Ansie Steyn Interiors
Nearby home improvement businesses
Builders @ Home, Cnr Louis Fourie Road and Melkhout Street, Heiderand
Ansie Steyn Interiors is about offering a truly one stop platform for all decorating and design need
"Simplicity is the ultimate form of sophistication" - Leonardo da Vinci
In outydse taal sou die woonstelblokke wat bekend staan as Trio Towers ongetwyfeld wolkekrabbers wees. Dit sal altyd ‘n indrukwekkende en onuitwisbare merk op die Diazstrand horizon laat.
So kom dit dat die Venters ( eienaars van ‘n groot woonstel in een van die torings) my nader om hulle woonstel bietjie te vernuwe en selfs hier en daar te moderniseer.
My opdrag was om soveel as moontlik van die bestaande meubels te hergebruik in my poging om die beskikbare spasie ‘n nuwe en vars “look and feel” te gee.
Dit was gou duidelik dat die ruimte herskep moes word om vloei van die kombuis na die braai area vas te vang. Daar is omsigtig gewerk om nuwe lewe in ouer meubels in te blaas met verf, tekstuur en stofering. Die mure is gedoop in kontraskleure en gaandeweg het die prentjie verander.
Bestaandeleef-areas is nuwe lewe gegee deur dit met pragtige meubels en dekor aan te vul. Soos gewoonlik is daar gespeel met beligting, plante en dekor items. En stelselmatig is die natuurlike vloei in hierdie ruim woonstel, waarna ek gestreef het, bewerkstellig en is ‘n totaal ander atmosfeer geskep.
Dit sou nie moontlik gewees het as die eienaars ons nie vertrou het met ons vertolking van hulle visie en smaak nie.
En so het die woonstel ‘n nuwe baadjie gekry. En het ek nuwe vriende…
Almal ken of weet van die besigheid wat ons ken as die Shell Garage in Voorbaai, Mosselbaai.
Dit is ‘n indrukwekkende besigheid wat bestaan o.a.uit die vulstasie, ‘n groot winkel, die Interkaap kaartjieskantoor en die kantore van vanwaar hierdie besighede bestuur word.
Die besigheidhede word deur die ewe dinamiese en wonderlik joviale Johannes en Linette Bischoff besit en bestuur.
My opdrag was eenvoudig dog duidelik. Daar moet uit die bestaande omgewing ‘n aangename, mooi, warm, gerieflike, elegante maar tog ook funksionele ruimte geskep word vir almal wat daar werk. Vir enige binnehuis-ontwerper en stilis is so ‘n opdrag altyd ‘n uitdaging. Want uiteraard het almal verskillende smake en voorkeure. En hoe vertolk mens immers ander se ervaring en smaak?
Maar vir een of ander rede het die vulstasie en kaartjieskantoor my onmiddellik getref as die begin van ons Tuinroete. En dat ek my inspirasie daaruit moet put.
En skielik het woorde van Michelangelo wat lank reeds maal in my kop my by geval. Want ek geweet wat gedoen moes word:
‘The sculpture is already complete within the marble block, before I start my work. It is already there; I just have to chisel away the superfluous material”
Ek het die inheemse groen van die Tuinroete buite gaan haal en deel gemaak van die kantore en werkspasie met luukse plakpapier, materiale en sterk verfkleure. Ek het hout panele laat laat maak om die aardse gevoel van die Suidkaap woude lewendig te maak. Modieuse rottang lampskerms en byderwedse plastiek stoele het die prentjie begin voltooi.
Dit was inspirerend om nuwe lewe te kon inblaas in van die “ou” meubels met nuwe stoffeer-idees. Selfs ‘n groot Zebra gedrewe kunswerk wat ledig rond gestaan het het ‘n spesiale plek gevind teen van die mure.
Uiteindelik was werk nie meer werk nie en die proses van vernuwing ‘n belewenis, Dit het nie meer gegaan oor die eindproduk nie want die reis het sy eie beloning gebied.
Ek glo werklik dat stilering wat hier gebeur het ironies genoeg reg laat geskied aan my filosofie dat eenvoud die “ ultimate” vorm van sofistikasie is. En dat binnehuise ontwerp kontemporêr kan wees maar steeds tydloos in elegansie.
n Rukkie terug het gevestigde kliënte (wat intussen dierbare vriende geraak het) my genader om om te help met die omskep van die stoep van hulle woonstel in ‘n luukse ontwikkeling naby Diasstrand. Die stoep moes toegebou word om plek te maak vir die kleinkinders, maar die nuwe vertrek moes darem nie soos nog ‘n stoepkamer lyk nie!
