De Kleine Loerie
De Kleine Loerie is ‘n uitbreiding van die geliefde Loerie Bakkery. Ons het heerlike tuisgebak, van die beste koffie in die tuinroete en ‘n pragtige uitsig.
Ons kan nie wag om jou te verwelkom nie.

Indien jou nuwejaarsvoorneme is om meer te oefen, dan is jy op die regte plek!
Hierdie sokkies maak jou vinniger, EN, hulle ken die pad na jou gunsteling-bakkery toe vir ‘n na-oefen-bederf!

Malvapoeding soos ouma s’n.
Ons warm, soet malvapoeding is deurtrek met nostalgie en vol smaak, gemaak vir elke geleentheid. 😉
Kom geniet hierdie geliefde tradisionele nagereg net by De Kleine Loerie.

Die lekkerste freezo, met die mooiste uitsig!
Kom kry jou somer-bederf by ons en geniet die uitsig van die berge om jou.

Daar is baie min dinge in hierdie lewe wat ‘n kolwyntjie nie kan regmaak nie!
As jy al hierdie bederfies probeer het, sal jy verstaan wat ons sê!

Nou dat die kuiergaste huis toe is, kan jy weer jou beskuit-kas vir jouself opbou!
Kom gryp jou gunsteling!

Elke oggend is ‘n goeie oggend as jy lekker koffie het!
Jou Loerie-koffie kan jy in die gemak van jou eie huis geniet! Voor werk, by die werk, en sommer na werk ook.
Het jy al jou pak koffie by ons kom haal?

Januarie mag dalk die langste twee maande wees, maar met ‘n kraakvars pastei by De Kleine Loerie is 2 maande van Januarie geen probleem nie.
Kom bederf jouself hierdie week met die lekkerste pasteie in die Tuinroete.
Wat is jou gunsteling-pastei?

Só moet die nuwe jaar jou groet!
Stap 2025 met ‘n vriendelike hart, en ‘n Loerie-bederfie in.
Is daar iets wat jou meer opgewonde kan maak?

Daar is min dinge so lekker soos ‘n melkskommel na ‘n lang dag op die strand!
Bederf jouself met die lekkerste koue drankies by jou gunsteling-bakkery vandag.

Ons is terug op ons gewone tye! 🧁
Dankie vir julle ongelooflike ondersteuning!

‘n Fluweel-sagte roomys wat die hitte stil!
Ons beroemde Gelato staan gereed om die vakansie-hitte ‘n bietjie beter te maak!
Wat is jou gunstelinggeur in die kas?

Ons maak Januarie-etes maklik!
Ons reeks gevriesde pasteie en lasagna maak elke ete, groot of klein, maklik en lekker.

Die nuwe jaar is hier!
Mag 2025 so soet wees soos ons melktertjies, en mag jy hierdie jaar meer tyd kry om op ons stoepie te kom kuier!

Jou eie korslose souttert!
Maak jou feestyd nog meer spesiaal met ‘n resep uit De Kleine Loerie se hart!
Probeer hom gerus – ons sal julle terugvoer so geniet!

Kyk net hoe geskok is ons dat die jaar al op sy einde is!
Kom bou jou laaste broodjie van 2024 saam met ons, en maak seker jy sit alles op wat jou hart begeer!

Geseënde Kersfees van die De Kleine Loerie-span!
Mag jou tyd saam met familie en vriende vir jou baie vreugde bring!
Loerie-liefde.
Onthou: Ons is die 25ste en die 26ste Desember gesluit, kom geniet jou Loerie bederfie weer die 27 Desember!

Só sit die hele gesin en smul!
Bring die hele familie en maak seker hulle kry die beste ete in die Tuinroete.

Só lyk ‘n soetkas wat vars gemaak is vir jou!
As jy nog nie hierdie soetkas van naby beskou het nie is hierdie jou uitnodiging!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Category
Telephone
Website
Address
R102, Klipheuwel, Kleinbrakrivier
Klein-Brakrivier
6503
Opening Hours
Tuesday | 09:00 - 15:00 |
Wednesday | 09:00 - 15:00 |
Thursday | 09:00 - 15:00 |
Friday | 09:00 - 15:00 |
Saturday | 09:00 - 14:00 |
Sunday | 09:00 - 14:00 |