Ina Lessing Konfyte en Bakkery

Ina Lessing Konfyte en Bakkery

Comments

Baie opgewonde om Ina Lessing laas week te kry in Wellington, Nieu Seeland. Ongelukkig was my gunsteling reeds uitverkoop (Heel groen vye) in die Suid Afrikaanse winkel - South African Pantry.

Waar is julle produkte in Auckland asb.? Wat van Browns Bay se Meat room?
Dit was awesome om hierdie by Circle C Meats te kry, amper vergeet ek wou eintlik vleis koop
I bought the peaches at a farm stall in Villiers . They are the best I’ve ever tasted . Is there anywhere in Kwa Zulu Natal where your products are stocked ?
Goeiedag! Hoe op aarde kry mens julle bottels oopgemaak? Ek is nou al báie gefrustreerd met ‘n bottel ingelegde kwepers wat net nie wil oop nie 😫
Ons het vandag Ina Lessing groenvye konfyt in Australie gekoop. Dit is HEERLIK!!!! Baie dankie!
Ek was so gelukkig om by Hyper Slaghuis in Rustenburg n pakkie stroop wafels te kry. Dit is eenvoudig net fantasties. Lekker verby. Ek het teruggegaan om nog te koop maar alles was reeds uitverkoop. Ek vertrou dat hulle weer sal kry.
Baie dankie vir hierdie regte egte soet mostert 👍
Baie geluk met jou verjaarsdag Ina, seenwense en geniet jou dag. Groete Byl
En hier kom ek toe op n goudmyn af by Obaro Padstal BonAccord.
Ek kry vandag 10 kratte geelperskes om te bewerk.😳😳😳 Dit sou eers volgende week gekom het, maar met die baie reën en snaaksse weer is dit nou vandag reg en moet ek dit dadelik vat.

Ek skil, maal met 'n groot vleismeule en vries dit in 2kg pakke, maar omdat dit datum so vinnig verander het, het ek nou net 2 helpers en te min sakkies.

Kan ek van die perskes moontlik in 'n koelkamer hou tot Maandag? Ek sien dat as mens dit klaar skil en afsny van die pit en dan in water gooi, verkleur dit steeds en ek wil graag die mooi ligte kleur behou vir my Jissie Sussie chutney wat ons vir fondsinsameling vir ons skool verkoop.

Enige raad sal waardeer word. Dankie.
Gedink hierdie botteltjie Ina Lessing konfyt gaan saam see toe maar helaas, al het jy nie ‘n broidjie nie, dan eet jy sommer net die kinfytjie so uit die botteltjie 😁
Ek stap nou die dag in SPAR in Pta saam met my pa en daar vang my oog die bottels konfyt. En wraggies dis Ina Lessing, Natan se ma se konfyt! En daar staan bottels vol moskonfyt!!!! Ek was in ekstase!! Vir hoe lank moes ek Kaap toe gaan om moskonfyt te kan kry en nou is dit in die SPAR! Julle is die beste!!!!🎉🍾🎈

Ina Lessing is sedert 1990 doenig met die kook van 'n wye verskeidenheid konfyte. Kook en inlê vind plaas in Nylstroom en word versprei vanaf Centurion.

Operating as usual

03/05/2022

Lief lief appelliefie 😚

Lekker appelliefiekonfyt vandag!

Konfytgroete na 'n langnaweek! 🍀

26/04/2022

Verkleurmannetjies sorg altyd vir opwinding. Baie opvoedkundige oggend hier by ons.

Mooi loop!

25/04/2022

Lemoenskilrolletjies - orange peel rolls

https://sapantry.co.nz/product/orangepeelrollsjamlemoenskilrolletjieskonfyt300ml/

25/04/2022

So begin die kweperwerk! Borsel die hare eers af en dan gaan ons verder 👌💪

Sterkte vir jou week

Kweperkonfytgroete

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 22/04/2022

Kwepers!! Dit het aangekom! 👌👌

Nou moet dit gesnipper, gejellie en ge-inmaak word 🙂

Verskoon my asb, ek het kwepers om te skil 😉😉

Mooi naweek vir julle 🌷

22/04/2022

Vandag verjaar ons sussie. Sy is slim, mooi, en die beste-este jongste -sussie. Geluk met jou verjaarsdag Nicolet. Ons is baie lief vir jou. Mag die Here jou al die geluk, liefde en voorspoed skenk wat nodig is vir jou nuwe lewensjaar. ❤️

20/04/2022

Groot werk, maar hierdie granate gaan gekook word om granaatstroop vir julle beskikbaar te hê!

