Kort Verhale & Gedigte vir Almal
Nearby shops
Selwane Mokhuoana, Phalaborwa
Centurion
Monument Road
Wakkerstroom 2480
Old Main Road, Pinetown
Pretoria 8811
No 7 Copper Corner, Richards Bay
New Canada Roud, Johannesburg
Wild Plum Street
Forssman Close, Midrand
Nstindi Street, KwaThema
Kempton Park Johannesburg
Brakpan 1541
Beverly Drive South Constantia Kloof, Roodepoort
Krugersdorp
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Kort Verhale & Gedigte vir Almal, Book shop, George.
Hoendertjie
Oppad om siena te gaan haal vir fliek
Gaps ek n hoendertjie langs die pad
Popcorn gekoop net vir die grap
O wee net toe die fliek begin
P*k hoendertjie mos in my sy
Versigtig skuif ek nader
En skuif hoendertjie agter my rug in
Skielik kry ek n klap
Hoenderjtie p*k wragtig aan siena se g*t
Kopiereg Alida Maritz
Tuis
Seer seer is dit nou
Alida Maritz
Marleo Publiseerders
Milnerstraat 389 Waterkloof
Pretoria
0181
www.marleo.co.za
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die skrywer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-bandopname, mikrofilm of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.
Kopiereg:
Alida Maritz
Geset, gedruk en gebind deur:
Jotha Drukkers
Pretoria
012 460 5964 / 083 453 0969
ISBN: 978-0-
Boodskap
Indeks:
Gedigte:
Liefde 7
Die hart 8
Tweespoorpad 9
Hoop
Stukkende foto 11
Anker vir my siel 13
Alleen 14
Genade 15
Smeekgebed 17
Kort verhale:
Blik kitaar 18 Geloof, Hoop en Liefde 24 Bestemming onbekend 26 Die briefie
Bedanking 48
Liefde
Liefde het ek gou geleer is die hartjie in rooi gekleur is die roos voor my deur is die sjokolade wat my hart begeer
Dis die kuiltjie in jou wang wat steeds my oog keer op keer vang ek wou nog sê dis wat liefde my leer
Die hart
Die hart laat hom nie voorsê die hart kies alleen die hart stap aan as verstand voor hom kom staan die hart bepaal sy eie liefdesbaan die hart sal gaan staan as smart oor hom gaan
Tweespoorpad
Ons lewens is ’n tweespoorpad agter gelaat is nie net smart vorentoe gebeur niks gevind ons is net versamelaars van die wind
Hoop
Hoop geloof en liefde dis woorde wat ons verstaan ja dis hoop geloof en liefde die woorde wat almal verstaan hoop dra ons deur na môre geloof bring ons almal saam ons reik uit na ander want dis liefde wat ons vra dis hoop geloof en liefde dis wat ons almal dra
Ons glo aan môre dit bring weer hoop mee want ons geloof is mos daar ons reik uit na ander want dis liefde wat ons vra ja dis hoop geloof en liefde dis al wat ons dra
Stukkende foto
In my spierwit rok staan ek nou bruidsgewaad vonkeloë die klokke lui hy wag vir my
Bonsende hart
die vreugde wat wag
hier staan ons nou
man en vrou
Ons beloof vir ewig trou
jy’s my man
ek’s jou vrou
ʼn Stukkende foto
dit het ek nou
jy het geen traan van berou
net agtergelaat
moeder en vrou
met ʼn kindjie van jou
Wat het geword van ewig trou waar is ons liefde nou het jy berou jy’t beloof ewig trou waar is jy nou
Anker vir my siel
O Heer O Heer in opstand is my siel
Geskok seer en verward het die lewe my gelaat
Nou my Heer roep ek uit ʼn antwoord op ’n besluit U Heer is al toevlug ek is steeds u kind vertroosting sal ek net by U kan vind die storm het ek ervaar die spanning het U gewaar leer my die waarde van die anker van die boot wees U die skipper in my boot
Alleen
Dis ek en die wind wie is die kind ons dans al deur die sand
Geen spore sal jul vind as die wind gaan lê is daar geen simfonie meer
Sopas is die dans verby geen spore op die sand alleen slegs net die melodie van sand
Genade
O Heer o Heer my bootjie is vas gekeer om my ruwe rotse Heer
Branders wat my meesleur na dieptes o Heer ek het geen beheer
Ek roep na U hand my redding is U o Heer ek het geval
Om genade smeek ek Heer
Heer red my weer
hou my hand
ek gee my hart
weer ’n keer
U is genadig keer op keer U woord leer my dit weer O Heer wees my anker wees my rots ek het geval keer my weer uit genade red my weer
Smeekgebed
Oë opgehef na bo staan ’n man arms uitgestrek hoor ek rou krete eggo’s deur die lug o Heer waarom het U ons verlaat U volk is in rou hul het berou op hul knieë is man en vrou nasies buig voor U o Heer hoor tog die gebede ons smeek om U genade die verbond het ons verbreek
Marmer grafte was ons
wêreld gou
U lig het ons verwerp
o Heer o Heer
hoor tog ons smeek gebede
o Heer o Heer ons het berou
BLIK KITAAR
Dis bloedig warm ek trek die breëband hoed laer oor my voorkop en stap al met die bergpaadjie op na die heuwel wat ek so goed ken.