Die nuwe vertrek moes dien as speelplek en slaapplek. En moes natuurlik esteties sin maak.
Ons het vanuit die staanspoor besef dat enige konsep waar die nuwe vertrek nie geintegreer kon word met die bestaande leef en sitkamerspasie nie ‘n opsie sou wees nie. Die sinvolle vermenging van vorm en funksie was ‘n duidelike ideaal.
Ek het geweet dat ek nie die modern maar steriele glaspanele sou kon vermy nie. Maar het ook geweet dat my jarelange en baie knap kabinetmaker ‘n spesiale kas sou kon ontwerp en bou wat die nuwe fokuspunt in die vertrek sou word. En siedaar: met duursame nuwe stofering en ottomans wat gewissel kan word tussen leef en slaap funksies, is ‘n vertrek geskep wat nie afbreuk doen aan die res van die pragtige woonstel en meubels nie. En is daar letterlik uit dooie spasie lewe en lig geskep,
Die bevrediging is nederig mateloos.
‘n Groot deel van Mosselbaai se besonderse aantrekkingskrag as gesogde toeriste-bestemming is onteenseglik die uiteenlopende natuurskoon wat geografies saamspan om aan ons dorp sy unieke bekoring te verleen
Mens kan jou beswaarlik Mosselbaai indink sonder die verleidelike magnetisme van Dias Strand met sy sprokiesmooi strand en kuslyn. Moet my liefs nie kwalik neem nie, maar ek het nog altyd stilletjies geglo dat Diasstrand, Afrika se vertolking van Brisbane se Gold Coast en Florida/ Miami Beach se talle promenades is.
Die indrukwekkende hoë woonstelblokke op Dias Strand maak natuurlik deel uit van die Van Niekerk nalentenskap aan Mosselbaai en sy mense. Hier word die moderne en eietydse vermeng met die eenvoud van die onpretensieuse Kaapse Tuinroete.
Tussen die manjifieke toring-geboue en ander weelderige akkomodasie lê daar ‘n juweel verskuil….die Dias Boetiek Hotel.
Die Hotel is ‘n ruk terug deur ‘n bekende plaaslike entrepreneur opgeraap en het stil stil idees begin insamel om reg te laat geskied aan hierdie unieke eiendom wat toendertyd deur die legendariese Hennie van Niekerk vir sy dogter gebou is…as ek reg onthou.
Maar toe kom die pandemie en die hotel en akkomodasiebedryf moes, selfs goed beraamde planne heroorweeg.
So kom dit toe dat my goeie vriend en eienaar van die Hotel my verlede jaar nader met ‘n opdrag wat meeste interieur konsultante en dekor konsultante gewoonlik laat breed glimlag: vernuwe en maak mooi…skep warmte…maar behou alles wat steeds deugsaam is. Ek is vrye teuels gegee en kon my eiesoortige eklektiese stempel afdruk op die omvangryke projek sonder enige inmenging van die eienaar.
So het die Dias Boetiek Hotel ‘n nuwe baadjie gekry. Daar is weggedoen met van die “bling” en ons het probeer om ‘n huislik warm, maar tog gesofistikeerde gevoel te weeg te bring. Verfkleure en teksture is ingespan om vars en nuwe lewe in hierdie waardige omgewing in te blaas.Ons was deurgaans bewus van die eise wat ‘n kommersiële hotel besigheid aan meubels en bybehore stel.
Ek bly onuitspreeklik dankbaar vir hierdie geleentheid wat my dierbare vriende my gebied het. Projekte soos hierdie maak altyd deel uit van ‘n eie pelgrimstog na selfontdekking en nederigheid.
Hier is ‘n paar foto’s…
,
‘n Groot deel van Mosselbaai se besonderse aantrekkingskrag as gesogde toeriste-bestemming is onteenseglik die uiteenlopende natuurskoon wat geografies saamspan om aan ons dorp sy unieke bekoring te verleen
Mens kan jou beswaarlik Mosselbaai indink sonder die verleidelike magnetisme van Diasstrand met sy sprokiesmooi strand en kuslyn. Moet my liefs nie kwalik neem nie, maar ek het nog altyd stilletjies geglo dat Diasstrand, Afrika se vertolking van Brisbane se Gold Coast en Florida/ Miami Beach se talle promenades is.