Mooi dag vir elkeen

Konfytgroete ❤

14/04/2022

Mag julle saam met julle gesinne 'n geseënde paasfees ervaar.
Gelukkig is ons wat nooit hoef te twyfel in die Vader se liefde vir ons nie. Hy het Sy Seun gestuur om vir ons as sondaars te sterf.
Mag ons sy nabyheid ervaar in hierdie Paastyd.

Wees veilig op die pad as julle erens heen ry en kom veilig terug

Mooi dag verder 🌷🌷

12/04/2022

Meet our Page 6 Advertisers:
ALTRA Jewelry & Keys
Autozone Bela-Bela
Verloren Estate Bela Bela

Thank you to Ina Lessing Konfyte en Bakkery for sharing this delicious Recipe with us.

---

The latest edition of The Bela Bela Times is out! Get your free copy every weekend at the main entrances of Bela Bela! Also available at
Waterfront Signs, Toeka Se Dae, Peet se Padstal & Oppistoep Plaaskombuis, PNA - Colour your World, TotalEnergies Bela Bela and Engen Sonskyn Bela-Bela!

---

Those who would like to advertise in our next issue of The Bela Bela Times or would like to contribute towards our stories or the history of Bela-Bela can contact Anda Fourie - details below!

Business Hours:
Monday - Friday (excluding public holidays) 8:00 - 17:00
Sundays & Saturdays: Closed
Enquiries: 014 736 3336 / 062 796 4625 / [email protected]

Remember to "Like" our page to stay updated on our latest events and specials!

---

The Bela Bela Times is a division of SA Branding Initiative, and a proud contributor of Change for SA - a community upliftment initiative. We thank everyone for their support which made this possible!

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 08/04/2022

Turksvyskille is soet! Die beeste geniet dit ook as ons baie skille het 🙂🙂👌

Mooi naweek vir julle!

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 07/04/2022

Turksvye!!!

Nou gaan die kieste dik staan 👍👍👌

Fyn of heel konfyt? Watter verkies jy?

Groete 🙂

06/04/2022

As die kleinkinders ouma se koekies op die rakke raakloop 👌❤

Spar West end in Nelspruit! Maak n draai 🌻

Groete

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 05/04/2022

Heerlike kaasbord!
Lemoen en rissiesous en groenvye met rissie. Wenkombinasie! 🧀🧀🌶🌶🍊🍊

Bestel gerus aanlyn 👍👍👌

www.inessing.co.za

04/04/2022

♦️gesoek♦️
Weet julle van iemand wat makatane het? Ons is opsoek na omtrent 150 makatane. Stuur ons asseblief jou kontakbesonderhede as jy van iets weet?

Groete

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 02/04/2022

Farmhouse Pantry se rakke kreun van Ina Lessing voorraad. Maak n draai by hulle in vanderbijlpark!

Lekker naweek vir elkeen

Wees veilig!❤

01/04/2022

Julle is ongelooflike mense en ons is dankbaar ons ken julle. Julle verryk ook ons lewe. Mag die Here julle ryklik seën. Veels geluk met 20 jaar 🎉🎉🎉

Ons wil almal bedank vir julle ondersteuning deur die jare, sonder julle sou ons besigheid nie suksesvol gewees het nie.

Ons is geseënd met die beste kliënte, vriende en familie.

Die Here is goed vir ons, net genade en dankbaarheid ❤️

Sarel, Letitia en Adéle

Broodblik en Koffiepit
20 jaar in besigheid

27/03/2022

Dankie!Dankie!

Ons het *6000* verbygesteek met volgelinge op Facebook!
Gaan volg ons gerus op Instagram ook!

Baie dankie vir elkeen se ondersteuning!