Van bo af lyk die huisies klein en die strate nou.
En ek wonder wat doen mense nog hier. My oë soek na die bloudak huisie op die hoek van die straat, kaalgestroop staan die ou doringboom wat so veel pret en skaduwee aan ons verskaf het.
My oë soek na waar die treinspoor was. Verlate lê net stukke ysterspore ’n wisselaar wat sy rooi en wit strepe lankal verloor het
’n Geroeste fiets verlate in ’n droë rivierloop.
Wonder of die kafee nog Wilson toffies verkoop.
’n Bobbejaan verraai my teenwoordigheid aan die trop en spat uitmekaar, dan staan ek maar op en stap terug.
Kom te staan voor huis nommer 36, die voorhekkie hang nog net aan een skarnier, die voordeur se verf is al verbleik deur die son.
Ek stoot die hekkie oop dit maak ’n geraas en iewers blaf ’n hond.
’n Voetpaadjie vol onkruid lei my na die voordeur.
Ek verbeel my ek sien weer my pa met sy pyp in sy mond wat my optel om die deur oop te draai.
Ruik die pypkaneel in die gang.
Draai die deur oop en plankvloere kraak onder my voete.
Leë vertrekke, stukkende ruite doem voor my oë op. My voete dra my na boeta se kamer verbeel ek my of hoor ek boeta speel op sy blik kitaar.
Intense verlange stoot in my op, draai om en stap by die agterdeur uit, verskrik hardloop ’n kat vir die naaste boom, stap by die hekkie uit en hoor hoe my ma sê maak toe die hekkie.
Draai verleë om so asof ek haar sien met haar hande toegevou in haar voorskoot, ek weer met my styf gevlegte hare wat my kopvel laat saamtrek en met trane se ek net “sorry” ma.
Trek die skewe hekkie in plek en loop oor die verlate treinspoor.
Gaan staan voor die ou verwaarlose hospitaaltjie daar waar ons almal op boeta se koms gewag het skud die herinnering af en stap om die hoek.
Die grys gebou met sy karige tuintjie doem voor my op.
VERGEET MY NIE staan met sierletters geskryf op die muur, stap tot by die voordeur, kyk gang af.
Iewers lui ’n etensklok.
Skielik is die vertrek voor my gevul met geluide van rolstoele, kieries en loopringe en iewers lag ’n kind.
Oumens gesiggies vul die sitplekke, helpende hande bring die kos na hul monde, party kan self, sonder dat iemand van my bewus is draai ek om en stap uit.
ʼn Maand later is die voordeur geverf, die huis omskep in ’n kasteel en die vertrekke gemeubileer met duursame meubels, ’n groot vollengte spieël weerkaats my beeld terug na my, koue oë staar na my, bloedrooi lippe grynslag vir my, ek beweeg kaalvoet oor die langhaar mat na die drankkabinet gooi vir my die soveelste whisky in en waggel na my kamer.
’n Geluid laat my orent ruk het ek my verbeel of was iemand by die agterdeur.
Wie is daar, vra ek benoud, dan hoor ek die deur toegaan en ’n hond wat blaf.
Met net ’n leë glas in my hand as wapen loop ek na die agterdeur en sien dis toe en d**k, het ek my net verbeel?
Ek dwaal rusteloos deur die huis skakel die TV aan en dadelik weer af, verbeel ek my of hoor ek weer ’n hond blaf, die geluid by die agterdeur bevestig my vermoedens, hier is iemand.