Die indrukwekkende hoë woonstelblokke op Diasstrand maak natuurlik deel uit van die Van Niekerk nalentenskap aan Mosselbaai en sy mense. Hier word die moderne en eietydse vermeng met die eenvoud van die onpretensieuse Kaapse Tuinroete.
Tussen die manjifieke toring-geboue en ander weelderige akkomodasie lê daar ‘n juweel verskuil….die Dias Boetiek Hotel.
Die Hotel is ‘n ruk terug deur ‘n bekende plaaslike entrepreneur opgeraap en het stil stil idees begin insamel om reg te laat geskied aan hierdie unieke eiendom wat toendertyd deur die legendariese Hennie van Niekerk vir sy dogter gebou is…as ek reg onthou.
Maar toe kom die pandemie en die hotel en akkomodasiebedryf moes, selfs goed beraamde planne heroorweeg.
So kom dit toe dat my goeie vriend en eienaar van die Hotel my verlede jaar nader met ‘n opdrag wat meeste interieur konsultante en dekor konsultante gewoonlik laat breed glimlag: vernuwe en maak mooi…skep warmte…maar behou alles wat steeds deugsaam is. Ek is vrye teuels gegee en kon my eiesoortige eklektiese stempel afdruk op die omvangryke projek sonder enige inmenging van die eienaar.
So het die Dias Boetiek Hotel ‘n nuwe baadjie gekry. Daar is weggedoen met van die “bling” en ons het probeer om ‘n huislik warm, maar tog gesofistikeerde gevoel te weeg te bring. Verfkleure en teksture is ingespan om vars en nuwe lewe in hierdie waardige omgewing in te blaas.Ons was deurgaans bewus van die eise wat ‘n kommersiële hotel besigheid aan meubels en bybehore stel.
Ek bly onuitspreeklik dankbaar vir hierdie geleentheid wat my dierbare vriende my gebied het. Projekte soos hierdie maak altyd deel uit van ‘n eie pelgrimstog na selfontdekking en nederigheid.
Hier is ‘n paar foto’s…
,
Ek is teen die einde van die ou jaar deur die vennote van die plaaslike radiologie-praktyk gevra om te help met die verfraaing van hul ontvangs-ruimtes.
Besoeke aan dokter-spreekkamers word maar met ‘n mate van angs vereenselwig. My mandaat was gevolglik om die spasie te omskep na ‘n warm, opbeurende, gemaklike en selfs bemoedigende omgewing. Maar die area moes steeds elegansie, sofistikasie en tydloosheid projekteer.
Ek had verf, tekstuur, materiale, muurpapier en meubels tot my beskikking om die mandaat te vertolk.
Die werklike beloning lê in die dankbaarheid van die kliënt wat my met waagmoed vertrou het om hul visie te vertolk. Ek hoop van harte dat bestaande en toekomstige pasiënte die spasie met net soveel vreugde gaan ervaar as my span geput het uit hierdie opdrag.
Pinnacle Point en die bestuurspan van hierdie suksesvolle ontwikkeling lê my bitter na aan die hart.
Die verbintenis en vriendskap kom al vir jare.
Elke keer as ons gevra word om by ‘n projek in Pinnacle Point betrokke te raak is dit ‘n besondere voorreg.
Ons het onlangs die administrasie-gedeelte en huiseienaarsvereniging se publieke ruimtes ‘n nuwe baadjie gegee.
Sonder om die proses oormatig klinies en minimalisties aan te pak, moes funksionaliteit tog die bo-toon voer en ‘n professionele inslag moes oorgedra word. Sonder dat dit darem kil en koud voorgekom het.
Hiermee nog foto’s van die administrasie gedeelte waar die vermenging van sagte kleure, kontrasmure, moderne plakpapier, teksture en die inspan van soliede hout meubels die spasie ‘n deftige metamorfose laat ondergaan het….
Glo my: Seeplaas is iets totaal uniek en slaag daarin om daardie tikkie uitnemendheid en sofistikasie, waarmee die Kaapse Suidkus so graag wil spog, te weerspieël. Gaan soek daarna….
Seeplaas is ‘n gekoesterde juweel, en kruip skamerig weg op die groot duine tussen Groot en Kleinbrakrivier. Dit is daar waar die vars seelug van die tuinroete, met sy wit strande en die intimiderende rotsbanke hande vat met die skaduryke hange van die Outeniqua berge.
