Moeggesukkel

Moeggesukkel

Comments

Ek het vandag vir die 1ste keer op julle blad afgekom en ek is verstom verbaas die videos gee my trane in my oë, maar dis asof ek verlang na iets ja ons kry swaar maar nie so swaar soos die mensies nie. Maar ek weet ek mis iets iets belangrik, dis asof my siel smag na dit. Ek wens ons kon weer terugtrek na waar ons gebly het voor ons getrek het waar ons nou bly. Ek wens ons het nog n kar gehad want ons sin is amper nou n jaar terug gesteel. Ek wens my man kan op sy pos as qualified millwright weer in kom. Want hy werk vêr onder die broodlyn wat hy moet verdien. As jul my wil kontak my nr is 0845938477. Maar ek d**k wat ek die meeste nodig het is Liefde en dat daar altyd n plek sal wees waarnatoe ek en my kids en my man kan gaan as ons die dag dalk als verloor.
kan n men's vra vir kos vir my ma
Dagsê. Ek is opsoek na jaart boontjies wat Ramkat geadverteer het asb. Kan julle help?

Deon
072 111 4101
Baie dankie vir alles wat julle vir my gedoen het as dit nie vir julle was nie dan was die nie nou moontlik nie
Hello all it is with great sadness that i beg for help.

My husband and i have lost it all due to pay cuts in salary and so forth along with our previous landlord running away with our deposit. We are in the process of being evicted as the property where we stay has been sold..

We dont have money for food, electricity and groceries let alone a deposit on a new place which will be closer to hubby work in fourways .

As it now stands if we dont find the funds my 3 woofies will be put to sleep on Friday at 12 pm and hubby and i will have to separate indefinatley and live on the street.

We also take care of our mom who is elderly and bedridden, of which we wanted her to have a better life. Along with trying to start a bussiness with no funds to bring in funds

It is with a broken heart i beg to help us save our little family and help us move forward to better life forward.
Doen julle nog meubelvervoer? Ek moet n klavier by my ouers oplaai en 5km maksimum na my huis bring? Dis n regopstaande klavier. Hoe kontak ek julle vir n kwotasie asb?
MORE SE WAAR DOEN MENS AANSOEK VIR HULP
Good afternoon
I know of a father and son who is homeless tonight is there a possibility that you could assist them with housing for a day or two... they are both eager to work, sometimes unfortunate things happens to people. Please if you could assist let me know
Halo my naam is Elsa help julle mense in birchleigh Kemptonpark ook ek is al so moeg gesukkel. My lewensmaat is "geretrench" by sy werk met hierdie covid en as gevolg van n motorfiets ongeluk. Nou het hy n tydelike werkie gekry maar ons betaal R500 vir n week en dan bly daar omtrent niks oor waarmee ek moet krag en kos koop. As ek net n bietjie verligting kan kry sal dit baie help. Rystige aand vir julle. Elsa
Goeie more asb is da iemand wat my kan help ek vra asb hulp om my kleinkind se skoolgoed te kan koop sy gaan gr 3 toe asb iemand sou help maar kan nie meer help nie Ai en die skool begin maandag groot asb sy kort skoolskoene ook ons bly in kzn ramsgate as iemand kan help asb inbox my groot asb dankie
Goeie naand ek is Shaune van vanderbijlpark en is in nood ek bly nou n week in die bos naby Stonehaven en niemand help nie ek moet elke aand in die koue reen so slaap asb eks regtig in nood en verlang na hulp met n kospakie en n tent om in te woon as iemand my In my area kan help my nommer is 0618043123 groot asb help my

We believe in HOPE - Helping Other People Excel so that they may have victory over life's circumstances. Moeggesukkel is a non-profit company with the aim to be:

• A friend in need.
• A provider of shelter.
• A support structure for individuals and organisations.