Beslis staan ek op en vra, wie is daar?
Boeta ek jou liedjie speel, ek voel hoe die lewe my liggaam wil verlaat, ’n oomblik wil duisternis my omvou, gryp na die handvatsel die deur gaan oop voor my staan boeta met sy blik kitaar, ’n grootmens met ’n kindergesiggie.
Ek in jou kasteel kom kuier, kom in boeta, kom speel vir my op jou kitaar.
Dan begin hy speel en sing. My maatjies wil nie met my speel. Hul sê ek maak hul bang.
My sussie bly in ’n kasteel.
Dra klere van pêrels.
My pappa sug so swaar.
Mamma sê sus het ons nie vergeet.
Maar ek is haar engel kind.
Dan begin hy sommer vertel van Pietie.
Pietie bly by hulle, dis sy beste maatjie, hy’t ’n fiets, ek mag ook op sy fiets ry.
Tannie Ann is almal se mamma, sy kan pannekoek bak.
Mamma is by pappa, hulle bly in die wolke.
Kan ek en Pietie in jou kasteel kom bly.
Ja boeta ons gaan more al jul goed haal, dan kom bly jy en Pietie in my kasteel.
Lank na middernag kyk ek af op die kindergesiggie van boeta, vasgevang in ’n grootmens lyf, al wat hy gevra het, is ’n maatjie om mee te speel.
Sit die lig by hom af en trane loop oor my wange, al die jare oorsee ged**k ek het op Bitterfontein gebly, maar nou weet ek dit was eintlik Geluksdal.
GELOOF, HOOP EN LIEFDE
Trane rol oor my wange terwyl ek badwater intap.
Reik na drie botteltjies wat op die rakkie bo kant my bad staan.
Tel een op en lees, geloof.
Draai die proppie af en gooi ’n druppel in die water, tel die volgende botteltjie op en lees, hoop en gooi mildelik daarvan in, staar na die kringe op die water en sien hoe teleurstelling wegbeweeg.
Soek na die ander botteltjie kan dit nie kry ek is seker ek het dit langs hoop gelos, kry dit dan agter geloof staan.
Tel dit versigtig op want dis liefde en dis kosbaar en wil dit nie deur my vingers laat glip, draai die proppie af en gooi ’n klein druppeltjie daarvan in my badwater en bêre dit ver agter geloof, want ek weet ek sal dit nie gou weer gebruik nie.
Klim met my naakte lyf in en met nog steeds met trane oor my wange kyk ek hoe teleurstelling vasklou aan die bad se rand.
Dan skuif geloof nader en kruip op na my bene ek lê roerloos want ek wil nie geloof steur nie.
Dan sien ek hoe hoop nader kom en aansluit by geloof.
Liefde kom vinnig nader en kom vat geloof en hoop se hand en skuif op en kom lê op my hart.
ʼn Paar minute lê ek met geloof hoop en liefde.
Staan op en laat die water van teleurstelling van my afdrup, vou my toe in die sagte handdoek van liefde en weet liefde sal altyd voortbestaan.
BESTEMMING ONBEKEND
Met net een tas in my hand wag ek op ’n bus ’n leeftyd het al afgespeel, my lewe gaan aan met ’n tas.
Mense drom saam, gesels en groet onderlangs mekaar dan weer stilte.
Hoe interessant om te sien hoe vrouens in hul handsakke vroetel sonder om iets tevoorskyn te bring.
My gedagtes dwaal rond na gister, soek weer die bevestiging, jy doen die regte ding sluk aan ’n traan wat dreig om in my oë te kom skuil. Die dreuning van die bus bring almal in beweging, tasse word in rye gepak soos bliksoldaatjies, mense beur om eerste op te klim, genadiglik vind ek ’n sitplek sommer lekker voor.
So ry ons van dorp na dorp, stop by vulstasies, laai mense op laai mense af, hoor dan ’n vroutjie vra hoe ver nog. Die busbestuurder antwoord, “laaste stop oor 20 minute,” my hartklop versnel, oor 20 minute spoeg die wêreld my uit na ’n onbekende bestemming. Ons ry ’n klein dorpie binne, huise winkels en mense flits verby maar ek kan niks in herinnering roep nie, ek is ’n vreemdeling in die dorp.
Almal skuur verby, stamp en stoot aan mekaar en die stilte van vroeër op die bus is meteens gevul met ’n lawaai. Met weer my tas in my hand wag ek op my huurmotor wat sommer vinnig by my stop. Ek druk die adres van my bestemming in sy hand, my keel is wraggies toegetrek.