Seeplaas is soms ietwat oorweldigend. Daar is ‘n restaurant, maar daarbenewens is dit reeds ‘n gesogde “venue” vir troues en funksies, bied besonderse akkomodasie , spog met ‘n interessante spesialiteits-winkel, het ‘n gewilde wynproelokaal wat gedeel word met die welbekende Diemersdal landgoed. En natuurlik ‘n reeds legendariese en welbekende kunsgallery.
Om betrokke te raak by ‘n binnehuis-ontwerp-en versier-projek soos Seeplaas, is onteenseglik ‘n pluimpie in die spreekwoordelike hoed, maar terselftertyd maan dit jou om jou voete op die grond te hou. Ek was van die begin af bewus van die enorme uitdaging wat Seeplaas sou inhou omdat die omgewing en geografie noodwendig verwagtinge skep. Uiteindelik word die versierder gedaag om die ruimte en omgewing te vertolk soos ‘n wafferse kunstenaar.
Die projek was werklik inspirerend. Die eienaars verteenwoordig enersyds kreatiwiteit en die kunssinnigheid van ‘n suksesvolle kunstenaar en andersyds was daar deurlopend ‘n duidelike aanvoeling van styl en vir dit wat prakties sin maak en ook diensbaar is. Eklekties, anders maar moes balans skep tussen die estetika en funksionaliteit.
Ons vertrekpunt was die integrasie van al die komponente wat Seeplaas so spesiaal maak. Om losstaande “ statements” te vermy en te fokus op natuurlike vloei. Maar ons was ook realisties. Alles kon nie gelyk aangepak word nie. Daarom beplan ons om uiteindelik die Seeplaas ruimtes geleidelik te integreer met die oorblywende akkomodasie gedeeltes en ander publieke ruimtes.
Daar was vanuit die staanspoor eenstemmigheid oor die “look and feel” waarna gestreef sou word. Ontwerp-konsepte soos warmte, balans, ‘n moderne gevoel, tydloosheid, varsheid, elegansie en sofistikasie moes uitdrukking vind in kleure, teksture en afwerking. Ontwerp moes aangevul word deur detail in meubels, toebehore en ander versierings.
My ontwerp filosofie was nog altyd “simplicity is the ultimate form of sophistication”. Soms is dit maar moeilik om hierdie benadering te maak werk, maar ek is net weer herhinner dat ontwerp-integriteit die spil is waarom alles draai en “devil is the detail!”
Dankie aan die eienaars wat aanhou glo het in my en span. En natuurlik my dank aan almal wat my so lojaal ondersteun het.
Die foto’s vertel van ‘n wonderlike reis…’n reis saam met ‘n baie spesiale plek.
Pinnacle Point remains a perennial draw card for discerning tourists, holiday makers and property investors to the Garden Route. And Mossel Bay, in particular. It is easy to see why this impressive and well managed development is so popular.
Pinnacle Point is generally regarded as one of finest and most picturesque golf courses in the country and provides a significant backbone to spectacular estate living and continues to attract international and local guests.
I am blessed to have enjoyed a wonderful relationship with the Pinnacle Point management team over the last few years. I have come to understand and relate to the immense pressure and expectations exerted by international residents and property owners on the management staff and therefore feel privileged and humbled when asked to become involved in the redecorating of parts of the estate.
The entrance to Pinnacle Point, housing the reception and administration sections of the estate, recently required a very basic make over.
The brief was to re-introduce as many of the existing elements as possible, to achieve a fresh new look and feel through colour, textures, upholstery, glazing, tiling and paving.
We set out to introduce new areas spatially, bringing in a measure of austerity ( it is a working environment after all) and remained of mindful of the style and fashion trend expectations of the many European visitors.
We were loyal to principles of linear design and contemporary elegance. We tried to avoid clutter, yet endeavoured to avoid a sterile environment.
The new look had to project timelessness and serve as a reminder to the hospitality and support staff that first impressions are essential to the ultimate commercial success of the estate.
The handful of photographs do not really do justice to this spectacular estate and people who manage it.
Daar is eintlik min dinge wat so bevredigend is soos wanneer vriende by jou aanklop om idees uit te ruil oor die gedeeltelike herbou, opknapping en verfraaing van ‘n bestaande woonhuis.
Realiteit is dat ons almal op ‘n manier glo ons is “ interior decorators”! Daarom verg dit nogals heelwat selfvertroue en boonop ‘n kristalhelder visie om jou vriendin te vertrou as die bouwerk se projek-leier en binnehuis-versierder op die koop toe.