At Moeggesukkel we believe that no matter what challenges you face in life, you will NEVER be tested above your abilities. Remember – You are BLESSED! The Golden Rule sums it up “So in everything, do to others what you would have them do to you, for this sums up the whole of the Law”. From this rule we realized that we are our brothers’ keeper, and we must assist our neighbors in their time of need.

Operating as usual

07/06/2021

Mei 2021

Meimaand was propvol uitdagings by Moeggesukkel en die Boks Vol Hoop Projek, maar met Abba Vader se genade en krag vir elke dag, en jou hart om saam met ons 'n verskil te maak kon ons in 88 gesinne se lewens HOOP bring.

Laas Saterdag kuier ons by 'n sopkombuis in Jan Niemand Park en ek gesels met 'n vriend daar.

Ek vra hom hoe het hulle betrokke geraak in dié gemeenskap en hy antwoord my met die volgende.
"Hendré, ons is hier betrokke, want hier is reeds 'n organisasie wat 'n verskil maak, en óns is in die bevoorregte posisie om te kan help met fondse.

Ja, voetsoldate is nodig.
Die manne en vroue wat in die loopgrawe werk, maar sonder fondse is ons hande afgekap.

Sonder iémand soos jý wat maandeliks in die Koninkryk belê is dit amper soos om 'n soldaat sonder die nodige toerusting die slagveld in te stuur.

Soos die Engelsman sal sê "We're only scratching the surface"!
Die nood is oorweldigend en ons doen wat ons kan, maar ons doen ook dit wat ons vir jou sê ons doen met jou skenking.
Ons is goeie rentmeesters met God se geld!

Ons vra jou mooi om asseblief aan te hou om in ons te glo?
Ons sál aanhou om GOED daarmee te doen tot eer en verheerliking van Jesus Christus, sodat jy nie 'n misoes het op die saad wat jy saai nie!
Ons sal aanhou bid vir jou dat ons Hemelse Vader die sluise van die Hemel oor jou en jou gesin sal oop maak en jou sal seën met Sy allerbeste.

Jy plant die saad. Ons bewerk die lande, maar net God kan joú oes vir jou verseker.

Plant saam met ons in God se koninkryk en sien met jou eie oë hoe Hy jou lot voor jou verander.

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

01/06/2021

Moeggesukkel het hande gevat met Cash Converters by [email protected] in Centurion 😁

Ons hou 'n "Blanket Drive" want die winter is hier 🥶 en ons gemeenskap kry koud.

Ondersteun ons groot asseblief en help so om vir iemand 'n warmer winter te kan gee?

Tonne dankies aan Cash Converters Mall at Reds

En tonne dankies ook aan jou ❤️

Moeggesukkel het hande gevat met Cash Converters by [email protected] in Centurion 😁

Ons hou 'n "Blanket Drive" want die winter is hier 🥶 en ons gemeenskap kry koud.

Ondersteun ons groot asseblief en help so om vir iemand 'n warmer winter te kan gee?

Tonne dankies aan Cash Converters Mall at Reds

En tonne dankies ook aan jou ❤️

24/05/2021

Ons mense woon op die ashoop.

Ons mense bly op die ashoop!

Soos ons rond ry om by mense in nood uit te kom besef ons net weer opnuut hoeveel nood daar regtig is.

Ons ontvang 'n versoek en ry agter 'n "location 📍" aan.
Vir 'n oomblik voel dit of ons verkeer ry, maar kom tog uiteindelik diep binne in 'n informele nedersetting tot stilstand.

Van hierdie gesinne het niks.
'n Yskoue sink of houthuise is wat vandag huis genoem word vir hierdie mense.

Met God aan ons kant en jou as donateur se hart om te help, kon ons vandag vir hulle elkeen 'n Boks Vol Hoop gee.

Help ons asseblief om meer mense te kan help?
Jou donasie bring HOOP vir mense wat geen inkomste het nie. Wat vergete voel. Wat alleen voel. Wat baie aande koud en honger moet gaan slaap.

