African Mosaic

All images on this page are the sole property of and fully Copyrighted to Joggie (JM) van Staden. Mo African Mosaic offers a variety of services in the field of photography by Joggie van Staden.

With vast experience in different disciplines I provide photo workshops and personal training. I also offer a number of other packages, namely photographic tours and stock photography for my corporate clients. A selection of my images are on display for sale on the magnificent website Savanna Fine Art, as canvas & fine art prints : https://savannafineart.com/ If there are any of the other, more t

Living Canvas Wall Art • Shop Framed Prints • South Africa 20/02/2022

Living Canvas Wall Art • Shop Framed Prints • South Africa

All my Friends & followers. This will take two minutes of your busy days to spread the word. Please post on your own pages inviting your friends to visit and to share www.livingcanvas.co.za

Also, please invite your friends to LIKE the Living Canvas FB page ...
https://www.facebook.com/livingcanvasdecor/

and to JOIN the Wall Art South Africa FB page ...
https://www.facebook.com/groups/wallartsouthafrica/

Living Canvas Wall Art • Shop Framed Prints • South Africa Outstanding world-class wall art shop South Africa. Discover finest quality framed wall art and premium fine art canvas prints for sale online. Better than #1 - Nationwide Delivery.

16/01/2022

16 Januarie 2022
Om te verstaan

om seeterapie te verstaan
nou ja ...dis’ie almal se cup of tea
en dít verstaan ek heeltemal
maar vir my is die see
van kus tot horison wyd
goed vir my siel
kakafonie word geharmonieer
en ek sien Hom loop
op onstuimig waters
en my hart word ʼn skuit vol goeie wense
wat ek met ander wil deel
DIS die oopheid wat die see
in mý hart gee
en hoop ...hoop om nie te verdrink
in die maalkolk rondom my
want oneindig baie is daar
daagliks te aanvaar
...ʼn stang te sit in my sê
en verstaan word ʼn spaan
te roei na kalmer waters
waar ek kan poog
sonder enige verwagtings
ander net lief te hê

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - Vroeë-oggend branders by Victoriabaai

05/01/2022

Small fall . . . a small side-fall next to the main waterfall at the end of the Kingfisher hiking trail along the Touw River, Wilderness, South Africa. Photo © Joggie van Staden

03/01/2022

Golden touch of late afternoon light over the Touw River, Wilderness, South Africa. Photo © Joggie van Staden

01/01/2022

2022 - May we all experience a year blessed by God's Grace (reds) as it overflows with His abundance and provision (yellows/gold), while we keep growing in |His everlasting peace and inner calm (magentas) and walking in great clarity of mind (blues), energized by a fresh hope for growth into a sure future (cyans/greens) - Photo © Joggie van Staden (An ICM image of a flax plant in my garden taken early this morning with lovely back-lighting of the morning sun, edited in Lightroom)

26/12/2021

Inquisitive . . . Lion cub, South Luangwa National Park, Zambia. Photo © Joggie van Staden

21/12/2021

21 Desember 2021
Alsbeleef
tussen verledevalleie en toekomsberge
lê daar heuwels in die hede
waar ons moet oor
en iewers tussen normaal en abnormaal
tussen waarheid en leun
tussen haat en liefde
staan ek en jy met ons hande in die hare
en soms heeltemal alleen
maar genadiglik kry ons oë vlerke
om tot by groenigheid te vlieg
en ons sien strome van seën
ons lief ...ons kwaad ...ons vergeef
en berge en heuwels en valleie
word bladsye in ons boek van alsbeleef
Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - die Outeniqua berge buite George soos gesien vanaf die Montagupas

12/12/2021

Talking to me? A female Spotted Thick-knee (Burhinus capensis - Gewone Dikkop) sitting tight on her two eggs, close to the Katspruit, George , South Africa. Photo © Joggie van Staden

06/12/2021

6 Desember 2021
Waardering

vroegoggend gooi die herdersboom
skaduarms oor die rots
en druk hom vlindersag teen haar skadubors
en sê: baie dankie
dat ek langs jou mag staan
want vanmiddag in die son se erge hitte
gee jy weer vir my jou koeltekant
en die son is verbaas ...en buiteklip opgewonde
want wie sou kon dink ʼn rots so hard soos hy
kan vir ʼn boom van waarde wees
en hy’s dankbaar
dat boom dit uitwys aan hom
want soms voel hy nutteloos
so heeldag te klip in die warm son
maar nou het hy ʼn doel in sy rotsbestaan
...en die herdersboom dink:
ai, sal dit nie aangenaam wees
as die mensdom tog ook meer
mekaar se waarde wil erken en waardeer

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - 'n eensame herdersboom (Boscia albitrunca) in die Kokerboomkloof. Ai-Ais Richtersveld Nasionale Oorgrenspark, Suid Afrika.