Die MonteChristo ontwikkeling naby Hartenbos bly darem een van Mosselbaai se bes bewaarde geheime. Die area herhinner my gereeld aan die Franse weskus, en het verruklike vistas van die eiland, Mosselbaai en het die atmosfeer van ‘n groot wildreservaat.
Die familiehuis wat die kern van hierdie projek vorm, en wat aandag en versorging nodig had, is een van die oorspronklike plaashuise. Die gesprek het deurgaans gegaan om ‘n spesifieke “ look and feel” te skep wat ironies genoeg op ‘n manier herhinner het aan ‘n agrariese Franse landskap. Die herfskleure moes vermeng word met sagte aardse kleure en die styl moes ‘n warm en ontspanne atmosfeer projekteer.
Leefruimtes is omskep en is nou kontemporêr en elegant, maar tog ook joviaal met die rustige gelatenheid van ‘n plaashuis.
Ons het weggestap van tradisionele en geykte “ country designs” en gepoog om die meer speelse en genuanseerde aspekte te beklemtoon met insette wat grens aan eenvoud maar moderne minimalisme probeer vermy.
Ons het hout en natuurlike afwerking sover moontlik probeer behou en beklemtoon.
Die meubels en ander objects’d art moes pas by die verfkleure, teksture, huis-uitleg en tuin.
Voorts moes die huis ‘n praktiese uitleg volg en almal was dit eens….dit moet lekker gemaklik leef.
Binnehuise ontwerp vir ‘n plaashuis ….veral soos hierdie een, vra vir nederigheid. Die fokus moet wees die gerieflike integrasie tussen tuin en omgewing en huis.
Die addisonele dekoratiewe elemente moet liefs minder wees en verkieslik ‘n persoonlike stempel dra.
Soms gaan dit meer oor perspirasie as inspirasie. Harde werk en onderlinge vertroue.
Maar die afwagting en latere dankbaarheid ( seker ‘n mate van verligting ook) van die kliënte is meer as genoeg beloning vir hierdie besonderse projek.
Ek hoop die foto’s vertel ‘n deel van die storie en voltooi die prentjie.
Die Pinnacle Point ontwikkeling en golfbaan is onteenseglik een van Mosselbaai se spog uithang plekke en woonbuurte. Die naam is inderdaad beskrywend vir die uitnemendheid en asembenewende natuurskoon wat daar uitgestal word.
Die golfbaan word lank reeds gereken as een van die mees gesogde maar ook gedugte golfbane in Suid Afrika en is ontwerp om reg te laat geskiet aan die skouspelagtige omgewing waar dit ontwikkel is. Dit hou vol om besoekers te lok van orals en bekoor steeds almal wat by hierdie imposante ontwikkeling aandoen.
Die golfbaan-klubhuis is as’t ware die lighuis wat Pinnacle Point anker.
Die ontwerp vang steeds die oog, dekades later. Dit is bra moeilik om nie deur die besonderse argitektoniese lyne, die groot deure en die 360 grade vistas meegesleur te word nie.
Ontwerp en funksionaliteit is onverganklik. Maar die tergende uitdaging bly om die inhoud en oppervlak nuut en vars te hou. Dit eise van buitelandse besoekers en verwagtinge van plaaslike toeriste plaas uiteraard druk op die dinamiese bestuurspan van Pinnacle Point…middelmatigheid is nie ‘n opsie nie.
Ons is reeds geruime tyd besig om die binnekant van die klubhuis stuksgewys en in fases te vernuwe. Wat sprankelend en modieus was 20 jaar terug, het stadig maar seker die plooie van ouderdom begin wys. En dele van die statige klubhuis ( onder andere die badkamers en trappe) had vernuwing nodig.
Die verruklik mooi omgewing en gepaste argitektuur dwing enige ontwerper en versierder tot nederigheid. Daarom bly dit ‘n enorme voorreg om betrokke te kan wees by Pinnacle Point en ‘n plesier om met die bestuurspan saam te kan werk.
Uiteindelik moet die vertolking van die vernuwende styl weer tydlose elegansie en duursaamheid aankondig. Maar terselfdertyd moet dit byderwets wees, vermeng met ‘n meditereense aardsheid. Die styl bly modern en effe waagmoedig, maar steeds subtiel genoeg om respek te toon aan die omgewing en die ontwikkeling. Die klubhuis is die spreekwoordelike lighuis vir Pinnacle Point en eintlik die spil waarom alles draai. En die interieur moet dit bevestig en onderstreep.
