Paradiso Opvoedkundige Sentrum

Paradiso Opvoedkundige Sentrum

Comments

are u open on friday? and do u do day fees, like my childs school is closed friday and i need to put him somehere for the day

Kleuterskool / Pre-Primer / Opvoedkundige Sentrum vir kleuters in George. Paradiso is 'n geregistreerde kleuterskool / opvoedkundige sentrum in George vir 3-5 jariges.

Ons bied:
Gekwalifiseerde onderwyseresse
'n Verrykende opvoedkundige program
Pap vir ontbyt en kookkos vir middagete
Buitemuurse aktiwiteite - Virtual Kidz rekenaarklasse ens. Jaareinde konsert
Veilige omgewing
Groot speelgrond met baie apparate (glyplank, klim-en-klouter, swaaie ens.) Oop tydens vakansies met spesiale vakansieprogram teen geen addisionele koste

Operating as usual

Paradiso Opvoedkundige Sentrum is now on WhatsApp. 10/10/2021

Paradiso Opvoedkundige Sentrum is now on WhatsApp.

Paradiso Opvoedkundige Sentrum is now on WhatsApp.

05/09/2021

🧸 Opsoek na die beste skool vir jou kleuter? By Paradiso word daar geleer, gelag, gespeel en lekker voedsame kos geëet.

🎓 Ons akkommodeer kleinvolk vanaf 4 maande tot 5 jariges en inskrywings is oop vir 2022.

☎️ Skakel 076 256 2269 of besoek ons by Meadestraat 63 vir meer inligting.

🧸 Opsoek na die beste skool vir jou kleuter? By Paradiso word daar geleer, gelag, gespeel en lekker voedsame kos geëet.

🎓 Ons akkommodeer kleinvolk vanaf 4 maande tot 5 jariges en inskrywings is oop vir 2022.

☎️ Skakel 076 256 2269 of besoek ons by Meadestraat 63 vir meer inligting.

Photos from Paradiso Opvoedkundige Sentrum's post 08/10/2020

Ons leer van lente en blomme en kyk hoe fluks plant Eckie sy blomsaadjie tuis! Eckie, ons hou die spasie dop hoor!

Photos from Paradiso Opvoedkundige Sentrum's post 08/10/2020

Kleine Franco kabouter, flukse helpertjie, baie geluk met jou derde verjaarsdag! Jy raak darem nou groot, kêrel. Alles wat mooi is wens ons jou toe, ons lief jou stukkend!

07/10/2020

🧸 Opsoek na die beste skool vir jou kleuter? By Paradiso word daar geleer, gelag, gespeel en lekker voedsame kos geëet.

🎓 Ons akkommodeer kleinvolk vanaf 4 maande tot 5 jariges en inskrywings is oop vir 2021.

☎️ Skakel 076 256 2269 of besoek ons by Meadestraat 63 vir meer inligting.

🧸 Opsoek na die beste skool vir jou kleuter? By Paradiso word daar geleer, gelag, gespeel en lekker voedsame kos geëet.

🎓 Ons akkommodeer kleinvolk vanaf 4 maande tot 5 jariges en inskrywings is oop vir 2021.

☎️ Skakel 076 256 2269 of besoek ons by Meadestraat 63 vir meer inligting.

Paradiso Opvoedkundige Sentrum updated their phone number. 07/10/2020

Paradiso Opvoedkundige Sentrum updated their phone number.

Paradiso Opvoedkundige Sentrum updated their phone number.

Photos from Paradiso Opvoedkundige Sentrum's post 20/09/2020

Skattige, oulike borrelsponsie Adoré.Jy het 3 jaar geword.Baie geluk, mag jy altyd so vrolik deur die dae huppel.Ons lief jou diep!

Photos from Paradiso Opvoedkundige Sentrum's post 15/09/2020

Kleine,fyne, Prinses Emma, baie geluk met jou vierde verjaarsdag! Jy is ñ lieflike minsame ou dogtertjie.Mag jou jaar net blinkertjies oplewer!

28/08/2020

Liefste kleine Rebecca, baie geluk met jou verjaarsdag!Dit is die vierde ene(4) Jou wêreld ñ pragtige, kleurvolle tuin vol blomme en vlinders, en jy die mooie prinses!
Mag jy altyd so gelukkig wees.Xx

25/08/2020

Liefste Liané, kleine rabbedoe! Baie geluk met jou derde verjaarsdag! Mag jy n lieflike, lawwe, lekker jaar hê! Dankie dat jy so ñ oulike maatjie is! XX

12/08/2020

Prettige Prieur, met jou spontane, skaam glimlag sit jy kniediep in ons harte! Baie geluk met jou derde verjaarsdag, jy verdien nou om ñ ouboet te wees.
Lekker verjaar, grootman.