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

Photos from Moeggesukkel's post 20/05/2021

Ons is steeds aan die woel by Moeggesukkel 😁

Die nood is oorweldigend en die berg wat ons moet klim is hoog, maat met ons God loop ons 'n bende storm 💪🏽

Die manne is hard aan die pak om 70 Bokse Vol Hoop gereed te kry om by gesinne uit te kom.

Dankie Vader vir U seën 🙌🏽
Dankie vir élke donasie 🙌🏽
Dankie vir élke donateur 🙌🏽

Seën asseblief élke donateur met slegs die beste uit U Koninkryk ABBA Vader 🙌🏽

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

08/05/2021

Ons het jou hulp dringend nodig asseblief?

⚠️⚠️ Dringende hulp nodig⚠️⚠️

Soms kom ek en Tiekie by iemand,
en dan plaas die Heilige Gees 'n dringendheid binne in ons
dat God VANDAG nog antwoord op gebed vir hierdie kind van Hom wil wees,

en dan het ons 'n keuse of ons na Sy stem wil luister.

Vandag is een van daardie dae..

02/05/2021

Jou bydrae is 'n antwoord op gebed vir 'n ander gesin!!!

Hallo julle 🖐️

Ons het gedurende April 2021
R28 343 74 in donasies ontvang 🙌

Ons kon daarmee 43 Bokse Vol Hoop aflewer by gesinne in nood.

Baie dankie vir jou wat jou hart oop gemaak het en 'n antwoord op gebed was vir hierdie 43 gesinne ❤️

Daar is letterlik mense wat nie weet wat hulle vanaand gaan eet nie. Nie omdat hulle soveel opsies het nie, maar omdat hulle GÉÉN kos in hulle huise het nie.

Ons besoek 'n gesin wat leef van vervalde kos wat hulle soms (wanneer daar is) Maandae, Woensdae en Vrydae moontlik ontvang. 6 mense in die huis. 5 jaar laas elektrisiteit gehad.
Nie geweet wat hulle vanaand gaan eet nie.

Ons hou stil by 'n vrou wat bedel by 'n robot. Sy is 'n Ouma wat bedel vir haar kinders en kleinkinders.
Sy word elke dag verneder deur mans wat slegs bereid is om te help indien hulle misbruik van haar lyf kan maak.
Wat gaan aan met die wêreld?

Ons besoek ook 'n jong Ma van 24. Mamma van 'n 3 jarige en op die punt om geboorte te gee aan 'n tweeling seuntjies
Watse toekoms het hierdie kinders?

En ons kuier vinnig by 'n mamma wat vir die eerste keer in haar lewe nie eers Mieliemeel het om vir haar kinders te gee nie.

Ons het dringend nodig om by meer as 200 gesinne in nood uit te kom.
Wil jy ons nie asseblief help om so vinnig as moontlik by hulle te kan opdaag met 'n Boks Vol Hoop nie?

Jou skenking is antwoord op gebed vir 'n ander gesin.

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

12/04/2021

Gerrit kry 'n fiets

Julle onthou vir Gerrit wat 14km skool toe en terug moet loop?

Môre hoef hy nie meer te loop nie.
Vanaand het hulle kos om te eet en hierdie winter het hulle warm klere en komberse om hulle snoesig warm te hou.

Baie dankie Marna van die Hanna Charity ❤️
Baie dankie Juan Fourie van Bitworx Technologies vir die skenking van die fiets.
Baie dankie Jan by CycleManiaSA.co.za vir die nuwe fiets bande en diens van die fiets.
Groot dankie vir Hein van Rooyen en die Tafelaars van Round Table Pretoria 201 vir die skenking vir kos en komberse!

Julle het vandag 'n groot verskil gemaak in hierdie gesin se lewens.

Help ons asseblief om nog 'n groter verskil te kan maak?