20/11/2021

A battle-scarred Knysna Dwarf Chameleon (Bradypodion damaranum) photographed next to the Katspruit, George, South Africa. Photo © Joggie van Staden

13/11/2021

Cosmic b(l)oom . . . A single image of a Bird-of-Paradise flower done with ICM (Intentional camera movement) and basic editing in Lightroom CC. Photo © Joggie van Staden

05/11/2021

5 November 2021
Gemakpas

als wat nie pas
skud dit af
vlokkerige moedswilligheid
die bewebang skilfers
wat jou senuwee betoiing
en onrus bring
gemoedskwel krummels
flenterwoorde
wat onverskillig uitrafel
en verhoudings strem
skud dit alles af
en stap gemakpas in jou eie vel

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - 'n jong Knysna-Dwergverkleurmannetjie wat besig is om te vervel geniet die vroeg-oggendson net buite Knysna.

04/11/2021

Karoo textures at sunrise - Prince Albert district, South Africa. Photo © Joggie van Staden

01/11/2021

Greater Double-collared Sunbird (Cinnyris afer - Groot-rooibandsuikerbekkie) photographed close to the Katspruit in the George area, South Africa. Photo © Joggie van Staden

30/10/2021

The stare - a Spotted Thick-knee (Burhinus capensis) next to the Katspruit, George, South Africa. Photo © Joggie van Staden

29/10/2021

29 Oktober 2021
Wat verby is is verby

jy staan ʼn goeie kans
as jy sonder omkyk vorentoe beweeg
en van skommelskuim agter jou vergeet
...wat verby is is verby
en op vorige branders
kan jy nie ʼn tweede keer ry

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - net na sonsopkoms op Victoriabaai se branders

28/10/2021

Dusty road - winding through the rugged foothills of the Swartberg mountains between Prince Albert and Weltevrede, South Africa. Photo © Joggie van Staden

27/10/2021

At Eerstewater, Swartberg Pass, South Africa Photo © Joggie van Staden

27/10/2021

27 Oktober 2021
Slimpraatjies

ek sien die klip het oë
en vra of hy ʼn springding is
en hy sê ja, hy’s ʼn hopper wat klip
want as jy in rome is
dan maak jy soos die romeine
en ek sê hy klink vreeslik slim
maar ek dink nie hierdie idioom
is in sy geval van pas nie
en hy seg ek moenie vergeet
DIS juis wat sommige mense
so goed kan doen
...hul hou hul slim en praat groot
om nie te wys hoe min hul weet

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - Perfekte kamoeflering - 'n klein klipsprinkaan (Batrachotetrix spesie) - Karoo Nationale Park, Beaufort Wes

24/10/2021

24 Oktober 2021
Daar’s ʼn weg

die beswaarde mens kyk op
hy sien dis nag
en trek dan komkommerbers
oor sy kop
niks is daar vir hom om te sien
maar klipvingers wys na bo:
die nag is vol gaatjies
en môre se lig skyn daardeur
...daar’s ʼn hemelkoepel vol hoop
las al die liggaatjies aanmekaar
dan’s daar ʼn weg
om te sien waar jy loop

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - Die sterrehemel oor die Sederberge se rotse ongeveer 'n uur voor sonsopkoms. In "The Valley of the Red Gods" by Sanddrif

11/10/2021

Sunrise over the Redstone hills close to Calitzdorp, Klein Karoo, South Africa. (7 images stitched in Lightroom Classic) Photo by Joggie van Staden

11/10/2021

Sunrise over the Redstone hills close to Calitzdorp, Klein Karoo, South Africa. (7 images stitched in Lightroom Classic) Photo by Joggie van Staden

01/10/2021

1 Oktober 2021
Skoongespoel

langs watersleepsels lê
seegrasvingers
vars en skoon
uitgespoel op strand
...en nes die see se waters
trek en du ek denkwyses
tot dit pasmaak inpatroon
in my verstand

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - seegras (Dead-man's-fingers) op die Wildernis strand naby "Flat Rock"

25/09/2021

Spotted Thick-knee (Burhinus capensis), photographed next to the Katspruit in George, South Africa

22/09/2021

Dankiedruppels

22 September 2021
Dankiedruppels

wanneer woorde
perfek
deurmekaar raak
om presies te sȇ
wat ons gelukkig maak
blootlê
dit wat dankbaar
maar woordloos
deur onbekende binnekante
van ons psige sluierwolk
...word emosies
gedruppel tot waterpoel
en ons dankbaarheid
wat dors na dankiesê
word geles
by hierdie binnepoel in
die mistiek
van ons menswees

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - Die wonder van water word meestal ervaar in die strome wat vloei en die damme wat volraak. As ons egter nader begin kyk en die aksie van 'n enkele druppel vries, gaan daar 'n wonderwêreld van kleur en vorm en mistiek voor ons oop. Foto geneem op my stoep in George.

19/09/2021

Die mooi in jou hart

19 September 2021
Die mooi in jou hart

daar buite’s die lewe soms
hard en vol geweld
ongenaakbaar koud, nes ys
maar die wat ore het om te hoor
sal die druppels hoor val
wanneer dit smelt
onder die mooiigheid
van jou hart

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - mooi is orals te vind, selfs in die weerkaatsings van 'n smeltende blokkie ys in my voortuin in George.