06/08/2020

Dierbaarste Dihan Deysel, baie geluk met jou derde verjaarsdag! Dankie dat jy sooo ñ spesiale maatjie is, vol energie en baie liefde!

19/07/2020

Koning Luka! Jy is een jaar klein en verdien ñ kroon! Lekker verjaar, jou dierbare ding! Jy is opvreetbaar oulik.

19/07/2020

Baie geluk met jou 5de verjaarsdag, liewe R.W.
Mag jou omgee hartjie altyd so mooi bly.Gesëende jaar vir jou.

19/07/2020

Uitbundig gelukkig om die kleinvolk te verwelkom na grendeltyd!

26/04/2020

Fluks is ons kleinvolkies aan die werk en so speel -speel vlieg díe grendeltyd verby! Ons is baie trots op julle! Dankie vir die foto's Vida, Franco en Joshua.

24/04/2020

Veels geluk liewe maatjies...sing ons vir julle! Kyk net wie het almal in die grendeltyd verjaar.En terwyl die hele wêreld gaan stilstaan het, het julle sowaar ñ jaar ouer geword.BAIE GELUK aan AARON (4), Lika (3) en Minay (2). Julle is vir ons baie spesiaal en ons gaan vir julle ñ spesiale partytjie hou met al julle maatjies.
Liefde xx

20/04/2020

Sebastiaan, stap so stil- stil sy vierde verjaarsdag binne! Oumeneer?! Hoop díe dag was spesiaal. Jy is net so handsome soos altyd! Ons gaan ñ groot fees hou sodra jy terugkom skool toe.Jou maats verlang vreeslik baie! Xx

20/04/2020

En mooiste Rebecca se gesiggie frommel sommer so van lekkerkry toe sy van haar werkies klaarkry! Te pragtig, blom!

15/04/2020

En só, kry ons die swaarkry met lekkerkry klaar! Liefste Prieur stuur hierdie oor die Paasnaweek. Kyk hoe mooi het hy ñ kruis geplak!
Te deksels oulik, ou blondekoppie! XX
Ons verlang na jou en al die PARADISO maatjies.

08/04/2020

En só kry ons die swaarkry met lekkerkry klaar.
My tone krul van lekkerkry, kyk wat stuur Xanthus vir my! Ai, te spoggerig! Baie dankie!

08/04/2020

En só, kry ons die swaarkry met lekkerkry klaar! Baie dankie aan al julle kleinvolk wat tuis so fluks werk.Ek het nog nooit sulke mooi maskers en paaseiers gesien nie! Is dit Cara wat agter die hasie skuil? En R.W.? Wow!
Julle is ñ supersterre! Trots op julle albei.
Onthou om vanaand na die Pienk maan te kyk.Hy kom aarde toe om al die sjokolade eiers te bring wat die hasie in die maan gemaak het. Hulle kom deel dit uit vir al die maatjies wat op moederaarde bly!
Blaas vir hom soentjies.xx

07/04/2020

En sò kry ons die swaarkry met lekkerkry klaar! Kyk net vir Milandi, die ene konsentrasie! Dit lyk pragtig,Pop.
Trots op jou.xx

06/04/2020

En só, kry ons kleinvolk die swaarkry met lekkerkry klaar!
Echardt en Malan is nie bietjie trots op hul takies nie! Pragtig! Julle is té oulik vir woorde!!

04/04/2020

En so speel ons tydens grendeltyd! Die Paradiso kleinvolk het pakkies gekry met aktiwiteite en werksvelletjies. Malan en Joshua spog met hul tuiswerk! Julle is té oulik!

04/04/2020

Oumeneer Xanthus, so vier jy jou 4de verjaarsdag tydens grendeltyd.Jy sal dit altyd onthou! Baie geluk ou maatjie, ons maak jou koning en vier sommer jou verjaarsdag en al die maats se terugkeer skool toe! Ons lief jou xx

23/03/2020

Mooiste Mea, Maria mier.Ons is saam met jou verheug oor jou vyfde verjaarsdag! Om te d**k jy moes soooo lank daarvoor wag! Nou is jy vyf en mag elke dag vyf maal meer spesiaal wees.Ons lief jou vyfhonderdduisend x vyf!