Die huurmotor bestuurder lees die adres, mevrou so 30 minute en jy’s daar by die plaas. Sonder om te vra begin hy ook gesels, “sien mevrou is van die stad, jy ken nie die plek. Mevrou weet, daai plaas hy was die ryk plaas nou die eendag die lorrie kom by die dag drie vier lorries hy laai die meubels hy laai die karre hy laai die beeste.”
“Die meneer daar hy praat min hy bly daar maar die meneer se oë is seer as hy kyk die plaas.”
’n Afdraai grondpad bring ons by ’n massiewe hek, vir ’n paar minute kyk ek rond ek staan alleen met net ’n stofwolk van die huurmotor agter my. Trek my asem in en maak die ysterhek oop, dit is swaar maar tog spreek dit van krag, ek volg die voetpaadjie. Die volgende hek is oop stap deur en dan kom ’n kort man aangestap, my oog vang sy geboë skouers en ’n mond wat nie maklik lag. Kort op sy hakke ’n stewige hond, ek vries maar mnr. De Wet verseker my Tiger sal nie byt nie. Hy stel homself voor, ek merk sagte oë maar moeë oë. ’n Ou kliphuis begroet my, ’n vlugtige gesprek oor die volgende huis wat eenkant staan en daar begin my dag op ’n onbekende bestemming. Hy gee my ’n sleutel en sê, “maak jou solank tuis, kamer 10 is ingerig vir jou, sien jou môreoggend agtuur aan ontbyttafel,” en sonder om te groet draai hy om en verdwyn in sy herehuis. Verwaande vent d**k ek hardop tel my tas op en beweeg in die rigting van die huis wat se dak net sigbaar bo die boomtoppe is.
ʼn Platdakhuis verskyn in my gesigsveld, baie duidelik dat iemand lanklaas hier was, sluit die deur oop ’n eenvoud begroet my. Stap traag binne en loop deur ’n eetsaal, skilderye van perde begroet my, seker ’n perde liefhebber. Die volgende vertrek is leeg maar loop deur na die kombuis, ’n regte plaaskombuis, ek streel met my hand oor die koolstoof sluit my oë, verbeel my ek ruik die koffie op die stoof.
ʼn Deur wat oopgaan bring my weer terug na waar ek nog met my hand op die stoof staan, en kyk vas in meneer de Wet se oë. Linda wou nog sê hier’s nie krag, en loop uit sonder dat ek tot verhaal kan kom.
Verleë draai ek om en soek na kamer 10, aan die bopunt van die trap is ’n groot goue 10 op die deur, maak die deur oop en trek my asem skerp in, ’n hemelbed staan in die middel van die kamer ’n spieëltafel so groot soos die muur, ʼn sagte mat vul die vloer, ek trek my skoene uit, my voete verdwyn in die lang hare van die mat. Als oorweldig my, tel die roos van die bed op, vou die kaartjie oop wat met ’n goue lintjie aan die stammetjie vasgemaak is en lees.
Hoop jy vind jou kamer gerieflik.
Meisie van die stad.
Stiptelik om agtuur kom neem mnr. De Wet sy plek aan die ontbyttafel in, groet stroef en verneem of Siena my alles gewys het, net toe ek wou dankie sê vir die pragtige kamer en roos, kom stap ’n lang blonde man die vertrek binne.
“O Riaan môre, laat ek jou voorstel aan Linda ons nuwe gasvrou.” Ek voel gehipnotiseer deur sy goedkeurende blik waarmee hy my meet.
“Hallo meisie van die stad, groet hy my vermakerig.” Ek is heeltemal onkant gevang en ignoreer sy hand wat hy na my uitsteek, met net ’n kopknik neem ek plaas op die naaste stoel.
“Aitsa ek sien jy hou daarvan om aan die koppenent van ’n tafel te sit.” mnr. De Wet neem die gesprek oor. “Riaan wat gaan daar aan op Nuwe Pos, is Adelle al beter of weier sy steeds om op te staan?” “Oom Werner sien die ding kyk vir my of sy net daarvan hou om gepamperlang te word, dit lyk mos al vir my of die vroulike geslag maar so is.” “Ja kyk Riaan as sy nog lê dan moet jy haar maar Windhoek toe vat. Ja sal haar dan maar vervang oom Werner, nou ja dan praat ons later weer.” Nog steeds sonder om te groet staan hy op en stap uit. “En toe meisie van die stad, het jy lekker geslaap of soek jy jou gerieflike woonstel en elektrisiteit,” ek vererg my maar byt op my tande. “Dankie Riaan, ek het heerlik geslaap.” “Nou ja dan groet ek, sê maar vir Siena dankie, die ontbyt was heerlik en onthou ek verkies môre eiers en spek as jy weet hoe om dit te bak.”