16/09/2021

Vermy die besembos

16 September 2021
Vermy die besembos

niks het uitgewerk
soos hy dit wou hê
nukkerig en opgeruk
by die besembos gaan lê
styf vasgeknoop
jammerjassie
sonder blydskap
sonder hoop
onder besembos ingekruip
en gewens hy gaan dood...

maar wie het ooit gesê
die lewe is net vreugde
...miskien ʼn lied
soos die sanger dit besing
maar máklik ...dís ʼn heel ander ding
en blydskap verskaars
as jy jammerjassies dra
en besembos se skaduwee
word genadeloos min
onder bitterbrak se kla

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - Die soutbelaaide moddersteenbanke langs die Soutrivier, waar dit stadig kronkel oor die ongenaakbare Knersvlakte noord van Vanrhynsdorp

13/09/2021

Dieper

13 September 2021
Dieper

ingeboom, hang wildevy
tuis in sy skeur
wortels druk en beur
tot hul water kry
...ingeleef, staan ons in moederland
nou so winkelhaak geskeur
tog pas en las ons weer
alles aanmekaar
en druk ons hand, net dieper
in die hande van ons Heer

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - 'n wildevy maak sy staan op die vertikale rotswande onder die Augrabies waterval

10/09/2021

Seisoene

10 September 2021`
Seisoene

winter en somer
dié een is goed vir my
dáái een is perfek vir jou
en dís hoekom lente en herfs
tussenbeide tree
ons te help met die draai van seisoene

want na die wintermaande
neem winterliefers swaar afskeid
maar word dan stil-stil omhels
met vlaktes en tuine vol blomme
wat al hul treurigheid weg blompleister
en terwyl die koue agteruittree, fluister hy nog vir oulaas:
toemaar, toemaar, die hitte sal nie vir ewig duur
dis net ‘n sontyd of twee ...of drie
dan verkas somer weer na anderland
ver van hier, met sy sak vol sonnevuur...

vir die somerliefers, is daar herfs
want dié gooi sy groen jas af
rol ʼn bont tapyt flambojant voor hulle oop
ontblote boomspiere wys hulle is sterk
...en oor die son se verdwyn
hoef jy nie bang te wees, winter sal jou help
saam-saam word die koue kafgedraf
en kort voor jy opgekoud is, hang alles weer
geblom en vreuggevrug
in somersonneskyn
en koel waters vloei oor spierwitte
sonvervreemde lywe
...nou weer tuis in somerhitte

en so, seisoen na seisoen ...van watter aard ook al
is daar ʼn doel vir elkeen se lewe
en kom hitte, kom koue
...later kan elkeen na die grade van verwondheid
homself daarmee versoen

Skrywe © Amanda Steinhöbel
Foto © Joggie van Staden - die sonlig se refraksie deur 'n oliedruppel op 'n DVD skyf op my stoep in George

Category

Telephone

Address


11 Spruit Street, Twee Rivieren
George
6539

Other Photographers in George (show all)
The Blue Line Photos & Frames The Blue Line Photos & Frames
7 Leonard Giles Street
George, 6530

Photos of scenes from Southern Cape and surrounding areas and weathered frames

Salomè Botha Photography Salomè Botha Photography
Lang Street
George, 6529

RDP Photography & Design - Rozelle Du Plessis RDP Photography & Design - Rozelle Du Plessis
George, 6530

Email me for any enquiries :) and i will get back to you as soon as i can

Eonphotography Eonphotography
George, 6529

All types of photographic services like: Wedding photography, Event, life style, fashion, sport, cuisine, etc.

Marlé Swart Photography Marlé Swart Photography
George

Together we make memories by capturing every moment.

Belle Lumière Photography Belle Lumière Photography
George

Belle Lumière Photography is a passionate company dedicated to creating art that tells a beautiful story and pulls you into the moment!

ET Media ET Media
George

Covering Events, LifeStyle Photography & Graphic Designing

Belle Lumière - Wedding & Lifestyle Belle Lumière - Wedding & Lifestyle
George

What I love most about my work is capturing the romantic moments, serious moments, the tears and even the giggles in my photos, so that when you look back on them, you can be fille...

Chris Vermeulen Photography Chris Vermeulen Photography
George, 6530

Capture those special times in life, Forever. Creative/Advertising; Events; Profile/Portfolio; Stock Photos; Digital Capturing, Correction and Retouching.

Gerrit Wilsdorf - Photographer Gerrit Wilsdorf - Photographer
George, 6529

Part time freelance photographer in the Garden Route area. Follow me on Facebook, Twitter, Instagram for updates on projects.

Wild Eye Photography - Garden Route Wild Eye Photography - Garden Route
Garden Route George
George, 6530

I do couple shoots, engagement shoots, pregnancy shoots, wedding shoots, kiddies parties ect

Salt & Light Photography Salt & Light Photography
Garden Route
George

I am a full-time lifestyle photographer in the beautiful Garden Route, South-Africa.