ATTSA
ATTSA is ’n weldaadorganisasie wat gemeenskappe versterk deur hulp met hart. Saam bou ons hoop en ’n beter toekoms. 💚
Ons ondersteun mense en omgewings deur welsyn, gesondheidsorg, behuising, opvoeding en die bevordering van Afrikaanse taal en kultuur.
21/09/2026
18/09/2026
By ATTSA NPC glo ons dat ware verandering begin wanneer mense bereid is om hande te vat.
Elke dag werk ons saam met gemeenskappe om hoop prakties te maak – deur ondersteuning aan kinders, gesinne en bejaardes, asook projekte wat fokus op opleiding, vaardigheidsontwikkeling en werkskepping.
Soms begin ’n beter môre met iets klein: ’n helpende hand, ’n geleentheid, ’n vaardigheid wat aangeleer word, of iemand wat eenvoudig sê: “Ons sien jou. Ons stap saam met jou.”
Dankie aan elke persoon, onderneming en ondersteuner wat deel is van hierdie reis.
Saam bou ons beter gemeenskappe. Saam skep ons moontlikhede.
🌐 www.attsa.org
📧 [email protected]
17/09/2026
MEER AS ’N PLEEGHUIS… ’N TUISTE VOL LIEFDE
By Lyt-Care in Centurion, gaan dit oor soveel meer as net ’n dak oor ’n kind se kop. Dit gaan oor ’n plek waar kinders veilig kan voel, waar hulle kan lag, leer, groei en sommer net kind kan wees.
Van koekies bak en verjaarsdae vier, tot uitstappies, nuwe vaardighede aanleer en gewone alledaagse oomblikke saam – elke ervaring help bou aan selfvertroue, herinneringe en ’n gevoel van behoort.
Hier word daar nie net na kinders omgesien nie…hier word ’n familie gebou.
Elke persoon wat Lyt-Care ondersteun, word deel van hierdie verhaal. Jou donasie, jou tyd, jou vaardighede of selfs net die deel van ons boodskap kan ’n verskil in ’n kind se lewe maak.
Liefde. Veiligheid. Groei. Familie. Gemeenskap.
Saam kan ons vir hierdie kinders ’n beter môre help bou.
15/09/2026
🚴♂️ THE LEGS DID THE PEDALLING… NOW LET’S GIVE THIS FUNDRAISER ONE LAST PUSH! 💛
Backing the Littles has raised **R38 300 towards their R40 000 goal** — just **R1 700 to go!** 🎉
🏁 **THE CHALLENGE: Can 17 people donate R100 each to get us over the finish line?**
No cycling shorts required. No hill climbs. Just a few clicks and a big heart! 😉
Ready to accept?
💛 Donate R100 — or any amount you can.
💬 Comment **“CHALLENGE ACCEPTED!”**
🙌 Tag a friend to join the final push!
Your support helps create safe spaces, build skills and open doors to brighter futures for children. Every rand counts. Every share helps.
👇 **Click the BackaBuddy link and help change a child’s life:**
https://bit.ly/back-the-littles-movement
**Who’s taking the first spot on our team of 17?**
15/09/2026
ENNN...hulle is terug! Seer bene maar gesonde harte!
Backing The Littles Movement Nogmaals dankie vir julle onbaatsugtige gebaar om in te spring en julle gemeenskap te help!
Ons waardeer julle.
This year, every Backing the Littles team member received an incredible handcrafted keepsake.
A special reminder of the miles travelled, the challenges overcome and the lives we rode to change. 💙🚴♂️
A massive thank you to Louis Olivier from HOUDT for every late-night shift, every fine detail and the incredible effort that went into creating these perfect pieces for our team.
Your craftsmanship made each one truly special, and we will treasure them for years to come.
Thank you for backing the littles! We cannot wait to see what next year has in store. 🙌
13/09/2026
Ongelooflik dankbaar en baie dankie!
12/09/2026
Dag 2 agter die rug...Ons is trots op julle elkeen Backing The Littles Movement
11/09/2026
MEET THE TEAM 🚙📸
We’ve saved the best for last, our two incredible support vehicle members!
They’ll keep us safe on the road, make sure we eat enough, and capture the unforgettable moments, photos and stories along the way.
We salute you! It’s a privilege knowing we’re in such capable hands throughout this journey.
Tomorrow, the journey begins! 🚴♂️💙
Watch this space,the adventure is about to start!
11/09/2026
3 DAE. ’N LANG PAD. EEN GROOT DOEL.
Vandag het die Backing The Littles Movement -span weggespring op ’n besonderse reis – 3 dae op die fiets, tot in Mbombela, alles om fondse in te samel vir Eden Akademie.
Van groot fietse tot klein fietsies en nóg groter drome – die kinders van Eden was daar om die span vanoggend af te sien. En dít is presies waarvoor elke kilometer getrap word: om vir kinders geleenthede, hoop en ’n beter toekoms te help skep.
Die pad vorentoe gaan sterk bene, vasbyt en ’n hele klomp deursettingsvermoë vra… maar wanneer jy weet vir wie jy trap, raak elke kilometer die moeite werd.
Aan die Backing the Littles-span: trap veilig, trap sterk en trap met hart! Ons is trots op julle en volg julle elke kilometer van die pad.
Mbombela, hier kom hulle!
il
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the organization
Telephone
Address
Centurion
0157
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 17:00 |
| Tuesday | 08:00 - 17:00 |
| Wednesday | 08:00 - 17:00 |
| Thursday | 08:00 - 17:00 |
| Friday | 08:00 - 14:00 |