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

26/03/2021

HOPE = Helping Other People Excel

Die week het ons weer vroeg weg gespring om 'n paar Bokse Vol Hoop af te lewer by 15 gesinne in nood.

Ons eerste stop was by 'n man en vrou wat in 'n enkel garage woon. Die dame is baie siek en kan nie meer self werk nie.

Van daar is ons na 'n fase 4 kanker pasiënt. Haar tyd is min, maar haar gemoed is hoog want haar hart behoort aan Jesus.

Êrens tussen 2000 mense by die ou Melaatse Hospitaal in Westford woon 'n jong pa en ma.

Jý het hier 'n groot verskil gemaak met 'n Boks Vol Hoop. Hulle het dalk nie nou geld vir 'n fiets nie, maar hulle het vandag en vir die res van die maand kos om te eet omdat jy gehoorsaam was.

Báie baie dankie! Jý het vandag 'n verskil gemaak in 15 gesinne se lewens net omdat jy gehoorsaam was.

Dan is ons ook hard aan die pak aan 100 Bokse Vol Hoop vir die Hanna Foundation.

Hierdie Bokse prop Vol Hoop én liefde word gepak deur jong manne wat tans deel is van Moeggesukkel se 3 maande lewensoriëntering kurses.

Die Boks Vol Hoop Projek bring nie nét hoop vir gesinne in nood nie, maar ook vir jong manne wat nog nie heeltemal hulle rigting in die lewe gevind het nie.
Indien jou seun nog opsoek is na sy toekomsvisie, gee ons 'n luitjie? Ons wil graag 'n pad saam met hom stap.

Kom gerus in kontak met ons by 073 329 5174 en gesels met ons?

Dit is nét GENADE op GENADE dat ek en jy nie sit waar baie ander mense vandag sit nie.

Dankie daarvoor ABBA Vader 🙌

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

Photos from Moeggesukkel's post 26/03/2021

Die hele week het ons manne by die Moeggesukkel sentrum geswoeg en gesweet om 'n Boks Vol Hoop bestelling gereed te kry vir Hanna Charity.

Die son het maar min geskyn die week en ons Solar sisteem moes behoorlik bont staan om die sakkies te seël, maar heel laas was al die Bokse Vol Hoop volledig gepak en vanoggend 9h00 was hulle hier by die Moeggesukkel sentrum om hulle bestelling te laai.

Baie dankie manne vir julle harde werk.
Julle is YSTERS 👊👊👊👊

Dankie ABBA Vader vir U Guns en Genade.
Dankie dat U ons toe vertrou met so 'n belangrike taak om U dienaars te wees.

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

18/03/2021

Helping Other People Excel

Mag ek jou vra om asseblief hierdie plasing te deel?

Oor die afgelope paar maande was ons by die Boks Vol Hoop span in die wonderlike en bevoorregte posisie om 75120 etes te voorsien aan gesinne in nood.

75000 etes!

Sonder jou hart om te gee was dit net eenvoudig nie moontlik nie en daarom sê ons vanoggend weer dankie.

Jy is 'n lewensredder!

Baie dankie dat jy ons vertrou met jou bydrae.
R30, R50, R500 of R1000?
Dit maak nie saak vir God nie.
Dit gaan oor die gesindheid waarmee jy saai want ABBA Vader sê Hy het 'n blymoedige gewer lief.

Jy het gehelp om 2500 ménse te voed.

Ons moes egter die laaste paar weke diep delf in Moeggesukkel se reserves om te kon aangaan met die Bokse Vol Hoop Projek.

Ons hou aan om God se opdrag uit te voer want ons weet Hy sal die wonderwerk doen.

Ook in jou lewe!
Ook in jou finansies!
Gee jy net die eerste tree in geloof.

Ek was honger en Ek was dors!
Jy het My nood raak gesien en jy het vir My iets gegee om te eet en te drink.