Hiermee ‘n indruk van dit waarmee ons besig is…
Almal weet dat Buildershome in Heiderand ‘n familiebesigheid is.
Maar min besef waarom die span agter die sukses van Builders so ‘n spesiale en suksesvolle eenheid geword het.
Want die personeel en bestuur gee om vir die besigheid en geen om vir mekaar. Ons is trots op die besigheid, want ons word as deel van die besigheid gesien en behandel. Hier word ons nie net as werkers gesien nie.
By BuildersHome deel ons mekaar se wel en weë en probeer deurgaans mekaar ondersteun as die werkdruk kwaai raak of as dit swaar gaan by die huis.
Hierdie warmte, meelewing en inspirasie kom van Ansie Steyn of Ans soos ons haar noem. Sy is die leier van hierdie gedugde span. Maar is tog die een wat ons leer van empatie en omgee. Ons weet almal dat sy aan ons kant is en vir elkeen van ons omgee. Sy is nie skaam om haar moue te rol en self in te spring nie. Sy is nie te “ grand” om self die harde werk te doen nie en is deur dik en dun aan ons kant. En dan is sy boonop nog ‘n fontein van kennis in ons bedryf. En mis niks. Dit alleen is ‘n inspirasie!
En hierdie nota is net om opreg dankie te sê vir al die omgee en verstaan. En vir wat sy vir ons doen.
Van die hele Builders span.
Ek is onlangs deur die vennote in ‘n jong Radiologie praktyk in Mosselbaai genader om vorendag te kom met idees vir ‘n nuwe sagter voorkoms vir hul spreekkamers en ontvangslokaal.
Die opdrag was duidelik: die spasie moet omskep word sodat dit ‘n moderne, elegante en opbeurende karakter sal aanneem. Die uitdaging was om iets wat eintlik en tradisioneel koud en kil is te probeer verander in spasie wat warmte en empatie projekteer en dit terselfdertyd te balanseer met die vertroue en effektiwiteit wat ‘n professionele omgewing moet inboesem.
Saam het ons gekyk na verf en verskillende afwerkings en het gefokus op kleur, tekstuur, kontras en muurpapier. Ontwerp moes noodwendig plek maak vir ‘n aanvoeling vir die mense wat deur die spasie bedien gaan word. Ego moes plek maak vir empatie.
Nou is ons reis uiteindelik voltooi….letterlik met ‘n stoel hier en ‘n tafel daar….ek het baie geleer in die proses. Daar is nie een benadering wat vir alles werk nie. Nederigheid gaan ver. Maar bevrediging sal uiteindelik geput word in hoe pasiënte die spasie gaan ervaar….
Beacon Point is ongetwyfeld van die meer gesogde woonstelontwikkelinge in Mosselbaai. Dit is gebou neffens die hawe en staan amper half een in die see......en bied uiteraard panoramiese vistas oor ons pragtige baai.
Een van die woonsteleienaars het my onlangs gevra om met idees oor die vernuwing van sy woonstel vorendag te kom. Die mandaat was om kontemporêr elegante elemente in bring, maar dit tog ook om nuwe spasies te skep maar om nie sy strewe na eenvoud uit die oog te verloor nie.
Plafonne is verwyder, daar is geverf, vloere is oorgedoen, nuwe ligte aangebring en die badkamers het eintlik ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Verskillende teksture en nuwe kleure voltooi die prentjie van ‘n binnehuis metamorfose.
Dit is altyd baie bevredigend om te skeppend te werk met die vermenging van oud en nuut, maar tog om iets byderwets dog hopelik tydloos te skep.
Dit was heerlik om met ‘n vriend te kon werk en om deurgaans te weet dat ons mekaar kan vertrou.
My opregte dank aan my span en die talle kontrakteurs wat onder groot druk saamgewerk het om die woonstel te kon afgee.
Ek het reeds by ‘n vorige geleentheid verwys na die indrukwekkende Aloe Ridge ontwikkeling.
Te midde van die neerdrukkende invloed van die Covid 19 aanslag het ‘n paar plaaslike besigheidsmanne hul staal gewys en ‘n luukse woonstel ontwikkeling die lig laat sien. Dit wys net weer dat ons mense hulle nie sommer laat onder kry nie.