“Meisie van die stad.”
“Vra vir Adelle om dit te maak ha-ha, tog nie so vinnig jaloers mooi ding,” sy kan nie kook nie en stap uit en ek weet hy gaan met my kat en muis speel.
Siena kom dek af, ek is nog steeds bewus van sy teenwoordigheid daar buite en hou hom dop deur die oop venster hy draai skielik om en sê hy, “meisie van die stad hou julle altyd ouens dop deur jul vensters in die stad?” Ek vlieg om en kan hom duidelik hoor lag.
“Mevrou kan nou maar ’n rukkie in die sonstoep gaan sit dan bring ek vir mevrou warm koffie. Sien mevrou se koffie is al koud op die tafel.” “Nee wat Siena ek help gou met die opwas van die skottelgoed.” “Mevrou, mnr. Riaan sal elfuur kom vir tee, dan sal hy net die fles vat en ry, mevrou kan dan net sy fles vol maak.
Stiptelik, om elfuur kom hou Riaan dan ook voor die deur stil, sonder om iets te sê hou ek die fles uit na hom. “Aitsa so hou ek van my meisie stiptelik,” neem die fles en met ’n oogknik loop hy terug na die motor. Sonder om om te kyk vlug ek die huis binne.
Die aand aan tafel merk ek op dat Siena net vir twee gedek het en dan onthou ek Riaan is seker by Adelle en eet net in die oggend ontbyt hier. Mnr. De Wet stap die vertrek binne, en met ’n hallo antwoord ek ook net, “goeie naand meneer.” “Noem my sommer oom Werner, aangesien ons baie in mekaar se gesigsveld sal wees.” Genade, d**k ek maar hy is onbeskof, in stilte eet ons heerlik aan stowevleis en soet patats.
Net na nege stap ek ook my kamer binne en is bly die dag is verby. Nadat ek gestort het en regmaak om tussen die lakens in te kruip sien ek die nota onder die deur, wonder wat dit is staan op en lees. Lekker slaap meisie van die stad.
Onthou spek en eiers môre.
Ek pluk die deur oop en wou hom toesnou wie gee jou die reg om notas vir my te los maar daar’s niemand aan die onderpunt van die trap nie.
Die nag kan ek nie slaap rol rond en d**k wie is die man, waarom ontstel hy my maar tog interesseer hy my ook. Wat het gebeur met Adelle en hoekom wil sy nie opstaan nie.
Iewers het ek tog aan die slaap geraak en met ’n klop aan my deur word ek wakker, ek vlieg regop en besef ek het verslaap en daar staan Siena met stomende koffie. “Siena hoe laat is dit. Riaan soek eiers en spek vir ontbyt,” en gooi die komberse van my af. “Nee wat mevrou, alles is klaar, meneer-hulle sal laat wees. Drink eers mevrou se koffie.” Met ’n sug van verligting leun ek terug teen my kussing.
“Siena wat makeer Adelle,” “’n slang het haar gep*k maar mnr. Riaan kry haar nie gesond, ek hoor by Philimon hy vat haar môre Windhoek toe, hy gaan nie verder met haar sukkel, hy gaan nou vir Julia vat.” “Genade Siena sommer net so?” “Ja mevrou, hy’t baie gesukkel met haar,” dan draai sy om en stap uit. Wat se soort man vervang iemand net so maklik, liewe hemel waar het ek beland ek is ook net klaar toe Riaan-hulle instap.
“Môre môre,” groet Riaan ewe opgewek, “aitsa oom Werner ons is mos lekker bederf vanmôre.” “Ja Riaan maar ek verkies my pap in die môre,” “ag wat oom Werner sy wou maar net wys wat eet die stadsmeisies.”
