Durbanville Bellville Rugby Club
Durbanville Bellville Rugby Club or more affectionately known as the “Durbies” is a Rugby Union
Durbell Rugby wens ons spelers,afrigters, bestuur, klub personeel, lede, borge, hulle families en alle toekomstige Durbies n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.
Geniet hierdie tyd met julle familie en vriende.
Ons d**k ook aan die gesinne wat geliefdes verloor het. Julle is in ons gebede.
Baie dankie vir almal se bydrae vir die 2024 seisoen. Ons vertrou om almal weer betrokke te hê vir 2025.
Die klub is gesond en ons doelwitte is reeds daar.
Ons voorbereiding vir die 2025 seisoen begin 13 Januarie, sien almal daar!
🔴⚪️🔵
Ons het n besige maand agter die rug met opgradering en maintenance van ons A en B velde.
Nuwe ligte, pale, klubhuis dak en dreinering vir albei velde.
2024 was goed vir ons.
Die klub waar almal saak maak.
Opreg dankie aan ons borge en bestuur wat hierdie moontlik maak.
Dit word opreg waardeer.
🔴⚪️🔵
Please take note that the club will be closed to members this Friday due to a private function.
See you all next week.
🔴⚪️🔵
Sien asseblief die belangrike kennisgewing.
Albei ons velde het nuwe dreinering en ons jaarlikse “rus” periode maintanance is nou in volle swang.
Geen aktiwiteite sal toegelaat word nie.
Ons vra assebleif dat almal dit sal respekteer.
🔴⚪️🔵
Ons begin vandag met ons voorbereiding vir die 2025 seisoen die volgende paar weke.
4 November - Crossfit - 19h30.
5 en 7 November - Veld - 18h30.
Skakel gerus die afrigters vir verdere detail.
🔴⚪️🔵
Ons juniors speel die Vrydag nog so laaste paar wedstryde vir die jaar.
Vanaf 15h00.
Kom ondersteun gerus die manne.
🔴⚪️🔵
Hiermee ons wenners vir die 2024 seisoen.
Geluk almal ons is trots op julle.
Capping: Christiaan Lamprecht, Christo Greyling, Schalk Bezuidenhout, Taswin da Silva,Justin Cupido, Petrus Nienaber, Danie Roux, Gerhard Scholtz, Emile Ludick en Neville Bekker.
0/20B Beste voorspeler: Rahim Ramadhan.
0/20B Beste agterspeler: Anjorico Isaacs.
0/20A Beste voorspeler: Hendro de Jager.
0/20A Beste agterspeler: Keanu Saunders.
Meeste vordering Junior speler: Mateo Johnson.
Juniors Players Player of the Year: Chris Nel.
Oumanne Beste voorspeler: Kleinman Kotze.
Oumanne Beste agterspeler: Duane Hamer.
Blues Beste Voorspeler: Carlo Etzebeth.
Blues Beste Agterspeler: Christo Nieuwoudt.
3de Span Beste voorspeler: Armin Jonkers.
3de Span Beste agterspeler: Ethan van der Merwe.
Seccies Beste voorspeler: Andre Viviers.
Seccies Beste agterspeler: Teniel Koen.
1ste Span Beste voorspeler: Daneel Botes.
1ste span Beste agterspeler: Gerdwill le Fleur.
Meeste vordering Senior speler: Jeff Geral.
Players Player of the Year: Daneel Botes.
Span van die jaar: Blues.
Prestige Toekenning: Derde span.
Afrigter van die jaar: Warren Petersen.
Administrateur van die jaar: Janene Heyneke.
Sport Persoonlikheid van die jaar: Emile Ludick.
Groep Foto: Oumanne - Old Boys Nationals - Best dressed en Beste gees ( 6 de keer in n ry )Blues - Liga wenners ( onoorwonne die seisoen ) 3de Span - Liga wenners.
Sien almal volgende jaar.
🔴⚪️🔵
Ons jaarlikse prysuitdeling was weereens een vir die boeke.
Dankie aan Groot Phesantekraal dat ons weereens op julle knoppie kon druk.