Dit is dan Hy wat jou oes seën en vir jou die vensters van die hemel oopmaak en op jou 'n oorvloedige seën uitstort.

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

Photos from Moeggesukkel's post 18/03/2021

HOPE - Helping Other People Excel

Wie is Moeggesukkel?

Moeggesukkel bestaan reeds 10 jaar, en oor die afgelope 10 jaar het Moeggesukkel werklik ander mense gehelp om te presteer.

Duisend jong manne is deur Moeggesukkel gehelp om hulle visie vir die lewe te ontdek.

Besighede is opgebou en later oorhandig aan jong entrepreneurs wat gewys het dat hulle 'n ware verskil wil maak.

Gedurende "Lockdown" het Moeggesukkel meer as 1 Miljoen mense gevoed.

Vanaf November 2020 het Moeggesukkel deur die Boks Vol Hoop Projek meer as 700 Bokse Vol Hoop afgelewer en so gehelp om meer as 700 gesinne te voorsien van kos vir 30 dae.

Moeggesukkel het gehelp om 'n gemeenskap van 65 mense se kombi te laat reg maak sodat hulle weer vervoer kan hê en hierdie bussie word binnekort weer aan hulle terugbesorg.
Reg en gereed om die lense in hulle gemeenskap te dien.

Moeggesukkel het saam met Boere Droogtehulp SA NPC en Chris van Beljon 'n tehuis vir gestemdes in Rustenburg gehelp met kos. Hulle spensie was leeg!

Moeggesukkel het vandag jou hart nodig?
Jou hart van Hoop!
Jou hart om te saai!

Dit is die wonderlikste bediening om ander te kan help, maar dit is ook 'n swaar kruis om te dra wanneer gesinne in nood smeek vir hulp, en ons kan hulle nie help nie.

Jou bydrae van so min as R30 maak dit vir ons moontlik!

Dankie daarvoor!

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

15/03/2021

'n Gru-Ongeluk en die verhaal is Hoop.

22 Desember 1990

'n Gesin van 6 is oppad terug huis toe na 'n heerlike familie vakansie, en toe gebeur die ondenkbare!

'n Gru-ongeluk en net die 9 jarige Jacques Papenfus oorleef.
2 dae later herwin hy sy bewussyn in Greys Hospital, Pietermaritzburg en hoor dat sy Pa, Ma, 2 boeties en sussie nie oorleef het nie.

Kyk gerus die video en sien self hoe God daardie verskriklike hartseer omgedraai het in 'n verhaal van Hoop!

Vandag is Jacques en Lian 7 jaar getroud en hulle bulletjie, Juvan word een van die dae 1 jaar oud.

Moeggesukkel bestaan reeds 10 jaar en 1000de jong mense het reeds hulle doel in die lewe hier ontdek.

Vandag mag jy dalk voel of álles net eenvoudig op een slag te veel vir jou geraak het, maar ek glo dat hierdie verhaal ook vandag vir jou nuwe HOOP sal bring.
God het jou nié verlaat nie want Sy seun Jesus Christus het reeds die VOLLE prys namens jou betaal.

Staan vas geanker in Sy woord.
Staan vas geanker op die Rots, Jesus Christus.
Hou jou oë nét op Hom gevestig, want al woed daar vandag 'n storm in jou lewe, dit sál jóú nié onderkry nié!
Nie omdat ek so sê nie, maar omdat die Koning van all konings dit vandag vir jou sê.
Weet dit!
Vat dit!
Leef dit!
Ervaar dit!

JOHANNES 3:30
Hy moet meer word en ek minder.

Shalom,

Moeggesukkel Span ❤️❤️❤️

19/02/2021

Vrydag 19 Februarie 2021

Vandag kon ons 60 Bokse VOL Hoop vir Oupas en Oumas wat sukkel uitdeel.

Dis wonderlik om te sien hoe bly en dankbaar hulle was.