ALOE RIDGE is tans in aanbou teen die bult wat deesdae as Island View bekend staan.
Die woonstelle vang onmiddellik die oog….dit is daai eenhede, met hul imposante liniêre voorkoms, wat noord-oos loer in die rigting van Heroldsbaai en Knysna….hierdie ontwikkeling gaan voorwaar ‘n gesogde speelplek word vir uitgeslape beleggers en almal wat Mosselbaai en sy moontlikhede ken.
Die ontwikkeling is eintlik uniek. Die vistas oor die Tuinroete-kuslyn is nie te versmaaie nie. Tog sal mens nooit raai dat eienaars skaars minute weg is van Hartenbos, die Langeberg Winkel Sentrum en die N2 na die lughawe en George nie. Ten spyte van die strategiese ligging, bied Aloe Ridge ‘n rustigheid en stilte juis omdat die ontwikkelaars uit hul pad gaan om ‘n aardse dog moderne “ look and feel” te skep. Omgewingsbewustheid word keurig vermeng met sinvolle en haalbare kommersiële realiteite.
Dit was vanuit die staanspoor ‘n voorreg om by die ontwikkeling betrokke te raak. Ek moes nuwe skoene aantrek. Die projek verg noue samewerking met die ontwikkelaars, die argitek en die kontrakteurs. Die eindproduk is werklik die somtaal van gedeelde kundigheid en respek vir individuele vaardighede.
As binnehuis-ontwerper is ek baie vryheid toegelaat om my eie kreatiewe stempel af te druk. Dit was en bly uitdagend. Ek moes spasie skep, teksture laat leef, kontras skep met kleure en afwerking, bekostigbaar meubeleer en versier. Ek is nou eenmaal ‘n Mosselbaaier in murg en been en wou iets skep waarop ons omgewing kan trots wees en waarvoor ons ‘n duim terug hoef te staan vir ons bure verder op teen die kus nie.
Ek hoop die foto’s gee ‘n klein blik op dit waarmee ons besig is. Dit sal egter nooit die volle storie vertel nie.
Gaan kyk liewers na die skoueenheid….ek glo dit is die moeite werd…
En nog foto’s ....
Glo my: elke donker wolk het maar ‘n silwer randjie. Ek het dit net weer agtergekom in 2020.
Die virus het ons almal geknou en afgerem. En is steeds besig om sy vernietigingswerk te doen onder ons mense en hul besighede. Ons het en bly steeds wonder waar gaan nuwe besigheid vandaan gaan kom.
Dit is eintlik moeilik om te glo dat daar in hierdie tyd daar steeds mense was wat bereid was om die algemene gevoel van negatiwiteit af te skud en met waagmoed en kreatiwiteit ‘n ambisieuse nuwe projek aan te pak.
Ek sê dit telkens: en stellig nie genoeg nie….dit is vleiend wanneer jou vriende jou vra om by hulle te bou en te breek en met dekor projekte betrokke te raak. Maar dit hou mens nederig. Niks is vanselfsprekend nie.
So kom dit in Oktober dat jarelange vriende besluit om ‘n gedeelte van hul bestaande gastehuis te omskep in afsonderlike wooneenhede. Die plan is aanvanklik dat die kinders daarheen trek en kort voor lank sal die boonste vloer in ‘n propperse “ penthouse” omskep word vir die ouers. En die eerste fase van hierdie groot projek moet teen middel Desember afgehandel wees.
Min het ek geweet wat alles voorlê. Interieur konsultante en binnehuisversierders ken mos eintlik net “ glamour management”!
Hierdie projek was ‘n perd van ‘n ander kleur! Ek moes by die argitek gaan kers opsteek….van vooraf planne leer lees en strukture en stutmure verstaan. Bouers is uiteindelik aangestel. So ook loodgieters en elektrisiëns. Ek het bitter gou besef dat my dae van net eenvoudige versiering en mooimaak verby was. Hierdie projek sou van my ‘n bouer en projekbestuurder maak. Die interieur gaan bysaak wees. Die bestaande meubels moes in elk geval hergebruik word.
Ek het die afgelope paar weke baie geleer van druk, harde werk en toewyding. En veral van “ time management” Maar bo alles: ek het geleer wat vriendskap, erkenning en lojaliteit beteken. Verskaffers en kontrakteurs met wie ek al jare saam werk was daar vir my. Hulle het die ekstra myl vir my geloop. En hulle het deur die bank beloftes nagekom en presteer soos die situasie geverg het. Ek het weereens besef dat my mense by Builders ‘n uitsonderlik vaardige en gedugte span is. Daar is baie aande tot laat gewerk om klaar te maak. My dankbaarheid teenoor my vriende en werkers wat saam met my die pad geloop het is oneindig.