“Maar Riaan,” dan val oom Werner my in die rede, “Riaan jy sê jy vat Adelle vandag in Windhoek toe. “Ja wat Oom ek sal nou vir Julia vat dis darem ’n jong dingetjie en ek kan haar na my hand leer.” “Verskoon my asseblief” ek stamp vererg my stoel terug en stap driftig die trappe op. Na ’n ruk hoor ek Riaan vertrek en ek is skielik woedend.
Dis nou ’n week wat Riaan nie meer in die oggend kom eet. Ek neem my voor om nie vir Siena uit te vra oor wanneer hy terugkom nie.
Die namiddag besluit ek tog om na die plaasdam te stap, oorweldig hoe pragtig dit daar is, trek ek my skoene uit en druk my voete in die water. Die koelte van die water laat my besluit om somer te swem, trek vinnig my langbroek uit en swem ’n paar hale deur die dam. Net toe ek uit die water is staan Riaan langs die dam met my langbroek in sy hand. Met een sprong is ek terug in die water Riaan draai om en verdwyn tussen die bome.
Die aand vermy ek die eettafel en ou Siena wil weet of ek siek is en ek verseker haar dat ek net hoofpyn het en môre beter sal ek voel.
Die volgende oggend aan tafel rep Riaan nie ’n woord van die episode by die dam nie. “Hi Riaan,” onderbreek oom Werner die stilte, “wat hoor jy van Adelle? “Nee wat oom, ek het vir hulle gesê hulle moet haar nou maar pamperlang daar en kyk wie stel belang om haar te vat.
“Julia is vurig,” “dan is dit reg so Riaan, gaan wys namiddag somer vir Linda bietjie hoe lyk Nuwe Pos, ek verstaan dat sy mediese kennis het en kan sy dalk ook daar van nut wees.” “Nee maar dis reg so oom Werner, sal graag hoor wat sy d**k van Julia.”
Ek verstik amper in my kos en Riaan lag onderlangs. “Nou ja dan tel ek jou so vyfuur namiddag op, en terloops vat hierdie keer jou swemklere saam.”
“Nou ja Riaan dan praat ons weer,” en saam stap hul uit.
Net voor vyfuur stap Riaan by die deur in, selfvoldaan en met stewels aan, “tog nie ged**k ek kom met ’n koets nie.”
Meisie van die stad
Verbaas sien ek die perd voor die deur. “Kom Julia wag.” “Riaan is jy mal, ek het ’n rok aan, ek kan nie perd ry.” Met een beweging tel hy my op en dra my oor sy skouer na die perd, ek gryp na my rok, “los my sit my neer.” Dan sit hy my op die perd se rug, klim op en ek klou vir al wat werd is aan hom vas en daar galop hy, ek huil van frustrasie en hy lag uit sy maag.
By die plaasdam saal hy af en ek merk nou eers die mandjie onder die boom, ewe vermakerig se hy, “jy’t my so styf vasgehou, seker jy sal die wyn saam met my geniet.”
“Gaan gee dit vir Julia, jy’t van Adelle ontslae geraak wat se soort man is jy?”
Vurig né, hy gryp na my hand ek ruk los en verloor my balans en val op die kombers. “Nie so haastig nie, laat ek jou eers vertel wat se soort man is ek, jy stel mos belang meisie van die stad.” “Jy’s gewetenloos en d**k jy gaan met my maak soos met Adelle.”
“O nee ek gaan nie,” en hou die wynglas uit na my.
“Sien Adelle is ’n ou merrie wat deur ’n slang gep*k was en Julia is die vurige perd wat jou prins gebring het waaraan jy so vasgeklou het.” My wynglas val uit my hand van skok en Riaan maak van die oomblik gebruik en soen my vol op my mond.
En sê, “welkom in my kasteel meisie van die stad.”
Tuis Welkom by die webruimte van Mar-Leo Publiseerders. Ons woord is ons eer! Welcome to the web page of Mar-Leo Publishers. Our word is our bond!