02/03/2020

Raai wie het 4 jaar oud geword? Liefste Eckhardt! Jou lewenslus en jou glimlag is aansteeklik.Baie dankie en baie geluk ou grootman!

02/03/2020

Ons eet gesond, daarom groei ons fluks en word net so sterk soos Pappa! Kyk hoe maak ons vrugteslaai...Njammies!

04/02/2020

Liewe Loannes kabouter, vier is fenominaal baie jare oud! Baie geluk ons is saam jou bly omdat jy vier geword het! Lekker verjaar!

27/01/2020

Mooiste Cara mia, baie geluk met jou vierde verjaarsdag! Jy het beslis een baksteenhoogte gegroei en is net so mooi soos al die sandkorrels op die strand! Lekker verjaar!

21/01/2020

Meneer Malan, baie geluk met jou vierde verjaarsdag! Jy is my ou regterhand en my hart se punt.Dankie dat jy so flukse meneertjie en oulike maatjie is!

30/11/2019

Speeltyd..is ñ jollie, jollie tyd!

30/11/2019

Nicolene en Rholeen hernu hul noodhulpsertifikate. Dankie julle!

30/11/2019

Dierbare Danél, ons is absoluut dol oor jou! Ons is sooo bly jy kon groot raak hier by ons! En nou is jy al VYF!! Baie geluk pop.

Videos (show all)

Tannie Madelé en Paradiso se pragtige ballerinas wys vir ons hoe mooi kan hulle dans!
Trots Suid- Afrikaans!
Kyk! Ons doen die Macarena
Kleine muisies grote ore....
Paradiso Jive.
Kihandré Liebenberg - minnesanger van formaat en nog net 3 jaar oud!

Category

Telephone

Address


Meadestraat 63
George
6529

General information

Geen bekommernis meer As mamma werk toe weer Paradiso laat my gedy daar ek baie liefde en aandag kry Moontlikhede onbeperk Speel-speel word geleer en gewerk Veilige, warm paradysie Paradiso, my tweede huisie
Other Schools in George (show all)
Hoërskool Outeniqua Beyerstehuis - BTH Hoërskool Outeniqua Beyerstehuis - BTH
Standerstraat
George, 6530

Al die inligting en gebeure rondom Hoërskool Outeniqua se seunskoshuis aan die voet van die Outeniqua Berge.

Coleman Classroom Resources Coleman Classroom Resources
George, 6530

This is a mobile classroom setup, with posts, links and shared media to references used in class.

Zivah's Yeshiva Zivah's Yeshiva
George, 6525

We teach people who want to know more... Bible studie group

Legacy Centre Legacy Centre
10 11th Avenue
George, 6529

Legacy Centre is a tutoring and after care centre. We endeavour to give parents the support they need with raising happy special needs children.

Outeniqua Dansakademie - "Kwagga Ballroom" Outeniqua Dansakademie - "Kwagga Ballroom"
Courtenay Street
George

Outeniqua Hoërskool se dansstudio. Ons spesialiseer in sosiale en kompeterende Ballroom & Latyns-Amerikaanse dans (IDTA) sowel as Spaanse dans (SDS).

Quintin Harman's Taekwondo Quintin Harman's Taekwondo
19 3rd Street
George, 6529

Olympic Sport |Traditional Martial Art | Self Defense | Unarmed Combat | Strength & Fitness Conditioning | Body Sculpting

McKinlay Reid McKinlay Reid
The Links Avenue, Fancourt
George, 6530

The McKinlay Reid International School is dedicated to developing and nurturing excellence in young leaders. [email protected]

Wooden Spoon Baking School Wooden Spoon Baking School
Bergsig
George

Baking classes for kids in George - Contact Jolette @ 071 969 9601 or [email protected]

Math Specialist Math Specialist
George, 6529

Mathematics and AP Maths Teacher and Tutor. Offering extra Math classes, online classes, NBT workshops and Math enrichment classes to mentally equip learners.

Garden Route City Nature Challenge Garden Route City Nature Challenge
49 Caledon St, Campher's Drift
George, 6529

City Nature Challenge: Garden Route. Proudly participating in the City Nature Challenge (CNC). The next CNC will be in April 2022. Be part of the fun to show off the Garden Route and learn more about the environment around you.

FINS Swim School FINS Swim School
5 Hillwood Road, Heatherlands
George

FINS Swim School offers swimming lessons, water safety, water awareness and water orientation. Fully enclosed and heated pool. Qualified instructor.