Rugby Club playing in the Boland Wit-Sentraal Competition BELLA VISTA RUGBY CLUB RESIDES IN THE BOLAND AND PLAYS IN BOLANDS SUPER LEAGUE EAST, They are renowned for being very formidable opponents and playing on their home ground at times can become an house of pain if you're on the opposition.
Operating as usual
Blou - Familie, hier is die program vir more se wedstryd wat plaasvind by Lyellstraat-Sportgronde.
Kom ons daag op in groot getalle en ondersteun die aangeleentheid soos net ons kan!
Goeie more
Vind aangeheg die Program van more.
Iets om oor trots te wees,want Delicious RVK is die host van die groot event wat Boland aanbied.
Kostes - R30pp
R10- kinders o/13
Kom maar vroeg om n lekker plekkie te kry en ons glo almal gan n delicious daggie het!!!!
Sportgroete
🇧🇬🇧🇬🇧🇬🇧🇬
Bestellings vir Promo Tshirts sluit vandag en dit sal ook die laaste bestelling wees wat geplaas sal word.
Whatsapp Joycelyn op 0739351900 vir bestellings!
Met ligas wat lê en loer om die draai, deel ons graag die spelbeurtlys 2022 vir eerste rondte soos ontvang is vanaf BRU!
30 Apr - Newtons vs Bella Vista
07 Mei - Bella Vista vs Hillcrest U
14 Mei - Delicious vs Bella Vista
21 Mei - Bella Vista vs Wolseley
28 Mei - Ceres vs Bella Vista
04 Jun - Los
11 Jun - Bella Vista vs Roses U
18 Jun - Hamlet vs Bella Vista
25 Jun - Bella Vista vs Temperance
02 Jul - Evergreens vs Bella Vista
09 Jul - Bella Vista vs Tulbagh
Happy Birthday Wayden. Hope you have a great one. God Bless
Happy Belated birthday Patches.
Geluk Cameron hufke met jou insluiting in die Kavaliers se beginspan.Die blou familie is trots op jou.
Elron Mcleod is ingesluit by die finale Oefengroep van die Boland Rugby Unie se o.20 span.
Ons wens hom hiermee hartlik geluk en sterkte toe.
Mag jy van krag tot krag gaan soos jy elke keer jou beste lewer.
Bellabo🇨🇵
GEEN OEFENING VANAAND MAAR WEL DONDERDAG AAND!
Marquin Appollis en meester Warren Hector herdenk ook vandag hulle geboortedag.
Baie geluk en seën op julle lewens.
Dankie vir die bydra wat julle lewer tot die vooruitgang van ons klub.
Today we want to send our warmest wishes to Warren Gouws on his birthday!
May your spirit be enriched in light, love and hope for a prosperous year ahead. Whatever you ask may you receive, whatever you seek may you find, whatever you wish may come true!
Happy blessed Birthday Warren, may God bless you for many more years to come!
Ons vriendskaplike wedstryde het Saterdag, 02 April 2022, ten einde geloop.
Opregte dank aan elke speler vir wat julle wedstryd na wedstryd ingesit het. Ons kan net hiervandaan van krag tot krag gaan met die hulp van ons Hemelse Vader.
Baie dankie aan ons afrigters wat alles insit om die beste uit elke speler te kry. Ons weet dat dit nie 'n maklike taak is nie, maar ons weet dat julle liefde vir die sport, julle motivering.
Ons toeskouers. Lojale Bella mense. Woorde ontbreek. Julle trek elke keer in julle massas op. Baie dankie vir julle. Ons opregte waardering.
Ons bedank ook alle borge: organisasie, besighede en mense wat in spelers belê. Ons as bestuur weet nie altyd wie die privaat borge is nie, maar baie dankie dat julle op so manier spelers ook motiveer om aan te hou speel.
Hiervandaan maak ons ons nou gereed vir die liga wedstryde. Sterkte aan ons speler en afrigtingspan met verdere voorbereidings vir die rugby seisoen.
Tenlaaste wil ons aan Delicious Rugby Klub Ceres haar bestuur,afrigters,spelers en toeskouers dankie se vir n goeie dag van rugby Saterdag.Voorspoed met jul 2022 seisoen.
Bellabo🇨🇵
BUS VERTREK 12:30 VANAF DIE VELD EN SAL DAN BY BELLA VISTA SLAGHUIS STOP, PRYS VIR BUS R20 PER PERSOON.
Promo T-shirts is hier!