Ouer mense lê ons baie na aan die hart. Ons bejaarde gemeenskap, sout van die aarde mensies..wat bitter baie swaar trek.

Hulle ooreef net net....Ouderdom maak dat jy nie vinnig n stukkie werk kan gaan kry as die maand te lank raak nie.

Help ons om hulle te help.

Indien jy R30 per maand kan bekostig, en die Heilige Gees praat nou met jou, wil jy nie gehoorsaam wees aan sy stem en ons ondersteun nie asseblief?

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

16/02/2021

Dinsdag 16 Februarie

Bid asb vandag saam met ons vir hierdie familie.

Ons was alreeds vandag 'n antwoord op hulle gebed om net kos te kry.

Kom ons se ook vandag in die gebed DANKIE vir alles wat ons het. Ons vergeet dit tog so maklik!!!

Op ons roete kom 'n WhatsApp boodskap deur vanaf die familie in die video.

"Julle is engele wat oor my pad gestuur is"

Ek se vir Tiekie "ons is nou te ver van haar af"!
Tiekie sê "nee, ons is nie"!
Die vrou stuur vir ons haar 📍
Sy ís te ver, maar ek bly stil en ry....

Ons lewer vandag Boks Vol Hoop 516 tot 541 af.
25 Bokse PROPVOL Hoop.
25 Antwoorde op Gebed.

Nog 236 Bokse om by ons doelwit van 777 Bokse uit te kom teen einde Februarie.

SHARE asb hierdie boodskap saam met ons!!!

Jou R30 per maand help ons sodat ons saam 'n verskil kan maak.

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

14/02/2021

Sondag 14 Februarie 2021

Ons eerste 100 Harte VOL Hoop bordjies is klaar en gereed om Jesus se liefde met ander te deel.

SHARE asb hierdie post. So help jy ons al klaar om Jesus se liefde met ander te deel!!!

'n Skool het ons genader en gesê hulle gaan doen wat hulle kan en die kinders vra om van die bordjies te verkoop. So deel hulle Jesus met ander en skep terselfde tyd werk.

Ons is so opgewonde!!!
Terwyl ons Jesus se liefde aan ander oordra, kan ons vir 'n familie in nood 'n werkie skep om die bordjies vir ons te verf.

Ons gee nogsteeds Bokse VOL Hoop ook uit. Dis net belangrik dat ons in die proses werk ook skep terwyl ons Jesus met ander deel.

Bestel vandag jou Hart VOL Liefde of maak 'n bydra sodat ons meer van hierdie bordjies met ander kan deel.

Al dra ek of jy 'n masker kan ons nou sonder woorde vir iemand wys dat Jesus hom/haar lief het.

As ons dit nie doen nie sê Jesus die klippe sal dit uitroep ...

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : Harte VOL Hoop
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

09/02/2021

Met jou hulp kon ons van Desember 2020 tot en met vandag reeds 444 Bokse VOL Hoop uitgee.
Ons lys met aansoeke vir mense wat kos benodig raak net groter en groter.

Ons is op 'n missie om voor einde Februarie 777 Bokse Vol Hoop uit te gee.
777 gesinne! 777 Bokse Vol Hoop!

Om dit te kan doen moet ons in hierdie maand nog 333 Bokse VOL Hoop uitgee.

Jou bydrae, van so min as R30 per maand, bring HOOP daar waar baie mense reeds alles verloor het!

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

Met jou hulp kon ons van Desember 2020 tot en met vandag reeds 444 Bokse VOL Hoop uitgee.
Ons lys met aansoeke vir mense wat kos benodig raak net groter en groter.

Ons is op 'n missie om voor einde Februarie 777 Bokse Vol Hoop uit te gee.
777 gesinne! 777 Bokse Vol Hoop!

Om dit te kan doen moet ons in hierdie maand nog 333 Bokse VOL Hoop uitgee.

Jou bydrae, van so min as R30 per maand, bring HOOP daar waar baie mense reeds alles verloor het!

