBS #iwantyourblood #Bloedskenk #Blooddonors

Photos from Hoërskool Cillié's post 05/05/2021

Charlyne wen silwer

Tydens die 1ste kwartaal het Charlyne Nhlapo 2de plek behaal by die SA Skole se 100m meisies o/16-ouderdomsgroep.

Dit is 'n fenomenale prestasie!

#VolhardenOorwin #TrotsCillie #SASchools #SAAthletics #100m #Prestasie #Atletieknuus #Silwer #CharlyneNhlapo

Diabetic organising Hogsback camp for youth living with condition 21/04/2021

Diabetic organising Hogsback camp for youth living with condition

Oud-skolier, Ernest Groenewald, loods 'n veldtog vir jeugdiges met suikersiekte.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #diabetes #bloodsugar #diabetesSA #DSA #hcsmSA #insugar #diabetesawareness

Diabetic organising Hogsback camp for youth living with condition Familiar with the challenges of living with diabetes from a young age, a former Cillié High School pupil is organising a three-day camp for diabetic youth and their parents.

Photos from Hoërskool Cillié's post 01/04/2021

Paasnaweek-bederfies

Die leerderraad het die onderwysers vandag bederf met 'n paaseiers, terwyl Juf Pieterse haar Graad 12 Besigheidstudieklas met 'n lekker koppie koffie en koekies bederf het.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #Paasfees #Easter2021 #Bederfies

Photos from Hoërskool Cillié's post 11/03/2021

Bloedskenk sukses

Ten spyte van die strenger maatreëls, was vandag se bloedskenk 'n groot sukses. Cillié het 75 pinte ingesamel wat alle verwagtinge oortref. Volgens die SANBS lê Cillié nou heel-bo van alle skole in PE.

Dankie aan ons oud-skoliere, ouers en vriende wat ons ondersteun het met hierdie uitstekende poging.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #SANBS #Bloedskenk #Blooddonors #SoekJouBloed

03/03/2021

Kom bloei saam Donderdag, 11 Maart vanaf 8h30 tot 14h30 by Hoërskool Cillié. Alle ouers en oud-skoliere is welkom om by te dra.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #Blooddonors #SANBS

Kom bloei saam Donderdag, 11 Maart vanaf 8h30 tot 14h30 by Hoërskool Cillié. Alle ouers en oud-skoliere is welkom om by te dra.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #Blooddonors #SANBS

Photos from Hoërskool Cillié's post 02/03/2021

Eko-klub skop af!

Cillié se Eko-klub het vandag weer begin. Die leerders het die omgewing rondom die skool skoongemaak.

Dankie vir julle bydra om die gemeenskap skoon te hou. Julle is fantasties!

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #EkoKlub #Ecoclub #GoingGreen #Care4Environment #Community

27/02/2021

Knap gedaan aan die matriekklas van 2020.

Knap gedaan aan die matriekklas van 2020.

24/02/2021

Cillié se spoggerige matrikulante in vandag se Die Burger.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #Matiek2020

Cillié se spoggerige matrikulante in vandag se Die Burger.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #Matiek2020

Photos from Hoërskool Cillié's post 23/02/2021

Trots op matrieks van 2020

Ons, as Hoërskool Cillié, is baie trots op die matrieks van 2020, wat te midde die moeilike omstandighede, nogsteeds 'n 92%-slaagsyfer gehaal het.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #Matiek2020

[02/19/21]   *Matriekuitslae 2020*
Matriekuislae word Dinsdag, 23 Februarie bekend gemaak. Matrieks en MEO's kan vanaf 09:00 tot 11:00 hul uitslae by die skool kom afhaal. Geen toelating sonder 'n masker nie. Gebruik hoofhek as ingang, laat jou temperatuur meet en saniteer jou hande. Gaan die Ventersaal binne by die agterste deur van die saal , soos tydens eksamen. Behou jou sosiale afstand. BRING ALLE UITSTAANDE HANDBOEKE, MIND THE GAP, ens saam. BETAAL ALLE UITSTAANDE SKULD. Geen vreemdelinge mag jou vergesel nie en sal nie toegelaat word nie. Ons weet almal wat hard gewerk het, sal goeie nuus ontvang.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #Matiek2020 #DoEresults #Matricresults #Grade12 #Grade12results

Photos from Hoërskool Cillié's post 17/02/2021

Dankie Leerderraad vir die bederf met 'n roomys.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin

10/02/2021

Die nuutste skoolkalender vir 2021.

Die nuutste skoolkalender vir 2021.

09/02/2021

Die J in JCC staan vir Jennifer-Ann

Hoofdogter van 2021, Jennifer-Ann Claassen, dien hierdie jaar as hoof van die juniorstadsraad se finansies en tesourier. Ons is regtig trots op jou.

Loer graag na die video in die volgende link:
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=4403346026348402&id=113567355326312

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #JCC2021 #JCCVIP #nqababhanga #nmbmayor #nmb

Die J in JCC staan vir Jennifer-Ann

Hoofdogter van 2021, Jennifer-Ann Claassen, dien hierdie jaar as hoof van die juniorstadsraad se finansies en tesourier. Ons is regtig trots op jou.

