Pietman Geldenhuys

Pietman Geldenhuys

Share

I'm a SA musician, entertainer, comedian, songwriter, actor, Scottish persona, storyteller,husband,MC

Photos from Landbouweekliks's post 16/04/2025

Hierdie week op Landbouweekliks op VIA TV
Heruitsendings:
Donderdag 18:30
Saterdag 7:00
Sondag 18:00

16/04/2025

Bokkies 2018 - Bok Radio / BokTv

12/04/2025

Lego for adults. Saturday project.

11/04/2025

As mens so met die Landbou te doen het raak mens begeesterd en geïnspireerd. My waatlemoen is naby reg, of hoe? Waarvoor kyk julle uit tydens die oes of die koop van 'n waatlemoen?
Wat moet ek volgende plant? 'n Lam?

Photos from Pietman Geldenhuys's post 10/04/2025

Baie dankie aan Case IH Bloemfontein vir 'n heerlike aand. Ek hoop almal wat die nuwe Steiger 715 sien sal hom wil hê. Dankie aan Charlene Badenhorst en geluk met die pragtige uitstalling.

CASE IH

Photos from Landbouweekliks's post 09/04/2025

Hierdie week op Landbouweekliks op VIA TV.

Heruitsendings:
Donderdag 18:30
Saterdag 7:00
Sondag 18:00

01/04/2025

Die Botoxboere sit sit so.

Skoonheidsboer
Mooimaakboer

30/03/2025

Geluk met jou verjaarsdag Goat. Mag jy vandag op groen gras wei en soetwater drink. Bok van Blerk

29/03/2025

Skaakoranjemat. Vandat ek kan onthou is oranje my gunsteling kleur en daar loop 'n dun strepie oranje deur alles wat ek doen. Behalwe oros, ek is nie erg oor oros nie.

Pietman Geldenhuys - Vaal Sand 24/03/2025

Na die wonderlike reën wat orals op onwaarskynlike plekke geval het die afgelope ruk, selfs gepaardgaande met vloede, laat dit mens soms weer die droë grond waardeer.
VAAL SAND
https://vyd.co/Vaalsand
1. Vaal sand
2. Mesmeraai
3. Uitgebars in gesang
4. Sonder meer - 'n duet saam met Gian Groen
5. Sing weer saam met my
6. Somernagte

Vonk Musiek

Pietman Geldenhuys - Vaal Sand Geniet Pietman Geldenhuys se nuwe musiekvideo vir "Vaal Sand"Jy kan die enkelsnit ook geniet op die platform van jou keuse, voeg dit op jou speellys - https...

22/03/2025

My liewe, sagmoedige, swart hond Winston. Vandag is jy 8 jaar oud. 8 van jou jare en 56 van ons s'n. Ek moet eintlik al vir jou begin "oom" sê. Sit "oom". 😅
Nog net so liefdevol soos altyd, al wys die grys al. Woef.

Photos from Danie Niehaus's post 12/03/2025

So een maal 'n jaar kom 'n groep mense bymekaar omdat dit lekker is. Dit word als moontlik gemaak deur Schalk Shepherd en Michelle. Daar word hoofsaaklik gelag en gesels, maar elke nou en dan gesels mens vinnig hartsdinge en kom jy tot die besef dat Schalk se leuse baie water dra: So jonk sal ons nooit weer saam wees nie.

KAMPALA FARM

Photos from Pietman Geldenhuys's post 01/03/2025

Dis nie aldag dat mens iemand anders se foto op hierdie platvorm plaas nie, maar ek maak 'n uitsondering. Met 'n onlangse besoek aan 'n boer in die Vrystaat, het my kollega, Jared Beukes, hierdie besonderse foto van 'n Sussex koei geneem wat 'n straaltjie reënwater wat van die dak af drup opslurp. Die foto vertel soveel stories.
Trouens, dit pruik op die nuwe Landbouweekblad se voorblad. Geluk Jared. Landbouweekliks Landbouweekblad Jared Vincent Beukes

28/02/2025

Dit is somer in die Boland, mens wil kaalvoet loop, maar elke nou en dan moet jy plakkies aantrek vir die skerpioene, of LEGOblokkies. Somtyds vergeet mens 'n paar in die sitkamer, en dan in die kantoor, en dan voor jou bed. Vroeg oggend lyk dit dan só.
PUMA het vir my 'n paar jaar gelede 'n hele paar pare plakkies gegee.

Want your establishment to be the top-listed Arts & Entertainment in Cape Town?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address

Cape Town