Geseënde Sondag vir elkeen

26/03/2022

Vroegoggend bederfies vir donkie se kind.

Dis lekker nat by ons! 26mm reën deur die nag!

Mooi naweek vir julle almal 🐴🐎

21/03/2022

Vandag is weer spesiaal! Ons het die wonderlike voorreg om ma Ina se verjaarsdag saam met haar te vier.

Ons is baie dankbaar teenoor die Here dat Hy haar vir ons spaar en goeie gesondheid skenk.

Ons is BAIE lief vir ma ❤❤

Geniet die vakansiedag!

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 18/03/2022

Ons eindig die week met Vye!

Mag julle langnaweek rustig wees. Wees asseblief veilig op die paaie ❤

Konfytgroete

15/03/2022

Ons laaste besending perskes het aangekom.

Kakamas perskes vanuit die Kaap.

Sterkte vir jou Dinsdag. Mag dit die Dinste Dinsdag wees wat jy nóg gehad het 😉

Konfytgroete

14/03/2022

Kyk net so 'n boerseun met goeie smaak. Hier is hy al besig met sy tweede botteltjie maroelajellie.

Hy soek amarula jellie, van tannie Ina s'n op sy broodjies.

Dankie Alida van Rensburg vir die fotos 🙂

Geniet dit seun!

11/03/2022

Mangoes ingemaak in stroop. Lekker poeding vir Sondag se middagete!

Bestel aanlyn
www.inalessing.co.za

Mooi naweek vir elkeen

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 08/03/2022

Mangoseisoen is seker een van die lekkerste seisoene!

Konfyt, blatjang en ingemaak!

Mooi dag vir elkeen!🥭🥭

03/03/2022

Maroelas aan die beurt!

Lekker jellie in die bottels

Mooi dag 😀

28/02/2022

Moederhen kom hou n ogie oor haar kuikens... en haar mangoes!

Mooi dag vir julle

Maandag is amper verby!

Groete

18/02/2022

Mamma, ek wil n mÀngo hê.

Dis lekker, dis soet en dis ingemaak in stroop.

Bestel binnekort aanlyn!

www.inalessing.co.za

Mooi loop 😉

18/02/2022

Plaaskind. Dis al 😉

Ons kook vye en mangoes dat dit bars! Tussenin soek kalfkinders ook aandag.

Lekker vrydag vir almal 🌸

Konfytgroete

14/02/2022

Ons het 'n heerlike valentynsdag sover baie dônkie ❤

Ons hoop julle Maandag is vol omgee en bederfies 🌸

Konfytgroete

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 10/02/2022

❤Valentynsdag is amper op ons! ❤

Wat van n bederf in n bottel!

Bestel aanlyn 😍

www.inalessing.co.za

04/02/2022

Dit het sopas aangekom!

Ons sluit ons VYdag lekker af!

Geniet die naweek!

04/02/2022

Mooi vrydag vir elkeen!

Hiiieeee haaawwww!

Groete van n lekker sopnat plaas. Die reën is wonderlik.

Photos from Ina Lessing Konfyte en Bakkery's post 02/02/2022

Naas Vrydag, is Vye ons 2e gunsteling V-woord 🤣

Ons kook fyn vyekonfyt vir julle! Byt vas dit kom!

Mooi loop

01/02/2022

Die perskes loop soos stroop....in stroop!

Dis Dinsdag! Mooi loop julle 🍑😀

Onthou om ons aanlynwinkel te besoek
www.inalessing.co.za

Groetnis!

28/01/2022

Kry jou bottel ingemaakte lekkerte aanlyn! 🍑

Die perskes is héérlik vanjaar!

www.inalessing.co.za

Mooi vrydag vir julle.
Bly veilig 🍀

Konfytgroete

‘n Bietjie meer van ons geskiedenis

Lessing Konfyte het begin as 'n stokperdjie, onder die afdak met 2 potte! Dit is nou 20 jaar later en het tot ʼn reuse sake-onderneming uitgekring!

Ina Lessing is sedert 1990 doenig met die inmaak van vrugte, groente en die kook van 'n wye verskeidenheid van konfyte. In 2013/14 was Ina aangewys as Sanlam/ Lanbouweekblad se vroue-entrepreneur.