Moeggesukkel Reconciliation Centre
FNB: 62339143753
Cheque Acc
Branch: 250655
Verw : BVH
Swift Code: FIRNZAJJ
PayPal Username: [email protected]

Videos (show all)

Mei 2021
Ons mense woon op die ashoop.
Ons het jou hulp dringend nodig asseblief?
Jou bydrae is 'n antwoord op gebed vir 'n ander gesin!!!
Gerrit kry 'n fiets
HOPE = Helping Other People Excel
Helping Other People Excel
'n Gru-Ongeluk en die verhaal is Hoop.
Vrydag 19 Februarie 2021
Dinsdag 16 Februarie
Sondag 14 Februarie 2021

Products

MGS Catering:
Catering for all types of events. From CupCakes, meals, platters to desserts.

Moeggesukkel Recycling

MGS Autobody:
Panel beating and spray painting.

Telephone

Address


114 Erasmus Avenue
Centurion
0157

General information

Please note that Moeggesukkel Reconciliation NPC has a waiting list and we are not always able to assist immediately. Donations are welcome, we accept: Clothes Machinery (Washing machines, fridges, capital goods etc) Money Food Furniture ETC. Please Email Lian at [email protected] f you have any donations.
Other Medical & Health in Centurion (show all)
Right to Care South Africa Right to Care South Africa
On The Lake Building, 1006 Lenchen Avenue North,
Centurion, 0157

We are at the frontline in supporting and delivering prevention, care and treatment services for HIV/TB and associated diseases.

Little Treehouse Holdings Little Treehouse Holdings
829 Clifton Avenue
Centurion, 0157

Activo Health SA Activo Health SA
272 West Avenue
Centurion, 0157

Medifrail SA Medifrail SA
110 Napier Avenue
Centurion, 0081

Medifrail provides a comprehensive range of specialist rehabilitation services to patients throughout Gauteng that require assistance ranging from illness or injury and have acquired a physical or cognitive disability.

Pettit, Lashes and Tan Centurion Pettit, Lashes and Tan Centurion
Midstream
Centurion

Bronze your body the safe and easy way and fill and extend your lashes at Pettit, Lashes and spray tan Centurion

Safetymask.co.za Safetymask.co.za
Marna Street 14
Centurion, 0157

DISPOSABLE ANTIVIRAL MOUTH MASK FOR KIDS AND ADULTS –Stay healthy and safe when at work or out and about by wearing one of our disposable face mask.

Team Bio4U Biokineticists Team Bio4U Biokineticists
Plot 51 Gouws Avenue, Raslouw
Centurion, 0157

Our team of Biokineticists provides patient centred, quality physical rehabilitation since our establishment in 2010.

Tibb Health Sciences (Pty) Ltd Tibb Health Sciences (Pty) Ltd
260 Cradock Ave, Lyttelton Manor
Centurion, 0157

Tibb Health Sciences was established in 1999, since then we continue to strive for excellence through superior customer care and products of the highest quality.

Your Friend in Need Health Shop Your Friend in Need Health Shop
Shop 68, Doringkloof Mall, Aster Avenue
Centurion, 0157

Your Friend in Need Health Shop is passionate about helping people and pets to regain and maintain their health naturally

See To Your Health See To Your Health
Centurion, 1693

I work as a Sfera Bio Nutritional consultant. We believe that nature has what you need for optimum health. Call me today for your Vitamin C supplements. I can delver directly to your home

Kiddi Care Clinic Kiddi Care Clinic
79/1 Erasmus Avenue, Raslouw
Centurion, 0149

Anel Odendaal Biokineticists Anel Odendaal Biokineticists
42a Estcourt Street, Wierda Park Centurion &
Centurion, 0157

Online bookings at: www.recomed.co.za ♢ Orthopaedic rehabilitation (Knee, Shoulder,Back etc) ♢Vitality/ Multiply assessments