Alleen
Dis ek en die wind wie is die kind ons dans al deur die sand
Geen spore sal jul vind as die wind gaan lê is daar geen simfonie meer
Sopas is die dans verby geen spore op die sand alleen slegs net die melodie van sand
Die hart
Die hart laat hom nie voorsê die hart kies alleen die hart stap aan as verstand voor hom kom staan die hart bepaal sy eie liefdesbaan die hart sal gaan staan as smart oor hom gaan


Wies ekke
Ek blaai deur my lewens boek
Bladsy een le n tweeling klein
Hul het op gegroei en in die wereld verdwyn
In die middel van my boek
Stan ek op my huisie se stoep
Luister na kinder laggies so soet
As ek omblaai le my lewe om my gesaai
Daar staan n vrou in n ander verhaal
Op die laaste bladsy van my boek
Staan geskryf ek is n vriend ek sal jou kom haal
Alida maritz
Kopiereg
Droomhuis
My droomhuis dis nie van glas
Geen goud of silwer moet jy daar verwag
Die voordeur is n stukkie van die maan
Elke venster het n raam
Daar deur skitter sterre saam
As ek na die agterdeur gaan
Vind ek die son al daar
My blomme tuin dra praal en prag
Dis waar diere kinders baljaar
Die bruggie oor die water stroom
Dis waar die padda woon
Sal hy my toevou in sy hart weet ek dis ons kasteel vandag
Alida maritz
Kopiereg
Tweespoorpad
Ons lewens is ñ tweespoorpad
Agter gelaat is nie net smart
Vorentoe gebeur
Niks gevind
Ons is net versamelaars van die wind
Alida maritz
Kopiereg
BLIK KITAAR
Dis bloedig warm ek trek die breëband hoed laer oor
my voorkop en stap al met die bergpaadjie op na die
heuwel wat ek so goed ken.
Van bo af lyk die huisies klein en die strate nou.
En ek wonder wat doen mense nog hier.
My oë soek na die bloudak huisie op die hoek van die
straat, kaalgestroop staan die ou doringboom wat so
veel pret en skaduwee aan ons verskaf het.
My oë soek na waar die treinspoor was.
Verlate lê net stukke ysterspore ’n wisselaar wat sy
rooi en wit strepe lankal verloor het
’n Geroeste fiets verlate in ’n droë rivierloop.
Wonder of die kafee nog Wilson toffies verkoop.
’n Bobbejaan verraai my teenwoordigheid aan die
trop en spat uitmekaar, dan staan ek maar op en stap
terug.
Kom te staan voor huis nommer 36, die voorhekkie
hang nog net aan een skarnier, die voordeur se verf is
al verbleik deur die son.
Ek stoot die hekkie oop dit maak ’n geraas en iewers
blaf ’n hond.
’n Voetpaadjie vol onkruid lei my na die voordeur.
Ek verbeel my ek sien weer my pa met sy pyp in sy
mond wat my optel om die deur oop te draai.
Ruik die pypkaneel in die gang.
Draai die deur oop en plankvloere kraak onder my
voete.
Leë vertrekke, stukkende ruite doem voor my oë op.
My voete dra my na boeta se kamer verbeel ek my of
hoor ek boeta speel op sy blik kitaar.
Intense verlange stoot in my op, draai om en stap by
die agterdeur uit, verskrik hardloop ’n kat vir die
naaste boom, stap by die hekkie uit en hoor hoe my
ma sê maak toe die hekkie.
Draai verleë om so asof ek haar sien met haar hande
toegevou in haar voorskoot, ek weer met my styf
gevlegte hare wat my kopvel laat saamtrek en met
trane se ek net “sorry” ma.
Trek die skewe hekkie in plek en loop oor die verlate
treinspoor.
Gaan staan voor die ou verwaarlose hospitaaltjie
daar waar ons almal op boeta se koms gewag het
skud die herinnering af en stap om die hoek.
Die grys gebou met sy karige tuintjie doem voor my
op.
VERGEET MY NIE staan met sierletters geskryf op die
muur, stap tot by die voordeur, kyk gang af.
Iewers lui ’n etensklok.
Skielik is die vertrek voor my gevul met geluide van
rolstoele, kieries en loopringe en iewers lag ’n kind.
Oumens gesiggies vul die sitplekke, helpende hande
bring die kos na hul monde, party kan self, sonder dat
iemand van my bewus is draai ek om en stap uit.
ʼn Maand later is die voordeur geverf, die huis
omskep in ’n kasteel en die vertrekke gemeubileer
met duursame meubels, ’n groot vollengte spieël
weerkaats my beeld terug na my, koue oë staar na my, bloedrooi lippe grynslag vir my, ek beweeg
kaalvoet oor die langhaar mat na die drankkabinet
gooi vir my die soveelste whisky in en waggel na my
kamer.
’n Geluid laat my orent ruk het ek my verbeel of was
iemand by die agterdeur.
Wie is daar, vra ek benoud, dan hoor ek die deur
toegaan en ’n hond wat blaf.