Met ʼn diepgewortelde geloof en daarmee saam vertroue en planne beraam asook soms kanse vat en baie inisiatief aan die dag lê het alles bygedra tot die sukses wat hierdie konfyt-onderneming vandag is. Dit is baie positiwiteit, familie ondersteuning en ʼn bakkievrag liefde wat dit volhoubaar maak. Die kook en inlê is op Modimolle en die verpakking en verspreiding vind plaas vanaf Centurion.

Videos (show all)

As julle d**k ons sit en bolle rol.... Ons rol, maar lemoenskilrolletjies!🍊🍊En ons getroue personeel is op hul pos vir k...
Baie dankie vir die pragtige stuk. Dis n voorreg om deel van julle program te wees. Dankie aan die professionele via spa...
New school

Address


Centurion
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Other Food & Beverage Service & Distribution in Centurion (show all)
VDP Prestige Distributors Gauteng VDP Prestige Distributors Gauteng
1004 Ergon Road
Centurion, 0157

VDP Gauteng is the preferred agent for fine wines, coffee and speciality drinks.

GogoskitchenProducts GogoskitchenProducts
UNIT 38, SUNDERLAND RIDGE EXT 28 56 SUNBEAM STREET, CENTURION
Centurion

We pay tribute to all grandmothers in South Africa. It has a distinctive meat-like texture. @handywareph1968 #soyachunks #soyamince #handywarefoods

Cuisine oil & Atchar Cuisine oil & Atchar
Centurion

We are Suppliers and Distributors of Cooking Oil such as Palm, Sunflower, Blend, Soya and Crispa Gold. Sizes available is 20 litre buckets, flow bins of 1000 litres and 34 ton bulk. We also manufacture Mango Atchar (garlic and spicy).

PieSmith Grey Owl Delivaries PieSmith Grey Owl Delivaries
Cnr Freight & Brakfontein Road
Centurion, 1683

Whether you need a quick meal or want to buy in bulk for the whole family, PieSmith is the way to go for all your Pie needs

Dessertworx Dessertworx
Unit 3 & 4 Keymax Park, 1006 Ergon Rd
Centurion, 0140

Dessertworx, the Original Trade Mark manufacturing ready-to-eat desserts since 1997. Low carb range on the way!

Thyme2Serve Thyme2Serve
Centurion, 0157

Thyme 2 Serve is a passionate family-run catering business based in Clubview Centurion. We believe that food should look and taste good, hence why we deliver only the best products.

Foodwagon Foodwagon
20 Christiaan De Wet
Centurion, 0154

Healthy home cooked food with free delivery to your home or office. We follow a seven week set menu.

Madibi Foods - High Quality Cheese and Meat Products Madibi Foods - High Quality Cheese and Meat Products
ELDOR PARK, Unit 5, 187 Edison Crescent, Hennopspark,
Centurion, 0157

Riverdale Factory Shop for Public Sales. Delivery of bulk Orders in Gauteng, N/West. Tel (012) 942-1491/2 ; email [email protected]; Open: 07:30 - 16:00 Mondays to Fridays (Open on Saturdays 08:00 - 14:00) Closed on Sundays & PUBLIC HOLIDAYS)

Jominia Baking Jominia Baking
1084 Frederik Ave
Centurion, 0157

Freshly home made goodies.... "Always nicer when someone else makes it!"

Topdel Topdel
Shrike 2A, WierdaGlen Estate
Centurion, 0157

Topdel provides food, especially garlic bread, that will tickle your taste buds. The food is handmade with love in a loving home. It will definitely help with a last minute braai, side dish.

Tania's Home-Made Mustard Tania's Home-Made Mustard
Centurion

Tania’s Home Made Mustard is an exclusive gourmet condiment developed and created by Centurion resident Tania Kettles.

Gatti Ice Cream Factory Shop Centurion Gatti Ice Cream Factory Shop Centurion
Mall At Reds, Hendrik Verwoerd Dr, Rooihuiskraal North
Centurion, 0157

Gatti Ice Cream proudly supplies premium ice cream, full cream, sorbet and many more frozen confecti