Merke Gereed Eet

Merke Gereed Eet

Share

Tuisgemaakte baba en kleuter etes sonder enige suiker, sout of preserveermiddels.

Photos from Merke Gereed Eet's post 25/10/2025

Moenie vergeet om jou kleuter se kossies te bestel nie! Spesiale aanbod geldig tot 31 Oktober.

Photos from Merke Gereed Eet's post 30/09/2025

Ek is baie opgewonde om my nuwe reeks vir kleuters bekend te stel. Die spesiale aanbod is beskikbaar vir die hele Oktober!!!

Met my eie seuntjie wat tans 18 maande is het ek stadig maar seker begin besef laat ek moet aanbeweeg vanaf purees na kos met meer tekstuur, dus is dit waar my behoefte vir die nuwe reeks ontstaan het.

Ek hoop dat elkeen van julle se kleuters dit net so baie soos myne sal geniet. PS: Jy hoef nie so lank soos ek te wag om te begin met kleuter etes nie, jy kan reeds van 10 maande af begin 😉.

18/07/2025

Coming soon!!

04/03/2025
15/02/2025

Teen hierdie tyd behoort julle al goed op dreef te wees! Tussen 8-10 maande eet babas drie etes ‘n dag met twee snacks. Onthou daar is steeds melk voedings vroeg oggend en in die aand voor slaaptyd. Peuselhappies kan steeds nog in die vorm van ‘n melk voeding wees indien baba nog nie gereed is vir ‘n vastekos snack nie.

Vir hierdie ouderdomsgroep is die gemiddeld per ete steeds ±90ml (bietjie meer as ‘n kwart koppie). Die enigste verskil vanaf 8 maande is dat daar ‘n middag peuselhappie bykom indien baba gereed is.

Soos altyd is hierdie net ‘n riglyn. Elke ouer moet doen soos wat jy voel die beste is vir jou en jou baba!

11/02/2025

❤️❤️❤️

03/02/2025

Dit word sterk aanbeveel deur gesondheidswerkers laat alle babas teen 6 maande vaste kos begin inneem. Baba kan van 4 maande af reeds blootgestel word maar indien jy bietjie wil wag moet jy minstens op 6 maande begin.

Indien jy eers op 6 maande begin met vaste kos sal ek aanraai laat jy eers die 4-6 maande kosplan (kyk na ons vorige post) volg vir 2-3 weke voor jy inval met hierdie plan wat drie etes 'n dag en 'n oggend peuselhappie behels.

Op hierdie ouderdom sal jou baba ±90ml per ete eet. Jy kan ook nou begin om graan saam met aandetes te gee wat baba help om langer vol te bly gedurende die nag. Hierdie kosplan is slegs 'n riglyn en elke ouer moet doen wat jy voel vir jou en jou baba werk!

Ps. Hou die blad dop vir die volgende ouderdomsgroep!

Photos from Merke Gereed Eet's post 29/01/2025

Ek weet nie van julle nie maar Januarie het so vinnig soos ‘n resies kar by my verby geflits. Maar nie te min, hier gaan ons alweer!

Laat my toe om asseblief een ding hierdie jaar van jou skouers af te haal en dit is baba kossies. Die purees word tuisgemaak met vars bestandele en BAIE liefde!

15/01/2025

Om vaste kos vir die eerste keer te gee is ‘n groot aanpassing vir beide baba en ouer. Daarom kan dit help om in klein hoeveelhede te begin.

Een 35ml bakkie is gelykstaande aan 2 eetlepels, dus vir die eerste week kan die bakkie oor twee dae geëet word wat ook vir baba sal help om gewoond te raak aan die kossies (moenie te vinnig spring tussen soorte nie).

Vanaf die 2de week kan ‘n volle 35ml bakkie op ‘n slag gegee word. En so word dit stelselmatig meer soos wat baba meer kan inneem.

Vat jou tyd om nuwe smake en teksture bloot te stel, vaste kos is ‘n nuwe avontuur wat jy en baba saam aanpak. Dit vat tyd om gemaklik te raak met nuwe dinge!

Want your business to be the top-listed Clothing Store in Kimberley?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Website

Address

13 Morgenster Avenue
Kimberley
8301

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00