Met net ’n leë glas in my hand as wapen loop ek na
die agterdeur en sien dis toe en d**k, het ek my net
verbeel?
Ek dwaal rusteloos deur die huis skakel die TV aan en
dadelik weer af, verbeel ek my of hoor ek weer ’n
hond blaf, die geluid by die agterdeur bevestig my
vermoedens, hier is iemand.
Beslis staan ek op en vra, wie is daar?
Boeta ek jou liedjie speel, ek voel hoe die lewe my
liggaam wil verlaat, ’n oomblik wil duisternis my
omvou, gryp na die handvatsel die deur gaan oop
voor my staan boeta met sy blik kitaar, ’n grootmens
met ’n kindergesiggie.
Ek in jou kasteel kom kuier, kom in boeta, kom speel
vir my op jou kitaar.
Dan begin hy speel en sing. My maatjies wil nie met
my speel. Hul sê ek maak hul bang.
My sussie bly in ’n kasteel.
Dra klere van pêrels.
My pappa sug so swaar.
Mamma sê sus het ons nie vergeet.
Maar ek is haar engel kind.
Dan begin hy sommer vertel van Pietie.
Pietie bly by hulle, dis sy beste maatjie, hy’t ’n fiets,
ek mag ook op sy fiets ry.
Tannie Ann is almal se mamma, sy kan pannekoek
bak.
Mamma is by pappa, hulle bly in die wolke.
Kan ek en Pietie in jou kasteel kom bly.
Ja boeta ons gaan more al jul goed haal, dan kom bly
jy en Pietie in my kasteel.
Lank na middernag kyk ek af op die kindergesiggie
van boeta, vasgevang in ’n grootmens lyf, al wat hy
gevra het, is ’n maatjie om mee te speel.
Sit die lig by hom af en trane loop oor my wange, al
die jare oorsee ged**k ek het op Bitterfontein gebly,
maar nou weet ek dit was eintlik Geluksdal.
Hartklop
Ek staan voor my hart se deur
Wonder wat sal ek binne vind
Die deur is gemaak van liefde
In eerbied stap ek in
In die hande van genade lê my.hart
Dit pomp lewens bloed
Dit bring vrede in my gemoed
Ek kyk om my rond
Dit vertel n reis van lewensjare
Van geluk en stukkende skerwe
Dis die lesse wat ek moes leer
Daars self spore van vriende
Ek hoor n melody
Dis die lewenslied
Die lewe is nie verniet
Die spoor wat ek nalaat
Dis die oorwinnaars lied
Alida maritz Kopiereg
Cul-de sac
In die strale van die son
Gooi die skadu my sillhouette
My hare n bolla op my kop
Ek staar voor my uit
Arms langs my sye
Maak n geraamte uit
Om my middel is daar niks
My knieë het reeds verdwyn
My bene wil nie meer
Die geraamte akomodeer
Want my voete is daar nie meer
En my mond die het lankal verteer
Alida maritz
Kopiereg
Genade tyd
Verimpel is die gesig
Toegevoude hande dank ek vir my brood
Op my enkelbed hoor ek
Waneer is my kamer weer oop?
Verwronge hande vryf net saam
Ag heer is genade tyd al verby?
Kan ek verewig nou by U kom bly?
Alida maritz
Kopiereg

misterie valintyn.
Feb ruil ons hartjies uit
Dalk n sjokolade van.lint
N.rooi roos daar by
Vanaand eet ek sjokolade
Want more is ek weer net ou katryn
Anker vir my siel
O Heer O Heer
in opstand is my siel
Geskok seer en verward
het die lewe my gelaat
Nou my Heer roep ek uit
ʼn antwoord op ’n besluit
U Heer is al toevlug
ek is steeds u kind
vertroosting sal ek net by U kan vind
die storm het ek ervaar
die spanning het U gewaar
leer my die waarde van die anker van die boot
wees U die skipper in my boot
Lesse van liefde
"Hoop"........... deur Alida Maritz
Van die Hart
Videos (show all)
Category
Telephone
Website
Address
Shop 82, Garden Route Mall, N2 Highway & Knysna Road
George, 6529
At PNA Garden Route Mall, you will find the widest range of stationery, art & craft materials, educational books and even more, all in one place. And if we don’t have it – we’re ha...
George, 6570
Easy to follow, self-help books, products and training tools about starting and managing your own bu