Ons het goeie kos, gedans en gekuier.
Sien almal volgende seisoen!
🔴⚪️🔵
Ons Juniors speel vandag vanaf 15h00.
Kom kyk gerus na ons toekomste klub manne in aksie.
🔴⚪️🔵
Die groot dag is naby. Sien almal Donderdag.
Ons gewilde Golfdag vind plaas 24 Oktober 2024.
Soos altyd n dag van pret en goeie golf.
4-balle is beperk so moenie dit misloop nie.
🔴⚪️🔵
Net n bevestiging van more.
Ons AJV vind om 18h30 plaas.
Sien almal daar.
🔴⚪️🔵
Kom raak deel van die program.
EXCEL RUGBY
Join us for Term 4 at Durbanville Bellville Rugby Club
Thursdays
17:30-18:30
u10-u13
Book now to avoid disappointment.
Contact Marius White 082 882 7442
See you at training.
Kom ontmoet julle afrigters vir die 2025 seisoen.
Dit gaan n groot jaar wees!
🔴⚪️🔵
Ons belangrike datums vir die laaste kwartaal van die 2024 seisoen.
Ons groet ook vir Shadric na 22 jaar by die klub as ons kroegman. Almal wat hom ken kom kuier n laaste keer saam op 14 Desember. Sien julle daar!
🔴⚪️🔵
Ons gewilde Golfdag vind plaas 24 Oktober 2024.
Soos altyd n dag van pret en goeie golf.
4-balle is beperk so moenie dit misloop nie.
🔴⚪️🔵
Durbell Rugbyklub is gegrond op die beginsel dat spelers se welstand as mens voorkeur kry bo die spel. Ons kultuur is om rugby en vriendskap te koester en geniet binne die raamwerk van ons amateur status.
In ons strewe om aanhoudend te verbeter is ons besig om ons afrigting strukture vir die nuwe seisoen te hersien.
Ons is opsoek na aansoekers wat met ons n pad sal loop, en deel word van ons strukture vir die volgende posisies oor verskeie van ons spanne:
Voorspeler afrigter
Agterspeler afrigter
Spanbestuurders
As jy jou voete wil vind in klub rugby of sommer net weer betrokke raak en terugploeg ons is die klub vir jou.
Indien jy sou belangstel om betrokke te raak by n suksesvolle amateur rugby klub, stuur asseblief jou cv na
[email protected]
🔴⚪️🔵
Is jy passievol oor rugby en toegewyd tot die sukses van ons klub? Ons is tans opsoek na hardwerkende individue om by die rugbykomitee aan te sluit en by te dra tot die groei en ontwikkeling van ons klub.
Ons soek na individue wat nie net bereid is om te werk nie, maar wat ook graag n positiewe impak op ons klub wil maak. As jy gereed is vir die uitdaging en gereed is om by te dra tot die sukses van ons rugbygemeenskap, wil ons graag van jou hoor.
Stuur asseblief n epos indien jy sou belangstel en ons stuur die aansoek vorm plus die verantwoordelikhede en vereistes.
Sluitingsdatum is 15 Oktober 2024.
LW: geen aansoeke en nominasies sal op die dag van die AJV aanvaar word nie.
Ons seisoen kom tot einde. Nie die uitslag wat ons wou gehad het.
Baie geluk aan Hamiltons julle verdien die beker.
Ons wil graag baie dankie se vir almal wat ons getrou ondersteun het die seisoen.
Ons afrigters, bestuurders en spelers dankie vir julle tyd. Dis kosbaar en dis n voorreg dat julle dit vir ons gee.
Natuurlik is niks moontlik sonder ons getroue borge nie. Ons se vir julle baie dankie.
Ons vat so bietjie af, maar is reeds besig agter die skerms om beplanning vir 2025 te doen.
🔴⚪️🔵
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Category
Contact the business
Website
Address
1 Sportsway, Durbanville
Cape Town
7550
Opening Hours
Tuesday | 11:00 - 20:00 |
Wednesday | 10:00 - 23:00 |
Thursday | 10:00 - 23:00 |
Friday | 10:00 - 00:00 |