As jy bestel en betaal het maak asb kontak met Joycelyn 073 935 1900
Dis vandag die hoof Bella Girl se bday. Selma Manus, jou liefde vir die klub is so opreg. Jy is ongetwyfeld 1 van vele toeskouers wat enige tyd, op enige plek die Bella naam verdedig.
Baie geluk met jou verjaarsdag vandag. Goedheid en guns bid ons op jou lewe af. Geniet die dag.
🇨🇵
Namens die bestuur, spelers en toeskouers wil ons net vir Elrico Witbooi (Tolle), gelukwens op sy verjaarsdag vandag.
Ons bid jou die seën van die Here toe en ons is dankbaar vir die waarde wat jy toevoeg tot die klub.
"Ken Hom in alles wat jy doen..."Spreuke 3:6
🇨🇵
Een van die seuns van ons ontslape president, wyle oom Robert Louw, ROBERTO LOUW, hy is ook die broer van een van ons voormalige bestuurslede, Ruben Louw, is skielik deur die koue hand van die dood weggeruk.
Roberto was 'n jongman wat sy merk gemaak het by die klub. Saterdae was hy op sy pos om hand te gee om goed in plek te kry voor wedstryde. Respek het hy openbaar soos sy ouers dit by hom ingeskerp het. Ons sal hom onthou, want hy het sy merk gemaak in baie lewens.
Ons wil langs hierdie weg met sy broers en sisters en die breë familie ons diepste en innige simpatie betoon. Ons bid dat God julle sal versterk en dat julle in hierdie hartseer tyd Sy nabyheid ervaar.
God is naby die wat gebroke van hart is en Hy heel hulle wonde.
Baie sterkte. 🙏
🇨🇵
Ons wil net vir Keanan Fredericks sterkte toebid waar hy vanoggend operasie aan sy pols moes ondergaan.
Ons bid dat jy spoedig sal herstel en ons weet dat God altyd Sy kinders bewaar.
Baie sterkte.
🇨🇵
Baie geluk aan Coach Brett. Die waarde wat jy toevoeg tot die klub is van onskatbare waarde.
Ons bid die seën van die Here op jou lewe af.
Lekker verjaar.
Today we celebrate your Birthday. May the Lord almighty bless you in abundance on this day. We wish you a Happy one. Enjoy
Namens die bestuur, spelers en toeskouers wil ons net vir Jacquin Claasen baie gelukwens met sy verjaarsdag vandag.
Ons bid God se seën oor jou lewe af. Mag jy van krag tot krag gaan in alles wat jy doen.
Geniet die dag.
Die bestuur wil net hiermee ons opregte dank uitspreek teenoor , (van beide klubs), , vir neem van fotos, en natuurlik vir 'n suksesvolle rugbydag van Saterdag, 19 Maart. Nuwe vriendskapsbande is gesmee wat rugby in goeie gees bevorder. Vanaf die 3de spanne tot die 1ste spanne was goeie sportmangees openbaar.
Weereens opregte dank aan en wat die uitsaai van die hoofwedstryd geborg het.
Ten laaste en die belangrikste: Alle lof en dank aan die wat vir ons so 'n mooi en geseënde dag gegee het.
Happy Birthday Enzio. Have a great one. God bless.
Happy Birthday Jean. Mag jy n wonderlike dag het. Mag ons Liewe Vader jou seen en baie jare uitspaar. Blessings op Blessings vir jou.
Celecia Manus, beter bekend as Leesie, vier vandag haar verjaardag. Dis nou een ondersteuner wie se hart onverdeeld op Bella gerig is.
Haar entoesiasme en opgewondenheid wanneer sy op die veld is of net met een van die spelers in kontak is spreek boekdele.
Baie geluk op jou verjaarsdag vandag Leesie. Baie dankie vir jare se ondersteuning vir jou Bella Boys. Ons gebed is dat God se seën altyddeur op jou lewe sal rus.
Happy birthday🎂🎉🙏❤️💐🌹🍰🎊
As klub wens ons hiermee ons opregte dank en waardering teenoor Graon en Chrissie uit te spreek vir die wyse waarop hulle die afgelope tyd ons klub en gemeenskap ondersteun met borgskappe.
Tenspyte van die uitdagings wat besighede die afgelope paar jaar met covid in die gesig gestaar het is julle harte en hande steeds oop om uit te reik en te help.
Dis ook aan hierdie twee onbaatsugtige, goedhartige en gemeenskapsmense dat die "live streaming" van eerskomende Saterdag se wedstryd tussen Bella Vista en Saldanha moontlik gemaak is.