Loer graag na die video in die volgende link:
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=4403346026348402&id=113567355326312

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #JCC2021 #JCCVIP #nqababhanga #nmbmayor #nmb

[02/02/21]   *Eerste dag vir aanmeld
Graad 8: Feb 12 - Oriëntasie (Groep A-M om 8h30, Groep N-Z om 11h00)
Graad 9: Feb 15 om 7h50
Graad 10: Feb 16 om 7h50
Graad 11: Feb 15 om 7h50
Graad 12: Feb 16 om 7h50

*Handboeke word elke dag uitgedeel van 9h00 tot 11h00 soos op hierdie dae:
Graad 8: Feb 4, 9, 11
Graad 9: Feb 5, 9
Graad 10: Feb 4, 8, 11
Graad 11: Feb 3, 5, 10
Graad 12: Feb 3, 8, 10

*Let wel: Geen registrasievorms word aanvaar sonder die bewys (kwitansie) van registrasiegelde (volle betaling) nie. Registrasiegelde moet teen 12 Februarie betaal wees.

26/01/2021

Aandag alle 2021-ouers en -leerders. Neem asb. kennis van hierdie brief wat die nuutste inligting bevat t.o.v. herregistrasie, boekuitreiking, Graad 8-oriëntasie, eerste skooldag en Covid-19 maatreëls. Lees asb. die brief aandagtig.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin

Aandag alle 2021-ouers en -leerders. Neem asb. kennis van hierdie brief wat die nuutste inligting bevat t.o.v. herregistrasie, boekuitreiking, Graad 8-oriëntasie, eerste skooldag en Covid-19 maatreëls. Lees asb. die brief aandagtig.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin

25/01/2021

Baie geluk aan ons onderhoof seun van 2020, Elrico Williams, wat toegeken is met hierdie beurs. Jou harde werk, deursettingsvermoë en nederige gesindheid word beloon.
Welverdiend!

#VolhardenOorwin #TrotsCillie #BASF #UnityInAfrica #MakingUsProud #BlinkToekoms #CarpeDiem #UINA

Congratulations Elrico!
BASF
Cillie High School

Photos from Hoërskool Cillié's post 09/01/2021

Hoërskool Cillié sê BAIE DANKIE vir Johannes Meyer (1986 matriek) wat vir die skool hierdie 8 sitplektafels geskenk het. Hy het al by talle gholfdae in die verlede vir die skool groot skenkings gemaak. Ons waardeer jou gesindheid en oop hand vir jou alma mater. Seën vir jou besigheid ten spyte van die grendeltyd.

#TrotsCillie #VolhardenOorwin #Almamater #Terugploeg

04/01/2021

Een beheerliggaampos by Hoërskool Cillié in Port Elizabeth beskikbaar:
- Sosiale Wetenskappe Graad 8 en 9
- Toerisme Graad 10 tot 12

#TrotsCillie #VolhardenOorwin

Een beheerliggaampos by Hoërskool Cillié in Port Elizabeth beskikbaar:
- Sosiale Wetenskappe Graad 8 en 9
- Toerisme Graad 10 tot 12

#TrotsCillie #VolhardenOorwin

Photos from Hoërskool Cillié's post 01/01/2021

Huldeblyk: Ben Smit

Dit is met groot hartseer dat Hoёrskool Cillié nóg 'n geliefde kollega, mnr. Ben Smit op 62-jarige ouderdom, aan die dood moes afstaan as gevolg van Covid 19. Hy was vir 'n bietjie meer as twee weke in intensief.

Ben het in 1984 by Hoёrskool Cillié begin en hoofsaaklik Aardrykskunde en Geskiedenis gegee. Hy was 5 jaar betrokke in die privaatsektor en het teruggekeer na Hoёrskool Cillié. Hy was 32 jaar verbonde aan die skool.

Ben het al die veranderinge in die onderwys beleef en baie goed aangepas. Leerlinge het leerders geword, sillabusse het kurrikulums geword, die lat is vervang deur waardes, wasvelle is vervang deur tegnologie ens. Ben was bedrewe in die jongste tegnologie en het dit tot voordeel van sy leerders aangewend in Toerisme en Sosiale Wetenskappe.

Ben was onder andere 'n liefhebber van die natuur. Hy het sy tuin voёlvriendelik ingerig met allerlei versnaperinge en 'n suikerwaterdrinkplek. Die nuutste besoeker moes geïdentifiseer word.

Ben het menige rugbyspan afgerig asook vir 'n tydperk krieketspanne. In die vroeё negentiger jare het hy die skool se rugbyspan op rugbytoere vergesel.

Ben was 'n vaderfiguur vir menige seun en dogter wat in enkelouerhuise grootgeword het. Hy was die sagmoedige reus wat hom oor 'n kind kon ontferm.
Hy was baie trots op sy eie seuns, Ben en Louis. Hy het ook die nuwe en soms baie jong onderwysers gementor.