Die storie sal nie werklik klaar wees as dit nie was vir die erkenning van die eienaars nie. Die familie was deurlopend betrokke en ek kon deurgaans op hulle ondersteuning staatmaak. Daar is min dinge meer bevredigend is as tevrede kliënte. Maar hier gaan dit om soveel meer.
Hierdie projek het gegaan oor soveel meer as net werk en die afhandeling van ‘n projek. Dit het ook gegaan oor meer as net die vertolking van ander se visie en hul idees. Hier het dit letterlik gegaan oor ‘n reis saam met die eienaars waar ons saam iets geskep het wat voorheen net uit ‘n leë dop bestaan het. Ek het selfs tuin gemaak…
Maar hierdie projek het ook tergende vrae gevra. Ons glo almal heimlik dat ons al die nodige ervaring en ‘n voldoende veerkragtige infrastruktuur het ( en ek is bevoorreg) om enige bouprojek te kan aanpak. Hierdie projek het my egter geleer om realisties te wees, nederig te bly en te aanvaar dat daar baie te leer is. Ek het ook geleer om terugslae en vertragings te verwerk. En dat die vermoë om te kan aanpas van onskatbare waarde is. Ek het geleer dat daar altyd ‘n oplossing is.
So ook: om ‘n projek op tyd klaar te maak gaan oor 99% perspirasie en 1% inspirasie.
Die foto’s vertel net deel van die verhaal…
Te midde van die neerdrukkende invloed van die Covid 19 aanslag het ‘n paar geinspireerde en energieke Mosselbaai besigheidsmanne ‘n ambisieuse en luukse woonstel ontwikkeling die lig laat sien. Dit wys net weer dat ons mense hulle nie sommer laat onderkry nie.
ALOE RIDGE is ‘n besonderse eiendomsontwikkeling in Island View , Mosselbaai, met ‘n skouspelagtige uitsig van die baai en ons indrukwekkende kuslyn.
Dit bly ‘n voorreg om betrokke te raak by ‘n projek waar die ontwikkelaaars se planne en visie saamval met jou eie waardes en veral waar hul respek vir die omgewing saamval met jou eie idees vir afwerking en ontwerp.
My opdrag was van meet af om iets te skep wat een sal word met die omgewing. Om vanuit die staanspoor met die afwerking en die kies van die verfkleure te poog om die aardse ondertone te vertolk en simplisiteit in ontwerp te vermeng met iets wat modern dog tydloos sal wees.
Dit is voorwaar belonend om saam te werk in ‘n span waar almal in die visie van die ontwikkelaars ingekoop het en mekaar vertrou. Die argitek, boukontrakteur en sub kontrakteurs is almal bereid om na mekaar te luister en so iets werklik uniek te skep.
Ons is tans besig om twee skoueenhede uit die puin te skep. Dit is ‘n veeleisende dog baie bevredigende uitdaging. Om skielik opgesaal te word en betrokke te raak met konstruksie, ontwerp en boonop binnehuise versiering is ‘n vermenging van ‘n magdom dissiplines. En mens leer vinnig om nederig te bly en raad te vra.
Maar stadig dog seker begin die projek vorm aanneem. Ek is stil stil oortuig dat Aloe Ridge nog sy stem ferm gaan laat hoor in die beleggingsgemeenskap van Mosselbaai….
Click here to claim your Sponsored Listing.
Our Story
Ansie Steyn Interiors is about offering a truly one stop platform for all decorating and design needs. Our mission will always be to uncompromisingly offer clients current affordable and unique interior pieces above trend but always with a sense of style…
Category
Contact the business
Telephone
Address
Builders Home, Cnr Louis Fourie Road And Melkhout Street, Heiderand
Mossel Bay
6506
Unit 2 C/O Bolton And Watson Road, Voorbaai
Mossel Bay, 6506
Elevate your spaces with Huyz! Enhance, enjoy. Quality suppliers for Mossel Bay and beyond.
73 Voorbaai Commercial Park, C/o Watson Avenue & Bally Crescent
Mossel Bay, 1666
Interior design & decorating, Curtain making, Soft furnishings, Upholstery, Restoration. Stitching and covering of all things beautiful.