Graon en Chrissie, die woord dankie is so klein, maar wanneer ons DANKIE sê kom dit uit die diepte van ons harte. Baie dankie vir wat julle in Bella Vista Rugby Klub belê.
Mag julle besigheid van krag tot krag groei.
💥LIVE💥
We are off to Ceres for another Classic Clubrugby💥LIVE💥 Encounter THIS Coming Saturday (Link Below👇)
BELLA VISTA RUGBY KLUB vs saldanha rugbyklub - Who are you backing?
Proudly SPONSORED BY Bella Vista Butchery & Bella Vista Drankwinkel (support the businesses that support the sport we ❤️)
If you love your CLUB Rugby, Share the ❤️, Like, Subscribe, Comment and set the reminder on our Youtube channel to not miss a single minute
BOLAND KLUBRUGBY NUUS
Boland Bree-Langeberg Rugby
WESTERN CAPE RUGBY PICS & VIDS
Boland Rugby & Boland Cavaliers
Rugby World Cup
Suid-Afrikaanse Klub rugby
Boland Club Rugby
https://youtu.be/cFYFgi0MTIE
The wait is over!!! There will be no mercy.
Come and support our boys as we are about to enter war. 🇨🇵🇨🇵👌
Nog verjaarsdae. Vandag is ons saam Spannie Mams, en oom Gerrit bly vir hulle nuwe lewensjare. Mag ons getroue God julle nog baie jare uitspaar. Ons bid goeie gesondheid en guns op julle lewe toe. Geniet die dag en mag julle geliefdes julle lekke bederf.
God seen.
Warren Pietersen vier ook vandag sy verjaarsdag. Ons wens hom ook vandag baie geluk en seën met die vermeerdering van jare.
Mag jy gedurigdeur die guns van die Here op jou lewe ervaar. Ons bid God se beskerming oor jou lewe af. Mag jy ondervind hoe Hy jou instaatstelling is in en met alles wat jy doen.
Seënwense
Een van die klub se mees lojale ondersteunders verjaar vandag. En maklik een van die oudste ondersteunders ook. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om vir Antie Nona baie geluk te se op die vermeerdering van jare.
Ons bid dat God u nog baie jare sal seen en uitspaar. Hoop die dag was wonderlik. Mag die nuwe lewensjaar net vreugde en vrede bring.
Die Here seen.
Ons wil vanoggend net van die geleentheid gebruik maak om vir Elrich Mehl (Krakie) sterkte toe te wens met die operasie wat hy vanoggend ondergaan.
Elrich het Saterdag 'n besering opgedoen met ons besoek aan Riebeeck Kasteel.
Ons gebede vergesel vanoggend vir Elrich en ons glo dat die operasie suksesvol sal wees. Ons bid vanoggend die beskerming van die Allerhoogste God oor hom af en weet dat soos God belowe in Sy woord: Hy gee Sy engele opdrag om Sy kinders te bewaar.
Baie sterkte. 🙏
Vandag wil ons vir Rowin Fortuin en Douglas Le Bretton hartlik geluk wens met hulle verjaardae!
Rowin vier vandag sy 60ste verjaardag, dis voor waar 'n mylpaal in enige een se lewe en dis net deur God se genade.
Rowin en Douglas mag julle 'n geseënde dag het en mag die Here julle nog vele jare uitspaar.
Geniet die dag, en weet dat die Blou Familie hierdie dag in gees saam julle vier!
Happy 21st Birthday Lee-Than Theys. May our Lord bless you for many more years to come. Enjoy this Bornday.
Hiermee wil Bella Vista Rugby Klub graag vir De Wet Vrugte en Vervoer bedank vir hulle goedhartigheid teenoor die klub deur die klub te voorsien met nuwe oefen en speel balle vir die rugby seisoen wat voorlê.
Ons waardeer dit opreg en ons glo die spelers sal goeie rugby op lewer met die balle.
Hier staan twee van die bestuurslede saam met die eienaar van De Wet Vrugte en Vervoer. v.l.n.r Dawid Van Der Merwe (Trustee), Patrick De Wet (eienaar) en Craig Volmoer (Voorsitter) waar die nuwe balle oorhandig word.
Oefening sal vanaand om 18:30 begin a.g.v kragonderbreking wat 20:00 begin!
Tuesday | 18:30 - 21:00 |
Thursday | 18:00 - 21:00 |
Saturday | 12:00 - 18:00 |
'n Gemeenskaps rugby klub in die hartjie van die Boland, wat passievol is oor die spel van rugby, en toegewyd is tot die ontwikkeling van jong spelers.