Ben het 'n baie goeie algemene kennis gehad en was baie lief vir sy koerant byname Die Burger en Rapport. Hy het sy koerant van hoek tot kant gelees. In 'n vasvrakompetisie moes hy in jou span wees. Hy kon 'n sinvolle gesprek voer oor menige onderwerp.

Elke onderwyser is 'n taalonderwyser. Ben het ‘n uitstekende taalvermoё gehad. Hy was lief vir woordspeling in Afrikaans en het so vir menige humoristiese opmerking gesorg. Soms was dit stuitig, soos die oumense sou sê. Wanneer 'n besoekende Argentynse rugbyspan kom kuier het, het hy hulle 'n paar Spaanse woorde toegevoeg.

Ben was 'n sosiale mens met 'n baie wye vriendekring. Hy het seker geen vriendskapversoek op sosiale media geweier nie. Daar was vir hom niks lekkerder as om saam met sy vriende om 'n vuurtjie onder sy lapa te kuier nie. Die lapa sou seker 'n hele paar interessante stories kon vertel. Hy en Thea het gedurig mense genooi om te kom kuier. Dit is die gasvryheid wat Hebreёrs 13:2 ons versoek.

Hoёrskool Cillié sal Ben Smit se teenwoordigheid mis. Hy laat ‘n groot leemte.

Ons betuig ons innige meegevoel met Thea, Lorine, Ben, Louis, sy broers Gustav en Gerrit en naaste familie. Ons bid dat ons hemelse Vader hulle sal vertroos.

Videos (show all)

Vuyo Ngetu in Graad 10 het gisteraand op 50/50 verskyn. Hy deel sy wysheid oor herwinning met ons.#TrotsCillie #Volharde...
Die Graad 12's begin môre weer met skool. Die onderwysers is baie opgewonde om die skooljaar weer te hervat.Hier is 'n b...
JAM Live Opening
Vanoggend in Saal het mnr de Beer vir ons die "Standard Dance" geleer. Dit was deel van sy promosie vir JAM. Dit was nou...
Cillié se leerders stuur 'n boodskap aan die Nasionale-rugbyspan. Ons is trots Springbok-ondersteuners!#BokFriday #Sprin...
2017 se Bestes
Promo video vir Matriekafskeid

Category

Products

Hoër-onderwys

Telephone

Address


Corner Of Kempston- And Commercial Roads
Port Elizabeth
6001

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 07:45 - 15:00
Wednesday 07:45 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 09:00 - 15:00
Other High Schools in Port Elizabeth (show all)
Westering High School Westering High School
Papenkuil Street
Port Elizabeth, 6025

An Educational Adventure

Gelvandale High School Gelvandale High School
107 Martin Street,Gelvandale,Port Elizabeth,6020
Port Elizabeth, 6020

We strive to be a highly respected, self-supporting, productive school in a safe, secure, disciplined and attractive environment which is conducive to a culture of learning.

Gelvandale High School Gelvandale High School
C/o Gail Road & Stanford Road
Port Elizabeth, 6020

Khwezi Lomso Comprehensive Alumni Khwezi Lomso Comprehensive Alumni
Johnson Road, Zwide
Port Elizabeth, 6201

Khwezi Lomso Comprehensive was established in 1983 and is situated in Zwide, Port Elizabeth. In 2010 the Khwezi Lomso Alumni Trust Fund was established to assist the school with funding of learning activities.

Linkside High School Linkside High School
Wychwood Ave, Linkside
Port Elizabeth, 6001

By creating unique educational opportunities we endeavour to guide learners towards achieving their maximum potential, to play a meaningful role in society.

Hoërskool Pearson High School Hoërskool Pearson High School
Jenvey Rd, Summerstrand, Port Elizabeth
Port Elizabeth, 6001

Striving for excellence in academics, sport, spiritual and cultural activities, Pearson High School aims to cater for every individual.

Westering High School Westering High School
Port Elizabeth, 6025

Lawson Brown High School Lawson Brown High School
Illingworth Street, Millard Grange
Port Elizabeth, 6001

Per Ardua Ad Astra

Victoria Park High School Victoria Park High School
Cnr Victoria Park Drive & First Avenue, Walmer
Port Elizabeth, 6070

Victoria Park High School is a co-educational higher education day-school located in Port Elizabeth Send news and photos to [email protected]

Hoërskool Framesby Hoërskool Framesby
Cornelialaan
Port Elizabeth, 6045

Hierdie is die amptelike "Fan Page" vir Hoërskool Framesby.

Khwezi Lomso Comprehensive School Khwezi Lomso Comprehensive School
Port Elizabeth, 6061

Khwezi Lomso Comprehensive was established in 1983 and is situated in Zwide, Port Elizabeth.

Alexander Road High School Music Department Alexander Road High School Music Department
Alexander Road Newton Park
Port Elizabeth, 6001

This is a page to keep The Supporters of the Alexander Road High school Music Department up to date.